Sommige inligting rondom eindtyd studies gaan oor INTERPRETASIE.

Daarom word verskillende interpretasies met die tyd bygevoeg waar geleerdes oor iets verskil, of somtyds word 'n verwysing gegee na 'n ander interpretasie - per geleentheid word 'n interpretasie verder bespreek.


Saterdag 12 Oktober 2024

Wat dit beteken "om gereed te wees"/"nie gereed te wees nie"



DAAR IS 'N PAAR SKRIFTE WAARIN JESUS VERWYS NA HOE BELANGRIK DIT IS "om gereed te wees" VIR SY WEDERKOMS... (Luk. 12:40; Matt. 24:44) - maar wat beteken dit? In hierdie pos ondersoek ons hierdie onderwerp.  
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Rol af vir die volgende opsommings:

- OPSOMMING:  (wat beteken dit om gereed te wees?).
- Die term "gereed wees", of "nie gereed wees nie", in verskillende skrifte. 
- Die begrip "waak" in die Skrif.
- Skrifte oor "waak".

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
OPSOMMING: Wat beteken dit om gereed te wees, of nie gereed te wees nie?
 
In elke geval waar die tema van "gereed wees" in die Skrif aangeraak word, verwys dit na "om waaksaam te wees" (Matt. 24:42; 25:13; Mark. 13:33-37). OM GEREED TE WEES beteken o.a. om WAKKER TE WEES!, want hoe kan jy waak as jy slaap?  L w. dat hierdie selfde soort beeldspraak ook gebruik word in terme van "dronk" of "nugter"..., en dus ook gebruik word in konteks met die terme "kinders vd dag" of "kinders vd duisternis" - om die onderwerp van "gereed wees" beter te verstaan, kan dus ook ingekyk word op hierdie onderwerpe... (1Thess. 5:4-7 - "Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag julle soos ‘n dief sou oorval nie. Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie. Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees. Want die wat slaap, slaap in die nag; en die wat dronk word, is in die nag dronk"). Die begrip waak word ook gebruik in die konteks van "klere bewaar" (Openb. 16:15 - "Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat WAAK en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie") - en verwys bv. o.a. na die wie se sonde nie bedek is nie omdat hulle nie hulle klere bewaar het nie.  Dit is duidelik dat die wat SLAAP of DRONK is (is van die nag en) is nie gereed nie ( 1 Thess. 5:7; Luk. 12:45). Die wat NIE WAAK nie (en dus slaap of nie hulle klere bewaar nie), is ook nie gereed nie.  OM GEREED TE WEES beteken dus dat iemand WAKKER is, NUGTER, en verwys na die wat hulle KLERE BEWAAR...  Hierdie word o.a. ook vir ons verduidelik in die gelykenis vd 10 maagde, alhoewel ander soort beeldspraak weer daar gebruik word, nl. dat die wat GEREED IS VOORBEREID IS / is waaksaam!; EN HET DUS OLIE IN HULLE LAMPE... (vir 'n dagstukkie oor hierdie onderwerp, gaan na: https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2022/04/lampe-aan-die-brand.html). Hierdie is alles soorte beeldspraak wat gebruik word om te verduidelik wat dit beteken om gereed te wees, of nie te wees nie.

- Volgens Luk. 12 is die wat waaksaam/gereed is die wat ryk is in die Here (soek nie rykdom in die wereld nie, maar soek die Koninkryk eerste), Hom vrees (die wat die kennis en wil vd Here soek, en Hom gehoorsaam) en Sy wil doen (die wat nie hulle eie wil soek nie, maar die wil vd Here - raadpleeg Hom).
- Volgens Matt. 24 verwys die wat waaksaam/gereed is na die wat in die Here bly en Sy koninkryk eerste soek (hulle is besig met die Here... - maar die wat nie waaksaam is nie, mis baie omdat hulle te besig is, en die uiteinde is dat hulle dus nie die Here se planne ken nie en sien nie die tekens nie).
- Volgens Matt. 25 verwys die wat waaksaam/gereed is na die wat voorbereidings tref sodat hulle nie onkant betrap word nie (het olie in die lampe - hulle soek die waarheid;  glo in Jesus se woorde; is gehoorsaam aan die Heilige Gees, die Gees van waarheid.  M.a.w., hulle het lig of kan "sien" want hulle het die woord/waarheid/Gees).
- Volgens Mark. 13:32-37  verwys "nie waaksaam nie" na die wat slaap en dus nie weet wanneer die dief inkom en steel nie (dit is gewoonlik wanneer die kerk slaap wat onkruid of ingesluiptes gesaai word onder die koring - onkruid verwys na valses en die wat ander verlei om leuens te glo). Vgl. dit met Hand. 20:28-31 (wolwe - hulle praat verkeerde dinge om die skape weg te trek agter hulle aan). 
- Volgens Luk. 21:34-37 verwys "nie waaksaam nie" na die wat meer besig is met die lewe as met die Here (soos die derde groep in die gelykenis vd saaier... - bestudeer gerus watter dinge daar genoem word wat vrug steel, bv. sorge en genietinge vd lewe, ens.).
- Volgens Openb. 16:15 word "om waaksaam te wees" in ditto konteks gebruik as die "wat hulle klere bewaar" (as die dief inkom word jou klere gesteel, daarom moet ons seker maak dat ons nie slaap nie)(in konteks gaan "klere bewaar" hier veral oor die klere wat jou naaktheid bedek;  m.a.w. "die klere wat jou sonde bedek" - die wat terugval in sonde en hulle nie daarvan bekeer nie sal naak staan op die dag wanneer die Here terugkom...). In hierdie geval beteken "om nie te waak nie" dat iemand in sonde stap en hom nie daarvan bekeer nie (die gevolg is dat hy sy klere kan verloor!, en dan kan hy onder oordeel val - ons het "klere" nodig om ons sonde te bedek)..
- Volgens Matt. 26 kan die wat nie waaksaam/gereed is nie, maklik in versoeking kom (vgl. dit met die wat nie ag gee op die pad van godsaligheid nie, en dus nie hulleself voed met die worde vd geloof en die gesonde leer nie)(diesulkes struikel en val maklik vir mensgemaakte gebooie).

Gereedheid het veral hiermee te doen dat iemand "olie het" - hulle het die Gees van waarheid en is bv. geoefen in die godsaligheid... (die wat hulleself voed met die woorde vd geloof en die gesonde leer - 1 Tim. 4:6, hulle hou nie aan fabels en valse lering vas nie) - hulle is wakker en nugter! (hulle "sien" en weet wat om hulle aangaan en val nie vir enige lering nie; en niemand kan van hulle steel nie). Hulle is BESIG MET DIE HERE en HOU VAS AAN DIE HERE, en is dus bewus van wat om hulle aangaan, kan bv. "hoor" en weet wat die Here besig is om te doen, dus erken die tekens vd tye, ens.  Maar kinders vd Koninkryk wat hulle nie oefen in die godsaligheid nie is besig met ander leringe bv. mensgemaakte gebooie, en is daarom nie wakker en nugter nie - dit verwys o.a. na die wat van die geloof afvallig word of verleidende geeste en leringe van duiwels aanhang... (1 Tim. 4:1-5) - hulle is NIE BESIG met die woorde vd geloof en die gesonde leer nie, maar val vir leringe wat in stryd is met die gesonde leer en dwing mense om mensgemaakte gebooie te volg;  dus, hulle het nie "olie" nie (hulle kan  nie skyn nie / kan nie lig gee nie).

Daar wag 'n bruilof wanneer die Bruidegom (Jesus) terugkom! (Openb. 19:9), en baie is uitgenooi.... -  die kinders vd Koninkryk word gesien as hierdie GENOOIDES wat hulle GEREED kry vir die Bruilof...  Kyk bv. na die gelykenis vd bruilofsfees in Matt. 22:1-14 (Matt. 22:2,3 - "Die koninkryk van die hemele is soos ‘n koning wat ‘n bruilof vir sy seun berei het en sy diensknegte uitgestuur het om die genooides na die bruilof te roep, en hulle wou nie kom nie");  vgl. dit ook met die gelykenis vd groot feesmaal in Luk. 14:12-24 - in die betrokke gelykenis was die genooides te besig om te kom na die feesmaal, en ander is in hulle plek genooi... (hierdie verwys na die kinders vd Koninkryk - die kinders van Israel en die kinders geroep uit alle volke; Rom 9:24-nie die alleen geroep uit die Jode nie, maar ook uit die heidene. "L.w. dat genooides" o.a. "geroepenes" genoem word... -Rom. 9:24; 1:6,7; 1 Pet. 1:15; 5:10; 2 Pet. 1:3; 1 Thess. 4:7; 2 Tim. 1:9; ens.).  Maar nie alle genooides sal ingaan nie! (hierdie is veral duidelik in die gelykenis vd 10 maagde). Baie is geroep ja, maar min sal uitverkies word... (Matt. 22:14). Die waarheid is dat sekere kinders vd Koninkryk uiteindelik nie sal ingaan in die Koninkryk nie (al het hulle die belofte) - "takke" kan afgebreek word sou hulle ongelowig word of in ongehoorsaamheid stap sonder om hulle daarvan te bekeer. Die wat weer ongelowig word, of die wat in ongehoorsaamheid stap en hulle nie daarvan bekeer nie, is soos mense wat NIE GEREED IS nie... - net soos die ongehoorsames en ongelowiges onder die volk Israel afgebreek is (Rom. 11; Matt. 21:40,41), net so sal huidige kinders vd koninkryk wat ongehoorsaam en ongelowig word afgebreek word as hulle hul nie bekeer nie. "Vrug" is belangrik! Al het elke kind vd Koninkryk die belofte, sal elkeen se vrug bepaal of hy uiteindelik ingaan in die koninkryk of nie.  

Bestudeer gerus ook die gelykenis vd 10 ponde om hierdie nog beter te verstaan (Luk. 19:11-27), want wat jy saai sal jy maai...  As jy bv. die Koninkryk eerste soek is jy besig om skatte te versamel in die hemel. Kinders vd Koninkryk word aangemoedig om liewer "RYK TE WORD IN DIE HERES" as in die wereld - hoe jy die ponde wat jy ontvang het gebruik, is dus belangrik. "Ponde" moet aangewend volgens die Koning se wil (en as jy nie weet wat Sy wil is, altans nie weet wat om daarmee te doen nie, gee dit vir iemand anders wat dit in die Koninkryk kan aanwend). En natuurlik is hierdie letterlik bedoel, maar dit geld ook vir die geestelike want wanneer jy saai in die Koninkryk word jy ryk in die Here.
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Kom ons kyk na skrifte waarin gereed wees/nie gereed wees, aangehaal word:

(1) Baie sal nie gereed wees nie OMDAT HULLE NIE WAAKSAAM IS NIE - Jesus sal kom op 'n uur wat ons dit nie verwag nie, en daarom moet ons altyd waaksaam wees: (Luk 12:40) - "Julle moet dan ook gereed weesomdat die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie". In die betrokke vers kan ons alreeds leer dat die rede waaroom hierdie mense nie gereed is nie, is omdat hulle Hom nie verwag nie... - hulle word onkant betrap! (soos mense wat aan die slaap is, of deur 'n dief betrap word)In hierdie gedeelte kan ons ook na die konteks kyk om te probeer verstaan wat Jesus bedoel het met die woorde "OM GEREED TE WEES", bv.:
-  (1)  Luk. 12:13-40:  - moet "ryk wees in die Here"
-  (2)  Luk. 12:1-12:  -   moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak nie, maar vrees Hom wat by magte is om in die hel te werp /  moenie die Here verloën nie
- (3)  Luk. 12:41-59:  -  ken die wil van die Here en doen dit.
In hierdie gedeelte beteken "om gereed te wees" om WAAKSAAM TE WEES, en wil voorkom of "waaksaam" hier verwys na om eerder "ryk te wees in die Here" (as om wereldse rykdom te soek); die wat die Here vrees en Hom dus eerder gehoorsaam (as om mense te vrees en te gehoorsaam) -m.a.w., die wat Hom nie verloen nie; en die wat die wil vd Here ken en doen (soek Hom, raadpleeg Hom, doen nie hulle eie wil nie maar die Here se wil). 
In hierdie gedeelte beteken "om nie gereed te wees nie" dat iemand NIE WAAKSAAM IS NIE (bv. is nie ryk in die Here nie, vrees Hom nie, ken en doen nie Sy wil nie). 

(2) Dieselfde rede word gegee in Matt. 24 - sommige sal nie gereed wees nie OMDAT HULLE NIE WAAKSAAM IS NIE - Jesus sal kom op 'n uur wat ons dit nie verwag nie, en daarom moet ons altyd waaksaam wees: (Matt. 24:44 - "Daarom moet julle ook gereed wees, want die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie"). In Matt. 24 gee Jesus vir Sy dissipels tekens van wat sal gebeur rondom die tyd vd verwoesting vd tempel, Sy koms, en die voleinding vd wêreld (v.3). En dan, nadat Hy vir hulle baie spesifieke tekens gegee het waaraan hulle kan meet dat die tyd naby is, vgl. Hy ook daardie dae met "die dae van Noag" - net soos daardie mense nie verstaan het nie (en voortgegaan het met hulle alledaagse lewens, eet, drink, trou ens., en nie gereed was vir dit wat aan die kom is nie) en die vloed hulle onkant betrap het, net so sal dit wees wanneer Jesus terugkom...: (Mat 24:43,44  Maar weet dit: as die huisheer geweet het in watter nagwaak die dief sou kom, sou hy gewaak en nie toegelaat het dat in sy huis ingebreek word nie. Daarom moet julle ook gereed wees, want die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie). In konteks gee Jesus tekens wat belangrik is vir die Christen om dop te hou..., want dit sal ons help om onsself gereed te kry vir wanneer Hy terugkom. Wanneer ons meer besig is met die lewe as die Here, en nie tyd maak vir Hom en die Koninkryk nie, dan is ons soos mense wat nie waaksaam is nie.  Want wat gebeur met iemand wat baie besig is?  So iemand mis baie dinge wat miskien belangrik is... (omdat hy te besig is).  Vir die wat nie gereed is nie (en bv. meer besig is met die lewe en dus nie soos die wat in die Here bly, weet wat volgende gebeur nie), sal Hy kom "soos 'n dief in die nag". Dit is belangrik dat ons in die Here bly en Sy koninkryk eerste soek. 

In hierdie opsig sal baie nie gereed wees nie, want net soos die wat nie die nodige reelings tref "om gereed te wees "sou die dief kom" nie, net so sal hulle onverwags deur die Here betrap word...  (HULLE IS NIE WAAKSAAM NIE en die dief betrap hulle onverwags). Hierdie kan miskien ook vgl. word met die tema van "sal van jou weggeneem word..." (Matt. 25:14-30) (v. 28,29 - "Neem dan die talent van hom weg en gee dit aan die een wat die tien talente het; want aan elkeen wat het, sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar van hom wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het"). Die Here vertrou Sy besittings aan ons toe (niks wat ons het behoort aan onsself nie, maar behoort aan die Here), en aan elkeen gee Hy volgens hulle vermoë (een kry 5 talente, 'n ander 2, en 'n ander 1), en is veronderstel om te DIEN met dit wat ons ontvang (daarmee te woeker, bv. "grond bewerk, water gee, ens. sodat dit kan vrug dra"). Jy moet vir die Here rente verdien op daardie geld, maar as jy dit wegsteek sal dit nie rente verdien nie. Wat gebeur is dat wanneer die "dief" kom sal van jou weggeneem word wat jy het (as jy nie daarop rente verdien het nie)... 

In hierdie gedeelte beteken "om gereed te wees" dat iemand WAAKSAAM is (hy laat nie toe dat 'n dief in sy huis inbreek nie, want hy tref die nodig reelings wat nodig is om gereed te wees vir as 'n dief wil inbreek - op ditto wyse moet iemand homself gereed kry vir wanneer Jesus onverwags kom) - het olie in die lampe...

In hierdie gedeelte beteken "om nie gereed te wees nie" dat iemand NIE WAAKSAAM IS NIE, soos die mense in die dae van Noag nie waaksaam was nie... (die vloed het hulle onverwags betrap... - die vloed het soos 'n dief op hulle afgeskom/op ditto wyse gaan Jesus soos 'n dief op hulle afkom - verwys na die wat hulleself nie gereed maak vir wanneer Jesus onverwags terugkom nie, en hulle ken of hou ook nie die tekens dop wat Jesus gegee het wat hulle waarsku dat die tyd naby is nie).  

(3) Dieselfde rede word gegee in Matt. 24 t.o.v. die DIESNKNEGTE - sommige sal nie gereed wees nie OMDAT HULLE NIE WAAKSAAM IS NIE - Jesus sal kom op 'n uur wat ons dit nie verwag en weet nie, en daarom moet ons altyd waaksaam wees:
(Mat 24:50  "dan sal die heer van dié dienskneg kom op ‘n dag dat hy dit nie verwag nie en op ‘n uur dat hy dit nie weet nie"). In hierdie gedeelte is die fokus op "diensknegte" wat nie gereed sal wees nie. (Matt. 24:45-51  Wie is dan die getroue en verstandige dienskneg vir wie sy heer oor sy diensvolk aangestel het om hulle hul voedsel op tyd te gee? Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, op hierdie manier besig sal vind. Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel. Maar as daardie slegte dienskneg in sy hart sê: My heer talm om te kom—  en hy sy medediensknegte begin slaan en saam met die dronkaards begin eet en drink, dan sal die heer van dié dienskneg kom op ‘n dag dat hy dit nie verwag nie en op ‘n uur dat hy dit nie weet nie; en sal hom pynig en hom ‘n deelgenoot van die geveinsdes maak. Daar sal geween wees en gekners van die tande"). 

(4)  Dieselfde rede word ook gegee in Matt. 25 t.o.v. die 5 MAAGDE - hulle sal nie gereed wees nie OMDAT HULLE NIE WAAKSAAM IS NIE - omdat Jesus sal kom op 'n dag en uur wat ons nie weet nie, moet ons altyd waaksaam wees:
(Mat 25:10)  En onderwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom. En die wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit.
(Mat 25:13)  Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie.  -In hierdie gedeelte beteken "om gereed te wees" dat iemand WAAKSAAM is (net soos die wat waaksaam is nie toelaat dat 'n dief in sy huis inbreek nie, want hy tref die nodig reelings wat nodig is , op ditto wyse moet ons gereed wees met olie in die lampe) - om gereed te wees beteken "het olie in die lampe"... Vir 'n dagstukkie hieroor, gaan na: (https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2022/04/lampe-aan-die-brand.html).

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Kom ons kyk na die begrip "waak" in die Skrif:
Die wat nie waaksaam is nie, is aan die slaap:  Jy kan nie waak en slaap nie...  Dit is waarom die vyand kan inkom waar mense slaap - en is terloops juis die rede waarom daar onkruid (valses) onder die koring (opregtes) gesaai word, is wanneer hulle SLAAP! Bv., in 'n kerk waar baie (of die wagter) slaap, kan maar verwag word dat onkruid sal insluip...  "Waak" is die Hebr. woord "shaw-kad'"(Esra 8:29) wat beteken "wakker bly" of "om bedag/'alert' te wees" of "wag te hou/uit te kyk vir"; en Griekse woord "gray-gor-yoo'-o" (Matt. 24:42), wat beteken "om wakker te bly, hou wag" (bv. "vigilent"-gee aandag aan iets wat kan gebeur). As jy g'n niksv verwag of weet wat kan of gaan gebeur nie, is jy soos iemand wat aan die slaap is (vg. dit met die wat nie gereed sal wees nie omdat hulle te besig is met die lewe).  Bv., gelowiges wat tyd met die Here spandeer (bv. in gebed en woord) weet gewoonlik wat die Here wil doen..., watter woord Hy wil laat uitgaan..., hoe Hy "sien en dink"...ens. (Hy deel Sy planne met hulle - kyk tema van "vriende"). Hulle word soos "vriende" - hulle begin om die Here se planne te ken (bv. hoe Hy oor iets dink, wat Hy beoog om te doen, ens.), maar die wat nie tyd met die Here spandeer nie is soos mense wat slaap - hulle weet niks wat aangaan nie, of is soos mense wat dronk is en word rondgeslinger deur elke soort lering... (hulle staan nie vas nie - is dronk).  Gereedheid het veral hiermee te doen dat iemand geoefen is in die godsaligheid - is wakker en nugter! Hulle word nie deur elke soort lering rondgeslinger nie en weet wat om hulle aangaan. Die wat nie waaksaam/wakker is nie, is aan die "SLAAP" (en is daarom nie gereed nie). Bestudeer gerus hoe die term "slaap" in beeldspraak gebruik word in die Skrif... ; en hierdie beelspraak van "wakker of slaap" word ook baiemaal in ditto konteks gebruik as "nugter of dronk", bv.: - (1Pe 5:8)  Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind. L.w. dat dit gewoonlik is wanneer mense SLAAP wanneer die vyand onkruid (bv. struikelblokke soos valse broeders, valse profete en valse leraars) onder die koring saai... (Matt. 13:25) - en die wat slaap val ook maklik vir versoeking. Die wat nie waaksaam is nie, maw die wat slaap wanneer Jesus terugkom, sal NIE GEREED WEES NIE.

Om "aan die slaap" te wees verwys na daardie gelowiges wat wandel soos kinders vd duisternis, nie soos hulle behoort te wandel nie. Kyk bv. die konteks van Ef. 5 waarin gelowiges vermaan word om sonde en afgodsdiens af te lê en gevra word om "die tyd uit te koop" (Ef. 5:14 - "Daarom sê Hy: Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn"). 

Die wat "wakker" is verwys na  kinders van die lig / dag (1 Thess. 5:5) nie.

In beeldspraak betekens om "dronk" te wees (natuurlik in hierdie konteks NIE bedoel in die sin van dronk van die Gees nie)  na gelowiges wie se sinne bedorwe is...  - hulle is oorgegee aan hulle eie begeertes en gedagtes en doen wat hulle wil (nie wat die Here wil nie) - bv. dronk van sonde, afgode, wereldse wysheid ens.  Somtyds plaas die Here ongehoorsame gelowiges in 'n geestelike "diep slaap", sodat hulle oë nie sien nie en hulle ore nie hoor nie... (Rom. 11:7-11; Jes. 29:9,10)(hierdie verwys na die wat die waarheid ken maar hulle harte verhard/bv., hulle bly wetend ongelowig en doen wat hulle wil...) - omdat hulle hul nie bekeer van hulle verkeerde dade en verkeerde manier van "sien" nie, gee die Here hulle uiteindelik oor aan hulle begeerte (Rom. 1).  Hulle "sinne is verblind" (soos die ongelowiges) - hulle dink hulle "sien en hoor" maar doen nie werklik ni...e - hierdie kan ook vgl. word met "dronk" gelowiges.

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
SKRIFTE OOR "WAAK":

Om die woord beter te verstaan kan ons ook kyk na 'n paar skrifgedeeltes waarin hierdie begrip voorkom:
- (1) Matt. 26 - Jesus besig om te bid, Getsémané, net voor Hy gevange geneem is... Hy vra 3 van Sy dissipels om saam met Hom te WAAK, maar toe Hy later weer by hulle kom VIND HY HULLE AAN DIE SLAAP, en sê vir hulle:-(Matt. 26:40,41 - "En Hy kom by die dissipels en vind hulle aan die slaap, en Hy sê vir Petrus: So was julle dan nie in staat om een uur saam met My te waak nie? Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak"). Hier sien ons 'n goeie vb. van hoe "slaap/nie waak nie" kan lei tot "in die versoeking kom"... (letterlik hier bedoel, maar dit het ook 'n geestelike betekenis;  want wanneer gelowiges "slaap" dan saai die bose onkruid/struikelblokke onder die koring, wat kan veroorsaak dat die gelowige onder versoeking kom).Vir poste waarin hierdie onderwerp o.a. bespreek word, gaan na:

(2) (Mar 13:32-37 - "Maar van daardie dag en dié uur weet niemand nie, ook nie die engele in die hemel of die Seun nie, maar net die Vader. Pas op, WAAK en bid, want julle weet nie wanneer die tyd daar is nie. Dit is soos ‘n man wat op reis is, wat sy huis agtergelaat en sy diensknegte volmag gegee het, en vir elkeen sy werk, en aan die deurwagter bevel gegee het om te waak. Waak dan, want julle weet nie wanneer die eienaar van die huis kom nie: in die aand of middernag of met die haangekraai of vroeg in die môre nie; dat hy nie miskien skielik kom en julle AAN DIE SLAAP vind nie. En wat Ek vir julle sê, sê Ek vir almal: Waak!"). Hierdie beeldspraak word in ander gelykenisse ook gebruik waarin die Here voorgestel word soos 'n "man op reis"... (Luk. 20:9-18; Matt. 25:14-30) - in hierdie geval, Hy laat Sy huis agterna, gee Sy diensknegte volmag (het Sy besittings aan hulle toevertrou), gee vir elkeen werk, en die deurwagter bevel gegee om te waak... Niemand weet wanneer die eienaar terugkom nie, maar wat belangrik is is dat hulle nie slaap wanneer Hy terugkom nie! In hierdie geval sien ons dat waak beslis verwys na "wakker wees". Dit kan miskien vgl. word met Spr. 17:9 (alhoewel die konteks anders daar), van iemand wat homself oorgee aan dronkenskap (in hierdie geval liefde maak terwyl die vrou se man nie by die huis is nie...). Op ditto wyse ruk kinders bv. somtyds hand uit wanneer die ouers nie by die huis is nie... Op ditto wyse is daar diensknegte wat hand uitruk terwyl hulle Meester op reis is... Hier sien ons dat ONGEHOORSAAMHEID o.a. 'n verwysing kan wees dat iemand nie waaksaam is nie (bv., die ongehoorsame kind is nie waaksaam nie en sy ouers betrap hom onkant;  net so die kinders vd koninkryk wat hand uitruk en ongehoorsaam word en dus nie waaksaam is nie, en Jesus sal hulle onkant betrap - bestudeer veral die tema van "soos 'n dief in die nag" om hierdie nog beter te verstaan). 
Vir poste waarin hierdie onderwerp o.a. bespreek word, gaan na:

(3) (Luk 21:34-37 - "Maar pas op vir julleself, dat julle harte nie miskien beswaar word deur swelgery en dronkenskap en sorge van die lewe nie, en dié dag julle nie skielik oorval nie. Want soos ‘n strik sal hy kom oor almal wat op die hele aarde woon. Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan"). In hierdie geval is die wat "waak" ook die wat "waardig geag sal word" -  "waak" in hierdie gedeelte verwys daarna dat ons nie ons harte beswaar met swelgery en dronkenskap, en sorge vd lewe nie... Vgl. dit met "die dae van Noag" en die derde groep in die gelykenis vd saaier., wat beslis beteken dat daardie mense nie gereed is nie.
Vir poste waarin hierdie onderwerp o.a. bespreek word, gaan na:

(4) (Hand. 20:28-31 - "Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg, wat Hy deur sy eie bloed verkry het. Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie. Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan. Daarom moet julle waak en onthou dat ek drie jaar lank nag en dag nie opgehou het om elkeen met trane te vermaan nie"). In hierdie geval beteken "waak" dat die opsieners/herders ag gee op hulleself en op die kudde... Waarvoor moet hulle oppas?  Daar sal wrede wolwe onder hulle inkom wat verkeerde dinge sal praat en die kudde sal probeer wegtrek om agter hulle aan te gaan - daarom is dit belangrik dat hulle nie "slaap" nie, want anders kan hulle in versoeking kom. Die wagters moet wakker wees! (anders word onkruid onder die koring gesaai). In die wagters se geval verwys dit nie net na die belangrikheid van vermaning waar nodig (soos Paulus gedoen het) nie, maar ook daarna dat hulle die gemeente moet versorg (laat hulle wei en gee vir hulle geestelike kos en water).  
Vir poste waarin hierdie onderwerp o.a. bespreek word, gaan na:

(5) (Openb. 16:15 - "Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaarsodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie"). In hierdie geval sien ons hoe "klere bewaar" in dieselfde konteks gebruik word as "waak".  Die wat nie hulle klere bewaar nie moet pasop dat hulle nie naak staan teen die tyd wat Jesus terugkom nie - natuurlik is hierdie beeldspraak om te verduidelik dat die heiliges "klere aangetrek is" (bv., hulle sonde is vergewe en hulle is "bekleed met Christus"), maar as hulle terugval in sonde (en die sonde weer begin dien) dan is hulle besig om hulle klere te besoedel;  en as iemand wegval vd geloof in Christus kan hy nie verwag om saam met die volk te erf nie.
Vir poste waarin hierdie onderwerp o.a. bespreek word, gaan na:

(Vir dagstukkied waarin hierdie onderwerp voorkom, gaan na: https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2018/08/verdrukking-in-die-vlees.html).

Vrydag 11 Oktober 2024

Die voleinding vd wereld word o.a. soos 'n OES gesien


Die term "OES" word gewoonlik gebruik in konteks met "vrug oes", "oordele", of "roeping".  

IN HIERDIE POS STAAN ONS SPESIFIEK STIL BY DIE OESTE WAT SAL PLAASVIND AAN DIE EINDE VD WêRELD..., nl.: 
- (1) wanneer die vrug van die kinders vd Koninkryk geoes sal word, en 
- (2) sekere ander oeste of oordele sal plaasvind (bv. onder die laaste 7 plae sien ons die slag van Armageddon wat veral na gekyk word in hierdie gedeelte, asook word "oordeel oor Babilon" gesien soos 'n oes in Jer. 51...).

DIE TERM "OES" VERWYS O.A. NA "OORDEEL". Ahoewel die term "oes" nie noodwendig voorkom in al die skrifte wat ons hieronder behandel nie, is daar baie ander woorde wat gebruik word in konteks met oes..., bv." dorsvloer skoonmaak" (Matt. 3:12; Luk. 3:17), "bymekaarbring in skuur" (Matt. 13:30), "skeiding van koring en kaf of van koring en onkruid" (Mark. 13:29,30; Luk. 3:17), "vrug oes" (Mark. 4:29), ens....- daar word dus ook na skrifte gekyk waarin hierdie soort bewoording voorkom.  

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
INLEIDING:
Aan die "einde vd wêreld" (wanneer Jesus terugkom) sal daar verskillende OESTE plaasvind  - o.a. (1) sal die vrug van die kinders vd Koninkryk geoes word... (Mat 13:39 - "en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele"). (2) Daar is ook ander OORDELE wat sal plaasvind (meer bekend onder die begrip "GRIMMIGHEID VAN GOD"-Openb. 14:14-20). (3) En daar is terloops ook huidiglik 'n OES wat plaasvind! (maar in hierdie pos staan ons slegs stil by die "oeste" aan die einde vd wêreld).

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1) Die vrug van gelowiges sal geoes word:

Die vrug vd kinders vd Koninkryk sal "geoes" word wanneer Jesus terugkom... (Matt. 4:26-29; 13:30)(en vrug sal terloops bepaal of iemand ingaan in die Koninkryk of nie!).  Ja, kinders vd Koninkryk sal op hulle harte en "vrug" geoordeel word... (1 Sam. 16:7) - alle kinders vd Koninkryk sal voor die Regterstoel van Christus verskyn (Rom. 14:10; 2 Kor. 5:10). In die gelykenis vd saaier het Jesus verduidelik hoe belangrik "vrug dra" is - die vierde groep stel bv. geestelike mense voor wat vrug dra, en bly dra;  en die derde groep stel geestelike mense voor wat vrug dra, maar dit verloor a.g.v. sekere dinge wat daar genoem word... Dit is gevaarlik as die geestelike mens (wat instaat is om "vrug tot lewe" te dra) vrug verloor... Jesus het o.a. gese dat die wat in Hom bly dra veel vrug; maar die wat nie in Hom bly nie, sal uitgewerp word! -(Joh 15:5,6 - "Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie. As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand").

Kinders vd Koninkryk is soos saad wat in die wêreld geplant word en het (geestelike) kos en water en lig nodig.. - lig word gegee (nl. die wat weergebore word ontvang die Heilige Gees), en kos en water word by die Here self ontvang asook deur die bedienaars in die Koninkryk gegee..., nl.die  maaiers (sekere mense word geroep om dit te doen). Jesus het baie vir ons oor hierdie onderwerp geleer, o.a. so bo genoem dat ons IN HOM MOET BLY - want sonder Hom kan ons nie vrug dra nie (Joh. 15:5). Maw, jy het Sy "kos en water en lig" nodig om te kan groei - SODAT JY KAN VRUG DRA! Net soos 'n boom moet groei voor dit kan begin vrug dra, net so het die geestelike mens nodig om geestelik te groei sodat hy hierdie geestelike vrug (tot lewe) kan dra (https://warechristene.blogspot.com/2021/03/die-geestelike-mens-as-baba-en-kind.html). 

(Gal 6:7,8 - "Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai. Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai"). M.a.w., sonder geestelike groei kan ons nie hierdie vrug (tot lewe) dra nie.... - ons het die Here nodig! Geestelike kos en water (nl. die woord/waarheid, die Here, die Gees) en lig (nl. die Heilige Gees) is nodig om die geestelike mens te laat lewe en aan die lewe te hou. Kortom, om Hom te ken, Sy wil doen, ag gee op die waarheid, ens., is nodig vir geestelike groei... - sodat jy die vrug kan dra wat nodig is vir die KOMENDE OES wanneer Jesus terugkom...God is die Een wat laat groei (1Kor. 3:6,7 -  Ek het geplant, Apollos het natgemaak, maar God het laat groei. So is dan hy wat plant of hy wat natmaak, niks nie, maar God wat laat groei"). Daarom is geestelike groei onderwerp aan om "in die Here te bly" (Joh 15:4 - "Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie. Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie. As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand"). Die kinders vd Koninkryk wat sonder vrug is wanneer Jesus terugkom, sal uitgewerp word (Joh. 15:6)(kyk 3de groep in die gelykenis vd saaier is in gevaar, asook die tweede groep wat geen wortel het nie...). Hierdie geld nie net vir die kinders vd koninkryk wat nog in die lewe is wanneer Jesus terugkom nie, maar vir almal wat dan gaan opstaan uit die dood - Jesus het bv. geleer dat sommige sal opstaan tot lewe, en ander tot veroordeling (Joh. 5:29).  Die Here weet wie is opreg, wie luister na Hom, wie het die waarheid lief, wie luister na Sy Gees..., en Hy laat daardie persone geestelik GROEI (sodat hulle kan vrug dra en aanhou vrug dra).

Kinders vd Koninkryk se vrug sal eendag geoes word:
(Mar 4:26)  En Hy het gesê: So is die koninkryk van God, soos wanneer ‘n mens die saad in die grond gooi;
(Mar 4:27)  en hy gaan slaap en staan op, nag en dag, en die saad spruit uit en word groot—hoe, weet hy self nie.
(Mar 4:28)  Want vanself bring die aarde vrug voort, eers ‘n halm, dan ‘n aar, dan die volle koring in die aar.
(Mar 4:29)  En wanneer die vrug dit toelaat, steek hy die sekel dadelik in, omdat die oes daar is.

Wanneer die kinders vd Koninkryk se vrug geoes word aan die einde vd wereld, sal daar oordeel plaasvind, bv. die onkruid (die valses) sal van die koring (opregtes) geskei word  (Mat 13:30 - "Laat altwee saam groei tot die oes toe, en in die oestyd sal ek vir die maaiers sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring bymekaar in my skuur").          (Mat 13:39 - "en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele").Die Here sal Sy dorsvloer skoonmaak!  - die koring (DIE WAT VRUG DRA) sal ook van die kaf (DIE WAT NIE VRUG, OF NIE DIE NODIGE VRUG DRA NIE) geskei word. Jesus Christus het die skop in Sy hand... - (Matt. 3:12 - "Sy skop is in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak en sy koring in die skuur saambring, maar die kaf sal Hy met onuitbluslike vuur verbrand")(Luk 3:17).

Nog skrifgedeeltes wat hieroor gaan:
-  (Luk 13:6)  En Hy het hierdie gelykenis uitgespreek: ‘n Man het ‘n vyeboom gehad wat in sy wingerd geplant was, en hy het gekom en vrugte daaraan gesoek en niks gekry nie.
(Luk 13:7)  Toe sê hy vir die tuinier: Kyk, drie jaar kom ek om vrugte aan hierdie vyeboom te soek en ek kry niks nie; kap hom uit. Waarvoor maak hy die grond nog onvrugbaar?
(Luk 13:8)  Maar hy antwoord en sê vir hom: Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan totdat ek om hom gespit en mis gegooi het.
(Luk 13:9)  As hy dan vrugte dra, goed; maar so nie, dan kan u hom anderjaar uitkap. In die koninkryk van God /kerk sit daar mense/bome wat "die grond onvrugbaar maak" omdat hulle onvrugbaar is..., en na regte het hulle nodig om uitgekap te word, maar gee jy vir hierdie bome/gelowiges "spit en mis" kan hulle dalk begin vrug dra! Maar as hulle steeds nie vrug dra nie, sal dit uiteindelik uitgekap word - (Joh 15:6 - "As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand").

-  (Mar 4:1)  En Hy het nog ‘n maal by die see begin leer; en ‘n groot menigte het by Hom saamgekom, sodat Hy in die skuit geklim en op die see gaan sit het, en die hele skare was op die land by die see.
(Mar 4:2)  En Hy het hulle baie dinge geleer deur gelykenisse en vir hulle in sy lering gesê:
(Mar 4:3)  Luister! ‘n Saaier het uitgegaan om te saai.
(Mar 4:4)  En terwyl hy saai, het ‘n deel langs die pad geval, en die voëls van die hemel het gekom en dit opgeëet.
(Mar 4:5)  En ‘n ander deel het op ‘n rotsagtige plek geval waar dit nie baie grond gehad het nie; en dadelik het dit opgekom, omdat dit geen diepte van grond gehad het nie.
(Mar 4:6)  En toe die son opgaan, is dit verskroei; en omdat dit geen wortel gehad het nie, het dit verdroog.
(Mar 4:7)  En ‘n ander deel het in die dorings geval, en die dorings het opgekom en dit verstik; en dit het geen vrug opgelewer nie.
(Mar 4:8)  En ‘n ander deel het in die goeie grond geval, en dit het vrug opgelewer; want dit het opgekom, en gegroei, en dit het gedra: een dertig— en een sestig— en een honderdvoudig.
(Mar 4:9)  En Hy sê vir hulle: Wie ore het om te hoor, laat hom hoor

- (Mat 13:24)  ‘n Ander gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê: Die koninkryk van die hemele is soos ‘n man wat goeie saad in sy land gesaai het;
(Mat 13:25)  maar terwyl die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid onder die koring gesaai en weggegaan.
(Mat 13:26)  En toe die spruitjies opgeskiet en vrug gevorm het, toe verskyn die onkruid ook.
(Mat 13:27)  En die diensknegte van die huisheer het gekom en vir hom gesê: Meneer, het u dan nie goeie saad in u land gesaai nie? Waar kry dit dan die onkruid vandaan?
(Mat 13:28)  En hy antwoord hulle: ‘n Vyandige mens het dit gedoen. Toe sê die diensknegte vir hom: Wil u dan hê dat ons dit moet gaan bymekaarmaak?
(Mat 13:29)  Maar hy antwoord: Nee, dat julle nie miskien, as julle die onkruid bymekaarmaak, die koring daarmee saam uittrek nie.
(Mat 13:30)  Laat altwee saam groei tot die oes toe, en in die oestyd sal ek vir die maaiers sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring bymekaar in my skuur.

ENGELE AS MAAIERS:
Volgens Matt. 13:30 sal die Here aan die einde vd wereld Sy engele uitstuur om hierdie "maaiwerk" te doen:
(Mat 13:30)  Laat altwee saam groei tot die oes toe, en in die oestyd sal ek vir die maaiers sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring bymekaar in my skuur".
(Mat 13:39) "... Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele".
In hierdie geval sien ons dat die term "maaiers" ook gebruik word vir die engele en nie altyd verwys na die "diensknegte" wat maai nie. Die engele, maaiers in hierdie geval, sal die koring van die onkruid skei (- maai).  Vgl. dit ook met die gedeelte van die "koring en die kaf", met die koring wat in die skuur saamgebring word:  (Mat 3:12)  Sy skop is in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak en sy koring in die skuur saambring, maar die kaf sal Hy met onuitbluslike vuur verbrand".  

Met Jesus se wederkoms, sal die koring en die onkruid geskei word, die skape sal van die bokke geskei word, en die koring en die kaf sal geskei word (Joe 3; Matt. 25; ens.) - al 3 hierdie insidente het te doen met die "OES" wat voorle wanneer Jesus terugkom

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2) Ander "oeste" of oordele wat sal plaasvind aan die einde vd wêreld:

Die begrip "oes" word ook in Openb. 14 gebruik, en wil voorkom of dit 
- die slag van Armageddon beskryf. 
- Maar l.w. dat die oordeel oor Babilon in Jer. 51 ook beskrywe word soos 'n OES... (Jer 51:33 - "Want so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Die dogter van Babel is soos ‘n dorsvloer in die tyd as dit vasgetrap word; nog ‘n kort rukkie, dan kom die oestyd vir hom"). Hier kan ons sien hoe "oes" somtyds vgl. word met "oordeel", en inderdaad is punt(1) hierbo ook 'n vb. van oordeel (wanneer die vrug van die kinders vd Koninkryk geoes word). 

Die woorde "grimmigheid van God" in Openb. 14 wys op die wraak wat God neem op Sy TEESTANDERS... (Openb. 14:19)  En die engel het sy sekel oor die aarde laat gaan en die wingerdstok van die aarde afgeoes en dit gegooi in die groot parskuip van die grimmigheid van God.) Die slag van Armageddon val onder die tydperk van die laaste 7 plae of skale (ook genoem "wraak van God") - in daardie dae sal die Here wraak neem op Sy teestanders, en dit verwys veral na wraak op die dier, die wat die dier en sy beeld aanbid, asook al die konings wat sal optrek (saam met die dier) om teen die Here Jesus Christus oorlog te voer (maar die Lam sal hulle oorwin).  HIERDIE WRAAK WAT DIE SEUN SAL UITVOER, WORD SOOS 'N OES GESIEN... Dit kan vgl. word met Openb. 19:15-19: - ("En uit sy mond gaan daar ‘n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan; en Hy sal hulle met ‘n ysterstaf regeer, en Hy trap die parskuip van die wyn van die grimmigheid en van die toorn van God, die Almagtige.(Openb. 19:12)  En sy oë was soos ‘n vuurvlam, en op sy hoof was baie krone; en Hy het ‘n Naam wat geskrywe is, wat niemand ken nie, behalwe Hy self.(Openb. 19:17)  En ek het een engel sien staan in die son; en hy het met ‘n groot stem uitgeroep en vir al die voëls gesê wat in die middel van die lug vlieg: Kom hierheen en versamel julle tot die maaltyd van die grote God (Openb. 19:18)  dat julle kan eet die vlees van konings en die vlees van owerstes oor duisend en die vlees van sterkes en die vlees van perde en van die wat daarop sit, en die vlees van almal, vrymense sowel as slawe, klein sowel as groot. (Openb. 19:19)  En ek het die dier en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien, om oorlog te voer teen Hom wat op die perd sit, en teen sy leër"). (NS:  somtyds word die slag van Armageddon verwar met die versameling vd Gog en Magog - alhoewel in hierdie geval die massas ook verwys na Gog en Magog, is die spesifieke gebeurtenis wat vir ons beskryf word vd "versameling van die Gog en Magog" eers wanneer die nasies optrek teen die heilige stad en God aan die einde vd 1000 jaar Vrederyk;  - terwyl die slag van Armageddon aan die einde van hierdie bedeling en begin van volgende, nl. begin van 1000 jaar, sal plaasvind). 

Kom ons kyk na die gedeelte waarin hierdie OES beskrywe word:
(Openb. 14:14)  En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n wit wolk en een soos ‘n Menseseun wat op die wolk sit, met ‘n goue kroon op sy hoof en in sy hand ‘n skerp sekel. (Jesus het alreeds hier teruggekom, en die gebeurtenis wat nou volg, is mense wat geoordeel gaan word)
(Openb. 14:15)  En ‘n ander engel het uit die tempel gekom en met ‘n groot stem geroep na Hom wat op die wolk sit: Slaan u sekel in en maai, want die uur het vir U gekom om te maai, omdat die oes van die aarde oorryp geword het.
(Openb. 14:16)  En Hy wat op die wolk sit, het sy sekel oor die aarde laat gaan, en die aarde is afgemaai. (Jesus voer oordeel uit)
(Openb. 14:17)  En ‘n ander engel het uitgekom uit die tempel wat in die hemel is, en hy het ook ‘n skerp sekel gehad; ('n engel wat vd tempel in die hemel kom, voer oordeel uit...)
(Openb. 14:18)  en ‘n ander engel wat mag oor die vuur gehad het, het uit die altaar uitgekom en met ‘n groot stem geroep na hom wat die skerp sekel het, en gesê: Slaan jou skerp sekel in en samel die trosse van die wingerdstok van die aarde in, want sy druiwe het ryp geword.
(Openb. 14:19)  En die engel het sy sekel oor die aarde laat gaan en die wingerdstok van die aarde afgeoes en dit gegooi in die groot parskuip van die grimmigheid van God.
(Openb. 14:20)  En die parskuip is buitekant die stad getrap, en bloed het uit die parskuip gekom tot aan die tooms van die perde, twee honderd myl ver.  (hierdie lyk of dit die SLAG VAN ARMAGODDON beskrywe)

Vgl. dit met: 
(Openb. 16:14)  Want dit is geeste van duiwels wat tekens doen, wat uitgaan na die konings van die aarde en die hele wêreld, om hulle te versamel vir die oorlog van daardie groot dag van die almagtige God.
(Openb. 16:15)  Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie.
(Openb. 16:16)  En hulle het hul versamel op die plek wat in Hebreeus genoem word Armagéddon
- Armageddon is die berg van Megiddo, in die plein van Esraelon... (Joe 3:2,12,14; Sag. 12:11).
- Kyk ook Openb. 17:8-14.

Kom ons kyk na die konteks van hierdie "oes"..., bv. dit wat voor dit kom. (Dit wil ookvoorkom of Openb. 14 soos 'n kort opsomming is van Openb. 15-19.  In Openb. 14 word "die uur van Sy oordeel" (val van Babilon) en die " GRIMMIGHEID VAN GOD" (vrug van aarde geoes/slag van Armageddon) beskryf (maar word bv. beter verduidelik in Openb. 15 - 19). 
Openb. 14 volg op Openb. 13 waarin die
- (1) "DIER UIT DIE SEE" beskryf word (asook die valse profeet)(m.a.w., op hierdie stadium het die "dier uit die see" al opgestaan en mense is gedwing om die merk vd dier te neem);  
- (2) dan, in die eerste deel van Openb. 14 sien ons die Lam op die berg Sion saam met die 144000 VERSEELDES... (hulle verseeling word beskrywe in Openb. 7-wat tussen die 6de en 7de seel geplaas kan word-hier het Jesus nog nie teruggekom nie!, maar in Openb. 14:1 het Hy duidelik al teruggekom...- wat verwys na die tyd onder die 7de seel, onder die laaste of 7de basui). Openb. 14 beskryf dus ook min of meer dieselfde tyd waarin die opstanding plaasvind! - wat beteken dat die kinders vd koninkryk se vrug sal dan geOES word... (vgl. dit met Openb. 19:6-10) - en later in Openb. 14 word 'n OES beskryf wat lyk soos die slag van Armageddon - dit is eintlik waarna ons kyk in hierdie paragraaf...
- (3) Wat dan volgende na die Lam met 144000 op die berg Sion volg, is ''n engel wat sekere dinge soos 'n ewige evangelie aankondig..., asook o.a. dat die mense God moet vrees want DIE "UUR" VAN SY OORDEEL HET GEKOM! (die woorde "uur van Sy oordeel" beskryf Sy oordeel oor Babilon).
- en dan word dieVAL VAN DIE STAD BABILON aangekondig... (terloops, die skrif leer in Openb. 18:10 dat dit binne "een uur" sal gebeur).
- (4) Volgende kom God se grimmigheid op die met die merk vd dier.
- (5) En dan o.a. 'n aankondiging "salig is van nou af die dode wat in die Here sterwe...".
- (6) EN DAN VOLGENDE WORD 'N OES BESKRYWE IN V. 14-20!
Hierdie is die agtergrond van Openb. 14:14-20...

DIT WIL VOORKOM OF HIERDIE OES VERWYS NA DIE SLAG VAN ARMAGEDDON.  VGL. DIT MET DIE VOLGENDE SKRIFGEDEELTE:  
(Joe 3:1)  Want kyk, in dié dae en in dié tyd wanneer Ek die lot van Juda en Jerusalem verander,
(Joe 3:2)  sal Ek al die nasies versamel en hulle na die dal van Jósafat laat aftrek, om daar met hulle ‘n strafgerig te hou ter wille van my volk en my erfdeel Israel wat hulle onder die nasies verstrooi het, en my land wat hulle verdeel het.
(Joe 3:3)  En oor my volk het hulle die lot gewerp en ‘n jong seun weggegee vir ‘n hoer en ‘n meisie verkoop vir wyn en dit gedrink.
(Joe 3:4)  En ook, wat het julle met My te doen, o Tirus en Sidon en al die landstreke van Filistéa? Wil julle My iets vergelde, of wil julle My iets aandoen? Gou, ylings sal Ek julle dade op julle hoof laat neerkom.
(Joe 3:5)  Want julle het my silwer en my goud geneem en my kosbare skatte na julle tempels gebring.
(Joe 3:6)  Verder het julle die kinders van Juda en die kinders van Jerusalem aan die kinders van Jawan verkoop, om hulle ver van hul grondgebied te verwyder.
(Joe 3:7)  Kyk, Ek sal hulle laat opstaan uit die plek waarheen julle hulle verkoop het, en julle dade op julle hoof laat neerkom.
(Joe 3:8)  En Ek sal julle seuns en julle dogters aan die kinders van Juda verkoop, en dié sal hulle verkoop aan die Sabeërs, aan ‘n verafgeleë volk want die HERE het dit gespreek.
(Joe 3:9)  Roep dit uit onder die nasies, heilig ‘n oorlog! Wek die helde op, laat al die krygsmanne nader kom, opruk!
(Joe 3:10)  Smee van julle pikke swaarde en van julle snoeimesse spiese; laat die swakke sê: Ek is ‘n held.
(Joe 3:11)  Haas julle en kom aan, alle nasies rondom, en versamel julle. Laat u helde, HERE, daarheen aftrek!
(Joe 3:12)  Die nasies moet hulle klaarmaak en optrek na die dal van Jósafat; want daar sal Ek sit om gerig te hou oor al die nasies rondom.
(Joe 3:13)  Steek die sekel in, want die oes is ryp! Kom trap, want die parskuip is vol, die kuipe loop oor! Want hulle boosheid is groot.(Vgl. hierdie gerus met (Openb. 19:11-15) - (v. 15)" En uit sy mond gaan daar ‘n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan; en Hy sal hulle met ‘n ysterstaf regeer, en Hy trap die parskuip van die wyn van die grimmigheid en van die toorn van God, die Almagtige").  
(Joe 3:14)  Menigtes, menigtes in die dal van beslissing, want naby is die dag van die HERE in die dal van beslissing!
(Joe 3:15)  Die son en die maan word duister, en die sterre trek hulle glans in. (lyk of dit 6de seel gebeure beskrywe)
(Joe 3:16)  En die HERE brul uit Sion, en uit Jerusalem verhef Hy sy stem, sodat hemel en aarde bewe. Maar die HERE sal ‘n toevlug wees vir sy volk en ‘n skuilplek vir die kinders van Israel. (hier het Jesus duidelik al teruggekom)
(Joe 3:17)  Dan sal julle weet dat Ek die HERE julle God is, wat woon op Sion, my heilige berg; dan sal Jerusalem ‘n heiligdom wees waar geen vreemdes meer deur sal trek nie.
(Joe 3:18)  En op dié dag sal die berge drup van mos en die heuwels vloei van melk en al die spruitjies van Juda stroom van water; en uit die huis van die HERE sal daar ‘n fontein uitkom om die dal Sittim te besproei.
(Joe 3:19)  Egipte sal ‘n woesteny word, en Edom ‘n woeste wildernis wees, weens die geweld wat hulle die kinders van Juda aangedoen het, dat hulle onskuldige bloed in hul land vergiet het.
(Joe 3:20)  Maar Juda sal vir ewig bly, en Jerusalem van geslag tot geslag.
(Joe 3:21)  En Ek sal hulle bloed onskuldig verklaar, wat Ek tevore nie onskuldig verklaar het nie; en die HERE sal op Sion bly woon.

-In bg. skrifgedeelte word "oes" gebruik in die sin van "oordeel" (in die dal van Josafat, want die Here sal daar gerig hou met die nasies rondom). Ons sien die son en maan wat duister word, en sterre trek glans in, Here brul uit Sion...dit verwys dus definitief na die tyd van die Wederkoms wanneer Jesus Christus sal oordeel (hierdie gedeelte wil voorkom of dit o.a. verwys na die skeiding van die skape en die bokke - Matt. 25:31,32).
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Feite oor die Nuwe Jerusalem

VIR 'N VOLLEDIGE STUDIE OOR DIE "nuwe Jerusalem", gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2024/10/die-nuwe-jerusalem.html.

Vir 'n studie oor "Jerusalem", gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2015/07/jerusalem.html.

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

INLEIDING:

Oor die eeue was die stad JERUSALEM verskeie male NUUT GEMAAK (2 Kon. 22:14; 2 Kron. 34:22).  In die "volgende eeu"-bedeling, wanneer Jesus Christus oor die aarde regeer, sal Jerusalem ook nuut gemaak word - bestudeer gerus die volgende onderwerpe:

-https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2024/07/die-olyfberg.html

-https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2017/06/nuwe-hemele-en-nuwe-aarde-die-here-sal.html

Die term "NUWE JERUSALEM" word in die Skrif veral gebruik van 'n stad wat vanuit die hemel (waar God woon) sal neerdaal op die nuwe hemel en aarde (nadat die "volgende eeu"-bedeling verby is)(Openb. 20-22). 

- (Openb. 21:1,2 - "En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie. En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is").

- (Openb. 3:12 - "Wie oorwin, Ek sal hom ‘n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal, en my nuwe Naam").

Jesus het verwys na die "Nuwe Jerusalem" as die "STAD VAN GOD"(Openb. 3:12)  Wie oorwin, Ek sal hom ‘n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my Godvan die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal, en my nuwe Naam. Hierdie stad sal vanuit die hemel neerdaal op die nuwe aarde, en word ook genoem: "die heilige stad" (Openb. 21:2) - m.a.w., 'n stad "afgesonder"... Die stad Jerusalem was terloops van altyd af gesien as 'n heilige stad (Neh. 11:1,18; Dan. 9:24; Matt. 4:5; Openb. 11:2), en sal ook so wees in die volgende-"eeu" -bedeling (Jes. 52:1), maar ook tot in ewigheid!...(wanneer die nuwe stad Jerusalem op die nuwe aarde neerdaal aan die einde vd volgende eeu- (Openb. 21:1,2).

Die "nuwe Jerusalem" word ook as die

Bruid voorgestel - die Vrou van die Lam: 

(Openb. 21:9)  En een van die sewe engele wat die sewe skale gehad het, vol van die sewe laaste plae, het na my gekom en met my gespreek en gesê: Kom hierheen, ek sal jou die bruid toon, die vrou van die Lam(beide die volk en land Israel, en die "Nuwe stad Jerusalem" word in die Skrif as die Lam se vrou voorgestel...). M.a.w., net soos Jesus Christus Homself sal trou aan die land Israel wanneer Hy terugkom, net so sal Hy Hom trou aan die nuwe stad Jerusalem...

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Wanneer is die tyd wanneer die Nuwe Jerusalem op die aarde sal wees?:

"Nuwe Jerusalem" verwys nie na die huidige stad Jerusalem, of Jerusalem in die volgende eeu nie, maar verwys na 'n stad wat huidiglik in die hemel (waar God woon) is, en sal aan die einde vd volgende eeu uit die hemel neerdaal op die nuwe aarde -
Openb. 20: 1-4:
(Openb. 21:1)  En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie.
(Openb. 21:2)  En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is.
(Openb. 21:3)  En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God.
(Openb. 21:4)  En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.

Groter prentjie:
huidige (hierdie)"eeu"(is die "teenswoordige" wereld)(aan einde van hierdie eeu, ook genoem "einde vd wereld", word die satan gebind vir 'n 1000 jaar (Openb. 20:2)- is die aanvang vd "volgende eeu"). 
- volgende "eeu"(aan die einde van die huidige eeu begin die volgende tydperk/eeu (Christus kom om te oordeel en Hy besluit wie "opstaan tot lewe")(die "volgende eeu" tydperk verteenwoordig 'n 1000 jaar waarin die satan gebind is en Jesus Christus gaan regeer oor die hele aarde, l.w., "vanuit Jerusalem"!)(die wat oorwin, leef en regeer saam met Christus 1000 jaar as konings, en sal priesters van God en van Christus wees...(Openb. 20:4))
einde van "volgende eeu": dan, aan die einde van die 1000 jaar word die satan ontbind (Openb. 20:7);  ..... Gog en Magog (Openb. 20:8);  ... vuur uit hemel (Openb. 20:9);  ... Wit troon Oordeel (Openb. 20:11-15).  
EN DAN:  (Openb. 21:1 -  nuwe hemel en aarde-Openb. 21:1,2) - en dan daal die stad van God op die aarde neer... (Nuwe Jerusalem - bruid, vrou van die Lam).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
WIE SAL INGAAN IN DIE STAD, EN WAT IS DIE DOEL VD NUWE JERUSALEM?

Hierdie is slegs 'n kort opsomming van feite geneem uit Openb. 21,22 (rol af vir die hele skrifgedeelte):
Die doel vd TEMPEL (of TABERNAKEL)(van God) het veral daaroor gegaan dat God by hulle was - hierdie dan ook die rede waarom die liggaam vd Christen soos 'n tempel gesien word, want die Here is by hulle TEENWOORDIG deur Sy Heilige Gees. In die Nuwe Jerusalem SAL DAAR NIE 'N TEMPEL WEES NIE want die troon van God en vd Lam is in hierdie STAD! Die Here sal TEENWOORDIG WEES en sal "by hulle woon, en hulle sal Sy volk wees... (Openb. 21:3) (dit is egter anders in die "volgende eeu", en daar sal wel 'n tempel wees in die volgende eeu- dit waarna baie geleerdes verwys as die 4de tempel...).

DIE WAT GERED WORD sal in hierdie stad (nuwe stad Jerusalem) wandel (hulle sal die Here dien)(...en die konings vd aarde sal hulle heerlikheid en eer daarin bring). Dit verwys na die wat oorwin - hulle sal alles beërwe..! (Openb. 21:7). Openb. 21 leer ook vir ons dat hierdie verwys na die wie se name geskrywe is in die boek vd lewe vd Lam - slegs hulle sal kan ingaan in hierdie stad...  - en hulle SAL SY AANGESIG SIEN!, en Sy Naam sal op hulle voorhoofde wees, en hulle sal as konings regeer tot in alle ewigheid. DAAR SAL DAN GEEN DOOD MEER WEES NIE (Openb. 21:4)(ook geen droefheid en geween en moeite nie...).

HOE LYK DIE NUWE JERUSALEM?
Hierdie is slegs 'n kort opsomming van feite geneem uit Openb. 21,22 (rol af vir die hele skrifgedeelte):
- Die nuwe Jerusalem is 'n STAD (dit is geheilig, altans "afgesonder" vir 'n spesifieke doel en tyd...).
- Dit word voorgestel met 'n BRUID ("toeberei soos 'n bruid wat vir haar man versier is").
- Dit is VIERKANTIG (met die lengte en breedte en hoogte gelyk).
- Die stad is van SUIWER GOUD (soos suiwer glas), en het nie die son of maan of 'n lamp nodig om in hom te skyn nie, want dit is VERLIG deur die heerlikheid van God. Die stad se lig lyk soos die kosbare steen, die kristalhelder jaspissteen.
- Dit het 'n groot en hoë MUUR met 12 poorte (3 oos, 3 noord, 3 suid, 3 wes)(en by die 12 poorte engele)(en die name vd 12 stamme vd kinders van Israel is daarop geskrywe). Die muur het 12 FONDAMENTE (en daarop die name vd 12 apostels vd Lam)(en is versierd met allerhande edelgesteentes), en die boustof gebruik vir die muur, is JASPIS. En daar is 12 POORTE (elke poort 'n pêrel)

Die wat gered word sal in hierdie stad wandel (en die konings vd aarde sal hulle heerlikheid en eer daarin bring). Die troon van God en vd Lam is in hierdie stad; en uit die troon van God en van die Lam, sal daar 'n SUIWER RIVIER uitstroom (helder soos kristal)(vd water vd lewe). Die straat is van suiwer goud (soos deurskynende glas). In die middel vd straat en weerskante van hierdie river, is die BOOM VD LEWE (wat elke mnd sy vrugte dra - 12 maal)(en die blare is tot genesing vd nasies).

Hierdie stad sal aan die einde vd volgende eeu op die nuwe aarde (vanuit die hemel) neerdaal en sy poorte sal nooit gesluit word nie - daar sal dan nie meer iets soos "nag" wees nie en daar sal ook nie 'n tempel wees nie (want die Here God, die Almagtige, is sy tempel, en die Lam).
Slegs die wie se name geskrywe is in die boek vd lewe vd Lam sal kan ingaan in hierdie stad (en die Here se diensknegte sal Hom dien) - hulle SAL SY AANGESIG SIEN, en Sy Naam sal op hulle voorhoofde wees, en hulle sal as konings regeer tot in alle ewigheid.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Openb. 21:1)  En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie.
(Openb. 21:2)  En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is.
(Openb. 21:3)  En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God.
(Openb. 21:4)  En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.
(Openb. 21:5)  En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar.
(Openb. 21:6)  En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet.
(Openb. 21:7)  Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ‘n God wees, en hy sal vir My ‘n seun wees.
(Openb. 21:8)  Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.
(Openb. 21:9)  En een van die sewe engele wat die sewe skale gehad het, vol van die sewe laaste plae, het na my gekom en met my gespreek en gesê: Kom hierheen, ek sal jou die bruid toon, die vrou van die Lam.
(Openb. 21:10)  En hy het my in die gees weggevoer op ‘n groot en hoë berg en my die groot stad getoon, die heilige Jerusalem, wat uit die hemel van God neerdaal;
(Openb. 21:11)  en dit het die heerlikheid van God gehad, en sy lig was soos ‘n baie kosbare steen, soos die kristalhelder jaspissteen.
(Openb. 21:12)  En dit het ‘n groot en hoë muur met twaalf poorte gehad, en by die poorte twaalf engele, en name daarop geskrywe, naamlik dié van die twaalf stamme van die kinders van Israel.
(Openb. 21:13)  Aan die oostekant was daar drie poorte, aan die noordekant drie poorte, aan die suidekant drie poorte, aan die westekant drie poorte.
(Openb. 21:14)  En die muur van die stad het twaalf fondamente gehad, en daarop was die name van die twaalf apostels van die Lam.
(Openb. 21:15)  En hy wat met my gespreek het, het ‘n goue meetroede gehad, om die stad en sy poorte en sy muur te meet.
(Openb. 21:16)  En die stad het vierkantig gelê, en sy lengte was net so groot as sy breedte. En hy het die stad met die meetroede gemeet op duisend vyf honderd myl; sy lengte en breedte en hoogte was gelyk.
(Openb. 21:17)  En hy het sy muur gemeet op honderd vier en veertig el, volgens ‘n mens se maat, wat die maat van ‘n engel is.
(Openb. 21:18)  En die boustof van sy muur was jaspis, en die stad was suiwer goud soos suiwer glas.
(Openb.21:19)  En die fondamente van die muur van die stad was versierd met allerhande edelgesteentes. Die eerste fondament was jaspis, die tweede saffier, die derde chalcedoon, die vierde smarag;
(Openb. 21:20)  die vyfde sardóniks, die sesde sardius, die sewende chrisoliet, die agtste beril, die negende topaas, die tiende chrísopraas, die elfde hiasínt, die twaalfde ametís.
(Openb. 21:21)  En die twaalf poorte was twaalf pêrels; elkeen van die poorte was uit een pêrel, en die straat van die stad was suiwer goud soos deurskynende glas.
(Openb.21:22)  En ‘n tempel het ek nie daarin gesien nie, want die Here God, die Almagtige, is sy tempel, en die Lam.
(Openb. 21:23)  En die stad het die son of die maan nie nodig om in hom te skyn nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp.
(Openb. 21:24)  En die nasies van die wat gered word, sal in die lig daarvan wandel, en die konings van die aarde bring hulle heerlikheid en eer daarin.
(Openb. 21:25)  En bedags want nag sal daar nie meer wees nie sal sy poorte nooit gesluit word nie;
(Openb. 21:26)  en hulle sal die heerlikheid en die eer van die nasies daarin bring.
(Openb. 21:27)  En daarin sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie; maar net die wat geskrywe is in die boek van die lewe van die Lam.
(Openb. 22:1)  En hy het my getoon ‘n suiwer rivier van die water van die lewe, helder soos kristal, wat uitstroom uit die troon van God en van die Lam.
(Openb. 22:2)  In die middel van sy straat en weerskante van die rivier was die boom van die lewe wat twaalf maal vrugte dra en elke maand sy vrugte gee, en die blare van die boom is tot genesing van die nasies.
(Openb. 22:3)  En daar sal geen enkele vervloeking meer wees nie, en die troon van God en van die Lam sal daarin wees, en sy diensknegte sal Hom dien.
(Openb. 22:4)  En hulle sal sy aangesig sien, en sy Naam sal op hulle voorhoofde wees.
(Openb.22:5)  En nag sal daar nie wees nie; en hulle het geen lamp of sonlig nodig nie, omdat die Here God hulle verlig; en hulle sal as konings regeer tot in alle ewigheid.
(Openb. 22:6)  En hy het vir my gesê: Hierdie woorde is betroubaar en waaragtig; en die Here, die God van die heilige profete, het sy engel gestuur om sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur.
(Openb. 22:7)  Kyk, Ek kom gou. Salig is hy wat die woorde van die profesie van hierdie boek bewaar.
(Openb. 22:8)  En dit is ek, Johannes, wat dit gesien en gehoor het; en toe ek dit gehoor en gesien het, het ek neergeval om te aanbid voor die voete van die engel wat my hierdie dinge getoon het.
(Openb. 22:9)  Toe sê hy vir my: Moenie! want ek is ‘n mededienskneg van jou en van jou broeders, die profete, en van hulle wat die woorde van hierdie boek bewaar. Aanbid God.
(Openb. 22:10)  En hy het vir my gesê: Moenie die woorde van die profesie van hierdie boek verseël nie, want die tyd is naby. 
(Openb. 22:11)  Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word.
(Openb. 22:12)  En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees.
(Openb. 22:13)  Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die eerste en die laaste.
(Openb. 22:14)  Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.
(Openb. 22:15)  Maar buite is die honde en die towenaars en die hoereerders en die moordenaars en die afgodedienaars en elkeen wat leuens liefhet en doen.
(Openb. 22:16)  Ek, Jesus, het my engel gestuur om hierdie dinge aan julle voor die gemeentes te betuig. Ek is die wortel en die geslag van Dawid, die blink môrester.
(Openb. 22:17)  En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet.
(Openb. 22:18)  Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is.
(Openb. 22:19)  En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is.
(Openb.22:20)  Hy wat dit getuig, sê: Ja, Ek kom gou. Amen, ja kom, Here Jesus!
(Openb. 22:21)  Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.
_________________________________________________________________________________

Saterdag 31 Augustus 2024

Wie is die Skape en die Bokke?

In hierdie pos kyk ons na die "skeiding vd SKAPE EN BOKKE"wat terloops aan die einde van die wêreld sal gebeur nadat Jesus teruggekom het - Hy sal die skape van die bokke skei...
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Daar is ook ander oordele wat in daardie tyd sal plaasvind, o.a die skeiding van die koring en kaf, en skeiding vd koring en onkruid:
- Vir 'n pos oor die skeiding van die KORING en KAF (aan die einde vd wereld), gaan na: (https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2017/05/wie-is-die-koring-en-die-kaf.html).
("koring" verwys hier na die wat vrug dra, en "kaf" verwys hier na die wat nie vrug dra nie, of nie die nodige vrug dra nie)
- Vir 'n pos oor die skeiding van die KORING en die ONKRUID (aan die einde vd wereld), gaan na: https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2021/12/koring-en-onkruid.html.
("koring" verwys hier na die wares, terwyl "onkruid" verwys na die valses)(vir 'n studie oor "ingesluiptes", gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2021/12/ingesluiptes.html).

ROL AF VIR DIE VOLGENDE OPSOMMINGS:
- Inleiding
- Wat is die verskil tussen die skape en bokke volgens Matt. 25?
- Die term Skape in beeldspraak.
- Die tem Bokke in beeldspraak.
- Ander woorde wat skape of bokke beskryf.
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
INLEIDING: 
(Mat 25:31-33)- "En wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op sy heerlike troon sit; en voor Hom sal al die nasies versamel word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei;  en Hy sal die skape aan sy regterhand en die bokke aan sy linkerhand sit". Daar is baie dinge wat rondom die tyd vd WEDERKOMS sal gebeur, o.a. sal die Here sy dorsvloer skoonmaak... (dan sal die kinders vd koninkryk wat nie vrug dra nie, verwyder word)(Matt. 3:17). Die tyd van die wederkoms word o.a. gesien soos 'n tyd van "oes" (dit is oestyd) - wanneer die kinders vd Koninkryk se vrug geoes word, en vrug sal bepaal of iemand ingaan of nie (is koring?, of kaf?) - asook sal die valses uitgegooi word (nl. die onkruid). Huidiglik word die "onkruid" gelos sodat die koring nie perongeluk uitgetrek word saam met die onkruid nie, maar wanneer Jesus terugkom sal dit gedoen word... (Matt. 13:30). 

Sommige "kinders van die Koninkryk" sal uiteindelik nie ingaan in die koninkryk nie; bv.:
- (1) die wat nie vrug dra nie (die "kaf'"-Luk. 3:17 - hulle sal in die vuur gegooi word), en 
- (2) die valses ("die onkruid" - die wat onder die kinders vd Koninkryk beweeg asof hulle gered, maar nie is nie.  Die onkruid sal verbrand word... - Matt. 13:30); en
-  (3) die onbarmhartiges (nl. die "bokke"- hulle sal weggaan in die ewige straf / Matt. 25:46 -"Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele").  

MAAR DIE SKAPE (die barmhartiges/ regverdiges) SAL DIE EWIGE LEWE ONTVANG! (Matt. 25:46), en sal die koninkryk beerwe (Matt. 25:34 - "Dan sal die Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af").
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wat is die verskil tussen die SKAPE en BOKKE volgens Matt. 25:35-46?

-  Skape is REGVERDIG / BARMHARTIG.   Bokke is ONREGVERDIG / ONBARMHARTIG.

- Volgens Matt. 25 verwys skape na GESEëNDES (V.34) en REGVERDIGES (v.37) - hulle sal die ewige lewe ontvang (v. 46) en die Koninkryk beërwe (Matt. 25:34);  maar  bokke verwys na VERVLOEKTES (v.41) en ONREGVERDIGES (v.46 - is die teenoorgestelde van "regverdiges").  

Regverdigheid word in die gedeelte as volg verduidelik:  (Mat 25:35-46)  Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My herberg gegee; Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom.................Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen..............

Onregverdigheid word as volg verduidelik: Want Ek het honger gehad, en julle het My nie te ete gegee nie; Ek het dors gehad, en julle het My nie te drinke gegee nie.  Ek was ‘n vreemdeling, en julle het vir My nie herberg gegee nie; naak, en julle het My nie geklee nie; siek en in die gevangenis, en julle het My nie besoek nie.................. Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit nie gedoen het aan een van hierdie geringstes nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.

Dit gaan in hierdie konteks oor "omgee"! Is jy barmhartig of nie? - dit wys of jy vir iemand omgee... 

NATUURLIK KAN WERKE NIE SALIGHEID BEWERK NIE (Rom. 3:28), MAAR WERKE IS NOODWENDIG IETS WAT VOLG NA BEKERING... (geloof sonder werke is dood-Jak. 2:26 /werke bewys dat iemand glo...).  DIE HERE VERWAG VAN ONS OM VRUG TE DRA WAT BY DIE BEKERING PAS (Matt. 3:8; Luk. 3:8). Hierdie is 'n ernstige saak! Ons almal sal voor die regterstoel van Christus verskyn... -(2Kor. 5:10 - "Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad").  

REGVERDIGHEID WORD DUS VERAL GEKENMERK DEUR BARMHARTIGHEID (Matt. 9:13 - "Maar gaan leer wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie; want Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering") - vgl. dit met Matt. 25 hoe skape voorgestel word, bv. as mense wat vir ander mense omgee (Ps. 37:21). Daar word van regverdiges verwag om goed te wees vir alle mense!, nie net vir ander regverdiges nie.  Alhoewel die uiteinde vd goddelose vervloeking is, sorg die Here vir slegtes en goeies (Matt. 5:44,45) - en Hy verwag van ons dieselfde! 

--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Skrifte wat by hierdie tema aanskakel, is miskien skrifte wat gaan oor die belangrikheid van om DIE WIL VAN DIE HERE TE DOEN... (rol gerus ook af na die opsomming oor skape - KEN DIE HERE):
- (Mat 7:21-23 - "Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!").
- (Mat 12:50 - "Want elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, dié is my broer en suster en moeder").
- (Joh 15:6 - "As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand").
- (1Jn 2:15-17 - "Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie. Want alles wat in die wêreld is—die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe—is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld. En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig"). 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
SKAPE:

Skape verwys na heiliges, die wat die Here ken en Sy wil doen. Jesus het bv. geleer dat Sy skape na Hom luister en Hom volg (hierdie is die kenmerke van 'n skaap) - en omdat hulle na Hom luister en Hom volk, KEN Hy hulle!  Hulle is tipies BARMHARTIG (soos die Here is). Die skape word o.a. "regverdiges" genoem - REGVERDIGES sal gered word en die aarde beerwe! 

- In Matt. 10:6 gebruik Jesus die woord "skape" om na 'n groep onder die kinders van Israel te verwys... (Matt. 10:6 - "maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel"). In heelwat O.T. skrifte word dieselfde soort beeldspraak gebruik, bv. (1Kon. 22:17 - "Daarop antwoord hy: Ek het die hele Israel gesien, verstrooid op die berge soos skape wat geen wagter het nie. En die HERE het gesê: Hulle het geen heer nie; laat hulle elkeen in vrede teruggaan na sy huis"). 
- In Matt. 9:36 sien Jesus ook die skare soos "skape"... ("En toe Hy die skare sien, het Hy innig jammer gevoel vir hulle, omdat hulle moeg en uitgeput was, soos skape wat geen herder het nie"). (Mark. 6:34 - "En toe Jesus uitklim, sien Hy ‘n groot menigte, en Hy het vir hulle innig jammer gevoel, omdat hulle soos skape sonder herder was; en Hy het hulle baie dinge begin leer").
- Skape het 'n herder nodig (Mark. 2:8)(sonder 'n herder raak hulle moeg en uitgeput -Matt. 9:36;  daar word nog heelwat ander dinge beskryf in vele O.T. skrifte van wat gebeur met skape wat sonder 'n herder is..., bv. dat hulle verstrooi word).  Dit is wat inderdaad ook letterlik gebeur het toe die dissipels se herder (Jesus) gearresteer is... - hulle het gevlug, is uitmekaar gejaag en verstrooi)(Mat 26:31 - "Toe sê Jesus vir hulle: Julle sal almal in hierdie nag aanstoot neem aan My, want daar is geskrywe: Ek sal die herder slaan, en die skape van die kudde sal verstrooi word")(v.56)(Joh 16:32).
- In sekere skrifte stel die wagter of herder die Here voor (1 Kon. 22:7; 27:17; 2 Kron. 18:16,17) - Jesus word as die groot Herder voorgestel (Matt. 26:31)(Hebr. 13:20 - "Mag die God van die vrede, wat die groot Herder van die skape, naamlik onse Here Jesus Christus, deur die bloed van die ewige testament uit die dode teruggebring het").
- In sommige O.T. skrifte stel die herders mense voor wat oor die volk aangestel is (Jer. 50:6; 10:21; Eseg. 34:4-12; ens.)(Jer 23:1,2 - "Wee die herders wat die skape van my weide laat omkom en hulle verstrooi, spreek die HERE. Daarom, so sê die HERE, die God van Israel, aangaande die herders wat my volk oppas: Júlle het my skape verstrooi en hulle verdrywe en hulle nie opgesoek nie. Kyk, Ek besoek oor julle die boosheid van julle handelinge, spreek die HERE").
- In Matt. 10:16 verwys Jesus na Sy dissipels ook as "skape" - ("Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in; wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe"), en in 1Pe 2:25 word daar na gemeentelede verwys as skape (in die geval was hulle "dwalende skape" maar het na die Here teruggekeer).
- In Matt. 15:24 leer ons dat Jesus veral gestuur is "vir die verlore skape van Israel" ("Maar Hy antwoord en sê: Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel") - die Here wil nie he dat enige van Sy skape verlore gaan nie! Jesus het hierdie bevestig in Matt. 18:11-14 - ("Want die Seun van die mens het gekom om te red wat verlore is. Wat dink julle? As iemand honderd skape het en een van hulle verdwaal, sal hy nie die nege en negentig laat staan en op die berge die verdwaalde een gaan soek nie?  En as hy hom kry, voorwaar Ek sê vir julle dat hy blyer is oor hom as oor die nege en negentig wat nie verdwaal het nie. So is dit nie die wil van julle Vader wat in die hemele is, dat een van hierdie kleintjies verlore gaan nie"). 

Hoe weet ons wie is die skape?:
- In Joh. 10:1 word die woorde "diewe en rowers" as beeldspraak gebruik om te verwys na die wat valse herders is... - (Joh 10:1 - "Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie nie by die deur in die skaapstal ingaan nie, maar van ‘n ander kant af inklim, hy is ‘n dief en ‘n rower. (Joh 10:2)  Maar hy wat by die deur ingaan, is ‘n herder van die skape". In die betrokke gedeelte word die Here se kinders ook voorgestel soos SKAPE, en JESUS IS DIE DEUR OF HERDER (die skape luister na Sy stem..., en Hy loop voor hulle uit en die skape volg Hom - omdat hulle Sy stem ken (v. 3,4)). Die wat na Jesus se stem luister sal gered word (v.9)(Joh. 10:28,29) - hulle luister nie na diewe en rowers se stemme nie, want hulle ken hulle nie! Skape sal nooit 'n vreemde volg nie... (Joh 10:5 - "Hulle sal ‘n vreemde nooit volg nie, maar van hom wegvlug, omdat hulle die stem van die vreemdes nie ken nie") - DIT IS HOE 'N MENS SIEN WIE SKAPE IS EN WIE NIE! - skape luister na die stem van die Here en volg Hom, maar die wat nie skape is nie ken Hom nie en luister nie na Hom nie (Joh. 10:6-10)(Joh 10:8) - "Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie na hulle geluister nie")(Joh 10:14) - "Ek is die goeie herder, en Ek ken my eie en word deur my eie geken"). (Joh 10:26,27 - "Maar julle glo nie, want julle is nie van my skape nie, soos Ek vir julle gesê het. My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My"). Christene wat bv. bely hulle glo in Jesus maar luister nie na Hom (bv. glo nie Sy woorde) nie, en volg Hom nie (bv. doen hulle eie wil), is nie "skape" nie! (dit is die mense vir wie die Here eendag sal se, "Ek ken jou nie" (Luk. 13:22-30 - diesulkes word in die gedeelte o.a. na verwys as "werkers van ongeregtigheid")(Matt. 25:12 - dit is presies wat Jesus in Matt. 25  die bokke se, nl."ek ken julle nie")    (Mat 7:21-23 - "Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!")

Skape verwys nie net na die kinders van Israel nie:
'n Herder gee om vir sy skape (en sal selfs sy lewe vir hulle afle), en net so gee Jesus om vir AL Sy skape! (en het ook Sy lewe vir hulle afgelê!-v.18)(Joh. 10:11-13). Jesus gee om vir die skape van Israel, maar Hy het ook skape wat nie aan hulle "stal" behoort nie... (Joh 10:16 - "Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. Ek moet hulle ook lei, en hulle sal na my stem luister, en dit sal wees een kudde, een herder").

Die Here stel wagters oor Sy volk aan:
Simon Petrus was bv. hierdie opdrag gegee... (Joh 21:15-19) - in die gedeelte word Petrus versoek om DIE LAMMERS TE LAAT WEI (v. 11), DIE SKAPE OP TE PAS (. 16), en DIE SKAPE TE LAAT WEI (v. 17).  In v. 19 sluit Hy Sy woorde af deur die woorde "Volg My". Die wagter moet die Herder volg (en natuurlik is dit dus ook hoe ons sien of 'n wagter 'n skaap is of nie, is of hy na die Herder luister en die Herder volg!

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
BOKKE:

Bokke luister nie na die Here nie en volg Hom nie;  m.a.w,  Hy ken hulle nie! (dit verwys tipies na mense wat nie die wil van die Vader doen nie), en hulle ONBARMHARTIGHEID is verder 'n bewys van die feit dat hulle nie skape is nie. Die bokke word o.a. ONREGVERDIGES genoem - onregverdiges hulle sal vervloek word (sal nie gered word nie en sal nie die aarde beerwe/koninkryk ingaan nie).

- Daar is nie veel skrifte waarin die beeldspraak van "bokke" voorkom nie - in Matt. 25 verwys "bokke" beslis na die wat nie regverdig is nie (bv., daar word uitgewys dat hulle onbarmhartig is).

- In enkele ander skrifte word die term bokke in beeldspraak gebruik, bv. (Jes. 14:9 - "Die doderyk daaronder is in beroering om jou ontwil, jou koms tegemoet; dit wek om jou ontwil die skimme op, al die bokke van die aarde; dit laat al die konings van die nasies van hulle trone opstaan") - in die betrokke skrif verwys "bokke" na die leiers (Hebr. woord " at-tood' ", wat vertaal kan word as "die een aan hoof" of "bok of ram"). Kyk o.a. die woorde "dit laat al die konings van die nasies van hulle trone opstaan". "Bokke" in hierdie geval verwys duidelik na die onregverdige leiers, konings vd nasies... Dit is ook interenssant hoe die koning (van Griekeland) in Dan. 8:5 voorgestel word met 'n bokram... (en in die gedeelte sien ons ook dat hy besonders sterk was). In Eseg. 39:18 word "bokke" ook o.a. in beeldspraak gebruik om na sekere "helde en vorste" te verwys... - ("Vlees van die helde sal julle eet en bloed van die vorste van die aarde drink—ramme, lammers en bokke en stiere, vetgemaakte diere van Basan almal saam—").

- Interessant  Matt. 25:35 verklaar dat wanneer die skeiding van skape en bokke gaan plaasvind, sal "al DIE NASIES" voor die Here versamel word... (Mat 25:32). Die term word ook in Matt. 34 gebruik, waar "NASIES geoordeel word"! (Jes. 34:6 - "Die swaard van die HERE is vol bloed, dit drup van vet, van die bloed van lammers en bokke, van die niervet van ramme; want die HERE het ‘n slagoffer in Bosra en ‘n groot slagting in die land Edom"). 

WANNEER MENSE ANDER MENSE ONREGVERDIG BEHANDEL, VEROORSAAK HULLE LYDING (1 Pet. 2:19). Hierdie beskryf tipies die gesindheid van "BOKKE", en in Matt. 25 word veral gewys hoe hulle hul oë toehou vir ander se nood (dit is tipies selfsugtige mense wat nie omgee vir ander mense nie, en die woord "onregverdiges" beskryf o.a. sulke mense as "sondaars"). "Bokke" sal vervloek word en onder oordeel kom...

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
ANDER WOORDE WAT SKAPE BESKRYF:

Volgens Matt. 25 verwys skape na GESEëNDES (V.34), REGVERDIGES (v.37) - hulle sal die ewige lewe ontvang (v. 46) en die Koninkryk beërwe (Matt. 25:34).
.



ANDER WOORDE WAT BOKKE BESKRYF:
 
Volgens Matt. 25 verwys bokke na VERVLOEKTES (v.41) en ONREGVERDIGES (v.46 - is die teenoorgestelde van "regverdiges").


----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------