Hierdie tema gaan oor die feit dat sekere mense NIE GEREED sal wees wanneer Jesus terugkom nie - dit beteken diesulkes sal onder oordeel kom...-1 Thess. 5:9. Maar na wie verwys hierdie mense? Na Christene, of nie? Dit is interessant om te merk dat meeste skrifte waarin hierdie woorde "soos 'n dief in die nag" voorkom, geskryf is aan Christen gemeentes... - en die waarskuwing word veral gegee vir die wat SLAAP en DRONK is. Hierdie mense (wat nie gereed is nie) sal nie die Here verwag op die tyd wanneer Hy kom nie... Dit is anders as die wat waak - die wat waak sal gereed wees! (1 Thess. 5:4). (Matt. 24:42 - "Waak dan, omdat julle nie weet watter uur julle Here kom nie").
Ons moet verstaan wat bedoel word met die woorde "slaap" en "dronk"..., want die wat slaap is nie besig om te "waak" nie (want hulle is nie wakker nie!), en die wat dronk is is nie "nugter" nie! (hulle struikel voort in die nag) (bestudeer gerus die terme "waak" en "nugter", "struikel in die nag", ens. om hierdie soort beeldspraak beter te verstaan). Hierdie mense wat slaap of dronk is beskryf 'n sekere groep Christene... - in Openb. 3:3 beskryf dit mense wat die naam het dat hulle leef (is dus gereddes!), maar hulle is dood (hulle slaap en hulle klere is besoedel volgens v. 4; m.a.w., hulle is dronk van sonde, en hulle word versoek om hulle te bekeer en om die eerste dinge te onthou). Dit is bv. ook interessant dat die wat slaap kom maklik in versoeking! (Luk. 22:45,46) - hulle val maklik vir leuens of verval in sonde. Die "wat net vir 'n tyd glo" word ook in die gelykenis vd saaier vgl. met mense wat "in tyd van versoeking afval"... (Matt. 13:21 - hulle het geen wortel nie, en as daar verdrukking en vervolging kom ter wille vd woord, struikel hulle dadelik); dit is dus duidelik dat die wat slaap o.a verwys na mense wat "net vir 'n tyd glo". En terloops, dit is ook wanneer die diensknegte "slaap" wanneer die vyand onkruid saai onder die koring! (bestuideer gerus die tema van "ingesluiptes"). Die begrip "dronk" verwys weer op beurt o.a. na die wie se sinne bedorwe is (hulle glo wat hulle wil - jy praat met hulle maar hulle hoor nie! - soos 'n dronk mens), en hulle struikel maklik (soos 'n dronk mens).
As jy as Christen sonde in jou lewe het wat jy moet afle, moet jy jou daarvan BEKEER.
As jou sinne bedorwe is omdat jy jou hoop in die wereld begin plaas het, en eerder wereldse sieninge begin volg het (of jou eie sieninge), moet jy jou BEKEER van die manier hoe jy sien en dink, tot hoe die Here sien en dink.
Onthou die eerste beginsels, en bewaar dit...
Die wat gereed is gee ag op die pad van godsaligheid en het die godsvrug (2 Pet. 3). Vrug is belangrik! Jesus het geleer dat die sonder vrug verwyder sal word (Joh 15:6 - "As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand"). Bestudeer gerus die derde groep in die gelykenis van die saaier en kyk watter dinge dit is wat kan veroorsaak dat ons vrug verloor... Siende niemand die uur weet wanneer Jesus terugkom nie, (behalwe die Vader-Matt. 24:36), moet ons des te meer WAAK, want die wat waak sal outomaties gereed wees. Vir die ander sal Jesus onverwags betrap - Hy sal beslis kom wanneer hulle Hom nie verwag nie!
Vir 'n studie oor "slaap", gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2017/05/slaap-en-die-geestelike-betekenis-van.html
Vir 'n studie oor "dronk", gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2022/04/dronk-in-beeldspraak.html
Kom ons kyk na skrifte waarin die woorde "Hy sal soos 'n dief kom" voorkom:
- 1Th_5:2 want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos ‘n dief in die nag.........................................1Th_5:4 Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag julle soos ‘n dief sou oorval nie. - IN KONTEKS VORIGE HFST. WORD HIER GEPRAAT OOR WANNEER DIE HERE JESUS TERUGKOM - dit verwys na die wederkoms (4:15)(daar word in 4:13-18 van die opstanding en "wegraping" gepraat, en dan hier in die volgende hoofstuk, hfst. 5, praat hy verder oor wanneer dit sal gebeur...). In ander skrifte word hierdie "soos 'n dief kom" ook gebruik in konteks met wanneer Jesus terugkom, en dit is duidelik in hierdie gedeelte (net soos ander gedeeltes waarin die woorde gebruik word) dat Hy soos 'n dief sal kom vir die "wat nie gereed is nie" - hulle sal Hom nie verwag nie! VIR DIE WAT GEREED IS SAL DIT NIE SO VOEL NIE (5:4), MAAR DIE WAT NIE GEREED IS NIE (veral verwysend na die wat "slaap" en "dronk is" / v. 5-7), SAL ONKANT GEVANG WORD. HIERDIE MENSE WAT NIE GEREED IS NIE SAL ONDER OORDEEL KOM... (v. 9). DIE WAT GEREED SAL WEES VERWYS NA DIE WAT DIE BORSWAPEN VAN GELOOF EN LIEFDE AANHET, EN AS HELM DIE HOOP OP SALIGHEID - verwysend na die gereddes en die wat vashou aan die geloof - die wat dan nog in die lewe is sal WAAK, en Jesus sal die wat in Christus ontslaap het saam met Hom bring... (5:10; 4:14-17). NEEM KENNIS DAT HIER VIR ONS 'N VOLGORDE GEGEE WORD VAN GEBEURE IN HFST.e 4 EN 5... (bv. die opstanding eerste, dan die wegraping, en dan sal die wat nie gereed is nie onder oordeel kom).
- 2Pe_3:10 Maar die dag van die Here sal kom soos ‘n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand. -IN KONTEKS GAAN DIT OOK HIER OOR DIE WEDERKOMS, ook na verwys as DIE DAG VAN DIE HERE in v.10... (2 Pet. 3:4-10). BAIE DINGE SAL OP DAARDIE DAG GEBEUR, O.A. SOOS GENOEM HIER IN V. 10, SAL DIE "HEMELE MET GEDRUIS VERBYGAAN EN DIE ELEMENTE SAL BRAND EN VERGAAN, EN DIE AARDE EN DIE WERKE WAT DAAROP IS, SAL VERBRAND... Hierdie "dag van die Here" word o.a. 'n "groot en vreeslike dag" genoem in Mal. 4:5; Joe 2:1 verklaar hoe die inwoners sal bewe..., en volgens 1:15 sal verwoesting wees. Volgens Joe 2:31 sal die son verander word in duisternis en die maan in bloed, voor hierdie "dag vd Here" sal aanbreek... (vgl. Joe 2:31 beskryf gebeure onder die 6de seel, en die wederkoms is onder die 7de seel...). Dus, ons sien dat baie dinge met die aarde sal gebeur wanneer Jesus terugkom - bestudeer gerus die pos "Die Here kom in vuur". In 2 Pet. 3 word gereddes bemoedig om heilig te lewe en godsvrug dra (v.11) - die wat gereed is is m.a.w. die wat ag gee op die pad van godsaligheid en "vrug dra"(maar die wat hierdie nalaat en geen vrug het of hulle vrug verloor het, sal nie gereed wees nie...).
- Openb_3:3 Onthou dan hoe jy dit ontvang en gehoor het, en bewaar dit en bekeer jou; as jy dan nie wakker word nie, sal Ek op jou afkom soos ‘n dief, en jy sal nie weet in watter uur Ek op jou afkom nie. - OOK IN OPENB. 3 VERWYS DIE WAT NIE GEREED IS NIE NA DIE WAT "SLAAP" (is nie wakker nie..., v.3). Openb. 3:1-6 (gemeente van Sardis) verwys na 'n groep Christene in die gemeente wat die naam het dat hulle leef, maar hulle is dood... - hulle werke was nie volkome gevind voor God nie (Openb. 3:2) - hulle klere is besoedel ("met sonde bevlek") (v.4), en hulle word versoek om hulle te bekeer en te onthou hoe hulle oorspronklik ontvang en gehoor het, en moet dit bewaar... (behandel gerus die belangrikheid van spesifieke bekledings in die Skrif - https://warechristene.blogspot.com/2020/03/honger-dors-vreemdeling-naak-siek.html). Hierdie mense wat nie gereed sal wees nie, se "klere is met sonde bevlek" (hulle is duidelik gered!, want hulle het die kleed..., maar hulle kleed is vuil van sonde - hierdie mense moet hulle bekeer van die sonde, en as hulle dit nie doen nie, sal hulle nie gereed wees wanneer Jesus terugkom nie). Die begrip "dood" word ook somtyds vgl. met "slaap". In hierdie geval verwys dit beslis ook na mense wat slaap of dronk is...(dronk van sonde).
- Openb_16:15 Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie. - IN KONTEKS GAAN HIERDIE GEDEELTE OOK OOR DIE WEDERKOMS, MEER SPESIFIEK DIE TYD VAN DIE 6DE SKAAL net voor die slag van Armageddon (kyk v. 15,16), TERWYL IN DIE 1 Thess. 5 VOORBEELD WAS DIE WOORDE GEBRUIK RONDOM DIE TYD VAN DIE OPSTANDING ("laaste basuin" / 7de basuin)(l.w. die basuine en skale is onder die 7de seel...); die 2 Pet 3 VOORBEELD VERWYS OOK NA DIE EINDE VD WERELD, MAAR DAAR WORD NIE SPESIFIEK GENOEM OF DIT VERWYS NA DIE TYD VD 7DE SEEL NIE (alhoewel ons weet dat Jesus terugkom onder die 7de seel-Openb. 16:15; 19:11, maar ook alreeds met die opstanding en wegraping-1 Kor. 15:51; 1 Thess. 4:14-17); die Openb. 3 VOORBEELD GEE NIE VEEL INLIGTING NIE, BEHALWE DAT DIT OOK VERWYS NA WANNEER JESUS TERUGKOM.... IN Openb. 16:15 LE JESUS KLEM OP HOE BELANGRIK DIT IS OM TE "WAAK" EN "JOU KLERE TE BEWAAR"... (na watter klere verwys Hy hier? -sekerlik na 'n kleed wat naaktheid bedek... /Eseg. 18:16;Rom. 4 - die wat nie bekleed is wanneer Jesus terugkom nie, sal skaamwees en verneder wees weens ontbloting/Openb. 16:15; 2 Kor. 5:3; Hand. 19:16; 1 Kor. 4:11; Hos. 2:3; Jes. 20; ens.). Elke persoon wie se sonde vergewe is het 'n "kleed" wat sy/haar naaktheid bedek, maar as jy nie jou klere bewaar nie sal almal jou skaamte sien wanneer Jesus terugkom (dit verwys beslis na gereddes wat in sonde stap en hulle nie daarvan bekeer nie); m.a.w, hulle sonde sal nie "bedek" wees nie en hulle sal dus onder oordeel kom... Diesulkes is nie gereed wanneer Jesus terugkom nie, en vir hulle sal Hy kom "soos 'n dief" (en hulle onkant vang).
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Hoe om "BESIG TE WEES" wanneer Hy kom:
- Lees Matt. 24:44-51
-Vergelyk dit met Openb. 3:1-6:
- Vergelyk dit ook met Luk. 12:40-48
Hoe om "GEREED te wees":
- Lees Matt. 24:37-44
- Luk. 12:13-47
- Lees ook 7 briewe in Openbaring
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.