Sommige inligting rondom eindtyd studies gaan oor INTERPRETASIE.

Daarom word verskillende interpretasies met die tyd bygevoeg waar geleerdes oor iets verskil, of somtyds word 'n verwysing gegee na 'n ander interpretasie - per geleentheid word 'n interpretasie verder bespreek.


Wys tans plasings met die etiket onregverdiges. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket onregverdiges. Wys alle plasings

Saterdag 31 Augustus 2024

Wie is die Skape en die Bokke?

In hierdie pos kyk ons na die "skeiding vd SKAPE EN BOKKE"wat terloops aan die einde van die wêreld sal gebeur nadat Jesus teruggekom het - Hy sal die skape van die bokke skei...
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Daar is ook ander oordele wat in daardie tyd sal plaasvind, o.a die skeiding van die koring en kaf, en skeiding vd koring en onkruid:
- Vir 'n pos oor die skeiding van die KORING en KAF (aan die einde vd wereld), gaan na: (https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2017/05/wie-is-die-koring-en-die-kaf.html).
("koring" verwys hier na die wat vrug dra, en "kaf" verwys hier na die wat nie vrug dra nie, of nie die nodige vrug dra nie)
- Vir 'n pos oor die skeiding van die KORING en die ONKRUID (aan die einde vd wereld), gaan na: https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2021/12/koring-en-onkruid.html.
("koring" verwys hier na die wares, terwyl "onkruid" verwys na die valses)(vir 'n studie oor "ingesluiptes", gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2021/12/ingesluiptes.html).

ROL AF VIR DIE VOLGENDE OPSOMMINGS:
- Inleiding
- Wat is die verskil tussen die skape en bokke volgens Matt. 25?
- Die term Skape in beeldspraak.
- Die tem Bokke in beeldspraak.
- Ander woorde wat skape of bokke beskryf.
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
INLEIDING: 
(Mat 25:31-33)- "En wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op sy heerlike troon sit; en voor Hom sal al die nasies versamel word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei;  en Hy sal die skape aan sy regterhand en die bokke aan sy linkerhand sit". Daar is baie dinge wat rondom die tyd vd WEDERKOMS sal gebeur, o.a. sal die Here sy dorsvloer skoonmaak... (dan sal die kinders vd koninkryk wat nie vrug dra nie, verwyder word)(Matt. 3:17). Die tyd van die wederkoms word o.a. gesien soos 'n tyd van "oes" (dit is oestyd) - wanneer die kinders vd Koninkryk se vrug geoes word, en vrug sal bepaal of iemand ingaan of nie (is koring?, of kaf?) - asook sal die valses uitgegooi word (nl. die onkruid). Huidiglik word die "onkruid" gelos sodat die koring nie perongeluk uitgetrek word saam met die onkruid nie, maar wanneer Jesus terugkom sal dit gedoen word... (Matt. 13:30). 

Sommige "kinders van die Koninkryk" sal uiteindelik nie ingaan in die koninkryk nie; bv.:
- (1) die wat nie vrug dra nie (die "kaf'"-Luk. 3:17 - hulle sal in die vuur gegooi word), en 
- (2) die valses ("die onkruid" - die wat onder die kinders vd Koninkryk beweeg asof hulle gered, maar nie is nie.  Die onkruid sal verbrand word... - Matt. 13:30); en
-  (3) die onbarmhartiges (nl. die "bokke"- hulle sal weggaan in die ewige straf / Matt. 25:46 -"Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele").  

MAAR DIE SKAPE (die barmhartiges/ regverdiges) SAL DIE EWIGE LEWE ONTVANG! (Matt. 25:46), en sal die koninkryk beerwe (Matt. 25:34 - "Dan sal die Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af").
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wat is die verskil tussen die SKAPE en BOKKE volgens Matt. 25:35-46?

-  Skape is REGVERDIG / BARMHARTIG.   Bokke is ONREGVERDIG / ONBARMHARTIG.

- Volgens Matt. 25 verwys skape na GESEëNDES (V.34) en REGVERDIGES (v.37) - hulle sal die ewige lewe ontvang (v. 46) en die Koninkryk beërwe (Matt. 25:34);  maar  bokke verwys na VERVLOEKTES (v.41) en ONREGVERDIGES (v.46 - is die teenoorgestelde van "regverdiges").  

Die regverdiges (onder die kinders vd Koninkryk) verwys na daardie groep mense wat nie in oordeel sal kom nie, nl. hulle is die "geseendes" en sal die aarde beerwe...(Ps. 37:29; Matt. 13:44)(die goddelose se naam sal vergaan en hulle sal nie die Koninkryk beerwe nie/2 Pet. 2:9; 1 Kor. 6:8-10, maar die regverdige se naam sal bly.../Spr. 10:6,7).In Ps. 1 word REGVERDIGES beskryf as die wat behae het in die wet vd Here en dit gedurigdeur oordink... Daar is baie tipiese kenmerke van regverdiges (waaraan "regverdiges" veral herken kan word),bv. (1) dat hulle nie sit in die kring vd spotters nie (Ps. 1:1); (2) dat hulle nie wandel in die raad vd goddelos nie (Ps. 1:1); (3) dat hulle mond wysheid verkondig en hulle tong spreek wat reg is (Ps. 37;30; Spr. 10:21); (4) dat hulle barmhartig is (Matt. 25); ens. Jesus het regverdigheid in Matt. 25:35-46 as volg verduidelik:  "Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My herberg gegee; Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom.................Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen". Hierdie is tipies die manier hoe regverdiges optree. Vir 'n studie oor die begrip "regverdiges", gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2024/09/die-begrip-regverdiges.html
Die Skrif leer dat die vurige gebed van die regverdige, het groot krag! (Jak. 5:16; Ps. 34:16). 

Onregverdigheid word in Matt. 25 as volg verduidelik: Want Ek het honger gehad, en julle het My nie te ete gegee nie; Ek het dors gehad, en julle het My nie te drinke gegee nie.  Ek was ‘n vreemdeling, en julle het vir My nie herberg gegee nie; naak, en julle het My nie geklee nie; siek en in die gevangenis, en julle het My nie besoek nie.................. Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit nie gedoen het aan een van hierdie geringstes nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie. 'n Tipiese  kenmerk van ONREGVERDIGES is dat hulle nie barmhartig is nie. Hulle verwys tipies na die ongelowiges onder die kinders van die Koninkryk, basie omdat hulle werke daarvan getuig (geloof sonder werke is dood!). Nie dat hulle glad nie kinders vd Koninkryk is nie, maar verwys na die groep onder die kinders vd Koninkryk wat bely hulle glo maar nie die werke het nie. Die feit dat hulle nie die "werke" het nie, is 'n bewys dat hulle nie in gemeenskap met die Here stap nie (hulle KEN Hom NIE!, en dra dus nie "goeie vrug" nie);  nie dat hulle geen werke het nie, maar die vraag is of daardie werke volgens die wil van God is? Is die werke wat hulle doen bv. eerder tot selfverheffing en volgens eie wil?, want as dit die geval is is hulle "werkers van ongeregtigheid"... - bestudeer gerus die verband tussen ongeregtigheid,  onregverdigheid en goddeloosheid. BOKKE tree ONREGVERDIG op teenoor ander mense... - hierdie is 'n tipiese kenmerk;  m.a.w., hulle dade wys dat hulle nie omgee vir ander nie maar eintlik net vir hulleself - dit wat hulle doen is bv. tot eer is van hulleself (bv. hulle doen dit net tot voordeel van hulleself, bv. om regverdig of geregtig voor te kom)(Vir 'n studie oor die begrip "onregverdiges", gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2024/09/die-begrip-onregverdiges.html). Hierdie is die groep mense vir wie die deur "gesluit sal word" (Luk 13:25-27 Wanneer die eienaar van die huis opgestaan en die deur gesluit het, en julle begin buitekant te staan en aan die deur te klop en te sê: Here, Here, maak vir ons oop—sal Hy antwoord en vir julle sê: Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. Dan sal julle begin sê: Ons het in u teenwoordigheid geëet en gedrink, en U het op ons strate geleer. En Hy sal sê: Ek sê vir julle, Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. Gaan weg van My, al julle werkers van die ongeregtigheid!"). 

Die groep "goddeloses" sal ook onder die onregverdiges getel word (vir 'n studie oor die begrip "goddeloses", gaan na:https://warechristene.blogspot.com/2025/05/goddelose-mense.html). Goddelose mense sal soos kaf in die wind verstrooi word (Job 36:6; Ps. 9:6), wat m.a.w. verwys na die wat lyk soos koring, maar het nie die vrug nie (is kaf!)(https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2017/05/wie-is-die-koring-en-die-kaf.html) - hierdie groep word nie altyd bestempel as vals nie (alhoewel die valses ook onder hulle sal val), maar dit verwys dus ook nanie die wat nie die vrug het nie (geen of nie die nodige vrug wat by die bekering pas nie)(kyk 2de en 3de groep in die gelykenis vd saaier). Dit verwys na die wat nie in die Here bly nie (groei nie geestelik nie) asook die wat vrugteloos word (die wat hulle vrug verloor a.g.v. ongehoorsaamheid, ens.). Goddeloses verwys tipies na die wat boos en ongeregtig is (hulle doen wat verkeerd is), die wederstrewiges en eiesinniges (die wat rebelleer en ongehoorsaam is), die kinders vd Koninkryk wat ander (geloofs)bronne gebruik (bv. die wolwe), die wat onwettig is en onbedagsaam, en hulle tonge spreek wat verkeerd is (bv. wellustelinge, sodomiete, gierigaards, diewe, hoereerders, egbrekers, kwaadsprekers, ens.)....   Hierdie is 'n ernstige saak! - ons almal sal voor die regterstoel van Christus verskyn... -(2Kor. 5:10 - "Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad"). Jesus het geleer dat in die opstanding sommige sal opstaan tot veroordeling... (Joh 5:28,29  "Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom ‘n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling"). Nie almal wat geroep is sal ingaan in die Koninkryk van God nie (Luk. 13:27,28).

NATUURLIK KAN WERKE NIE SALIGHEID BEWERK NIE (Rom. 3:28), MAAR WERKE IS NOODWENDIG IETS WAT VOLG NA BEKERING... (geloof sonder werke is dood-Jak. 2:26 /werke bewys dat iemand glo...).  DIE HERE VERWAG VAN ONS OM VRUG TE DRA WAT BY DIE BEKERING PAS (Matt. 3:8; Luk. 3:8), maar sonder geestelike groei is dit natuurlik nie moontlik nie ('n boom kan nie vrug dra as dit nie groei nie). Maar "onregverdiges" verwys nie net na die wat afval nie (2de groep in die gelykenis vd saaier), maar ook na die wat wel vrug dra maar dit verloor... (3de groep in die gelykenis vd saaier)(Joh 15:4-6  "Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie. Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie. As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand").

REGVERDIGHEID WORD VERAL GEKENMERK DEUR BARMHARTIGHEID... (Matt. 9:13 - "Maar gaan leer wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie; want Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering"), want dit verwys na mense wat die werke het saam met die geloof.  Vgl. dit met Matt. 25 met hoe die skapehier  voorgestel word (nl. wanneer mense wat vir ander mense omgee, want die Here gee vir almal om! - Hy is nie 'n aannemer van persoon nie)(Ps. 37:21). Daar word van regverdiges verwag om goed te wees vir alle mense!, nie net vir ander regverdiges nie...  Alhoewel die uiteinde vd goddelose vervloeking is, sorg die Here vir slegtes en goeies (Matt. 5:44,45) - en Hy verwag van ons dieselfde (Hy verwag selfs dat ons ons vyande liefhet en goed doen aan die wat vir ons haat). Die REGVERDIGE word veral hieraan gekenmerk, omdat hy nie barmhartig is op voorwaarde (bv. om net goed te wees vir die wat goed is vir hom) nie (Luk 14:12-14  En Hy sê ook vir die man wat Hom genooi het: Wanneer jy ‘n môre— of middagete gee, moenie jou vriende nooi, of jou broers of bloedverwante of ryk bure nie, sodat hulle jou nie miskien ook eendag weer uitnooi en jy vergelding ontvang nie. Maar wanneer jy ‘n feesmaal gee, nooi armes, verminktes, kreupeles, blindes, en jy sal gelukkig wees, omdat hulle niks het om jou te vergeld nie; want dit sal jou vergeld word in die OPSTANDING VAN DIE REGVERDIGES").

--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
ONDERWERPE WAT BY HIERDIE TEMA AANSKAKEL:  
- "DIE WIL VAN DIE HERE TE DOEN", en 
- "KEN DIE HERE.

- (Mat 7:21-23 - "Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!").
- (Mat 12:50 - "Want elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, dié is my broer en suster en moeder").
- (Joh 15:6 - "As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand").
- (1Jn 2:15-17 - "Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie. Want alles wat in die wêreld is—die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe—is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld. En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig"). 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
SKAPE:

Skape verwys na heiliges, die wat die Here ken en Sy wil doen. Jesus het bv. geleer dat Sy skape na Hom luister en Hom volg (hierdie is die kenmerke van 'n skaap) - en omdat hulle na Hom luister en Hom volk, KEN Hy hulle!  Hulle is tipies BARMHARTIG (soos die Here is). Die skape word o.a. "regverdiges" genoem - REGVERDIGES sal gered word en die aarde beerwe! 

- In Matt. 10:6 gebruik Jesus die woord "skape" om na 'n groep onder die kinders van Israel te verwys... (Matt. 10:6 - "maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel"). In heelwat O.T. skrifte word dieselfde soort beeldspraak gebruik, bv. (1Kon. 22:17 - "Daarop antwoord hy: Ek het die hele Israel gesien, verstrooid op die berge soos skape wat geen wagter het nie. En die HERE het gesê: Hulle het geen heer nie; laat hulle elkeen in vrede teruggaan na sy huis"). 
- In Matt. 9:36 sien Jesus ook die skare soos "skape"... ("En toe Hy die skare sien, het Hy innig jammer gevoel vir hulle, omdat hulle moeg en uitgeput was, soos skape wat geen herder het nie"). (Mark. 6:34 - "En toe Jesus uitklim, sien Hy ‘n groot menigte, en Hy het vir hulle innig jammer gevoel, omdat hulle soos skape sonder herder was; en Hy het hulle baie dinge begin leer").
- Skape het 'n herder nodig (Mark. 2:8)(sonder 'n herder raak hulle moeg en uitgeput -Matt. 9:36;  daar word nog heelwat ander dinge beskryf in vele O.T. skrifte van wat gebeur met skape wat sonder 'n herder is..., bv. dat hulle verstrooi word).  Dit is wat inderdaad ook letterlik gebeur het toe die dissipels se herder (Jesus) gearresteer is... - hulle het gevlug, is uitmekaar gejaag en verstrooi)(Mat 26:31 - "Toe sê Jesus vir hulle: Julle sal almal in hierdie nag aanstoot neem aan My, want daar is geskrywe: Ek sal die herder slaan, en die skape van die kudde sal verstrooi word")(v.56)(Joh 16:32).
- In sekere skrifte stel die wagter of herder die Here voor (1 Kon. 22:7; 27:17; 2 Kron. 18:16,17) - Jesus word as die groot Herder voorgestel (Matt. 26:31)(Hebr. 13:20 - "Mag die God van die vrede, wat die groot Herder van die skape, naamlik onse Here Jesus Christus, deur die bloed van die ewige testament uit die dode teruggebring het").
- In sommige O.T. skrifte stel die herders mense voor wat oor die volk aangestel is (Jer. 50:6; 10:21; Eseg. 34:4-12; ens.)(Jer 23:1,2 - "Wee die herders wat die skape van my weide laat omkom en hulle verstrooi, spreek die HERE. Daarom, so sê die HERE, die God van Israel, aangaande die herders wat my volk oppas: Júlle het my skape verstrooi en hulle verdrywe en hulle nie opgesoek nie. Kyk, Ek besoek oor julle die boosheid van julle handelinge, spreek die HERE").
- In Matt. 10:16 verwys Jesus na Sy dissipels ook as "skape" - ("Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in; wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe"), en in 1Pe 2:25 word daar na gemeentelede verwys as skape (in die geval was hulle "dwalende skape" maar het na die Here teruggekeer).
- In Matt. 15:24 leer ons dat Jesus veral gestuur is "vir die verlore skape van Israel" ("Maar Hy antwoord en sê: Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel") - die Here wil nie he dat enige van Sy skape verlore gaan nie! Jesus het hierdie bevestig in Matt. 18:11-14 - ("Want die Seun van die mens het gekom om te red wat verlore is. Wat dink julle? As iemand honderd skape het en een van hulle verdwaal, sal hy nie die nege en negentig laat staan en op die berge die verdwaalde een gaan soek nie?  En as hy hom kry, voorwaar Ek sê vir julle dat hy blyer is oor hom as oor die nege en negentig wat nie verdwaal het nie. So is dit nie die wil van julle Vader wat in die hemele is, dat een van hierdie kleintjies verlore gaan nie"). 

Hoe weet ons wie is die skape?:
- In Joh. 10:1 word die woorde "diewe en rowers" as beeldspraak gebruik om te verwys na die wat valse herders is... - (Joh 10:1 - "Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie nie by die deur in die skaapstal ingaan nie, maar van ‘n ander kant af inklim, hy is ‘n dief en ‘n rower. (Joh 10:2)  Maar hy wat by die deur ingaan, is ‘n herder van die skape". In die betrokke gedeelte word die Here se kinders ook voorgestel soos SKAPE, en JESUS IS DIE DEUR OF HERDER (die skape luister na Sy stem..., en Hy loop voor hulle uit en die skape volg Hom - omdat hulle Sy stem ken (v. 3,4)). Die wat na Jesus se stem luister sal gered word (v.9)(Joh. 10:28,29) - hulle luister nie na diewe en rowers se stemme nie, want hulle ken hulle nie! Skape sal nooit 'n vreemde volg nie... (Joh 10:5 - "Hulle sal ‘n vreemde nooit volg nie, maar van hom wegvlug, omdat hulle die stem van die vreemdes nie ken nie") - DIT IS HOE 'N MENS SIEN WIE SKAPE IS EN WIE NIE! - skape luister na die stem van die Here en volg Hom, maar die wat nie skape is nie ken Hom nie en luister nie na Hom nie (Joh. 10:6-10)(Joh 10:8) - "Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie na hulle geluister nie")(Joh 10:14) - "Ek is die goeie herder, en Ek ken my eie en word deur my eie geken"). (Joh 10:26,27 - "Maar julle glo nie, want julle is nie van my skape nie, soos Ek vir julle gesê het. My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My"). Christene wat bv. bely hulle glo in Jesus maar luister nie na Hom (bv. glo nie Sy woorde) nie, en volg Hom nie (bv. doen hulle eie wil), is nie "skape" nie! (dit is die mense vir wie die Here eendag sal se, "Ek ken jou nie" (Luk. 13:22-30 - diesulkes word in die gedeelte o.a. na verwys as "werkers van ongeregtigheid")(Matt. 25:12 - dit is presies wat Jesus in Matt. 25  die bokke se, nl."ek ken julle nie")    (Mat 7:21-23 - "Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!")

Skape verwys nie net na die kinders van Israel nie:
'n Herder gee om vir sy skape (en sal selfs sy lewe vir hulle afle), en net so gee Jesus om vir AL Sy skape! (en het ook Sy lewe vir hulle afgelê!-v.18)(Joh. 10:11-13). Jesus gee om vir die skape van Israel, maar Hy het ook skape wat nie aan hulle "stal" behoort nie... (Joh 10:16 - "Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. Ek moet hulle ook lei, en hulle sal na my stem luister, en dit sal wees een kudde, een herder").

Die Here stel wagters oor Sy volk aan:
Simon Petrus was bv. hierdie opdrag gegee... (Joh 21:15-19) - in die gedeelte word Petrus versoek om DIE LAMMERS TE LAAT WEI (v. 11), DIE SKAPE OP TE PAS (. 16), en DIE SKAPE TE LAAT WEI (v. 17).  In v. 19 sluit Hy Sy woorde af deur die woorde "Volg My". Die wagter moet die Herder volg (en natuurlik is dit dus ook hoe ons sien of 'n wagter 'n skaap is of nie, is of hy na die Herder luister en die Herder volg!

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
BOKKE:

Bokke luister nie na die Here nie en volg Hom nie;  m.a.w,  Hy ken hulle nie! - dit verwys tipies na mense wat nie gemeenskap het met die Here nie (dit is hoekom hulle Hom nie ken nie), en die wat nie die wil van die Vader doen nie (die ongehoorsames) - hulle word o.a. gekenmerk aan ONBARMHARTIGHEID (is bv. net lief vir die wat vir hulle lief is). "Bokke" word o.a. ONREGVERDIGES genoem - die onregverdiges sal vervloek word! (sal nie gered word nie en sal nie die aarde beerwe/koninkryk ingaan nie - hierdie was in 'n vorige paragraaf reeds bespreek met skrifte).

Daar is nie veel skrifte waarin die beeldspraak van "bokke" gebruik word nie, alhoewel hulle duidelik volgens Matt. 25 onder die groep "onregverdiges" getel sal word (en die Skrif leer vir ons baie daaroor!, asook ander groepe wat onder hierdie groep val, bv. die goddeloses). "BOKKE" (hetsy dit verwys na mense in die "koninkryk van God", of nie) verwys na die wat ONBARMHARTIG is. Ander skrifte waarin die term "bokke" in beeldspraak gebruik word (om iemand voor te stel), is: (Jes. 14:9 - "Die doderyk daaronder is in beroering om jou ontwil, jou koms tegemoet; dit wek om jou ontwil die skimme op, al die bokke van die aarde; dit laat al die konings van die nasies van hulle trone opstaan") - in die betrokke skrif verwys "bokke" na die leiers (Hebr. woord " at-tood' ", wat vertaal kan word as "die een aan hoof" of "bok of ram"). Kyk o.a. die woorde "dit laat al die konings van die nasies van hulle trone opstaan". "Bokke" in hierdie geval verwys duidelik in hierdie geval na die onregverdige leiers en konings vd nasies... Dit is ook interenssant hoe die koning (van Griekeland) in Dan. 8:5 voorgestel word met 'n bokram... (en in die gedeelte sien ons ook dat hy besonders sterk was). In Eseg. 39:18 word "bokke" ook o.a. in beeldspraak gebruik om na sekere "helde en vorste" te verwys... - ("Vlees van die helde sal julle eet en bloed van die vorste van die aarde drink—ramme, lammers en bokke en stiere, vetgemaakte diere van Basan almal saam—"). Interessant  dat Matt. 25:35 verklaar dat wanneer die skeiding van skape en bokke gaan plaasvind, sal "al DIE NASIES" voor die Here versamel word... (Mat 25:32). Die term word ook in Matt. 34 gebruik, waar "NASIES geoordeel word" (Jes. 34:6 - "Die swaard van die HERE is vol bloed, dit drup van vet, van die bloed van lammers en bokke, van die niervet van ramme; want die HERE het ‘n slagoffer in Bosra en ‘n groot slagting in die land Edom"). 

WANNEER MENSE ANDER MENSE ONREGVERDIG BEHANDEL, VEROORSAAK HULLE o.a. LYDING (1 Pet. 2:19). Hierdie beskryf tipies die gesindheid van "BOKKE"..., en in Matt. 25 word veral gewys hoe hulle hul oë toehou vir ander se nood;  maw, dit is opsetlik (hulle wil hê dat hulle swaarkry). Hierdie is gewoonlik die gesindheid van iemand wat vervloek i.p.v. seen..., maar die Here verwag die teenoorgestelde van Sy kinders! (Luk 6:27,28  Maar Ek sê vir julle wat luister: Julle moet jul vyande liefhê en goed doen aan die wat vir julle haat. Seën die wat vir julle vervloek, en bid vir die wat julle beledig").  Wat Matt. 25 vir ons leer is dat "bokke" eendag vervloek sal word en onder oordeel sal kom.. - hulle het "vervloek", en hulle sal vervloek word.(Matt. 25:45,36 "Dan sal Hy hulle antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit nie gedoen het aan een van hierdie geringstes nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie. En hulle sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in die ewige lewe"). BOKKE SAL NIE DIE EWIGE LEWE BEERWE NIE. 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
ANDER WOORDE WAT SKAPE BESKRYF:

Volgens Matt. 25 verwys skape na GESEëNDES (V.34), REGVERDIGES (v.37) - hulle sal die ewige lewe ontvang (v. 46) en die Koninkryk beërwe (Matt. 25:34).
.



ANDER WOORDE WAT BOKKE BESKRYF:
 
Volgens Matt. 25 verwys bokke na VERVLOEKTES (v.41) en ONREGVERDIGES (v.46 - is die teenoorgestelde van "regverdiges").


----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------