Sommige inligting rondom eindtyd studies gaan oor INTERPRETASIE.

Daarom word verskillende interpretasies met die tyd bygevoeg waar geleerdes oor iets verskil, of somtyds word 'n verwysing gegee na 'n ander interpretasie - per geleentheid word 'n interpretasie verder bespreek.


Wys tans plasings met die etiket wraak. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket wraak. Wys alle plasings

Saterdag 14 Desember 2024

Die dag van die Here (1)

In hierdie pos kyk ons na die term "dag van die Here" (ook genoem "die dag van God")(1 Thess. 5:2; 2 Pet. 3:10; 2 Kor. 1:14; Hand. 2:20; Jes. 61:2; ens.), wat nie net verwys na die Sabbatdag (nl. die 7de dag van rus)(Openb. 1:10) nie, maar is 'n begrip wat ook gebruik word om na die "volgende eeu"-bedeling te verwys (1000 jaar "rus" - soos SABBAT - 7de tydperk van aarde) - en sluit dus gebeurtenisse aan die einde van die wereld in, nl. 

- die wederkoms, 

- voltrekking van saligheid, 

- wraak van God, en 

- vernuwing. 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Inleiding: 

Oor die algemeen word die begrip "dag van die Here" gebruik om te verwys na die tyd van die wederkoms... (en dus alles wat rondom dit volg asook daarna). Uit 'n studie van skrifte waarin die woorde "dag van God" (Openb. 16:14; 2 Pet. 3:12; Jes. 61:2; ens.) of "dag van die Here" (Openb. 1:10; 2 Pet. 3:10; 1 Kor. 5:5; Mal. 4:5; ens.) voorkom, kan die volgende afgelei word:

-die begrip verwys o.a. na die SABBAT - nie net die Sabbatdag (nl. die sewende dag) nie, maar ook na die "volgende eeu"-bedeling van 'n 1000 jaar (waarin Jesus oor die hele aarde sal regeer/1 dag soos 'n 100jaar0), wat somtyds ook soos 'n "sabbat" beskryf word (vgl. dit met die tema "in Sy rus ingaan"). 

Die begrip word dus gebruik in konneksie met:

- DIE SEWENDE DAG  (1) sabbatsrus, nl. die huidige sabbat/7de dag vd week, en (2) 'n tydperk van "rus" ("in Sy rus ingaan"), nl. die "volgende eeu"-bedeling van 'n 1000 jaar waarin Jesus oor die hele aarde sal regeer)(Hebr. 4:9,10);

- DIE WEDERKOMS (die einde van "hierdie eeu"-bedeling en begin van die volgende / met die inleiding van die "volgende eeu"-bedeling);

- DIE TYD WANNEER SALIGHEID VOLTREK WORD(1Kor 1:8);

- DIE TYD VAN GOD SE WRAAK en oordele (die "volgende eeu"-bedeling begin met OORDEEL... (met die wederkoms kry ons die regterstoel van Christus en wraak van God  - kyk o.a. val van Babilon en slag van Armageddon)(Jes. 66:15,16);  en eindig met OORDEEL (vuur uit hemel verslind die wat optrek teen die heilige stad). 

- DIE VERNUWING VAN ALLES. en dit sal begin met VERNUWING (die Here kom in vuur), en eindig met die (finale) VERNUWING (-van hemel en aarde)(Openb. 21,22).

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------DIE TERM "DAG VAN DIE HERE":

Die "DAG VAN DIE HERE" (Openb. 1:10; Eks. 20:10) is nie net 'n term wat gebruik word vir die 7de dag waarop ons rus (sabbat) nie (Openb. 1:4), maar dit  lyk dus ook of dit na 'n toekomende tydperk verwys. Die sg. "sabbatsrus" (waarna verwys word in Hebr. 4:9)(Gr. woord "sab-bat-is-mos'", wat beteken "rus") word baiemaal vgl. met die term "dag vd Here" - 'n tydperk in die toekoms wat vir die volk van God belowe word, 'n tyd van RUS!  (vir die aarde en vir die volk van God, bv. "rus van hulle werke"-Hebr. 4:10)(Hebr. 4:3; Matt. 11:28,29).  Om "in Sy rus in te gaan" (https://warechristene.blogspot.com/2016/05/in-sy-rus-ingaan.html)(Ps. 95:11; Hebr. 4:1-13; 3:11; Eks. 20:11) verwys nie net na iets HUIDIGLIK nie, maar is ook TOEKOMSTIG, en wil voorkom of dit o.a. verwys na die "toekomende eeu"...  - 'n 1000 jaar-tydperk waarin Jesus Christus oor die hele aarde sal regeer, en die wat Hom dien sal saam met Hom regeer.../Openb. 20.   

Hierdie is alles deel van "die dag van die Here"..., nl. oordeel, verlossing, rus en vernuwing.  Dit wil voorkom of die begrip "dag van die Here" (ook genoem "dag van God")(Openb. 16:14) verwys na die tydperk wanneer en nadat Jesus teruggekom het... (1 Thess. 5:1-11), wat dus begin met die wederkoms en strek vir 'n 1000 jaar.  Die wat saam met die Here sal regeer in hierdie tyd , nl. die 1000 jaar, is die wat sal "ingaan in Sy rus(hierdie verwys na die wat deel het aan die eerste opstanding - die wie se saligheid voltrek word).  M.a.w., die "dag van die Here" sal oor 'n tydperk van 'n 1000 jaar geskied (2 Pet. 3:4-13), 'n tydperk wat o.a. gesien word as "RUS" (sal in Sy rus ingaan... - vir 'n pos hieroor, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2016/05/in-sy-rus-ingaan.html)(kyk ook Ef. 4:30 - "dag van verlossing"), en Jesus Christus sal kom om te oordeel en sal regeer oor die hele aarde (en die wat deel het aan die "eerste opstanding" sal saam met Hom regeer)(Openb. 20:5,6)(hulle sal in "Sy rus ingaan"). In ditto tyd sal die vernuwing van hemel en aarde plaasvind. Die Here sal alles nuut maak;  alhoewel dit sal begin wanneer Hy terugkom, sal dit eers volkome voltrek word aan die einde vd 1000 jaar (sabbatsrus) -tydperk (hierdie huidige wereld sal vergaan en alles sal nuut gemaak word ;  maar nie soos die toenmalige wereld wat deur water vergaan het nie, maar die huidige sal deur vuur vergaan, en dan sal die Here alles, hemel en aarde, nuut maak)(Openb. 21,22).   

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------EEN DAG IS BY DIE HERE SOOS 'N 1000 JAAR (en 'n 1000 soos een): 

Wat 2 Pet. 3:8 aanbetref, word die volgende vgl. somtyds gemaak:

"6 dae werk en sewende dag rus =  "6000 jaar werk en 1000 rus".

Die begrip "dag" van die Here moet nie net gesien word as 'n letterlike dag nie (alhoewel dit ook is), maar ook SOOS 'N 1000 JAAR  -  WAT BEGIN MET DIE WEDERKOMS EN WAARIN DIE HERE REGEER EN VERVUL WAT HY BELOWE HET ...(die sabbatsrus-tyd vir die aarde sal vervul word)(die saligheid sal vervul word)(die oordele sal vervul word)(die vernuwing sal vervul word...).  DIE DAG VAN DIE HERE verwys dus ook na 'n 1000 jaar! = die "volgende eeu"-bedeling wanneer Jesus oor die aarde regeer.

M.a.w., dit word wel 'n DAG (van die Here) genoem, maar 'n dag is soos 'n 1000 jaar en 1000 jaar soos 'n dag... (2 Pet. 3:4-13) - die "dag" stel m.a.w. ook  'n 1000 jaar voor, en verwys nie net na die wederkoms nie, maar ook na die "toekomende eeu" nadat Jesus teruggekom het. Doen gerus 'n studie op die ouderdom van die hemel (aan en langs uitspansel) en aarde (nadat dit en die mens geskep is) - die aarde bestaan nou sowat 6000 jaar, en geleerdes is van mening dat die 7de "1000 jaar" o.a. beskryf kan word soos 'n sabbatsrus (werk vir 6000 jaar en sal rus vir 'n 1000 jaar / werk 6 dae, rus 1 dag). "Om in Sy rus in te gaan" verwys veral na hoe die mens sal rus van sy werke... (Hebr. 4:9-16) - die volk van God is hierdie sabbatsrus belowe! (maar nie almal sal ingaan nie - Hebr. 3:18, en Ps. 95:11 leer bv. dat die ongehoorsames en ongelowiges nie sal ingaan nie). Die wat ingaan sal saam met Christus regeer. Die begrip "IN SY RUS INGAAN" verwys nie net na "rus vir die siel" nie (Matt. 11:28,29), maar ook na die tyd wanneer ons in Sy fisiese koninkryk ingaan (nie geestelik bedoel nie, maar in Sy fisiese koninkryk ingaan - Jesus gaan 'n fisiese koninkryk oprig wanneer Hy terugkom - Dan. 2:44; ens.). Die wat Sy rus ingaan, verwys na die wat "die koninkryk beerwe" (Jes. 11:9,10). Wanneer die volk hulle plek in die beloofde land inneem dan kom hulle tot RUS (en rus van hulle vyande)(Deut. 3:20; 12:10; 25:19; Jos. 1:15; 22:4,23; 1 Rig. 3:11; Deut. 28:65; 2 Sam. 7:11).  Vir verdere studie oor waarna die begrip alles verwys, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2016/05/in-sy-rus-ingaan.html.

2 Pet. 3:4-13:
(2Pe 3:4)  en sê: Waar is die belofte van sy wederkoms? Want vandat die vaders ontslaap het, bly alles soos dit was van die begin van die skepping af.
(2Pe 3:5)  Want moedswillig vergeet hulle dat daar van lankal af hemele was en ‘n aarde wat uit water en deur water ontstaan het deur die woord van God,
(2Pe 3:6)  waardeur die toenmalige wêreld met water oorstroom is en vergaan het.
(2Pe 3:7)  Maar die teenswoordige hemele en die aarde is deur dieselfde woord as ‘n skat weggelê en word vir die vuur bewaar teen die dag van die oordeel en die verderf van die goddelose mense.
(2Pe 3:8)  Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag.
(2Pe 3:9)  Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.
(2Pe 3:10)  Maar die dag van die Here sal kom soos ‘n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand.
(2Pe 3:11)  Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie? —
(2Pe 3:12)  julle wat die koms van die dag van God verwag en verhaas, waardeur die hemele deur vuur sal vergaan en die elemente sal brand en versmelt.
(2Pe 3:13)  Maar ons verwag volgens sy belofte nuwe hemele en ‘n nuwe aarde waarin geregtigheid woon.

Konteks:  "die wederkoms".  Maar lyk nie of dit alleen spreek van die tyd van die wederkoms nie, maar ook van dit wat aan die einde van die 1000 jaar sal gebeur, nl. "die hemele wat deur vuur sal vergaan en die elemente wat sal verbrand en versmelt - asook "nuwe hemele en nuwe aarde".  Hier kan ons sien hoe die dag van Here nie net verwys na die wederkoms nie, maar in der waarheid na die hele toekomende "bedeling".  Natuurlik sal daar alreeds vernuwing plaasvind wanneer Jesus terukom en "Hy sal inderdaad in vuur kom", maar v.12 en 13 wil voorkom of dit eerder einde Openb. 20 en Openb. 21,22 beskryf. Hy verduidelik ook in die gedeelte dat een dag by die Here soos 'n duisend jaar is!  - asof hy verwys na hierdie "dag van God" (v. 12) as 'n 1000 jaar...

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Kom ons kyk na skrifte waarin die begrip "dag van die Here" voorkom:

- DIE SABBAT: (Openb. 1:10 - "Ek was in die Gees op die dag van die Here, en ek het agter my ‘n groot stem gehoor, soos van ‘n basuin, wat sê")(Eks. 20:8-11; Mark. 2:27-28).(Heb 4:3,4 - "Want ons wat geglo het, gaan die rus in, soos Hy gesê het: Daarom het Ek in my toorn gesweer, hulle sal in my rus nie ingaan nie—alhoewel sy werke van die grondlegging van die wêreld af volbring is.Want Hy het êrens van die sewende dag so gespreek: En God het op die sewende dag van al sy werke gerus").

- DIE WEDERKOMS en VERVULLING VAN SALIGHEID: (1Thess. 5:1-11 - "Maar oor die tye en geleenthede, broeders, het julle nie nodig dat aan julle geskryf word nie; want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos ‘n dief in die nag. Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid—dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie. Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag julle soos ‘n dief sou oorval nie. Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie. Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees. Want die wat slaap, slaap in die nag; en die wat dronk word, is in die nag dronk. Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid. Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus wat vir ons gesterf het, sodat ons, of ons waak en of ons slaap, saam met Hom kan lewe. Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen")    (1Kor. 5:5 - "om so iemand aan die Satan oor te lewer tot verderf van die vlees, sodat die gees gered kan word in die dag van die Here Jesus").   (1Kor. 1:8 - "wat julle ook sal bevestig tot die einde toe, om in die dag van onse Here Jesus Christus onberispelik te wees").   (Hand. 2:20 - "Die son sal verander in duisternis en die maan in bloed voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom. En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word").   (Ef. 4:30 - "En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing"). Daar is 'n dag bepaal vir verlossing. Geestelike mense se innerlike is alreeds vernuwe, maar hulle uiterlike nog nie - die vernuwing van die uiterlike sal in DIE OPSTANDING plaasvind.  Hierdie word gekonnekteer met die "dag van die Here", of word dus ook na verwys as "die dag van verlossing" (wanneer die dood finaal oorwin word!/1 Kor. 15- verwysend na weergeborenes wie se saligheid dan volbring word, en hulle sal onverganklike geestelike liggame kry). 

- DIE WEDERKOMS / OORDEEL / WRAAK.  Die "dag vd Here" gaan gepaard met oordeel en wraak (wat volg na die Wederkoms): Die 6de seel beskryf spesifieke dinge wat met die aarde sal gebeur voor "DIE DAG VAN DIE HERE"... (Hand. 2:20 - "Die son sal verander in duisternis en die maan in bloed voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom"). Die "dag van die Here" begin dus eers nadat hierdie dinge gebeur het (groot aardbewing; son verduister, word swart soos harige sak; maan word bloed, sterre val soos vyeboom wat deur wind geskud word; hemel wyk weg soos 'n boek wat toegerol word; berge en eilande versit uit hulle plekke)(Openb. 6:12-17). In Openb. 6:17 word die dag van die Here beskryf as "groot dag van sy toorn". 

- ANDER OORDELE/WRAAK WAT ONDER DIE "DAG VAN DIE HERE" VAL: - Slag van Armageddon: (Openb. 16:14 - "Want dit is geeste van duiwels wat tekens doen, wat uitgaan na die konings van die aarde en die hele wêreld, om hulle te versamel vir die oorlog van daardie groot dag van die almagtige God"). Die dag van die Here word o.a. gesien as 'n DAG VAN DIE WRAAK VAN ONSE GOD: (Jes 61:2) - "om uit te roep ‘n jaar van die welbehae van die HERE en ‘n dag van die wraak van onse God; om al die treurendes te troos")(die val van Babilon val ook onder hierdie oordele (Openb. 18)).

- DIE DAG VAN DIE HERE KAN O.A. BESKRYF WORD AS DAT DIE HERE SAL KOM IN VUUR: (Mal 4:1-6 - "Want kyk, die dag kom, en dit brand soos ‘n oond. Dan sal al die vermeteles en almal wat goddeloosheid bedrywe, ‘n stoppel wees; en die dag wat kom, sal hulle aan die brand steek, sê die HERE van die leërskare; sodat dit vir hulle geen wortel of tak sal oorlaat nie. Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal. En julle sal die goddelose vertrap, want hulle sal soos stof wees onder julle voetsole op die dag wat Ek skep, sê die HERE van die leërskare. Dink aan die wet van Moses, my kneg, wat Ek hom beveel het op Horeb vir die hele Israel—insettinge en verordeninge. Kyk, Ek stuur julle die profeet Elía voordat die groot en vreeslike dag van die HERE aanbreek. En hy sal die hart van die vaders terugbring tot die kinders, en die hart van die kinders tot hulle vaders, sodat Ek nie hoef te kom en die land met die banvloek tref nie")(Jes. 61:2)(Jes. 13). Die dag van die Here verwys hier na hoe die Here terugkom en die goddelose sal verwoes... - bestudeer gerus die onderwerp "die Here kom in vuur" om hierdie beter te verstaan (2 Thess. 1:6-8). Alhoewel dit eers heeltemal vervul sal word aan die einde van die 1000 jaar (Openb. 20:9), begin dit alreeds wanneer Jesus terugkom... (2 Thess. 2:8)(kyk ook die "slag van Armageddon"-Openb. 19 en 16:14, val van Babilon-Openb. 18/Jes. 13:6, skale en basuine..., ens.). Hierdie "groot en vreeslike dag van die Here" word ook na verwys as "dag van wraak" in Jes. 61:2 (die dag wat God wraak sal neem - om al die treurendes te troos... / vgl. dit met Luk. 21:22; Deut. 32:36-43; Openb. 6:9,10; 11:18; 16:5-7; 18:20,24; 19:2; Ps. 58:11)(Rom 12:19 - "Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here") - wanneer Jesus terugkom, kom Hy o.a. "OM TE OORDEEL"! (Rom 2:16 - "in die dag wanneer God die verborge dinge van die mense deur Jesus Christus sal oordeel, volgens my evangelie"). Hierdie "oordeel" begin by die huis van God (kyk onderwerp "regterstoel van Christus")(1 Pet. 4:17; 2 Kor. 5:10).

- DIE WEDERKOMS en die VERNUWING VAN DIE HEMEL EN AARDE:  (2Pe 3:4-13 - "en sê: Waar is die belofte van sy wederkoms? Want vandat die vaders ontslaap het, bly alles soos dit was van die begin van die skepping af. Want moedswillig vergeet hulle dat daar van lankal af hemele was en ‘n aarde wat uit water en deur water ontstaan het deur die woord van God, waardeur die toenmalige wêreld met water oorstroom is en vergaan het. Maar die teenswoordige hemele en die aarde is deur dieselfde woord as ‘n skat weggelê en word vir die vuur bewaar teen die dag van die oordeel en die verderf van die goddelose mense. Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag. Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom. Maar die dag van die Here sal kom soos ‘n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand. Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie? — julle wat die koms van die dag van God verwag en verhaas, waardeur die hemele deur vuur sal vergaan en die elemente sal brand en versmelt. Maar ons verwag volgens sy belofte nuwe hemele en ‘n nuwe aarde waarin geregtigheid woon"). Die toenmalige wereld was met water oorstroom en het vergaan (kyk verhaal van Noag se ark).  Hierdie huidige wereld sal ook vergaan... - sal verbygaan, die hemele sal deur vuur vergaan en die elemente sal brand en versmelt, maar die Here sal 'n nuwe hemel en aarde skep! Dit is wat die begrip "dag van die Here" o.a. beskryf - DIE "DAG VAN DIE HERE" BESKRYF WANNEER DIE HERE KOM EN ALLES NUUT MAAK..., maar l.w. dat hierdie "vernuwing" oor 'n tydperk sal gebeur (nl. dit sal begin met 'n 1000 jaar tydperk, en aan die begin van hierdie tydperk kom Jesus terug en voer oordeel uit en sal alreeds baie dinge nuut maak - Openb. 20. En aan die einde van die 1000 jaar sien ons weer vernuwing - dan word hierdie "dag vd Here" volkome vervul Openb. 21). 

-------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------- 

Vrydag 11 Oktober 2024

Die voleinding vd wereld word o.a. soos 'n OES gesien


Die term "OES" word gewoonlik gebruik in konteks met "vrug oes", "oordele", of "roeping".  

IN HIERDIE POS STAAN ONS SPESIFIEK STIL BY DIE OESTE WAT SAL PLAASVIND AAN DIE EINDE VD WêRELD..., nl.: 
- (1) wanneer die vrug van die kinders vd Koninkryk geoes sal word, en 
- (2) sekere ander oeste of oordele sal plaasvind (bv. onder die laaste 7 plae sien ons die slag van Armageddon wat veral na gekyk word in hierdie gedeelte, asook word "oordeel oor Babilon" gesien soos 'n oes in Jer. 51...).

DIE TERM "OES" VERWYS O.A. NA "OORDEEL". Ahoewel die term "oes" nie noodwendig voorkom in al die skrifte wat ons hieronder behandel nie, is daar baie ander woorde wat gebruik word in konteks met oes..., bv." dorsvloer skoonmaak" (Matt. 3:12; Luk. 3:17), "bymekaarbring in skuur" (Matt. 13:30), "skeiding van koring en kaf of van koring en onkruid" (Mark. 13:29,30; Luk. 3:17), "vrug oes" (Mark. 4:29), ens....- daar word dus ook na skrifte gekyk waarin hierdie soort bewoording voorkom.  

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
INLEIDING:
Aan die "einde vd wêreld" (wanneer Jesus terugkom) sal daar verskillende OESTE plaasvind  - o.a. (1) sal die vrug van die kinders vd Koninkryk geoes word... (Mat 13:39 - "en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele"). (2) Daar is ook ander OORDELE wat sal plaasvind (meer bekend onder die begrip "GRIMMIGHEID VAN GOD"-Openb. 14:14-20). (3) En daar is terloops ook huidiglik 'n OES wat plaasvind! (maar in hierdie pos staan ons slegs stil by die "oeste" aan die einde vd wêreld).

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1) Die vrug van gelowiges sal geoes word:

Die vrug vd kinders vd Koninkryk sal "geoes" word wanneer Jesus terugkom... (Matt. 4:26-29; 13:30)(en vrug sal terloops bepaal of iemand ingaan in die Koninkryk of nie!).  Ja, kinders vd Koninkryk sal op hulle harte en "vrug" geoordeel word... (1 Sam. 16:7) - alle kinders vd Koninkryk sal voor die Regterstoel van Christus verskyn (Rom. 14:10; 2 Kor. 5:10). In die gelykenis vd saaier het Jesus verduidelik hoe belangrik "vrug dra" is - die vierde groep stel bv. geestelike mense voor wat vrug dra, en bly dra;  en die derde groep stel geestelike mense voor wat vrug dra, maar dit verloor a.g.v. sekere dinge wat daar genoem word... Dit is gevaarlik as die geestelike mens (wat instaat is om "vrug tot lewe" te dra) vrug verloor... Jesus het o.a. gese dat die wat in Hom bly dra veel vrug; maar die wat nie in Hom bly nie, sal uitgewerp word! -(Joh 15:5,6 - "Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie. As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand").

Kinders vd Koninkryk is soos saad wat in die wêreld geplant word en het (geestelike) kos en water en lig nodig.. - lig word gegee (nl. die wat weergebore word ontvang die Heilige Gees), en kos en water word by die Here self ontvang asook deur die bedienaars in die Koninkryk gegee..., nl.die  maaiers (sekere mense word geroep om dit te doen). Jesus het baie vir ons oor hierdie onderwerp geleer, o.a. so bo genoem dat ons IN HOM MOET BLY - want sonder Hom kan ons nie vrug dra nie (Joh. 15:5). Maw, jy het Sy "kos en water en lig" nodig om te kan groei - SODAT JY KAN VRUG DRA! Net soos 'n boom moet groei voor dit kan begin vrug dra, net so het die geestelike mens nodig om geestelik te groei sodat hy hierdie geestelike vrug (tot lewe) kan dra (https://warechristene.blogspot.com/2021/03/die-geestelike-mens-as-baba-en-kind.html). 

(Gal 6:7,8 - "Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai. Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai"). M.a.w., sonder geestelike groei kan ons nie hierdie vrug (tot lewe) dra nie.... - ons het die Here nodig! Geestelike kos en water (nl. die woord/waarheid, die Here, die Gees) en lig (nl. die Heilige Gees) is nodig om die geestelike mens te laat lewe en aan die lewe te hou. Kortom, om Hom te ken, Sy wil doen, ag gee op die waarheid, ens., is nodig vir geestelike groei... - sodat jy die vrug kan dra wat nodig is vir die KOMENDE OES wanneer Jesus terugkom...God is die Een wat laat groei (1Kor. 3:6,7 -  Ek het geplant, Apollos het natgemaak, maar God het laat groei. So is dan hy wat plant of hy wat natmaak, niks nie, maar God wat laat groei"). Daarom is geestelike groei onderwerp aan om "in die Here te bly" (Joh 15:4 - "Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie. Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie. As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand"). Die kinders vd Koninkryk wat sonder vrug is wanneer Jesus terugkom, sal uitgewerp word (Joh. 15:6)(kyk 3de groep in die gelykenis vd saaier is in gevaar, asook die tweede groep wat geen wortel het nie...). Hierdie geld nie net vir die kinders vd koninkryk wat nog in die lewe is wanneer Jesus terugkom nie, maar vir almal wat dan gaan opstaan uit die dood - Jesus het bv. geleer dat sommige sal opstaan tot lewe, en ander tot veroordeling (Joh. 5:29).  Die Here weet wie is opreg, wie luister na Hom, wie het die waarheid lief, wie luister na Sy Gees..., en Hy laat daardie persone geestelik GROEI (sodat hulle kan vrug dra en aanhou vrug dra).

Kinders vd Koninkryk se vrug sal eendag geoes word:
(Mar 4:26)  En Hy het gesê: So is die koninkryk van God, soos wanneer ‘n mens die saad in die grond gooi;
(Mar 4:27)  en hy gaan slaap en staan op, nag en dag, en die saad spruit uit en word groot—hoe, weet hy self nie.
(Mar 4:28)  Want vanself bring die aarde vrug voort, eers ‘n halm, dan ‘n aar, dan die volle koring in die aar.
(Mar 4:29)  En wanneer die vrug dit toelaat, steek hy die sekel dadelik in, omdat die oes daar is.

Wanneer die kinders vd Koninkryk se vrug geoes word aan die einde vd wereld, sal daar oordeel plaasvind, bv. die onkruid (die valses) sal van die koring (opregtes) geskei word  (Mat 13:30 - "Laat altwee saam groei tot die oes toe, en in die oestyd sal ek vir die maaiers sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring bymekaar in my skuur").          (Mat 13:39 - "en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele").Die Here sal Sy dorsvloer skoonmaak!  - die koring (DIE WAT VRUG DRA) sal ook van die kaf (DIE WAT NIE VRUG, OF NIE DIE NODIGE VRUG DRA NIE) geskei word. Jesus Christus het die skop in Sy hand... - (Matt. 3:12 - "Sy skop is in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak en sy koring in die skuur saambring, maar die kaf sal Hy met onuitbluslike vuur verbrand")(Luk 3:17).

Nog skrifgedeeltes wat hieroor gaan:
-  (Luk 13:6)  En Hy het hierdie gelykenis uitgespreek: ‘n Man het ‘n vyeboom gehad wat in sy wingerd geplant was, en hy het gekom en vrugte daaraan gesoek en niks gekry nie.
(Luk 13:7)  Toe sê hy vir die tuinier: Kyk, drie jaar kom ek om vrugte aan hierdie vyeboom te soek en ek kry niks nie; kap hom uit. Waarvoor maak hy die grond nog onvrugbaar?
(Luk 13:8)  Maar hy antwoord en sê vir hom: Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan totdat ek om hom gespit en mis gegooi het.
(Luk 13:9)  As hy dan vrugte dra, goed; maar so nie, dan kan u hom anderjaar uitkap. In die koninkryk van God /kerk sit daar mense/bome wat "die grond onvrugbaar maak" omdat hulle onvrugbaar is..., en na regte het hulle nodig om uitgekap te word, maar gee jy vir hierdie bome/gelowiges "spit en mis" kan hulle dalk begin vrug dra! Maar as hulle steeds nie vrug dra nie, sal dit uiteindelik uitgekap word - (Joh 15:6 - "As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand").

-  (Mar 4:1)  En Hy het nog ‘n maal by die see begin leer; en ‘n groot menigte het by Hom saamgekom, sodat Hy in die skuit geklim en op die see gaan sit het, en die hele skare was op die land by die see.
(Mar 4:2)  En Hy het hulle baie dinge geleer deur gelykenisse en vir hulle in sy lering gesê:
(Mar 4:3)  Luister! ‘n Saaier het uitgegaan om te saai.
(Mar 4:4)  En terwyl hy saai, het ‘n deel langs die pad geval, en die voëls van die hemel het gekom en dit opgeëet.
(Mar 4:5)  En ‘n ander deel het op ‘n rotsagtige plek geval waar dit nie baie grond gehad het nie; en dadelik het dit opgekom, omdat dit geen diepte van grond gehad het nie.
(Mar 4:6)  En toe die son opgaan, is dit verskroei; en omdat dit geen wortel gehad het nie, het dit verdroog.
(Mar 4:7)  En ‘n ander deel het in die dorings geval, en die dorings het opgekom en dit verstik; en dit het geen vrug opgelewer nie.
(Mar 4:8)  En ‘n ander deel het in die goeie grond geval, en dit het vrug opgelewer; want dit het opgekom, en gegroei, en dit het gedra: een dertig— en een sestig— en een honderdvoudig.
(Mar 4:9)  En Hy sê vir hulle: Wie ore het om te hoor, laat hom hoor

- (Mat 13:24)  ‘n Ander gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê: Die koninkryk van die hemele is soos ‘n man wat goeie saad in sy land gesaai het;
(Mat 13:25)  maar terwyl die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid onder die koring gesaai en weggegaan.
(Mat 13:26)  En toe die spruitjies opgeskiet en vrug gevorm het, toe verskyn die onkruid ook.
(Mat 13:27)  En die diensknegte van die huisheer het gekom en vir hom gesê: Meneer, het u dan nie goeie saad in u land gesaai nie? Waar kry dit dan die onkruid vandaan?
(Mat 13:28)  En hy antwoord hulle: ‘n Vyandige mens het dit gedoen. Toe sê die diensknegte vir hom: Wil u dan hê dat ons dit moet gaan bymekaarmaak?
(Mat 13:29)  Maar hy antwoord: Nee, dat julle nie miskien, as julle die onkruid bymekaarmaak, die koring daarmee saam uittrek nie.
(Mat 13:30)  Laat altwee saam groei tot die oes toe, en in die oestyd sal ek vir die maaiers sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring bymekaar in my skuur.

ENGELE AS MAAIERS:
Volgens Matt. 13:30 sal die Here aan die einde vd wereld Sy engele uitstuur om hierdie "maaiwerk" te doen:
(Mat 13:30)  Laat altwee saam groei tot die oes toe, en in die oestyd sal ek vir die maaiers sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring bymekaar in my skuur".
(Mat 13:39) "... Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele".
In hierdie geval sien ons dat die term "maaiers" ook gebruik word vir die engele en nie altyd verwys na die "diensknegte" wat maai nie. Die engele, maaiers in hierdie geval, sal die koring van die onkruid skei (- maai).  Vgl. dit ook met die gedeelte van die "koring en die kaf", met die koring wat in die skuur saamgebring word:  (Mat 3:12)  Sy skop is in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak en sy koring in die skuur saambring, maar die kaf sal Hy met onuitbluslike vuur verbrand".  

Met Jesus se wederkoms, sal die koring en die onkruid geskei word, die skape sal van die bokke geskei word, en die koring en die kaf sal geskei word (Joe 3; Matt. 25; ens.) - al 3 hierdie insidente het te doen met die "OES" wat voorle wanneer Jesus terugkom

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2) Ander "oeste" of oordele wat sal plaasvind aan die einde vd wêreld:

Die begrip "oes" word ook in Openb. 14 gebruik, en wil voorkom of dit 
- die slag van Armageddon beskryf. 
- Maar l.w. dat die oordeel oor Babilon in Jer. 51 ook beskrywe word soos 'n OES... (Jer 51:33 - "Want so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Die dogter van Babel is soos ‘n dorsvloer in die tyd as dit vasgetrap word; nog ‘n kort rukkie, dan kom die oestyd vir hom"). Hier kan ons sien hoe "oes" somtyds vgl. word met "oordeel", en inderdaad is punt(1) hierbo ook 'n vb. van oordeel (wanneer die vrug van die kinders vd Koninkryk geoes word). 

Die woorde "grimmigheid van God" in Openb. 14 wys op die wraak wat God neem op Sy TEESTANDERS... (Openb. 14:19)  En die engel het sy sekel oor die aarde laat gaan en die wingerdstok van die aarde afgeoes en dit gegooi in die groot parskuip van die grimmigheid van God.) Die slag van Armageddon val onder die tydperk van die laaste 7 plae of skale (ook genoem "wraak van God") - in daardie dae sal die Here wraak neem op Sy teestanders, en dit verwys veral na wraak op die dier, die wat die dier en sy beeld aanbid, asook al die konings wat sal optrek (saam met die dier) om teen die Here Jesus Christus oorlog te voer (maar die Lam sal hulle oorwin).  HIERDIE WRAAK WAT DIE SEUN SAL UITVOER, WORD SOOS 'N OES GESIEN... Dit kan vgl. word met Openb. 19:15-19: - ("En uit sy mond gaan daar ‘n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan; en Hy sal hulle met ‘n ysterstaf regeer, en Hy trap die parskuip van die wyn van die grimmigheid en van die toorn van God, die Almagtige.(Openb. 19:12)  En sy oë was soos ‘n vuurvlam, en op sy hoof was baie krone; en Hy het ‘n Naam wat geskrywe is, wat niemand ken nie, behalwe Hy self.(Openb. 19:17)  En ek het een engel sien staan in die son; en hy het met ‘n groot stem uitgeroep en vir al die voëls gesê wat in die middel van die lug vlieg: Kom hierheen en versamel julle tot die maaltyd van die grote God (Openb. 19:18)  dat julle kan eet die vlees van konings en die vlees van owerstes oor duisend en die vlees van sterkes en die vlees van perde en van die wat daarop sit, en die vlees van almal, vrymense sowel as slawe, klein sowel as groot. (Openb. 19:19)  En ek het die dier en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien, om oorlog te voer teen Hom wat op die perd sit, en teen sy leër"). (NS:  somtyds word die slag van Armageddon verwar met die versameling vd Gog en Magog - alhoewel in hierdie geval die massas ook verwys na Gog en Magog, is die spesifieke gebeurtenis wat vir ons beskryf word vd "versameling van die Gog en Magog" eers wanneer die nasies optrek teen die heilige stad en God aan die einde vd 1000 jaar Vrederyk;  - terwyl die slag van Armageddon aan die einde van hierdie bedeling en begin van volgende, nl. begin van 1000 jaar, sal plaasvind). 

Kom ons kyk na die gedeelte waarin hierdie OES beskrywe word:
(Openb. 14:14)  En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n wit wolk en een soos ‘n Menseseun wat op die wolk sit, met ‘n goue kroon op sy hoof en in sy hand ‘n skerp sekel. (Jesus het alreeds hier teruggekom, en die gebeurtenis wat nou volg, is mense wat geoordeel gaan word)
(Openb. 14:15)  En ‘n ander engel het uit die tempel gekom en met ‘n groot stem geroep na Hom wat op die wolk sit: Slaan u sekel in en maai, want die uur het vir U gekom om te maai, omdat die oes van die aarde oorryp geword het.
(Openb. 14:16)  En Hy wat op die wolk sit, het sy sekel oor die aarde laat gaan, en die aarde is afgemaai. (Jesus voer oordeel uit)
(Openb. 14:17)  En ‘n ander engel het uitgekom uit die tempel wat in die hemel is, en hy het ook ‘n skerp sekel gehad; ('n engel wat vd tempel in die hemel kom, voer oordeel uit...)
(Openb. 14:18)  en ‘n ander engel wat mag oor die vuur gehad het, het uit die altaar uitgekom en met ‘n groot stem geroep na hom wat die skerp sekel het, en gesê: Slaan jou skerp sekel in en samel die trosse van die wingerdstok van die aarde in, want sy druiwe het ryp geword.
(Openb. 14:19)  En die engel het sy sekel oor die aarde laat gaan en die wingerdstok van die aarde afgeoes en dit gegooi in die groot parskuip van die grimmigheid van God.
(Openb. 14:20)  En die parskuip is buitekant die stad getrap, en bloed het uit die parskuip gekom tot aan die tooms van die perde, twee honderd myl ver.  (hierdie lyk of dit die SLAG VAN ARMAGODDON beskrywe)

Vgl. dit met: 
(Openb. 16:14)  Want dit is geeste van duiwels wat tekens doen, wat uitgaan na die konings van die aarde en die hele wêreld, om hulle te versamel vir die oorlog van daardie groot dag van die almagtige God.
(Openb. 16:15)  Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie.
(Openb. 16:16)  En hulle het hul versamel op die plek wat in Hebreeus genoem word Armagéddon
- Armageddon is die berg van Megiddo, in die plein van Esraelon... (Joe 3:2,12,14; Sag. 12:11).
- Kyk ook Openb. 17:8-14.

Kom ons kyk na die konteks van hierdie "oes"..., bv. dit wat voor dit kom. (Dit wil ookvoorkom of Openb. 14 soos 'n kort opsomming is van Openb. 15-19.  In Openb. 14 word "die uur van Sy oordeel" (val van Babilon) en die " GRIMMIGHEID VAN GOD" (vrug van aarde geoes/slag van Armageddon) beskryf (maar word bv. beter verduidelik in Openb. 15 - 19). 
Openb. 14 volg op Openb. 13 waarin die
- (1) "DIER UIT DIE SEE" beskryf word (asook die valse profeet)(m.a.w., op hierdie stadium het die "dier uit die see" al opgestaan en mense is gedwing om die merk vd dier te neem);  
- (2) dan, in die eerste deel van Openb. 14 sien ons die Lam op die berg Sion saam met die 144000 VERSEELDES... (hulle verseeling word beskrywe in Openb. 7-wat tussen die 6de en 7de seel geplaas kan word-hier het Jesus nog nie teruggekom nie!, maar in Openb. 14:1 het Hy duidelik al teruggekom...- wat verwys na die tyd onder die 7de seel, onder die laaste of 7de basui). Openb. 14 beskryf dus ook min of meer dieselfde tyd waarin die opstanding plaasvind! - wat beteken dat die kinders vd koninkryk se vrug sal dan geOES word... (vgl. dit met Openb. 19:6-10) - en later in Openb. 14 word 'n OES beskryf wat lyk soos die slag van Armageddon - dit is eintlik waarna ons kyk in hierdie paragraaf...
- (3) Wat dan volgende na die Lam met 144000 op die berg Sion volg, is ''n engel wat sekere dinge soos 'n ewige evangelie aankondig..., asook o.a. dat die mense God moet vrees want DIE "UUR" VAN SY OORDEEL HET GEKOM! (die woorde "uur van Sy oordeel" beskryf Sy oordeel oor Babilon).
- en dan word dieVAL VAN DIE STAD BABILON aangekondig... (terloops, die skrif leer in Openb. 18:10 dat dit binne "een uur" sal gebeur).
- (4) Volgende kom God se grimmigheid op die met die merk vd dier.
- (5) En dan o.a. 'n aankondiging "salig is van nou af die dode wat in die Here sterwe...".
- (6) EN DAN VOLGENDE WORD 'N OES BESKRYWE IN V. 14-20!
Hierdie is die agtergrond van Openb. 14:14-20...

DIT WIL VOORKOM OF HIERDIE OES VERWYS NA DIE SLAG VAN ARMAGEDDON.  VGL. DIT MET DIE VOLGENDE SKRIFGEDEELTE:  
(Joe 3:1)  Want kyk, in dié dae en in dié tyd wanneer Ek die lot van Juda en Jerusalem verander,
(Joe 3:2)  sal Ek al die nasies versamel en hulle na die dal van Jósafat laat aftrek, om daar met hulle ‘n strafgerig te hou ter wille van my volk en my erfdeel Israel wat hulle onder die nasies verstrooi het, en my land wat hulle verdeel het.
(Joe 3:3)  En oor my volk het hulle die lot gewerp en ‘n jong seun weggegee vir ‘n hoer en ‘n meisie verkoop vir wyn en dit gedrink.
(Joe 3:4)  En ook, wat het julle met My te doen, o Tirus en Sidon en al die landstreke van Filistéa? Wil julle My iets vergelde, of wil julle My iets aandoen? Gou, ylings sal Ek julle dade op julle hoof laat neerkom.
(Joe 3:5)  Want julle het my silwer en my goud geneem en my kosbare skatte na julle tempels gebring.
(Joe 3:6)  Verder het julle die kinders van Juda en die kinders van Jerusalem aan die kinders van Jawan verkoop, om hulle ver van hul grondgebied te verwyder.
(Joe 3:7)  Kyk, Ek sal hulle laat opstaan uit die plek waarheen julle hulle verkoop het, en julle dade op julle hoof laat neerkom.
(Joe 3:8)  En Ek sal julle seuns en julle dogters aan die kinders van Juda verkoop, en dié sal hulle verkoop aan die Sabeërs, aan ‘n verafgeleë volk want die HERE het dit gespreek.
(Joe 3:9)  Roep dit uit onder die nasies, heilig ‘n oorlog! Wek die helde op, laat al die krygsmanne nader kom, opruk!
(Joe 3:10)  Smee van julle pikke swaarde en van julle snoeimesse spiese; laat die swakke sê: Ek is ‘n held.
(Joe 3:11)  Haas julle en kom aan, alle nasies rondom, en versamel julle. Laat u helde, HERE, daarheen aftrek!
(Joe 3:12)  Die nasies moet hulle klaarmaak en optrek na die dal van Jósafat; want daar sal Ek sit om gerig te hou oor al die nasies rondom.
(Joe 3:13)  Steek die sekel in, want die oes is ryp! Kom trap, want die parskuip is vol, die kuipe loop oor! Want hulle boosheid is groot.(Vgl. hierdie gerus met (Openb. 19:11-15) - (v. 15)" En uit sy mond gaan daar ‘n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan; en Hy sal hulle met ‘n ysterstaf regeer, en Hy trap die parskuip van die wyn van die grimmigheid en van die toorn van God, die Almagtige").  
(Joe 3:14)  Menigtes, menigtes in die dal van beslissing, want naby is die dag van die HERE in die dal van beslissing!
(Joe 3:15)  Die son en die maan word duister, en die sterre trek hulle glans in. (lyk of dit 6de seel gebeure beskrywe)
(Joe 3:16)  En die HERE brul uit Sion, en uit Jerusalem verhef Hy sy stem, sodat hemel en aarde bewe. Maar die HERE sal ‘n toevlug wees vir sy volk en ‘n skuilplek vir die kinders van Israel. (hier het Jesus duidelik al teruggekom)
(Joe 3:17)  Dan sal julle weet dat Ek die HERE julle God is, wat woon op Sion, my heilige berg; dan sal Jerusalem ‘n heiligdom wees waar geen vreemdes meer deur sal trek nie.
(Joe 3:18)  En op dié dag sal die berge drup van mos en die heuwels vloei van melk en al die spruitjies van Juda stroom van water; en uit die huis van die HERE sal daar ‘n fontein uitkom om die dal Sittim te besproei.
(Joe 3:19)  Egipte sal ‘n woesteny word, en Edom ‘n woeste wildernis wees, weens die geweld wat hulle die kinders van Juda aangedoen het, dat hulle onskuldige bloed in hul land vergiet het.
(Joe 3:20)  Maar Juda sal vir ewig bly, en Jerusalem van geslag tot geslag.
(Joe 3:21)  En Ek sal hulle bloed onskuldig verklaar, wat Ek tevore nie onskuldig verklaar het nie; en die HERE sal op Sion bly woon.

-In bg. skrifgedeelte word "oes" gebruik in die sin van "oordeel" (in die dal van Josafat, want die Here sal daar gerig hou met die nasies rondom). Ons sien die son en maan wat duister word, en sterre trek glans in, Here brul uit Sion...dit verwys dus definitief na die tyd van die Wederkoms wanneer Jesus Christus sal oordeel (hierdie gedeelte wil voorkom of dit o.a. verwys na die skeiding van die skape en die bokke - Matt. 25:31,32).
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------