Sommige inligting rondom eindtyd studies gaan oor INTERPRETASIE.

Daarom word verskillende interpretasies met die tyd bygevoeg waar geleerdes oor iets verskil, of somtyds word 'n verwysing gegee na 'n ander interpretasie - per geleentheid word 'n interpretasie verder bespreek.


Dinsdag 02 Junie 2020

TWEEDE SEEL

Vir die eerste seël, gaan na:
https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2020/05/eerste-seel.html

In hierdie pos:  
- Die tyd van die "Tweede Seël"

=================================================================
(rol af vir UITEENSETTING en SKRIFTE)


Tweede Seël  (Openb. 6:3,4):  (VUURROOI PERD) -vrede van aarde weggeneem -maak mekaar dood"
----------------------------------------------------------------
En kom ons vgl. die tweede seel in Openb. met dit wat Jesus gesê het (van wat volgende volg):


                 -  (Matt. 24:6,7a) -OORLOE EN GERUGTE VAN OORLOE-  NASIES EN KONINKRYKE SAL TEEN MEKAAR OPSTAAN-
nog nie die einde 
----------------------------------------------------------------
                 -  (Mark. 13:7,8)   -OORLOE EN GERUGTE VAN OORLOE-
NASIES EN KONINKRYKE SAL TEEN MEKAAR OPSTAAN-
nog nie die einde 
----------------------------------------------------------------
                 -  (Luk. 21:9,10)           -OORLOE EN OPSTANDE-
NASIES EN KONINKRYKE SAL TEEN MEKAAR OPSTAAN-
nie dadelik die einde 
_________________________________________________________________
TYD VAN OORLOG:

Die 2 de seël tydperk word gekenmerk deur oorlog (en gerugte van oorlog) tussen nasies en koninkryke. Duidelik, voor dit gebeur, was daar vrede op die aarde (bv. tussen nasies en koninkryke), want die woorde "die vrede vd aarde af weg te neem" word gebruik (Openb. 6:4 - "En ‘n ander perd, ‘n vuurrooie, het uitgekom, en aan hom wat daarop sit, is dit gegee om die vrede van die aarde af weg te neem en dat hulle mekaar sou doodmaak; en ‘n groot swaard is aan hom gegee"). Hierdie "perd" verwys na iemand, of dalk net na iets, bv. oorlog. As dit na iemand verwys, verwys dit sekerlik na 'n persoon wat mag het oor mense en veroorsaak dat mense mekaar doodmaak en die vrede vd aarde af so weggeneem word (" 'n groot swaard is aan hom gegee "). 

As ons dit met Openb. 9:17 vgl. dan kan die woord "vuurrooi" miskien verwys na "vuur" ( soos blou na rook verwys, en swawelgeel na swawel-Openb. 9:17 )( en soos swart verwys na ellende, droogte, storm en hongersnood-Eks. 10:15, 1 Kon. 18:45, Job 30:30; Openb. 6:5,6 )( en vaal verwys na dood-Openb. 6:8 );  wat terloops daar in Openb. 6:18 'n plaag voorstel waardeur baie mense gedood is. Dit in ag geneem kan die manier waarop daar oorlog gevoer word in Openb. 6:3,4 miskien o.a. wees dmv 'n plaag (bv. "vuur"???).  Wat ookal die metodes wat gebruik word, dit wil voorkom of hierdie tydperk beskryf kan word as "wereldoorlog" waarin nasies en koninkryke teen mekaar sal opstaan - daar sal oorlog wees, opstande, en gerugte van oorloë... 

-----------------------------------------------------------------
NOG NIE DIE EINDE:

As ons Jesus se volgorde van gebeure sou vgl. met Openb. 6 tot 8 se volgorde, dan is dit miskien belangrik om te merk Jesus se woordgebruik van dat dit hier (onder die 2de seel) "nog NIE die einde" is nie. Die begrip "die einde" verwys na iets wat tot 'n einde kom, bv. in hierdie geval die einde van die huidige bedeling (wat gepaardgaan met Jesus se wederkoms en die oprigting van Sy koninkryk) - ook genoem die "voleinding van die wêreld" (Matt. 24:3) - ...die tyd wanneer die koring vd onkruid geskei sal word - Matt. 13:39,40,49 (Matt. 28:20). 

Die begrip "aan die einde van dae" word ook gebruik van die begin van Jesus se regering hier op aarde (alhoewel dit ook somtyds gebruik word van die hele N.T. tydperk! - 2 Pet. 3:3,4). Jesus se woorde in Matt. 24:7, "die einde", verwys dus na die heel einde (Matt. 24:14)(Hebr. 3:6; 1 Kor. 15:23,24). 

Openb. 6 - 8 bevestig ook hierdie feit dat dit dan nog nie die einde is nie, want na die 2de seël volg daar nog 5 seëls (wat ons wel nie presies weet hoeveel tyd daarin verloop nie, alhoewel dit lyk of die Groot Verdrukking onder die 5de seël plaasvind, en daar iets soos 1260 dae verloop nadat die twee getuies hulle verskyning gemaak het... - Dan. 11). As Dan. 12 (wat terloops gaan oor die tyd vd opstanding) dan inderdaad verwys na die voleinding van dae, dan gaan daar 1290 dae verloop vanaf die gruwel opgerig is tot "die opstanding";  en as Dan. 8 ook na hierdie tyd verwys, dan is dit 2300 aande en mores vanaf die heiligdom en leer aan vertrapping oorgegee word en tot die heiligdom in sy regte staat herstel word. So ons sien dat daar heelwat jare verloop in hierdie tye (waarvan 1260 dae beslis is in Openb. 11, asook 'n 5 maande tydperk genoem word onder die 5 de basuin onder die 7de seël). Die tweede seël is duidelik nog nie die einde nie! Met hierdie geweldige tyd van oorlog onder die 2de seël, gaan daar nog baie jare verloop voor die heel einde...

_________________________________________________________________
Opsomming:

(1)  Volgens Openb. 6:3,4 verwys die "VUURROOI PERD" na iemand (bv. 'n persoon wat mag het om te verwoes), of net iets (bv. in hierdie geval, oorlog). 

(2)  Vrede word vd aarde af weggeneem / hulle maak mekaar dood - dit beteken dat daar wel voor of met die tyd vd eerste seël vrede op die aarde was - as hierdie "perd" verwys na iemand, mag dit moontlik iets met die oorwinnaar onder die eerste seël te doen he, alhoewel dit ook na heeltemal iemand anders kan verwys.

(3)  Vgl. dit met wat Jesus geleer het oor die eindtye in die Evangelies.  Eerstens het Hy bv. daar gepraat oor valse Christusse (eerste seël tydperk?), en volgende het Hy gepraat oor  oorloë, gerugte van oorloë, opstande, en nasies en koninkryke wat teen mekaar sal opstaan... (vlg. dit met die 2de seël in Openb. 6)(Matt. 24:6,7a; Mark. 13:7,8; Luk. 21:9,10). Jesus het ook die stelling gemaak dat dit dan "nog nie die einde" is nie.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------


Skrifte:

(Openb. 6:3)  En toe Hy die tweede seël oopgemaak het, hoor ek die tweede lewende wese sê: Kom kyk!
(Openb. 6:4)  En ‘n ander perd, ‘n vuurrooie, het uitgekom, en aan hom wat daarop sit, is dit gegee om die vrede van die aarde af weg te neem en dat hulle mekaar sou doodmaak; en ‘n groot swaard is aan hom gegee.


(Mat 24:6)  En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie.
(Mat 24:7)  Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; ..."



(Mar 13:7)  Maar wanneer julle hoor van oorloë en gerugte van oorloë, moet julle nie verskrik word nie, want dit moet kom. Maar dit is nog nie die einde nie.
(Mar 13:8)  Want die een nasie sal teen die ander opstaan, en die een koninkryk teen die ander...


(Luk 21:9)  En wanneer julle hoor van oorloë en opstande, moenie skrik nie; want dié dinge moet eers plaasvind, maar dit is nie dadelik die einde nie.
(Luk 21:10)  Toe sê Hy vir hulle: Die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander.


=================================================================

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking