Sommige inligting rondom eindtyd studies gaan oor INTERPRETASIE.

Daarom word verskillende interpretasies met die tyd bygevoeg waar geleerdes oor iets verskil, of somtyds word 'n verwysing gegee na 'n ander interpretasie - per geleentheid word 'n interpretasie verder bespreek.


Donderdag 08 Junie 2017

Nuwe hemele en nuwe aarde - die Here sal kom in VUUR

VIR 'N DAGSTUKKIE HIEROOR, GAAN NA:
_________________________________________________________________________________
Petrus het verklaar dat die teenswoordige hemele en die aarde as ‘n skat weggelê word en bewaar word vir die VUUR (teen die dag van die oordeel en die verderf van die goddelose mense)(2 Pet. 3:7). Hierdie is wel iets letterlik wat gaan gebeur en wat wil lyk of dit inderdaad 
- aan die einde van hierdie eeu, met Christus se wederkoms, sal plaasvind. Tog sien ons ook iets soortgelyk aan 
- die einde van die volgende eeu (einde van 1000 jaar ryk)- Openb. 20:9 - wanneer God uit die hemel, die wat optrek teen Jerusalem sal verslind met vuur uit die hemel.  En ook in daardie geval sien ons 'n nuwe hemel en aarde...

Volgens 2 Pe 3:12  wil dit definitief lyk of Petrus hierdie verbranding (waarin die hemele deur vuur sal vergaan en die elemente sal brand en versmelt) verwag het met Christus se wederkoms! (en l.w. dat die konteks van die skrif ook gaan oor die tyd van die wederkoms...). Dit is wel so dat die woorde "nuwe hemel en aarde" in Openb. 21:1 spesifiek verwys na die tydperk van die einde van die volgende eeu (einde van 1000 jaar ryk), maar Petrus gebruik ook hierdie selfde woorde in 2 Pet. 3:13 ("nuwe hemele en 'n nuwe aarde") in konteks met die Wederkoms!, en om dit nog verder te bevestig, gebruik hy die volgende woorde in v. 10: "Maar die dag van die Here sal kom soos ‘n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand".

Christus het self ook die volgende opmerking gemaak:  Luk 12:49 - "Ek het gekom om vuur op die aarde te werp, en hoe wens Ek dat dit al aangesteek was!". Natuurlik kan dit ook 'n geestelike betekenis he omdat ons weet dat ons werke bv. deur die vuur getoets sal word..., en in ag geneem Jesus se woorde hier in konteks  met "oordeel op die dienskneg wat nie sy werk doen nie!". Jesaja het ook geprofeteer van hoe die Here sal kom IN VUUR!, en hoe Hy MET VUUR en met sy swaard strafgerig sal hou oor alle vlees (Jes. 66:15-16). Waar gebeure beskryf word wat lyk soos die wederkoms in Joel 2, word die volgende woorde gebruik:  (Joe 2:3 - "Voor hom uit verteer ‘n vuur, en agter hom brand ‘n vlam; voor hom lyk die land soos die tuin van Eden, en agter hom is dit ‘n woeste wildernis; ook kan niks daaraan ontkom nie"). En kyk ook: (Joe 1:15)  Ag, die dag! Want naby is die dag van die HERE, en hy kom soos ‘n verwoesting van die Almagtige..............(Joe 1:19)  Tot U, o HERE, roep ek, want ‘n vuur het die weivelde van die woestyn verteer, en ‘n vlam het al die bome van die veld aan die brand gesteek".  In hierdie skrifte wil dit tog lyk of die feit dat Hy "in vuur kom". ook 'n letterlike betekenis het.  (Jes. 65:17 - "Want kyk, Ek skep nuwe hemele en ‘n nuwe aarde, en aan die vorige dinge sal nie gedink word en hulle sal in die hart nie opkom nie").
Nog ander tekste in die N.T. verwys ook na hoe die Here sal kom om met vuur te oordeel:
-(Heb 10:27)  maar ‘n verskriklike verwagting van oordeel en ‘n vuurgloed wat die teëstanders sal verteer.
-(2Th 1:8)  in vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat God nie ken nie en op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie.

Dit is ook interessant om te merk hoeveel van die basuine onder die 7 de seel (en terloops, Christus se wederkoms vind ook plaas onder die 7de seel ! ) met VUUR te doen het!:
-(Openb. 8:7)  En die eerste engel het geblaas, en daar het hael en vuur gekom met bloed gemeng, en dit is op die aarde gegooi. En ‘n derde van die bome het verbrand, en al die groen gras het verbrand.
-(Openb. 8:8)  En die tweede engel het geblaas, en iets soos ‘n groot berg wat brand met vuur, is in die see gegooi. En ‘n derde van die see het bloed geword,
-(Openb. 8:9)  en ‘n derde van die lewende skepsele in die see het gesterwe, en ‘n derde van die skepe het vergaan.
-(Openb. 8:10)  En die derde engel het geblaas, en ‘n groot ster wat soos ‘n fakkel brand, het uit die hemel geval, en dit het geval op ‘n derde van die riviere en op die waterfonteine.
-(Openb. 8:11)  En die naam van die ster word genoem Alsem; en ‘n derde van die waters het als geword, en baie mense het gesterwe van die water, omdat dit bitter geword het.
En kyk ook die 4de skaal onder die 7de seel:
- (Openb. 16:8)  En die vierde engel het sy skaal op die son uitgegooi, en daaraan is dit gegee om die mense met vuur te skroei.
- (Openb. 16:9)  En die mense is geskroei met ‘n groot hitte, en hulle het die Naam van God gelaster wat mag het oor hierdie plae, en hulle het hul nie bekeer om Hom heerlikheid te gee nie.

Ook Babilon sal met VUUR verbrand word (Openb. 17:16; Dan. 7:11)-(Openb. 18:8 - "daarom sal haar plae op een dag kom: dood en droefheid en honger; en met vuur sal sy verbrand word, want sterk is die Here God wat haar oordeel").
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die Here gebruik baiemaal "VUUR" wanneer Hy oordeel uitvoer!
- (Openb. 20:9)  En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind.
- (Openb. 20:10)  En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid.
- (Openb. 20:14)  En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood. 
- (Openb. 20:15)  En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp. 
- (Openb. 21:8)  Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood. 
- (Gen 19:24)  En die HERE het swawel en vuur oor Sodom en Gomorra laat reën van die HERE uit die hemel,
- (Eks. 9:24)  En daar was hael en onophoudelike vuur binne-in die hael, baie swaar, soos in die hele Egipteland nooit gewees het vandat dit aan ‘n volk behoort het nie.
 -(Matt. 25:41)  Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.
- (Mig 1:7)  En al haar gesnede beelde sal stukkend geslaan en al wat sy as hoereloon ontvang het, met vuur verbrand word, en al haar afgode sal Ek tot ‘n verwoesting maak; want uit hoereloon het sy dit versamel, en tot hoereloon sal dit terugkeer.
- (Mig 1:3)  Want kyk, die HERE gaan uit sy woonplek uit, en Hy daal neer en betree die hoogtes van die aarde. (Mig 1:4)  En die berge smelt onder Hom, en die laagtes skeur oop, soos was voor die vuur, soos water wat langs ‘n helling afstroom!
- (Amo 2:5)  Daarom sal Ek ‘n vuur slinger in Juda, en dit sal die paleise van Jerusalem verteer.
- (Amo 2:2)  Daarom sal Ek ‘n vuur slinger in Moab, en dit sal die paleise van Kérijot verteer; en Moab sal met oorlogsrumoer sterwe, met krygsgeskreeu en basuingeskal.
- Amo_1:12  Daarom sal Ek ‘n vuur slinger in Teman, en dit sal die paleise van Bosra verteer. 
- Amo_1:14  Daarom sal Ek ‘n vuur aansteek in die muur van Rabba, en dit sal sy paleise verteer, met krygsgeskreeu op die dag van stryd, in ‘n storm op die dag van die orkaan. 
- Amo_1:4  Daarom sal Ek ‘n vuur slinger in die huis van Hásael, en dit sal die paleise van Bénhadad verteer. 
- Amo_1:7  Daarom sal Ek ‘n vuur slinger in die muur van Gasa, en dit sal sy paleise verteer. 
- Amo_1:10  Daarom sal Ek ‘n vuur slinger in die muur van Tirus, en dit sal sy paleise verteer. 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Dit is duidelik dat daar baie dinge met die aarde gaan gebeur wanneer Christus terugkom.  En ook net voor Hy terugkom!:
(Mat 24:29)  En dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal
-die son verduister word, en
-die maan sal sy glans nie gee nie, en
-die sterre sal van die hemel val, en
-die kragte van die hemele sal geskud word.
(Mat 24:30)  En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.

Dit kan vgl. word met die 6de seel in Openb. 6:12-17:
- ....daar was ‘n groot aardbewing; 
- en die son het swart geword soos ‘n harige sak, 
- en die maan het geword soos bloed,
- en die sterre van die hemel het op die aarde geval (soos ‘n vyeboom wat deur ‘n groot wind geskud word, sy navye laat afval),
- en die hemel het weggewyk soos ‘n boek wat toegerol word
- en al die berge en eilande is uit hulle plekke versit;
.......................want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?

Wanneer ons kyk na bg., is dit interessant om te merk dat hierdie dinge wat onder die 6de seel gaan plaasvind, gebeur nog voor Sy TOORN kom! - die wraak van God het dan nog nie gekom nie, wat sal plaasvind onder die 7de seel, waaronder daar ook baie dinge dan nog met die aarde gaan gebeur!

Dit wil inderdaad lyk of ons nie net 'n nuwe hemele en aarde verwag aan die einde van die 1000 jaar Ryk nie, maar ook aan die begin daarvan!
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Letterlik sal Hy kom om te oordeel (en met vuur), maar die feit dat Hy met vuur sal kom, moet ook in sommige gedeeltes gesien word as figuurlik, bv. elkeen se werk sal deur die vuur getoets word...(http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/07/as-iemand-se-werk-verbrand-word-sal-hy.html) - m.a.w., watter werke sal bly staan nadat dit deur die vuur is? (1Kor. 3:13-15: "elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen"). Mal 3:2 - "Maar wie kan die dag van sy koms verdra? En wie kan standhou as Hy verskyn? Want Hy sal wees soos die vuur van die smelter en soos die loog van die wassers".


 Wanneer die Hebreer skrywer die woorde gebruik, "Want onse God is ‘n verterende vuur" (Heb 12:29), dan is dit in konteks met hoe ons Hom moet vrees en die godsaligheid najaag.
(http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2015/08/want-onse-god-is-n-verterende-vuur.html)
In die gedeelte word hulle aangemoedig om:
(1) - die tugtiging van die Here aan te neem, en
(2) - om nie verbitterd te word wanneer hulle getugtig word nie,
maar eerder die vrede moet najaag met die deur wie hulle getugtig word.  HIERDIE WOORDE "want onse God is 'n verterende vuur", IS 'N WAARSKUWING !!! VIR DIE WAT VERKEERD STAP EN NIE DIE TUGTIGING AANNEEM NIE.  Hy gebruik ook o.a. die woorde, "en pas op dat niemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie" (Hebr. 12:15). So baimaal, wanneer iemand getugtig word, word hy verbitterd en is kwaad vir die persoon deur wie hy getugtig word en praat dan eerder kwaad van daardie persoon, as om te erken dat hy verkeerd is. Hierdie wortel van bitterheid kan baie onrus verwek en ander kan hierdeur besoedel word. Die konteks waarin die woorde "jaag die vrede na met almal" (Hebr. 12:14) gebruik is, is nie bedoel vir die persoon wat vermaan nie, maar wel vir die persoon wat kwaad is omdat hy tereggewys is. Die persoon wat tereggewys word, word bemoedig om die tugtiging aan te neem en om nie verbitterd te word omdat hy getugtig word nie - word m.a.w. aangemoedig om so die vrede na te jaag...

(Jas 5:3)  Julle goud en silwer is verroes, en hulle roes sal tot ‘n getuienis teen julle wees en sal soos ‘n vuur julle vlees verteer. Julle het skatte vergader in die laaste dae.
(Luk 12:49)  Ek het gekom om vuur op die aarde te werp, en hoe wens Ek dat dit al aangesteek was!
(Luk 3:17)  Sy skop is in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak en sy koring saambring in sy skuur, maar die kaf met onuitbluslike vuur verbrand.
(Luk 3:9)  Maar die byl lê ook al teen die wortel van die bome. Elke boom dan wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.
(Mat 13:40)  Net soos die onkruid dan bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit wees in die voleinding van hierdie wêreld:
(Mat 25:41)  Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.

(Zep 3:8)  Daarom, verwag My, spreek die HERE, op die dag wat Ek My gereed maak vir die buit; want dit is my strafoordeel om nasies te versamel, koninkryke te vergader om my grimmigheid oor hulle uit te stort, al die gloed van my toorn. Want die ganse aarde sal deur die vuur van my ywer verteer word!
-----------------------------------------------------
(Zec 3:1)  Daarna het Hy my Josua, die hoëpriester, laat sien, terwyl hy voor die Engel van die HERE staan, en die Satan aan sy regterhand staan om hom aan te klae.
(Zec 3:2)  Toe sê die HERE aan die Satan: Mag die HERE jou bestraf, o Satan! Ja, mag die HERE, wat Jerusalem verkies het, jou bestraf! Is hierdie een nie ‘n brandhout wat uit die vuur geruk is nie?

(Amo 4:11)  Ek het julle omgekeer soos God Sodom en Gomorra omgekeer het, sodat julle soos ‘n stuk brandhout was wat uit die vuur geruk is—nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die HERE.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Oordeel van die helse VUUR:

(Mar 9:43)  En as jou hand jou laat struikel, kap dit af. Dit is beter vir jou om vermink die lewe in te gaan, as om twee hande te hê en in die hel te gaan in die onuitbluslike vuur,
(Mar 9:44)  waar hulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie.
(Mar 9:45)  En as jou voet jou laat struikel, kap dit af. Dit is beter vir jou om kreupel die lewe in te gaan, as om twee voete te hê en in die hel gewerp te word in die onuitbluslike vuur,
(Mar 9:46)  waar hulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie.
(Mar 9:47)  En as jou oog jou laat struikel, pluk dit uit. Dit is beter vir jou om met een oog die koninkryk van God in te gaan, as om twee oë te hê en in die helse vuur gewerp te word,
(Mar 9:48)  waar hulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die een wat nie die Here vrees nie, en die wat nie GEREED sal wees wanneer Hy terugkom nie,  het inderdaad rede om bang wees, "WANT ONSE GOD IS 'N VERTERENDE VUUR !" en Hy sal kom om te oordeel IN VUUR...

(Eseg. 21:6)  Maar jy, o mensekind, sug; sug voor hulle oë met verbreking van lendene en bitterheid.
(Eseg. 21:7)  En as hulle vir jou sê: Waarom sug jy?
dan moet jy antwoord: Oor die tyding, want dit kom; en elke hart sal versmelt, en al die hande sal slap word en elke gees sal verstomp en al die knieë sal wegvloei soos water. Kyk, dit kom, en dit sal gebeur, spreek die Here HERE.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking