Sommige inligting rondom eindtyd studies gaan oor INTERPRETASIE.

Daarom word verskillende interpretasies met die tyd bygevoeg waar geleerdes oor iets verskil, of somtyds word 'n verwysing gegee na 'n ander interpretasie - per geleentheid word 'n interpretasie verder bespreek.


Dinsdag 03 Augustus 2021

Koring en Kaf

In hierdie pos kyk ons na die besonderse betekenis van die begrip "KORING  EN  KAF" in die Skrif. Waarna verwys die begrip "koring", en waarna verwys "kaf"?
------------------------------------------------------------------------------------

(Mat 3:12)  "Sy skop is in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak en sy koring in die skuur saambring, maar die kaf sal Hy met onuitbluslike vuur verbrand"; 
(ook Luk. 3:17).


Mense word baiemaal met begrippe soos koring en kaf, koring en onkruid, skape of bokke, ens. vgl. in die Skrif om 'n spesifieke soort mens voor te stel. Om te bepaal wat met elke begrip bedoel word, kan o.a. gevra word na wat die verskil is tussen twee begrippe saam gebruik, bv. die verskil tussen koring en kaf,  tussen koring en onkruid, skape en bokke ens. Bv., die verskil tussen koring en kaf is dat koring die deel is wat vrug dra maar kaf (alhoewel dit deel is vd koring) dra nie vrug nie.  

Ons kan ook 'n studie maak van die afsonderlike woorde in die Skrif om te bepaal hoe dit in beeldspraak in die algemeen gebruik word. Die begrip "kaf" kan bv. gebruik word vir "goddelose mense", want hulle uiteinde is dat hulle soos kaf sal vergaan... (Ps. 1:1-6)(en dan moet ons natuurlik verstaan wat bedoel word met die begrip "goddeloses" - goddeloses verwys na die wat nie die geregtigheid en die wil vd Here soek nie, en daarom dra hulle nie vrug nie...-Ps. 1:1-4). Die skrif leer ook vir ons dat kaf lig is, en word maklik deur die wind verstrooi... (Job 21:18; Ps. 1:4; Jes. 17:13; Jes. 29:5; Dan. 2:35; Hos. 13:3);  op dieselfde wyse sal mense wat as "kaf" gesien word, te lig bevind word en vergaan soos kaf in die wind (rol gerus af vir 'n opsomming oor die begrip "kaf" in die Skrif).  

"Koring" (rol af vir 'n opsomming) is weer 'n begrip wat lyk of dit in beeldspraak gebruik word vir kinders vd koninkryk (Luk. 3:17; Matt. 3:12; Mark. 4:26-29 ens.)(die wat gesien word as deel van God se koninkryk;  verwysend na "kinders van Abraham", hetsy as natuurlike takke of ingeeent). Dit verwys na die "goeie saad", alhoewel "goeie saad" nie net verwysend is na die wat vrug dra nie, maar ook na die wat onvrugbaar is;  m.a.w., dit verwys na almal wat deel is van die koninkryk van God, hetsy hulle vrug dra of nie.
- "Koring" is meer verwysend na die wat vrug dra, en die begrip 
- "kaf" is verwysend na die wat hulle vrug verloor het of onvrugbaar is.  
In die oordeel wanneer Jesus Christus terugkom, sal Hy die koring vd kaf skei...(Luk. 3:17).

In hierdie studie sal ons sien dat die begrippe "koring" en "kaf" in Matt. 3:12 dus na die volgende verwys (rol af na die paragraaf waar Matt. 3:12 in konteks behandel word):
- KORING verwys na KINDERS VD KONINKRYK (geroepenes) (die wat deel is vd volk van God), meer spesiefiek na die "WAT VRUG DRA", en die begrip
- KAF verwys ook na KINDERS VD KONINKRYK (geroepenes) (is deel vd volk van God), maar meer spesifiek verwys na die "WAT NIE VRUG DRA NIE". 
In die koninkryk van God is dus beide groepe (koring en kaf) deel vd koninkryk, en word gesien as "gelowiges" of bv. is deel vd kerk van Christus, maar nie almal wat deel is vd koninkryk van God dra vrug nie! Sommige dra veelvuldig vrug en hou hulle vrug (4de groep in die gelykenis vd saaier);  ander dra niks (is gered, maar groei nie en kan daarom nie vrug dra nie - 2de groep in die gelykenis vd saaier);  en ander begin wel vrug dra, maar verloor dit... (is gered, groei, dra vrug, maar verloor dit... - 3de groep in die gelykenis vd saaier) (rol gerus af vir 'n opsomming hieroor).  Die uitende van die wat nie vrug dra nie is dat hulle in die vuur sal beland (hulle sal m.a.w. hanteer word soos kaf, want alhoewel hulle deel is vd koring, is hulle die onvrugbare deel wat onbruikbaar is en weggegooi word...). 

In geval vd Christen kan ons dus sê dat nie alle Christene (alhoewel deel vd koninkryk van God en geroep) eendag gered sal word nie, want die wat nie vrug dra nie sal uitgewerp word (net soos kaf die deel is vd koring wat uitgegooi word...). Kaf word gesien as deel van koring, ja, maar is onbruikbaar. Op dieselfde wyse sal Christene sonder vrug eendag gesien word soos "kaf" en dus onbruikbaar (en uitgewerp word)(Joh 15:2 - "Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra").  Hierdie tema van hoe ons soos saad in die wêreld geplant word om te groei en vrug te dra, en hoe die vrug geoes sal word wanneer Jesus terugkom, is iets wat regdeur die Skrif hanteer word (rol gerus af tot onder vir 'n lys van poste wat o.a. hierdie belangrike temas bestudeer).  Jesus het baie hierdie soort beeldspraak gebruik in verskeie gelykenisse, en o.a. vir kinders vd koninkryk geleer dat hulle geroep is om vrug te dra... (en nie net om dit te dra nie, maar ook te behou!)(Joh 15:16 - "Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee."). 

Beide KORING en KAF is m.a.w. mense wat deur die Here gesaai is om te groei en vrug te dra, maar nie almal draai as bruikbare koring uit nie omdat nie almal vrug dra nie. Dit is bv. anders as die onderwerp van "koring en onkruid", siende "onkruid" (anders as kaf) nie verwys na geroepenes nie maar eerder na mense wat deur die vyand onder die kinders vd koninkryk gesaai is (Matt. 13:24-30), en dus ook kan lyk of hulle koring is, maar is glad nie eens geroep nie. Ook die "onkruid" se uiteinde sal in die vuur wees...  Vir 'n studie hieroor, kan die pos "koring en onkruid" behandel word.

Om te verstaan waarom daar 'n skeiding gaan plaasvind tussen die koring en kaf wanneer Jesus terugkom, moet daar dus ingekyk word op die belangrikheid van VRUG DRA, en wie dit is wat vrug dra. Nie alles wat gesien word as goeie vrug is "vrug tot ewige lewe" nie.  Hierdie vrug verwys spesifiek na vrug wat deur die wedergeborene gedra word (m.a.w., die gebore uit God se saad). 
(Psa 1:1)  Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie;
(Psa 1:2)  maar sy behae is in die wet van die HERE, en hy oordink sy wet dag en nag.
(Psa 1:3)  En hy sal wees soos ‘n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE BEGRIP "KAF":

Daar is 'n paar dinge wat die Skrif vir ons leer oor die begrip KAF, bv.:
- kaf is LIG, en word maklik weggevoer en deur die wind verstrooi (Job 21:18; Ps. 1:4; Jes. 17:13; Jes. 29:5; Dan. 2:35; Hos. 13:3);
- die goddelose word vgl. met kaf, want hulle sal vergaan soos kaf VERGAAN (Ps. 1:1-6);
- kaf word VERBRAND (Joe 2:25; Matt. 3:12; Luk. 3:17);
- kaf is NUTTELOOS, soos iets wat net verbygaan... (Sef. 2:2).

Daar is 'n soort beeldspraak in die Skrif waarin KAF vgl. word met goddeloses - die wat nie die geregtigheid en die wil vd Here soek nie - en daarom dra hulle nie vrug nie (Ps. 1:1-4). Vgl. dit gerus met Jesus se woorde in 
(Jes. 41:16).  Die skeiding vd koring en kaf waarna bv. verwys word deur Johannes in Matt. 3:12, gaan oor "om te suiwer" - net soos kaf deur die wind weggeneem of verbrand word, so sal die Here eendag die goddelose laat verdwyn... (Job 20:28,29; Ps. 68:3; 75:11; 145:20; Spr. 2:22; 2 Pet. 3:7; Matt. 24:37-39; ens.)(Matt. 13:47-50; Mal. 4:1-3)(Mat 13:49 - "So sal dit wees in die voleinding van die wêreld: die engele sal uitgaan en die slegte mense onder die regverdiges uit afskei"). 

-(Jud 1:14)  En Henog, die sewende van Adam af, het ook teen hulle geprofeteer en gesê: Kyk, die Here het gekom met sy heilige tien duisendtalle,
-(Jud 1:15)  om gerig te hou oor almal en al die goddelose mense onder hulle te straf oor al hulle goddelose werke wat hulle goddelooslik gedoen het, en oor al die harde woorde wat die goddelose sondaars teen Hom gespreek het.

L.w. dat die begrip "goddelose" verwys na die wat verkeerd doen en nie die wil vd Here soek nie (bv. die mense van Sodom-Gen. 18:23) - die woord " raw-shaw' " in Hebreeus wat verwys na die skuldiges, goddelose en "slegtes", die wat veroordeel sal word. "Goddeloses" word o.a. in die Skrif beskryf as "die wat onreg doen, en geweldenaars" (Ps. 71:4); "die wat vd Here se insettinge afdwaal" (Ps. 119:118,119, 155); murmureerders wat oor hulle lot klae, die wat volgens hulle begeerlikhede wandel, trotsaards, en die wat mense vlei ter wille van voordeel (Jud. 1:16);  die wat die genade van God verander in ongebondenheid en die Here verloën (Jud. 1:4); boos en versinsels vd hart is sleg (Gen. 6:5 vgl. met 2 Pet. 2:5)... ens. 
Die verskil tussen die regverdige en die goddelose? 
- DIE REGVERDIGE DIEN GOD
- DIE GODDELOSE DIEN HOM NIE. (Mal 3:18).

In geval van Christene sal goddeloses onder hulle verwys na die ongehoorsames, die wat doen wat hulle wil, die wat Sy genade in ongebondenheid verander, die wat Hom verloen, die wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel, ens. Diesulkes gee voor dat hulle die Here dien, maar hulle dien eintlik hulleself en die sonde.  Hulle kan nie verwag om eendag soos koring hanteer te word wanneer Jesus terugkom nie, maar is soos kaf omdat hulle nie vrug dra nie.  In ander woorde, Christene wat nie vrug dra nie is nutteloos - en sal daarom eendag vergaan en verbrand word.

"Kaf" kan ook moontlik vgl. word met die wat NIE GEREED is wanneer Jesus terugkom nie... Neem bv. die gelykenis van die 10 maagde (Matt. 25:1-13). Lees ook Matt. 25:14-30, van die man wat op reis wou gaan en sy diensknegte geroep het en besittings aan hulle toevertrou het - wat het gebeur met die een wat een talent ontvang het en dit begrawe het?, m.a.w. "die nuttelose dienskneg"? (Matt. 25:30 - "En werp die nuttelose dienskneg uit in die buitenste duisternis; daar sal geween wees en gekners van die tande").
Dit is duidelik dat daar selfs DIENSKNEGTE is van die Here wat eendag as nutteloos beskou sal word (Matt. 25:46-51), net soos KAF gesien word as nutteloos...

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE BEGRIP "KORING":

Kinderd vd koninkryk word in sommige skrifte vgl. met KORING (Luk. 3:17; Matt. 3:12; Mark. 4:26-29 ens.).

Luk. 22 is ook 'n goeie vb. van hoe gelowiges met koring vgl. kan word - meer presies in die Skrif kan die dissipels vgl. word met koring omdat die satan begeer om hulle "soos koring te sif"...: (Luk 22:3,32 - "En die Here sê: Simon, Simon, kyk, die Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif. Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie; en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk"). Vir ander soortgelyke vb.e in die Skrif, kan daar miskien ingekyk word na Job (Job 1:8-11; Job 2:3-6) - bv., daar is verskeie vb.e van hoe die duiwel mense probeer aankla, bv. vir Josua die hoëpriester in Sag. 3, of Job in Job 1... Die duiwel is 'n aanklaer en is daarop uit om die "koring" (broeders) te probeer verslind (1Pet. 5:8 - "Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind"). Maar vir die "koring" is daar natuurlik oorwinning deur die bloed vd Lam en deur die woord van getuienis (wat somtyds tot die dood lei)  (Openb. 12:10,11). (Rev 12:10).  

Die duiwel begeer om die koring te sif met die doel om hulle te verslind;  
maar dit is anders as wanneer God die koring sif (Amos 9:9) - waneer die Here "sif" is Sy doel anders, en die rede waarom die Hy "sif" is nie om koring te verslind nie, maar om van die wat nie vrug dra nie ontslae te raak (Luk 3:17 - "Sy skop is in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak en sy koring saambring in sy skuur, maar die kaf met onuitbluslike vuur verbrand");  m.a.w. om die bruikbares te skei van die wat onbruikbaar is in die koninkryk van God;  m.a.w., om die koring van die kaf te skei. 

In die Skrif word mense baiemaal vgl. met saad wat geplant word (of gelowiges bv. vgl. met plante of bome): 
(Mar 4:26)  En Hy het gesê: So is die koninkryk van God, soos wanneer ‘n mens die saad in die grond gooi;
(Mar 4:27)  en hy gaan slaap en staan op, nag en dag, en die saad spruit uit en word groot—hoe, weet hy self nie.
(Mar 4:28)  Want vanself bring die aarde vrug voort, eers ‘n halm, dan ‘n aar, dan die volle koring in die aar.
(Mar 4:29)  En wanneer die vrug dit toelaat, steek hy die sekel dadelik in, omdat die oes daar is.
Die wat deel is vd koninkryk van God is soos saad wat in die grond gegooi word, en groei en vrug dra...  Met die OES sal die vrug geoes word, en die wat nie vrug dra nie (m.a.w., die "kaf"), sal uitgegooi word. In daardie opsig kan KINDERS VD KONINKYRK gesien word soos "koring", maar verwys meer spesifiek na die wat vrug dra;  terwyl "kaf" ook deel is vd kinders vd koninkryk, maar verwys na die wat nie vrug dra nie (hulle sal eendag uitgegooi word). 
Die onkruid sal ook eendag uitgegooi word, m.a.w. daardie saad wat deur die vyand in hierdie "grond" onder die kinders vd koninkryk) gesaai is... (Matt. 14:25-30).  In daardie opsig verwys KORING (en kaf) na GOEIE SAAD (terwyl onkruid bv. verwys na kinderds vd bose). Daar kan 'n studie gemaak word oor "goeie saad" om hierdie beter te verstaan (kyk o.a. die tema van wedergeboorte - gebore uit God / gebore uit onverganklike saad ens., wat verwys na die wat instaat is om vrug te dra tot ewige lewe). 

Nie almal wat geroep is sal inderdaad eendag erf nie, want nie alle "koringkorrels" wat gesaai is, dra vrug nie... Daar kan natuurlik ook ingekyk word op die tema van "koringkorrels", en bv. wat gedoen kan word om vrug te dra... (wat te doen het met die belangrikheid van in die Here bly en Hom dien - (Joh 12:24 - "Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug"). Vgl. dit met Jesus se woorde in (Joh 15:5 - "Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie"). VRUG DRA is 'n belangrike deel van koring (Joh 15:16 - "Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee"). As "koring" nie vrug dra nie, sal dit uitgewerp word soos die loot en verdroog, en bymekaargemaak en in die vuur gegooi word  (Joh 15:6 - "As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand"). In ander woorde, as Christene nie in die Here Jesus Christus BLY (Hom dien en ken en Sy geregtigtigheid en wil soek) nie, dan kan hulle nie vrug dra nie - en met die oes, wanneer Jesus terugkom en die vrug geoes word, sal die wat nie vrug dra nie (m.a.w., die wat nie in Hom gebly het nie), uitgewerp word soos KAF.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
MATT. 3:12 IN KONTEKS:

Wanneer ons hierdie skrifgedeelte in konteks lees, moet ons klem lê op die oorsprong van so 'n uitlating deur Johannes gemaak.  v.6 en 7:    "En hulle is deur hom in die Jordaan gedoop met belydenis van hulle sondes. Maar toe hy baie van die Fariseërs en Sadduseërs na sy doop sien kom, sê hy vir hulle: Addergeslag, wie het julle aangewys om te vlug vir die toorn wat aan kom is? 
Volgens vers 9 is dit duidelik dat Johannes 'n onderskeid maak hier tussen 
-"Jode in die hart" en 
-"Jode volgens bloed" (Mat 3:9)  En moenie dink om by julleself te sê: ons het Abraham as vader nie; want ek sê vir julle dat God mag het om uit hierdie klippe kinders vir Abraham op te wek". En dan in vers 10 maak hy dit nog duideliker deur te sê:  "Maar die byl lê ook al teen die wortel van die bome. Elke boom wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi".  Johannes praat nie hier met ongelowiges nie, maar met gelowiges (met die geroepenes) - en hy praat  van 'n "oordeel" wat voorlê... Wanneer Jesus terugkom sal Hy o.a. nie net oordeel tussen "gelowiges en ongelowiges" nie, maar ook tussen 
"gelowiges en gelowiges".  Beide "koring" en "kaf" verwys dus na gelowiges - wat soos bome voorgestel kan word, maar sommige dra vrugte, en ander nie (v.10). 
Vgl. dit met Es. 34:22 - "Ek sal oordeel tussen skape en skape"...  
In konteks verwys Johannes hier na hulle VRUG (v.10). Jode volgens bloed wat m.a.w. "geroep" is maar nie vrug dra nie, is m.a.w. nie "Jode in die hart" nie.  Daar sal m.a.w. geoordeel word tussen gelowiges wat VRUG dra en gelowiges wat nie vrug dra nie. Dit is natuurlik waarom Johannes hierdie beeldspraak gebruik, want alhoewel kaf lyk soos koring, is dit die onbruikbare deel wat weggegooi word (die vrugtelose deel van 'n koring-oes).  Dit is bv. anders die onderwerp "koring en onkruid", waar koring wel ook verwys na gelowiges, maar "onkruid" verwys na ongelowiges. Die tema van koring en kaf, gaan dus oor 
-gelowiges (koring) en gelowiges (kaf), in die sin van, 
"die wat vrug dra" (koring) en die wat "nie vrug dra nie" (kaf). 
Dus, om die tema van "koring en kaf" ten volle te verstaan, sal daar 'n studie gemaak moet word oor "vrug dra" in die Skrif  (rol af vir 'n lys van poste waarin hierdie tema o.a. behandel word). 
Daar kan ook ingekyk word in die onderwerp van "oes" in die Skrif... 

Jesus het baie gepraat oor die belangrikheid van VRUG DRA en o.a. die volgende stelling gemaak:
(Joh 15:2)  Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra. Hy is die wynstok, die Vader is die landbouer (Joh. 15:1), en gelowiges die lote (ons word ook somtyds voorgestel soos plante of bome -Matt. 15:13; Hebr. 6:7,8).  Elke gelowige (loot) wat nie vrug dra nie, sal deur die Vader (die landbouer) weggeneem word.  En die wat vrug dra kan verwag om "skoongemaak" te word sodat hulle meer vrug kan dra...  Die wat hulle vrug verloor kan ongekant gevang word wanneer Jesus terugkom, en sal soos vrugteloses hanteer en uitgewerp word. Vrug is 'n aanduiding vd gelowige se geestestoestand (bv., valse profete dra slegte vrug, - vrug wys wat in iemand se hart aangaan).  In die Gelykenis vd Saaier het Jesus ook die belangrikheid van vrug dra aangeraak.  Daar word bv. 4 groepe beskryf, waarvan 3 vd groepe na gelowiges verwys.  Slegs een van die 3 groepe is gelowiges wat veelvuldige vrug dra en dit behou.  Die eerste groep gelowiges (2de groep in die gelykenis vd saaier) kom tot geloof ja, maar hulle skiet nie wortel nie - hulle leer nie die Here ken nie en bly nie in Hom nie, en kan dus nie vrug dra nie!  Die tweede groep (3de groep in die gelykenis vd saaier) DRA WEL VRUG, MAAR VERLOOR DIT - bestudeer gerus hierdie gelykenis om o.a. te verstaan wat vrug kan beinvloed. Hierdie mense kan vrugteloos opeindig, wat weer tot gevolg kan he dat hulle uitgewerp word...

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Kom ons kyk na hoe vrug saligheid beinvloed volgens die gelykenis vd saaier (Matt. 13; Mark. 4:1-20; Luk. 8:4-15):

- (1) Die eerste groep mense:   hoor die woord, maar onmiddellik steel die duiwel dit weg uit hulle harte, en dit lewer GEEN VRUG op nie.  Volgens Lukas verwys hierdie groep na die wat nie glo en nie gered word nie". (-m.a.w., hierdie groep verwys nie na kinders vd koninkryk nie, maar na ongelowiges).

- (2) Die tweede groep:  neem die woord met blydskap aan, maar omdat hulle geen "wortel in hulleself het nie, is hulle net vir ‘n tyd". Later as daar verdrukking of vervolging kom ter wille van die woord, struikel hulle dadelik.  Dit spreek dus van mense wat wel die woord aanneem!!!, maar nie regtig die Here ken nie - "geen wortel in hulleself nie, en GROEI daarom NIE GEESTELIK NIE - dit is die wat glad nie verdrukking of vervolging ter wille van die woord sal kan verduur nie. Verwys dus na die wat gelowig raak maar GEEN VRUG dra nie.  Ook volgens Lukas verwys hierdie groep mense na die wat die woord met blydskap ontvang wanneer hulle dit hoor, maar aangesien hulle net vir ‘n tyd glo, "val hulle af" in die tyd van versoeking.(-m.a.w., dit verwys na kinders vd koninkryk wat nie vashou aan die geloof nie - en Hom nie ken as Eerste Liefde nie, of nie geestelik groei nie).

- (3) Die derde groep:  is die wat die woord hoor, maar die "sorge van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom en die begeerlikhede in verband met die ander dinge kom in en verstik die woord, en dit word ONVRUGBAAR".  Omdat die skrif noem dat hulle "onvrugbaar" word, beteken dit dat hulle wel begin vrug dra het, maar die sorge van die lewe, begeerlikhede en rykdom, verstik die woord wat tot gevolg het dat hulle hul vrug verloor en onvrugbaar word.  Volgens Lukas verwys hierdie groep ook na kinders vd koninkryk, m.a.w. die wat gehoor het (en wortel het en selfs begin vrug dra het), maar  verstik word deur die sorge en rykdom en genietinge van die lewe en dra geen ryp vrug nie. "(-m.a.w., hierdie groep verwys ook na kinders vd koninkryk, maar na gelowiges wat onvrugbaar  word...).


- (4) Die vierde groep: " En wat in die goeie grond val—dit is die wat, nadat hulle gehoor het, die woord in ‘n edele en goeie hart hou en MET VOLHARDING VRUG DRA  (-m.a.w., hierdie groep verwys na kinders vd koninkryk wat groei en vrug dra en VASHOU - gelowiges wat met volharding vrug dra...).   


ONS SIEN DUS TWEE DEFINITIEWE GROEPE (2 en 3) HIER WAT WEL DIE WOORD AANNEEM, MAAR GEEN VRUG DRA NIE, OF SELFS BEGIN VRUG DRA, MAAR DIT VERLOOR. DIE VRAAG WAT ONS NOU MOET VRA IS, "WAT SAL GEBEUR MET HIERDIE 2 GROEPE GELOWIGES OP DIE DAG VAN OORDEEL"? (die dag van "toorn" waarna Johannes verwys)? (want, die Here sal ook oordeel tussen "skape en skape")(Joh 10:14)  "Ek is die goeie herder, en Ek ken my eie en word deur my eie geken". On sien hier hoe belangrik dit is om geestelik te groei en vrug te dra, en vas te hou. Dit is belangrik om die godsaligheid na te jaag.  Nie almal in hierdie "wedloop" sal uiteindelik die prys behaal nie (1 Kor. 8:24-26). Sels Paulus het geglo dat geestelike oefening belangrik is: -(1Kor. 9:27 - "Maar ek kasty my liggaam en maak dit diensbaar, dat ek nie miskien, terwyl ek vir ander gepreek het, self verwerplik sou wees nie").
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Om IN DIE HERE TE BLY en HOM te KEN en SY WIL DOEN, is belangrik vir kinders vd koninkryk om vanaf saad (geestelik) te groei tot plante of bome wat kan vrug dra:

(Joh 10:26)  "Maar julle glo nie, want julle is nie van my skape nie, soos Ek vir julle gesê het.
(Joh 10:27)  My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My".

(Mat 7:21)  Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.

(Joh 15:5) " Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.
(Joh 15:6)  As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand".

"Groei" is belangrik vir die Christen. Ons moet soos kindertjies wees, ja, maar dit is in die opsig van nederig en onderdanig en gehoorsaam wees - dit bedoel nie dat ons nie moet opgroei nie. Gelowiges moet groei van baba tot kind tot jongmens tot vader... Net soos saad groei tot 'n boom wat kan vrugte dra. Selfs jong bome kan vrugte dra, maar as 'n boom ophou groei is dit 'n teken dat iets fout is, en dit sal tot gevolg he dat so 'n boom nooit veelvuldige vrug kan dra nie. So, "groei" is belangrik ja!, en groei kan nie geskied as iemand nie in die Here bly nie. Kyk gerus in op die temas van geestelike groei en dinge wat vrug kan beinvloed;  kyk gerus ook wat dit beteken as 'n gelowige "siek" is. en hoe siekte vrug kan affekteer)  (rol af vir 'n lys van poste...).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Jas 5:7)  Wees dan geduldig, broeders, tot op die wederkoms van die Here. Kyk, die landbouer wag op die kostelike vrug van die aarde en het geduld daarmee totdat dit die vroeë en die laat reën ontvang het.
------------------------------------------------------------------------------------

Vir poste wat gaan oor "vrug dra" of die beeldspraak waar die volk van God soos saad of takke / lote of plante voorgestel word (en o.a. die liggaam met grond), gaan na:



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking