Sommige inligting rondom eindtyd studies gaan oor INTERPRETASIE.

Daarom word verskillende interpretasies met die tyd bygevoeg waar geleerdes oor iets verskil, of somtyds word 'n verwysing gegee na 'n ander interpretasie - per geleentheid word 'n interpretasie verder bespreek.


Donderdag 23 Desember 2021

Koring en Onkruid

In hierdie pos kyk ons na die tema van "koring en onkruid" (Matt. 13:24-30), en kyk waarna presies "onkruid" verwys.  Vir 'n studie oor waarna koring en kaf verwys, gaan na hierdie pos: https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2017/05/wie-is-die-koring-en-die-kaf.html.

Rol af vir die volgende opsommings:
- inleiding;
- kort opsomming oor die begrip "koring" (vir 'n beter opsomming oor waarna presies "koring" verwys, gaan na die pos "koring en kaf");
- onkruid word gesaai wanneer die mense SLAAP;
- kyk na die begrip "onkruid" in die Skrif;
- kyk na ander groepe wat by onkruid inpas (bv. Jesus het o.a. na "onkruid" verwys as "STRUIKELBLOKKE").
---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
INLEIDING:
Die begrip "koring en onkruid" (net soos met "koring en kaf") word IN KONTEKS BEHANDEL MET "die koninkryk van die hemele / God" 
- Matt. 13:24,25 - "‘n Ander gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê: Die koninkryk van die hemele is soos ‘n man wat goeie saad in sy land gesaai het, maar terwyl die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid onder die koring gesaai en weggegaan").

Die saailand is wel die wêreld, maar l.w. dat hierdie onkruid onder die koring (onder die kinders vd koninkryk) deur die bose daar gesaai word... Die Christelike kerk is veronderstel om te bestaan uit mense wat deur die Here daar gesaai is (maw "goeie saad" - is die kinders vd koninkryk -Matt. 13:38), maar daar kan ook mense sit in jou kerk wat deur die bose daar onder die kinders vd koninkryk gesaai is... (en hulle word na verwys as "onkruid", of ook genoem "struikelblokke" - hulle is eintlik kinders vd bose! - Matt. 13:38). 

Ons moet egter kennis neem dat die rede waarom die onkruid nie nou al onder die koring uit verwyder word nie, is omdat die gevaar dan staan dat die koring saam met die onkruid uitgetrek kan word (Matt. 13:28-30).  Dit is bv. nie altyd maklik om koring en onkruid van mekaar te onderskei nie - veral wanneer nog jonk is dit moeilik om te sien wat is koring en wat is onkruid - hulle lyk dieselfde maar verskil word eers sigbaar wanneer "in vrug". Dieselfde met kinders vd koninkryk (bestudeer gerus die tema "die geestelike mens as baba en kind").  M.a.w., ons moet nie alle ongehoorsames of onkunidges as onkruid sien nie, want  "ongehoorsames" kan bloot verwys na saliges wat nie of nog nie ag gee op die pad van godsaligheid nie en nie die vrugte dra wat by bekering pas nie (en natuurlik word daar van hulle verwag om hulle te bekeer en gehoorsaam te word aan die Here!). Op dieselfde wyse tree onkundiges (die wat nog jonk is, maw kinders is in die geloof is) somtyds op soos mense wat in opstand kom teen die waarheid of oordeel verkeerd (omdat hulle nog nie die kennis het nie). Of die wat nog jonk is val maklik vir die leuen omdat hulle nog nie kan onderskei tussen goed en kwaad nie... Hier sien ons hoe gevaarlik dit sal wees as almal wat ongehoorsaam is of nog sukkel om die bose te oorwin, behandel word soos onkruid en geskei word van die koring. In alle opsigte is dit eerder belangrik dat kennis gegee word en daar van gelowiges verwag word om te leef volgens die wil vd Here. Dit is slegs wanneer iemand se "SLEGTE VRUG" duidelik sigbaar is waneer 'n kerk sal optree om iemand uit hulle midde te verwyder (bv. 'n valse profeet, valse leraar, valse broeder). Die term "onkruid" verwys nie na gelowiges nie, maar na ongelowiges wat in die kerk insluip... 'n Gelowige wat bv. in "sonde tot die dood stap" (maw weier om hom te bekeer van 'n sonde), kan bv. nie onmiddellik as onkruid of as 'n ongelowige gesien of hanteer word nie.  So iemand kan wel soos suurdeeg wees in 'n kerk en sal dus miskien verwyder word as gevolg daarvan (sodat hy nie die hele deeg suurmaak nie) of omrede om die persoon tot insig te roep, maar dit maak hom nie "onkruid" nie...  SLEGTE VRUG is egter 'n teken van valsheid - is nie 'n goeie boom nie! (Matt. 7:15-20; Luk. 6:43; Matt. 12:33-37; Luk. 6:43-45);  om te kan onderskei moet ons dus verstaan wat met die term "slegte vrug" bedoel word (Matt. 7:17,18). Ons weet dus nie altyd wie inderdaad gelowig is en wie nie.  Daar moet gewag word sodat die Here (wat alles weet) self die skeiding doen wanneer Hy terugkom.  Christene moet dus versigtig wees om ongehoorsame Christene onkruid te noem en so dalk verkeerd te oordeel;  alhoewel dit nie beteken dat daar nie "binne" geoordeel moet word nie, want natuurlik moet diesulkes geleer en/of tereggewys word, hetsy koring of onkruid! As onkruid tussen gelowiges beweeg asof koring, dan moet hulle natuurlik soos koring behandel word! Saam met lering en teregwysing word dit baiemaal sigbaar wie soos gelowiges optree en wie nie.... 

- KORING verwys na GELOWIGES, en 
- ONKRUID verwys na ONGELOWIGES wat onder die koring beweeg asof hulle gelowig is.

Christene moet altyd versigtig wees vir enige iemand wat ongehoorsaam is aan die waarheid, want so iemand kan net sowel 'n verleier wees (2 Kor. 11:4; Gal. 1:7,8). As iemand bv. bely hy glo in Jesus maar glo nie in Sy woorde nie, is dit beslis iemand vir wie jy versigtig moet wees - tyd sal uitwys of daardie persoon wel (1) 'n gelowige is, maar een wat besig is om homself te mislei, of (2) 'n ongelowige is wat voorgee hy is gelowig.  
Natuurlik moet opregtes a;tyd op die passoppens wees vir die wat bedrieg en daarop uit is om ander te verlei.  Ander kenmerke van verleiers is gewoonlik dat hulle "kwaadsprekers" en "lasteraars" is - hulle verdraai die waarheid, kla mense valslik aan, en verkondig leuens - hierdie is die soort van "Christene" waarvoor daar versigtig moet wees, want valse leraars, valse profete en valse broeders val ook onder hierdie groep.  Hulle vrug sal uiteindelik wys of hulle koring of onkruid is... (2 Kor. 11:26; Gal. 2:4)(Hand. 17:5,6; 21:28-31; 24:5). 

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE BEGRIP "KORING":
Kinderd vd koninkryk word in sommige skrifte vgl. met KORING (Luk. 3:17; Matt. 3:12; Mark. 4:26-29; Luk. 22:3,32 ens.);  meer presies leer Matt. 13 vir ons dat "koring" spesifiek verwys na die wat deur die Here gesaai is (terwyl onkruid deur die bose gesaai word).  

In die Skrif word mense baiemaal vgl. met saad wat geplant word, of gelowiges bv. vgl. met plante of bome: 
(Mar 4:26)  En Hy het gesê: So is die koninkryk van God, soos wanneer ‘n mens die saad in die grond gooi;
(Mar 4:27)  en hy gaan slaap en staan op, nag en dag, en die saad spruit uit en word groot—hoe, weet hy self nie.
(Mar 4:28)  Want vanself bring die aarde vrug voort, eers ‘n halm, dan ‘n aar, dan die volle koring in die aar.
(Mar 4:29)  En wanneer die vrug dit toelaat, steek hy die sekel dadelik in, omdat die oes daar is.
Die wat deel is vd koninkryk van God is soos saad wat in die grond gegooi word, en groei en vrug dra...  Met die komende "OES" (wanneer Jesus terugkom) sal elkeen se vrug geoes word, en die wat nie vrug dra nie (m.a.w., die "kaf"), sal uitgegooi word. Nie almal wat in die koninkryk vd hemele/God gesaai is is inderdaad koring nie (want nie almal is deur die Here gesaai nie!). Onkruid (m.a.w. daardie saad wat deur die vyand in hierdie "grond" onder die kinders vd koninkryk gesaai is... - Matt. 14:25-30), sal eendag met die oes uitgegooi word;  MAAR DIE KORING SAL BYMEKAARGEBRING WORD IN DIE HERE SE SKUUR. 

KORING verwys na GOEIE SAAD - is kinders vd Here (uit Sy saad gebore);  terwyl onkruid verwys na kinderds vd bose... Daar kan 'n studie gemaak word oor "goeie saad" of "koringkorrel" om hierdie beter te verstaan (kyk o.a. die tema van wedergeboorte - gebore uit God / gebore uit onverganklike saad ens., wat verwys na die wat instaat is om vrug te dra tot ewige lewe). 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wanneer die "mense slaap"...:

Matt. 13:25 leer vir ons dat onkruid onder die kinders vd koninkryk gesaai wanneer hulle "slaap"... (m.a.w., wanneer 'n kerk "slaap" - hulle waak nie en is nie nugter nie-1 Thess. 5:6) - maar wat beteken dit? 
Om aan die slaap of dronk te wees, het ook 'n geestelike betekenis in die Skrif. "Slaap" verwys bv. na die wat nie waaksaam is nie en daarom onder versoeking kan kom... (Luk. 22:46; 2 Pet. 2:9). 'n Goeie vb. is Ef. 5 waarin die gemeente gevra word om sonde en afgodsdiens af te le en te wandel soos kinders vd lig.  As kinders vd koninkryk soos kinders vd bose wandel, is hulle soos mense wat aan die slaap is.  Dit is juis in so 'n tyd wanneer die vyand onkruid onder die koring gaan saai. Die "wat slaap" kan maklik versoek, bedrieg en verlei word, want hulle is aan die slaap! - ongehoorsame kinders "sien" en "hoor" nie mooi nie! 

Vgl. dit ook met Rom. 13:11,12 waarin kinders vd koninkryk beveel word om uit die slaap wakker te word, moet werke vd duisternis (waarvan hulle dronk is) afle en die wapens vd lig aangord... In die betrokke gedeelte word die gemeente herinner aan die tweede gebod en vermaan om sondes neer te le. As hulle dit nie doen nie, sal hulle NIE GEREED wees wanneer Jesus terugkom nie, en hulle kan verder gesien word soos mense wat nie "bekleed" is nie (Rom. 13:14) en/of nie hulle klere bewaar nie. Ja, dit is belangrik dat kinders vd koninkryk ag gee op die pad van godsaligheid - moet wakker en nugter wees, want as hulle dit nie doen nie, is hulle soos mense wat slaap en kan dan maklik versoek of verlei word. Dan kom die verleiers in hulle lewens in en omdat hulle nie reg sien en nie luister nie, word hulle maklik versoek.

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE BEGRIP "ONKRUID" in die Skrif:

Onkruid verwys nie na geroepenes nie - hulle is nie deur die Here daar gesaai nie (Matt. 13:25,37-39) en is ook nie deur die diensknegte versamel nie (vgl. met Matt. 22:10-14). Anders as in die geval van "koring en kaf" waar beide groepe verwys na gelowiges (die wat vrug dra en die wat nie vrug dra nie), verwys KORING en ONKRUID nie altwee na groepe gelowiges/"kinders vd koninkryk" nie.  Koring verwys beslis na kinders vd koninkryk wat deur die Here gesaai is, ja, maar onkruid nie... - onkruid word deur die bose onder die kinders vd koninkryk gesaai (hulle is nie gelowig nie). Hulle kan nie gesien word as kinders vd koninkryk nie, alhoewel dit moeilik is om hierdie te bepaal omdat hulle onder die kinders vd koninkryk beweeg asof hulle gelowig is. Hulle gee dus voor dat hulle gelowig is, en moet dus terloops soos gelowiges hanteer word!;  maw, moet lering kry en daar moet van hulle verwag word om die wil vd Here te doen - en as hierdie inderdaad gedoen word, dan sal tyd gou uitwys wie gelowig is en wie nie... 

"Onkruid" is nie deur die Here daar gesaai nie, maar is deur die duiwel gesaai:
(Mat 13:24)  ‘n Ander gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê: Die koninkryk van die hemele is soos ‘n man wat goeie saad in sy land gesaai het;
(Mat 13:25)  maar terwyl die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid onder die koring gesaai en weggegaan.
"Onkruid" is dus nie werklik (soos hulle voorgee) die Here se kinders nie, maar is eintlik kinders vd duiwel.

DUS, koring KAN GESIEN WORD AS goeie saad (gesaai deur Jesus Christus) EN IS kinders vd koninkryk,
MAAR onkruid IS kinders vd bose (en gesaai deur die duiwel):
(Mat 13:36)  Nadat Hy die skare weggestuur het, het Jesus huis toe gegaan; en sy dissipels het na Hom gekom en gesê: Verklaar vir ons die gelykenis van die onkruid in die saailand.
(Mat 13:37)  En Hy het geantwoord en vir hulle gesê: Hy wat die goeie saad saai, is die Seun van die mens,
(Mat 13:38)  en die saailand is die wêreld. Die goeie saad—dit is die kinders van die koninkryk, en die onkruid is die kinders van die Bose,
(Mat 13:39)  en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele.

"Onkruid" kan ook moontlik vgl. word met die wat nie 'n bruilofskleed het nie - hulle het nog steeds hulle "vuil klere" aan en is nog nie bekleed met "feesklere" nie (Sag. 3:4). (Matt. 22:11,12 - "En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie ‘n bruilofskleed aan het nie. En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ‘n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie").

Alhoewel "onkruid" vgl. kan word met die "sonder bruilofskleed", is hulle nie heeltemal dieselfde as die wat "slegtes" genoem word in die gelykenis in Matt. 22 nie.  In Matt. 22 is dit bv. die diensknegte wat die goeies en "slegtes" versamel..., maar hier is dit die bose wat die onkruid onder die koring saai. Die "slegtes" in Matt. 22:10-14 word ook gesien soos bruilofsgaste en vriende, en is wel geroep!, maar nie uitverkies nie...  "Slegtes" is dus ook geroepenes, net soos die goeies (Matt. 22:14), maar is "onregverdig" en nie bekleed nie/bewaar nie hulle klere nie.   "Onkruid" is anders, want hulle verwys nie na geroepenes nie (en natuurlik is hulle ook nie bekleed nie). Terwyl die begrip "slegtes" vgl. kan word met "onregverdiges", word die woord "onkruid" weer eerder vgl. met "goddeloses" of "struikelblokke" (die wat bedrieg en verlei, en verlei word - 2 Tim. 3:13; Jud 1:4; Matt. 13:41).    

Met Jesus se wederkoms sal hierdie struikelblokke / "onkruid" onder die koring uit verwyder word, en saam met die goddelose uitgeroei en in die vuur gegooi word... (Matt. 13:41,42; Sef. 1:3). 


---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Struikelblokke, en die wat die ongeregtigheid doen:

In Matt. 13:41 verwys Jesus na hierdie "onkruid" as 
- STRUIKELBLOKKE of 
- die WAT DIE ONGEREGTIGHEID DOEN (maw, die wat nie die wil vd Here doen nie).  
Onkruid wat onder die koring gesaai word se doel is om die kinders vd koninkryk te laat struikel (Luk. 17:1,2). Hulle doen/soek nie die wil van die Here nie, maar het hulle eie evangelie. 

Jesus het geleer dat met die voleinding vd wereld, sal hierdie struikelblokke en ongeregtiges uit die koninkryk uit bymekaargemaak word, en soos onkruid met vuur verbrand word... (Matt. 13:38-42 - "  en die saailand is die wêreld. Die goeie saad—dit is die kinders van die koninkryk, en die onkruid is die kinders van die Bose, en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele. Net soos die onkruid dan bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit wees in die voleinding van hierdie wêreld: die Seun van die mens sal sy engele uitstuur, en hulle sal uit sy koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat die ongeregtigheid doen, en sal hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande").


Die begrip "struikelblokke" in die Skrif:
Mense wat as "onkruid" bestempel word, word o.a. "struikelblokke" genoem (Matt. 13:41 - "die Seun van die mens sal sy engele uitstuur, en hulle sal uit sy koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat die ongeregtigheid doen"). Die woord struikelblokke hier is in Grieks die woord "skan'-dal-on", wat verwys na iets wat iets of iemand anders kan laat val of struikel (figuurlik in die sin van soos 'n vangnet, bv. iemand laat sondig);  gee aanstoot (is 'n skandaal) - vgl. dit gerus met 2 Pet. 2:13 en Jud. 1:12 waarin valse leraars en "ingesluiptes" SKANDVLEKKE genoem word. 
Vgl. dit ook met Jer. 6:21 ((Jer 6:21 - "Daarom, so sê die HERE: Kyk, Ek gooi struikelblokke voor hierdie volk waaroor hulle sal struikel (Hebr. woord mik-shole'", wat beteken "veroorsaak 'n val", aanstoot gee), vaders en seuns tesame; die buurman en sy vriend sal omkom")).

Jesus het na hierdie "struikelblokke" verwys op verskeie geleenthede, bv.:
-  (Luk 17:1,2 - "En Hy het vir sy dissipels gesê: Dit is onvermydelik dat die struikelblokke kom, maar wee hom deur wie hulle kom. Dit is beter vir hom as ‘n meulsteen aan sy nek gehang en hy in die see gegooi word, as dat hy een van hierdie kleintjies sou laat struikel").
-  (Mat 18:7-9 - "Wee die wêreld weens die struikelblokke! Want dit is noodsaaklik dat daar struikelblokke kom, maar wee die mens deur wie die struikelblok kom. En as jou hand of jou voet jou laat struikel, kap dit af en gooi dit weg van jou af; dit is vir jou beter om in die lewe in te gaan, kreupel of vermink, as om twee hande of voete te hê en in die ewige vuur gewerp te word. En as jou oog jou laat struikel, ruk dit uit en werp dit weg van jou af. Dit is vir jou beter om met een oog in die lewe in te gaan, as om twee oë te hê en in die helse vuur gewerp te word").

Hier sien ons dat ONKRUID verwys na mense wat "aanstoot gee" - wil gelowiges laat struikel. Hulle probeer die gelowiges MISLEI en doen NIE DIE WIL VD HERE NIE. Dit is elke Christen se plig om bedag te wees op hierdie struikelblokke (wat onder die kinders vd koninkryk beweeg), en sterk te staan teen versoekinge. Ons weet nie altyd of iemand wat ongehoorsaam is inderdaad onkruid of dalk net "ongehoorsame koring" is nie, ja, maar het self 'n plig om ag te gee op die pad van godsaligheid - toe te sien dat ons nie struikel nie en moet vashou aan die waarheid. (Mat 18:7-9 - "Wee die wêreld weens die struikelblokke! Want dit is noodsaaklik dat daar struikelblokke kom, maar wee die mens deur wie die struikelblok kom. En as jou hand of jou voet jou laat struikel, kap dit af en gooi dit weg van jou af; dit is vir jou beter om in die lewe in te gaan, kreupel of vermink, as om twee hande of voete te hê en in die ewige vuur gewerp te word. En as jou oog jou laat struikel, ruk dit uit en werp dit weg van jou af. Dit is vir jou beter om met een oog in die lewe in te gaan, as om twee oë te hê en in die helse vuur gewerp te word") M.a.w., as daar iets is in jou lewe wat jou kan laat struikel (bv. om uit te hang met verkeerde vriende), is dit beter om die versoeking te verwyder (bv. breek op met daardie vriende - moenie meer met hulle uithang nie). 

Nie almal wat deurgaan vir kinders vd koninkryk,  is deur die Here geplant nie:  
Daar is selfs leiers wat nie deur die Here geplant is nie!  Neem bv. die wat "blinde leiers" genoem het - hulle sal eendag ontwortel word en kan dus sekerlik gesien word as deel vd groep "onkruid" (Mat 15:13 - "Maar Hy antwoord en sê: Elke plant wat my hemelse Vader nie geplant het nie, sal ontwortel word"). Hulle is m.a.w. in die kerk geplant maar nie deur die Vader daar geplant nie. Let wel dat dit ook gese word van "onkruid"...is deur die bose gesaai onder die kinders vd koninkryk.... Wat dit beteken is dat dit gevaarlik is om bv. enige leier te volg, want Jesus het geleer dat as jy 'n blinde leier volg jy saam met hom in die sloot sal val (Matt. 5:14). Sommige leiers is eintlik onkruid wat deur die bose daar geplant is - hulle doen nie die wil vd Here nie en hulle doel is om die kinders vd koninkryk te laat struikel.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Opsomming:

Onkruid verwys tipies na mense wat vals is - hulle lyk soos koring, maar wanneer in vrug sien jy duidelik dat dit nie koring is nie. Daarom is dit nie altyd maklik om onmiddellik te sien wie is koring en wie onkruid nie.  Dis belangrik dat kinders van die koninkryk ag gee op die pad van godsaligheid en op Jesus se leringe en die Skrif. Dit is gevaarlik wanneer "kinders vd Here" nie lewe volgens die lig nie, want dit plaas beslis 'n ook vraagteken op hulle saligheid en diesulkes is meer oop om vir versoeking te val.  In Matt. 3:6,7 bevraagteken Johannes bv. sekere Fariseers en Sadduseers se saligheid terwyl hy verwys na hulle VRUG... (Matt. 3:8-10)(hulle het bv. nie die vrugte gedra wat by die bekering pas nie). Jesus het ook baie gepraat oor die belangrikheid van vrug dra, en terloops "vrug" as 'n maatstaf gegee van hoe om te beoordeel tussen die ware en die valse (Matt. 7:15). Wolwe in skaapsklere is nie deur die Here geroep nie!, en die manier om te meet of iemand 'n wolf of skaap is is deur na hulle vrug te kyk  -  maar hierdie is nie altyd maklik nie... Jong Christene kom bv. maklik vleeslik voor, maar dit beteken nie dat hulle onkruid is of glad nie gered is nie. Dit is egter kommerwekkend as hierdie persoon ander beinvloed om te struikel en valse leringe verkondig! As 'n prediker bv. iets in teenstelling preek met wat Jesus geleer het, beteken dit nie noodwendig dat hy nog net nie oor die kennis beskik asof hy 'n jong Christen is nie, maar hy mag dalk 'n "blinde leier" wees. Op dieselfde wyse moet daar nie vinnig tot 'n slotsom gekom word dat hy 'n blinde leier is nie, maar dit kan dalk bloot 'n teken wees van "slaap" of ongehoorsaamheid aan die Here. Nietemin moet Christene altyd versigtig wees wanneer iemand 'n ander evangelie bring of iets preek in teenstelling met die waarheid of met wat Jesus geleer het, want daardie prediker mag dalk onkruid wees. 

Sommige "Christene" moet vermy word! (Rom. 16:17,18 - "En ek vermaan julle, broeders, hou hulle in die oog wat tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het, en vermy hulle. Want sulke mense dien nie onse Here Jesus nie, maar hulle eie buik; en hulle verlei deur hul vriendelike en mooi woorde die harte van die eenvoudiges"). Hier sien ons dat hierdie "struikelblokke" wat daarop uit is om kinders vd koninkryk te verlei, gekenmerk kan word deur die wat tweedrag en aanstoot veroorsaak TEEN DIE WAARHEID, en die manier hoe hulle dit doen is "deur vriendelike en mooi woorde"...Hierdie is veral die manier hoe valse profete en valse leraars opereer, deur verdigte woorde en verderflike ketterye heimlik in te voer, en die Here te verloen (2 Pet. 2:1-3). Hulle is vals!, en hulle doel is om die uitverkorenes te MISLEI, net soos valse christusse ook doen (Matt. 24:24).  Hulle gee voor dat hulle die waarheid verkondig, maar verkondig eintlik leuens. Hulle gee voor dat hulle van die Here hoor, maar hulle verkonidig eintlik hulle eie sieninge (of die sieninge van die in wie hulle glo). 


(1Jn 4:1)  Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.
(1Jn 4:2)  Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God;
(1Jn 4:3)  en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld.
(1Jn 4:4)  Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is.
(1Jn 4:5)  Hulle is uit die wêreld; daarom praat hulle uit die wêreld, en die wêreld luister na hulle.
(1Jn 4:6)  Ons is uit God; hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaling.

Die wat daarop uit is om die uitverkorenes te mislei, word gekenmerk aan hierdie feite:
- hulle bring 'n "ander evangelie";
- hulle praat soos die wereld (en die wereld luister na hulle); 
- hulle luister nie na die waarheid nie en stem nie saam met die wat die waarheid verkondig nie.

Daarom moet kinders vd koninkryk leringe en dade beoordeel, want jy weet nie altyd of jy met 'n ongehoorsame kind vd koninkryk te doen het of 'n kind van die bose nie. Bv., bly liewer weg van kinders vd koninkryk wat in sonde stap sonder dat hulle hul daarvan wil bekeer, of die wat nie die waarheid verkondig nie... - want daardie persoon kan dalk daarop uit wees om kinders vd koninkryk te mislei of te laat struikel.  Hierdie is nie bedoel om onbarmhartig te wees nie, maar gaan daaroor dat jy jouself beskerm teen misleiding, en ook sodat jy nie die persoon in sy kwaad sterk nie!  
-  (1Kor.  5:9-12 - "Ek het julle in my brief geskrywe om nie met hoereerders om te gaan nie—dit wil sê, nie die hoereerders van hierdie wêreld of die gierigaards of rowers of afgodedienaars in die algemeen nie, want dan sou julle uit die wêreld moet uitgaan—maar nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat, al staan hy as ‘n broeder bekend, ‘n hoereerder is of ‘n gierigaard of ‘n afgodedienaar of ‘n kwaadspreker of ‘n dronkaard of ‘n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie. Want waarom sou ek ook die wat buite is, oordeel? Oordeel julle nie die wat binne is nie?").    
-  (2Joh. 1:7-11 - "Want baie verleiers het in die wêreld ingekom: die wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie. Dit is die verleier en die Antichris. Wees op julle hoede, dat ons nie verloor wat ons deur arbeid verkry het nie, maar ‘n volle loon ontvang. Elkeen wat ‘n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. Wie in die leer van Christus bly, hy het die Vader sowel as die Seun. As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie. Want die een wat hom groet, het gemeenskap aan sy bose werke").

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking