Sommige inligting rondom eindtyd studies gaan oor INTERPRETASIE.

Daarom word verskillende interpretasies met die tyd bygevoeg waar geleerdes oor iets verskil, of somtyds word 'n verwysing gegee na 'n ander interpretasie - per geleentheid word 'n interpretasie verder bespreek.


Donderdag 22 Julie 2021

Basuine


In hierdie pos kyk ons na die gebruik van die woord/e "basuin/e" en "trompet/te". 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Die blaas van die basuin het 'n besonderse betekenis en was bv. iets wat deur God self ingestel was vir die volk (Num. 2:10) - die doel daarvan was veral om die volk byeen te roep en om die laers (in die woestyn) te laat opbreek, en ook gebruik in feesfieringe om die begin van elke fees aan te kondig, die begin van maande aan te kondig, en was o.a. ook geblaas op Versoendag... 
- bedoel om die volk in gedagtenis te bring voor die Here. 

Vir 'n studie hieroor kan daar ook ingekyk word op die terme "alarm" of  "alarm blaas" (en daar is natuurlik 'n verskil tussen net "blaas" of alarm maak (en op verskillende tye dus gebruik).  Die alarm-basuin was veral gebruik om as waarskuwing te dien, soos wanneer die land ingeval word, en ook geblaas sodat die Here hulle sou help in oorlog. 

DIT IS DUIDELIK DAT DIE HERE BAIE WAARDE HEG AAN DIE GEBRUIK VAN BASUINE, EN DAT HY DIT OOK GEBRUIK OM GEBEURTENISSE AAN TE KONDIG. Dit is dan ook glad nie snaaks nie dat die opstanding en "wegraping" ook sal plaasvind met die geklank van 'n basuin!  Paulus beskryf dat dit sal gebeur met "die laaste basuin" (1 Kor. 15), en dit verwys moontlik na die 7de basuin onder die 7de seel in die boek van Openbaring (wat die laaste v/d 7 basuine is)(wanneer die verborgenheid van God volbring is);  die wederkoms van die Here word ook in ander skrifte beskryf saam met 'n basuin wat deur die Here geblaas word! (Sag. 9:14; 1 Thess. 4:17). (Openb. 11:15 - "En die sewende engel het geblaas, en daar was groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid). Dit is interessant om te sien dat ook waar God aan die volk verskyn het op die berg (in die woestyn)(Eks. 19:16,19; 20:18), dit ook gepaard gegaan het met 'n basuin (en l.w., nie daar beskryf word as 'n basuin wat deur mense geblaas is nie). Ook die 7 basuine in Openbaring 8, is basuine wat gebeure of waarskuwings aankondig (en word hier beskryf as basuine wat deur engele geblaas word).   

========================================================================
SKRIFTE:
========================================================================
SKRIFTE O.T. KONTEKS:

(Lev 25:9)  Dan moet jy in die sewende maand, op die tiende van die maand, ‘n basuingeklank laat deurgaan; op die versoendag moet julle die basuin deur julle hele land laat gaan.
VGL. MET:
(Num 10:10)  Op die dag as julle vrolik is, sowel as op julle feestye en by die begin van julle maande moet julle by jul brandoffers en by jul dankoffers op die trompette blaas: hulle sal dien om julle in gedagtenis te bring voor die aangesig van julle God. Ek is die HERE julle God.

(Psa 81:3)  (81:4) Blaas die basuin op nuwemaan, op volmaan vir ons feesdag.

(Neh 4:20)  Op die plek waar julle die geluid van die basuin hoor, daar moet julle by ons bymekaarkom; onse God sal vir ons stry.  VGL. DIT MET Num. 10:
(Num 10:8)  En die seuns van Aäron, die priesters, moet op die trompette blaas; en dié trompette moet vir julle ‘n ewige insetting in julle geslagte wees.
(Num 10:9)  En as julle in jul land in oorlog kom teen die vyand wat met julle veg, moet julle met die trompette alarm blaas; dan sal aan julle gedink word voor die aangesig van die HERE julle God, en julle sal van jul vyande verlos word.
VGL. OOK MET:
(Num 31:6)  En Moses het hulle na die oorlog gestuur, duisend vir elke stam, hulle en Pínehas, die seun van die priester Eleásar, na die oorlog, met die heilige voorwerpe en die trompette by hom om alarm te blaas.
(2Ki 11:14)  en toe sy die koning sien staan op die verhoog, volgens die gewoonte, met die owerstes en die trompetblasers by die koning, terwyl die hele volk van die land bly is en op die trompette blaas, skeur Atália haar klere en roep uit: Verraad, verraad!
(2Ch 13:14)  En toe Juda omdraai, was die geveg meteens voor en agter hulle; en hulle het die HERE aangeroep, terwyl die priesters op die trompette blaas.
(Job 39:24)  (39:27) Onstuimig en wild verslind hy (perd) die grond en staan nie stil as die basuin klink nie.
(Jer 4:5)  Verkondig in Juda en laat dit hoor in Jerusalem en sê: Blaas die basuin in die land! Roep hardop en sê: Kom bymekaar, en laat ons in die versterkte stede ingaan!

BASUIN AS WAARSKUWING:
(Jer 6:1)  Vlug, kinders van Benjamin, uit Jerusalem uit; en blaas die basuin in Tekóa, en hef ‘n vuurteken op bo Bet-Hakkérem; want onheil dreig uit die Noorde en groot verwoesting.
VGL. MET:
(Eze 33:3)  en hy sien die swaard aankom oor die land en blaas met die basuin en waarsku die mense—
(Jer 6:17)  Ek het ook wagte oor julle gestel en gesê: Luister na die geluid van die basuin. Maar hulle het geantwoord: Ons wil nie luister nie.

(Eze 33:2)  Mensekind, spreek met die kinders van jou volk en sê vir hulle: As Ek die swaard oor ‘n land bring, en die mense van die land neem ‘n man uit hulle kring en stel hom as wag vir hulle aan,
(Eze 33:3)  en hy sien die swaard aankom oor die land en blaas met die basuin en waarsku die mense—
(Eze 33:4)  as dan iemand die geluid van die basuin hoor, maar hom nie laat waarsku nie, en die swaard kom en neem hom weg, dan is sy bloed op sy hoof.
(Eze 33:5)  Hy het die geluid van die basuin gehoor, maar het hom nie laat waarsku nie: sy bloed is op hom. Maar as hy hom laat waarsku, dan red hy sy siel.
(Eze 33:6)  As daarenteen die wag die swaard sien kom en met die basuin nie blaas nie, sodat die mense nie gewaarsku is nie, en die swaard kom en neem ‘n siel uit hulle weg—dan is hy deur sy ongeregtigheid weggeneem, maar sy bloed sal Ek van die hand van die wag eis.
(Eze 33:7)  En jy, o mensekind, Ek het jou as wag oor die huis van Israel aangestel; en as jy ‘n woord uit my mond hoor, moet jy hulle van my kant waarsku....................................

(Hos 5:8)  Blaas die basuin in Gíbea, die trompet in Rama! Hef aan die krygsgeskreeu in Bet-Awen. Agter jou kom dit, Benjamin!
(Hos 8:1)  Die basuin aan jou mond! Soos ‘n arend skiet dit neer op die huis van die HERE! Omdat hulle my verbond oortree het en teen my wet gesondig het.

(Joe 2:1)  Blaas die basuin op Sion, en blaas alarm op my heilige berg! Laat al die inwoners van die land bewe, want die dag van die HERE kom, want hy is naby—
(Joe 2:15)  Blaas die basuin op Sion, heilig ‘n vasdag, roep ‘n vergadering saam!
(Amo 3:6)  Sal die basuin in die stad geblaas word en die bevolking nie skrik nie? Sal daar ‘n onheil in die stad voorval as die HERE dit nie bewerk het nie?

(Amo 3:7)  Want die Here HERE doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie.

(1Co 14:8)  Want as die basuin ook ‘n onduidelike klank gee, wie sal klaarmaak vir die oorlog?

BASUIN  FEESVIERINGE:
(1Ch 13:8)  En Dawid en die hele Israel het voor die aangesig van God met alle mag gespeel, sowel met liedere as met siters en harpe en tamboeryne en simbale en trompette.
VGL. MET: 
(Num 10:10)  Op die dag as julle vrolik is, sowel as op julle feestye en by die begin van julle maande moet julle by jul brandoffers en by jul dankoffers op die trompette blaas: hulle sal dien om julle in gedagtenis te bring voor die aangesig van julle God. Ek is die HERE julle God.
(1Kron. 15:24)  En die priesters Sebánja en Jósafat en Netáneël en Amásai en Sagaría en Benája en Eliëser het op die trompette geblaas voor die ark van God uit; en Obed-Edom en Jehía was poortwagters van die ark.
(1Kron. 15:28)  En die hele Israel het die verbondsark van die HERE gaan haal met gejuig en basuingeklank en met trompette en simbale, onderwyl hulle musiek maak op harpe en siters.
(1Kron. 16:6)  en Benája en Jahásiël, die priesters, gedurigdeur met trompette voor die verbondsark van God.
(1Kron. 16:42)  en by hulle, Heman en Jedútun, was trompette en simbale vir die musikante en instrumente vir die liedere tot eer van God; maar die seuns van Jedútun was by die poort.
(2Kron. 5:12)  terwyl die Levitiese sangers almal saam, Asaf, Heman, Jedútun met hulle seuns en hulle broers, in linne gekleed, met simbale en harpe en siters oostelik van die altaar staan, en saam met hulle omtrent honderd en twintig priesters wat op die trompette blaas;
(2Kron. 5:13)  en toe die trompetblasers en die sangers almal saam eenstemmig begin om die HERE te prys en te loof, en net toe hulle die stem verhef met die trompette en met die simbale en met die musiekinstrumente, en met: Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid! —is die huis, die huis van die HERE, vervul met ‘n wolk.
(2Kron. 7:6)  terwyl die priesters op hulle poste gestaan het, ook die Leviete met die musiekinstrumente van die HERE, wat koning Dawid gemaak het, om die HERE te loof dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is, met die loflied van Dawid wat deur hulle voorgedra is. Intussen het die priesters teenoor hulle op die trompette geblaas, en die hele Israel het gestaan.
(2Kron. 15:14)  En hulle het vir die HERE gesweer met ‘n groot stem en met gejuig en met trompette en basuine.
(2Kron. 20:28)  En hulle het Jerusalem ingetrek met harpe en siters en trompette, na die huis van die HERE.
(Esra 3:10)  Toe die bouers dan die fondament van die tempel van die HERE lê, het hulle die priesters in ampsgewaad met trompette, en die Leviete, die seuns van Asaf, met simbale opgestel om die HERE te loof volgens die instelling van Dawid, die koning van Israel.
(Neh 12:35)  en van die seuns van die priesters met trompette, Sagaría, die seun van Jónatan, die seun van Semája, die seun van Mattánja, die seun van Migája, die seun van Sakkur, die seun van Asaf,
(Neh 12:35)  en van die seuns van die priesters met trompette, Sagaría, die seun van Jónatan, die seun van Semája, die seun van Mattánja, die seun van Migája, die seun van Sakkur, die seun van Asaf,
(Psa 98:5,6)  Psalmsing tot eer van die HERE met die siter, met die siter en die stem van gesang, met trompette en basuingeklank; juig voor die aangesig van die Koning, die HERE!
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Skrifte "trompet":
Eseg.7:14  Hulle blaas met die trompet en maak alles klaar, maar niemand trek na die oorlog toe nie; want my toorngloed is oor die hele menigte van die land.
Hos. 5:8  Blaas die basuin in Gíbea, die trompet in Rama! Hef aan die krygsgeskreeu in Bet-Awen. Agter jou kom dit, Benjamin!
Matt. 6:2  Wanneer jy dan liefdadigheid bewys, moenie ‘n trompet voor jou blaas soos die geveinsdes in die sinagoges en op die strate doen, dat hulle deur die mense geëer kan word nie. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon weg.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Skrifte "alarm" / "alarm blaas":
Num 10:5  En as julle alarm blaas, moet die laers opbreek wat aan die oostekant staan.
Num 10:6  Maar as julle die tweede keer alarm blaas, moet die laers opbreek wat aan die suidekant staan. Alarm moet hulle blaas as hulle moet opbreek.
Num 10:7  Maar as die vergadering byeen moet kom, moet julle blaas, maar nie alarm maak nie.
Num 10:9  En as julle in jul land in oorlog kom teen die vyand wat met julle veg, moet julle met die trompette alarm blaas; dan sal aan julle gedink word voor die aangesig van die HERE julle God, en julle sal van jul vyande verlos word.
Num 31:6  En Moses het hulle na die oorlog gestuur, duisend vir elke stam, hulle en Pínehas, die seun van die priester Eleásar, na die oorlog, met die heilige voorwerpe en die trompette by hom om alarm te blaas.
2Kron. 13:12  En kyk, by ons is God aan die hoof en sy priesters met die alarmtrompette om teen julle alarm te blaas. Kinders van Israel, voer tog nie oorlog teen die HERE, die God van julle vaders nie, want julle sal nie voorspoedig wees nie.
Joe 2:1  Blaas die basuin op Sion, en blaas alarm op my heilige berg! Laat al die inwoners van die land bewe, want die dag van die HERE kom, want hy is naby—
========================================================================
DIE VOLGENDE BASUINE WORD BESKRYF AS BASUINE WAT DEUR DIE HERE GEGEE IS/WORD:

(Eks. 19:16)  En op die derde dag toe dit môre word, was daar donderslae en blitse en ‘n swaar wolk op die berg en die geluid van ‘n baie sterk basuin (trompet, "sho-far"), sodat die hele volk wat in die laer was, gebeef het.

(Eks. 19:19)  Toe die geluid van die basuin sterker en sterker word, het Moses gespreek, en God het hom telkens hardop geantwoord.

(Eks. 20:18)  En toe die hele volk die donderslae en die blitse en die geluid van die basuin en die rokende berg bemerk, het die volk dit gesien en gebewe en op ‘n afstand bly staan.

(Sag. 9:14)  Dan sal die HERE oor hulle verskyn, en soos weerlig sal sy pyl uitskiet; en die Here HERE sal met die basuin blaas en intrek met die storms uit die suide.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
VB.e van BASUINE MET WEDERKOMS  /  OPSTANDING en "WEGRAPING":
(1Kor. 15:51)  Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word,
(1Kor. 15:52)  in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.
(1Kor. 15:53)  Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word.
(1Kor. 15:54)  En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning.
(1Kor. 15:55)  Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning?

VGL MET:

Openb. 10:7  "maar in die dae van die stem van die sewende engel, wanneer hy met die basuin sal blaas, dan is die verborgenheid van God volbring, soos Hy die blye tyding verkondig het aan sy diensknegte, die profete".

(1Thess. 4:16)  Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.
VGL. DIT MET:
(Sag. 9:14)  Dan sal die HERE oor hulle verskyn, en soos weerlig sal sy pyl uitskiet; en die Here HERE sal met die basuin blaas en intrek met die storms uit die suide.

(Mat 24:26)  As hulle dan vir julle sê: Kyk, Hy is in die woestyn—moenie uitgaan nie; kyk, Hy is in die binnekamer—moet dit nie glo nie.
(Mat 24:27)  Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.
(Mat 24:28)  Want oral waar die dooie liggaam lê, daar sal die aasvoëls saamkom.
(Mat 24:29)  En dadelik ná die verdrukking (5 de seel) van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word.(6 de seel)
(Mat 24:30)  En dan (-7de seel:) sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid. (vgl. met Matt. 26:64; Hand. 1:11; 2 Thess. 1:7,8))
(Mat 24:31)  En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.

(Jes. 27:13)  En in dié dag sal daar met ‘n groot basuin geblaas word; dan sal kom die wat verlore is in die land Assur en die wat verdryf is in Egipteland, en hulle sal die HERE aanbid op die heilige berg in Jerusalem.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
VB.e van BASUINE DEUR ENGELE GEBLAAS:

Openb.1:10  Ek was in die Gees op die dag van die Here, en ek het agter my ‘n groot stem gehoor, soos van ‘n basuin, wat sê: 
Openb.4:1  Ná hierdie dinge het ek gesien kyk, ‘n geopende deur in die hemel, en die eerste stem wat ek soos ‘n basuin met my hoor spreek het, het gesê: Kom op hierheen, en Ek sal jou toon wat ná hierdie dinge moet gebeur. 
Openb.8:13  En ek het gesien en gehoor ‘n engel wat in die middel van die hemel vlieg, wat met ‘n groot stem sê: Wee, wee, wee hulle wat op die aarde woon, vanweë die orige geluide van die basuin van die drie engele wat nog sal blaas! 
Openb.9:14  en dié het aan die sesde engel met die basuin gesê: Maak die vier engele los wat gebind is by die groot rivier, die Eufraat. 
Openb.10:7  maar in die dae van die stem van die sewende engel, wanneer hy met die basuin sal blaas, dan is die verborgenheid van God volbring, soos Hy die blye tyding verkondig het aan sy diensknegte, die profete. 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking