Sommige inligting rondom eindtyd studies gaan oor INTERPRETASIE.

Daarom word verskillende interpretasies met die tyd bygevoeg waar geleerdes oor iets verskil, of somtyds word 'n verwysing gegee na 'n ander interpretasie - per geleentheid word 'n interpretasie verder bespreek.


Sondag 27 Julie 2025

"Die wegraping"

Die "WEGRAPING" is 'n woord wat algemeen gebruik word om na 'n spesifieke geval van "WEGGEVOER" te verwys, spesifiek in die konteks van waar die (in Christus) nuwe liggame sal kry en dan met Hom verenig word...(1 Thess. 4:13-18; 1 Kor. 15)(bestudeer "die eerste opstanding": https://warechristene.blogspot.com/2023/11/die-eerste-opstanding.html). Hierdie mense sal nuwe liggame kry, en dit sal in 'n spesifieke volgorde gebeur..., nl. dat die wat in Christus ontslaap het eers sal opstaan in nuwe liggame, en daarna sal geestelike mense wat nog in die lewe is wanneer Jesus terugkom, ook nuwe liggame kry - en almal van hulle sal weggevoer word in die lug en die Here ontmoet in die wolke.  

Vir 'n studie oor die soort liggame wat hulle sal kry, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2017/11/verheerliktegeestelikeonverganklike.html

1 Kor. 15:52 verklaar o.a. dat dit sal gebeur met die "laaste basuin" (1 Thess. 4:16; 1 Kor. 15:51)(kyk basuine onder die 7de seel). Jesus het ook geleer dat Sy wederkoms, asook die versameling van al die uitverkorenes uit die 4 windstreke, sal plaasvind ná die (groot) verdrukking (Matt. 24:25)(lees in konteks: Matt. 24:15-31). Vir meer skrifte hieroor kan die volgende pos ook bestudeer word: https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2017/05/die-doel-van-die-wegraping.html.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Wat is die "wegraping" / BETEKENIS:

Die WEGRAPING (soos oor die algemeen daarna verwys word, alhoewel die woord "weggevoer" eerder in die AOV gebruik wordis beslis iets wat sal gebeur!, maar ons moet verstaan dat waar hierdie betrokke woord onder Christene gebruik word, hulle gewoonlik verwys na 'n spesifieke gebeurtenis..., nl. die vernuwing van liggame en vereniging met Jesus. Die woord "wegraping" word wel deur meeste gebruik om na hierdie betrokke gebeurtenis te verwys, maar die woord wat die Skrif eintlik hiervoor gebruik, is die woord "weggevoer" (Gr. woord hardpadzo) (wat terloops in ander skrifte, waar hierdie Gr. woord ook voorkom, weer vertaal is as "weggeruk", "weg te neem", "ruk". of "met geweld neem" - rol af vir 'n opsomming hieroor). 

Die woord "wegraap" word tog in die AOV gebruik, maar nie in hierdie spesifieke konteks nie (maar in gevalle waar dit na verwoesting verwys, bv. Sef. 1:2,3;Jer. 8:13).  In 1 Thess. 4, waar die woord "weggevoer" gebruik word, verwys dit na die wat nuwe liggame kry wat weggeruk sal word... (Gr. woord harpadzo, wat beteken "pluk, met geweld wegneem, wegvoer of opneem.. Maar in alle ander kontekste, waar die woord "weggevoer" in die Skrif gebruik word, verwys dit nie na hierdie konteks nie!  Alhoewel daar dus verskillende gevalle is van wegvoerings in die Skrif, is dit nie altyd in konteks met hierdie spesifieke gebeurtenis waar gelowiges nuwe liggame kry (1 Thess. 4:13-18;1 Kor. 15) nie. Daar is net een geval waar dit in konteks van dit gebruik word, en dit is in 1 Thess. 4. 

Met Christus se wederkoms sal 
(1) die wat in Christus gesterf het (eers) opstaan (en hulle sal nuwe liggame kry), en 
(2) dan "die wegraping"... - dan sal gelowiges wat nog in die lewe is, ook nuwe liggame kry... (1 Thess. 4:13-18)(1Th 4:17 " Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees")(vgl. dit gerus met 1 Kor. 15)

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------IS DAAR VERSKILLENDE WEGRAPINGS?

Daar is verskeie "wegvoerings" in die Skrif, maar slegs EEN vb waar dit spesifiek verwys na die "nuwe liggame en verneniging met die Here" ; in ander woorde, wat "die wegraping" aanbetref is daar net een vb..., maar wat "wegvoerings" of "weggeruk" aanbetref is daar verskeie gevalle... (en terloops, nie al hierdie gevalle verwys na "weggeruk" na die hemel nie!). Bv., Hand. 8:39 is 'n geval van "weggeruk" (harpadzo), waar Filippus weggevoer word na 'n ander plek op aarde, maar duidelik is die konteks nie daar dat hy 'n nuwe liggaam kry en met die Here verenig word nie. Die verskillende "wegvoerings" of "wegrukkings" in die Skrif word somtyds ongelukkig uit konteks geneem en verkeerdelik toegepas in ander kontekste. 

Dat iemand "weggevoer kan word deur die Gees" is egter niks snaaks nie! - daar is selfs 'n paar voorbeelde in die O.T. waar profete weggevoer is na 'n ander plek (bv. in die hemel of op aarde) - wat terloops nie bloot net verwys na "in die gees" nie, maar kan ook fisies wees (fisies-2 Kon. 2:16) (in die gees-1 Kon. 18:12; Eseg. 3:12-14; 8:3; 11:24; - of weggevoer om iets te wys-Openb. 17:3; 21:10).  2 Kor. 12:2-4 (waar die woord harpadzo ook gebruik word) maak ook melding van iemand wat weggevoer is (in hierdie geval, na die hemel), en Paulus noem o.a. daar dat hy nie weet of dit in die vlees (in die liggaam) of in die gees (buite die liggaam) was nie... Openb. 12:5 is nog 'n voorbeeld van "weggeruk" (harpadzo)(vd manlike kind wat weggeruk word na die hemel), maar ook hier is die konteks NIE om "nuwe liggaam en die vereniging" te kry nie... Duidelik is hierdie ander gevalle van "weggevoer" se konteks anders as die geval van 1 Thess. 4, en die kontekste moenie verwar word nie! 

Natuurlik kan die woord "wegvoer" ook bloot verwys na iemand wat deur ander mense weggevoer word... (Gen. 14:14; 31:26; Jer. 29:4; ens.). En in 'n spesifieke konteks kan die woord "weggevoer" selfs verwys na verwoesting, maar dan word gewoonlik ook ander Gr. of Hebr. woorde gebruik..., bv. in Matt. 24:39 (van die wat in die sondvloed "weggevoer" was). 

Die Gr. woord "harpadzo" word in die volgende kontekste gebruik:

(AOV)

-(1) WEGGEVOER (1 Thess. 4:17; Hand. 8:39)

-(1Th 4:17)  Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees. KONTEKS? - na die lug weggeruk / die opstanding/die wat nuwe liggame kry en hulle vereniging met die Here.

-(Act 8:39,40)  En toe hulle uit die water opklim, het die Gees van die Here Filippus skielik weggevoer, en die hofdienaar het hom nie meer gesien nie, want hy het sy weg met blydskap gereis. Maar Filippus is in Asdod gevind. En hy het die land deurgegaan en die evangelie verkondig in al die stede, totdat hy in Cesaréa gekom het. KONTEKS? - Filippus weggevoer om te bedien.

-(2) WEGGERUK (Openb. 12:5; 2 Kor. 12:2,4)

-(Rev 12:5)  En sy het ‘n manlike kind gebaar, wat al die nasies met ‘n ystersepter sou regeer; en haar kind is weggeruk na God en sy troon. KONTEKS: Na die hemel weggeruk.

- (2Co 12:2)  Ek weet van ‘n man in Christus, veertien jaar gelede—of dit in die liggaam was, weet ek nie, of buite die liggaam, weet ek nie, God weet dit—dat so iemand weggeruk is tot in die derde hemel  /  (2Co 12:4)  dat hy weggeruk is in die Paradys en onuitspreeklike woorde gehoor het wat ‘n mens nie mag uitspreek nie. KONTEKS: Na die hemel weggeruk.

-(3) RUK (Joh. 10:28,29;).

-(Joh 10:28)  En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie. KONTEKS: Die wat aan Christus behoort kan nie (sonder hulle wil) weggeskeur word van Hom nie.

-(Joh 10:29)  My vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie.

-(4) WEG TE NEEM (Hand. 23:10)

-(Act 23:10)  En toe daar ‘n groot twis ontstaan het en die owerste oor duisend gevrees het dat Paulus deur hulle verskeur sou word, het hy die soldate bevel gegee om te gaan en hom met geweld weg te neem onder hulle uit en in die kamp te bring. KONTEKS: Paulus is deur soldate verwyder om sy lewe te spaar.

-(5) MET GEWELD NEEM (Joh. 6:15; Matt. 11:12)

-(Joh 6:15)  En toe Jesus merk dat hulle wou kom en Hom met geweld neem om Hom koning te maak, het Hy weer weggegaan na die berg, Hy alleen. KONTEKS: Hulle wou Jesus wegruk en koning maak.

-(Mat 11:12)  Maar van die dae van Johannes die Doper af tot nou toe word die koninkryk van die hemele bestorm, en bestormers gryp dit met geweld. KONTEKS: Die koninkryk vd hemele met geweld gryp...

Dit is duidelik dat die "wegraping", wat verwys na "nuwe liggame kry en dan vereniging met Jesus Christus", net in een skrif in die betrokke konteks gebruik word. Siende die woord "wegraping" gewoonlik gebruik word in hierdie konteks, is daar dus net een geval in Skrif wat melding maak van die "wegraping" (maar baie gevalle wat melding maak van weggevoer/weggeruk in ander kontekste).

Vir 'n studie oor die term "weggeruk", gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2025/06/die-term-weggeruk.html.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------SKRIFTE van belang:

(1Th 4:13)  Maar, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie.

(1Th 4:14)  Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring.

(1Th 4:15)  Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie.

(1Th 4:16)  Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep (WEDERKOMS), met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God (LAASTE BASUIN); en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan (OPSTANDING).

(1Th 4:17)  Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.

(1Th 4:18)  Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.


VERGELYK DIT GERUS MET 1 KOR. 15: .......(1Co 15:51)  Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie (SOMMIGE CHRISTENE SAL NOG IN DIE LEWE WEES WANNEER JESUS TERUGKOM), maar ons sal almal verander word (NIE NET DIE WAT GESTERF HET IN CHRISTUS SAL NUWE LIGGAME KRY NIE, MAAR GEESTELIKE MENSE WAT NOG IN DIE LEWE IS WANNEER JESUS TERUGKOM, SAL OOK VERNUWE WORD), (1Co 15:52)  in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin (1 Thess. 4:16); want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word...........  

Kyk die volgorde in bg. skrifgedeelte:

- (1) die wat in Christus gesterf het sal eers onverganklik opgewek word;

-(2) en dan sal die wat nog in die lewe is ook verander word.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------



Saterdag 14 Desember 2024

Die dag van die Here (1)

In hierdie pos kyk ons na die term "dag van die Here" (ook genoem "die dag van God")(1 Thess. 5:2; 2 Pet. 3:10; 2 Kor. 1:14; Hand. 2:20; Jes. 61:2; ens.), wat nie net verwys na die Sabbatdag (nl. die 7de dag van rus)(Openb. 1:10) nie, maar is 'n begrip wat ook gebruik word om na die "volgende eeu"-bedeling te verwys (1000 jaar "rus" - soos SABBAT - 7de tydperk van aarde) - en sluit dus gebeurtenisse aan die einde van die wereld in, nl. 

- die wederkoms, 

- voltrekking van saligheid, 

- wraak van God, en 

- vernuwing. 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Inleiding: 

Oor die algemeen word die begrip "dag van die Here" gebruik om te verwys na die tyd van die wederkoms... (en dus alles wat rondom dit volg asook daarna). Uit 'n studie van skrifte waarin die woorde "dag van God" (Openb. 16:14; 2 Pet. 3:12; Jes. 61:2; ens.) of "dag van die Here" (Openb. 1:10; 2 Pet. 3:10; 1 Kor. 5:5; Mal. 4:5; ens.) voorkom, kan die volgende afgelei word:

-die begrip verwys o.a. na die SABBAT - nie net die Sabbatdag (nl. die sewende dag) nie, maar ook na die "volgende eeu"-bedeling van 'n 1000 jaar (waarin Jesus oor die hele aarde sal regeer/1 dag soos 'n 100jaar0), wat somtyds ook soos 'n "sabbat" beskryf word (vgl. dit met die tema "in Sy rus ingaan"). 

Die begrip word dus gebruik in konneksie met:

- DIE SEWENDE DAG  (1) sabbatsrus, nl. die huidige sabbat/7de dag vd week, en (2) 'n tydperk van "rus" ("in Sy rus ingaan"), nl. die "volgende eeu"-bedeling van 'n 1000 jaar waarin Jesus oor die hele aarde sal regeer)(Hebr. 4:9,10);

- DIE WEDERKOMS (die einde van "hierdie eeu"-bedeling en begin van die volgende / met die inleiding van die "volgende eeu"-bedeling);

- DIE TYD WANNEER SALIGHEID VOLTREK WORD(1Kor 1:8);

- DIE TYD VAN GOD SE WRAAK en oordele (die "volgende eeu"-bedeling begin met OORDEEL... (met die wederkoms kry ons die regterstoel van Christus en wraak van God  - kyk o.a. val van Babilon en slag van Armageddon)(Jes. 66:15,16);  en eindig met OORDEEL (vuur uit hemel verslind die wat optrek teen die heilige stad). 

- DIE VERNUWING VAN ALLES. en dit sal begin met VERNUWING (die Here kom in vuur), en eindig met die (finale) VERNUWING (-van hemel en aarde)(Openb. 21,22).

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------DIE TERM "DAG VAN DIE HERE":

Die "DAG VAN DIE HERE" (Openb. 1:10; Eks. 20:10) is nie net 'n term wat gebruik word vir die 7de dag waarop ons rus (sabbat) nie (Openb. 1:4), maar dit  lyk dus ook of dit na 'n toekomende tydperk verwys. Die sg. "sabbatsrus" (waarna verwys word in Hebr. 4:9)(Gr. woord "sab-bat-is-mos'", wat beteken "rus") word baiemaal vgl. met die term "dag vd Here" - 'n tydperk in die toekoms wat vir die volk van God belowe word, 'n tyd van RUS!  (vir die aarde en vir die volk van God, bv. "rus van hulle werke"-Hebr. 4:10)(Hebr. 4:3; Matt. 11:28,29).  Om "in Sy rus in te gaan" (https://warechristene.blogspot.com/2016/05/in-sy-rus-ingaan.html)(Ps. 95:11; Hebr. 4:1-13; 3:11; Eks. 20:11) verwys nie net na iets HUIDIGLIK nie, maar is ook TOEKOMSTIG, en wil voorkom of dit o.a. verwys na die "toekomende eeu"...  - 'n 1000 jaar-tydperk waarin Jesus Christus oor die hele aarde sal regeer, en die wat Hom dien sal saam met Hom regeer.../Openb. 20.   

Hierdie is alles deel van "die dag van die Here"..., nl. oordeel, verlossing, rus en vernuwing.  Dit wil voorkom of die begrip "dag van die Here" (ook genoem "dag van God")(Openb. 16:14) verwys na die tydperk wanneer en nadat Jesus teruggekom het... (1 Thess. 5:1-11), wat dus begin met die wederkoms en strek vir 'n 1000 jaar.  Die wat saam met die Here sal regeer in hierdie tyd , nl. die 1000 jaar, is die wat sal "ingaan in Sy rus(hierdie verwys na die wat deel het aan die eerste opstanding - die wie se saligheid voltrek word).  M.a.w., die "dag van die Here" sal oor 'n tydperk van 'n 1000 jaar geskied (2 Pet. 3:4-13), 'n tydperk wat o.a. gesien word as "RUS" (sal in Sy rus ingaan... - vir 'n pos hieroor, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2016/05/in-sy-rus-ingaan.html)(kyk ook Ef. 4:30 - "dag van verlossing"), en Jesus Christus sal kom om te oordeel en sal regeer oor die hele aarde (en die wat deel het aan die "eerste opstanding" sal saam met Hom regeer)(Openb. 20:5,6)(hulle sal in "Sy rus ingaan"). In ditto tyd sal die vernuwing van hemel en aarde plaasvind. Die Here sal alles nuut maak;  alhoewel dit sal begin wanneer Hy terugkom, sal dit eers volkome voltrek word aan die einde vd 1000 jaar (sabbatsrus) -tydperk (hierdie huidige wereld sal vergaan en alles sal nuut gemaak word ;  maar nie soos die toenmalige wereld wat deur water vergaan het nie, maar die huidige sal deur vuur vergaan, en dan sal die Here alles, hemel en aarde, nuut maak)(Openb. 21,22).   

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------EEN DAG IS BY DIE HERE SOOS 'N 1000 JAAR (en 'n 1000 soos een): 

Wat 2 Pet. 3:8 aanbetref, word die volgende vgl. somtyds gemaak:

"6 dae werk en sewende dag rus =  "6000 jaar werk en 1000 rus".

Die begrip "dag" van die Here moet nie net gesien word as 'n letterlike dag nie (alhoewel dit ook is), maar ook SOOS 'N 1000 JAAR  -  WAT BEGIN MET DIE WEDERKOMS EN WAARIN DIE HERE REGEER EN VERVUL WAT HY BELOWE HET ...(die sabbatsrus-tyd vir die aarde sal vervul word)(die saligheid sal vervul word)(die oordele sal vervul word)(die vernuwing sal vervul word...).  DIE DAG VAN DIE HERE verwys dus ook na 'n 1000 jaar! = die "volgende eeu"-bedeling wanneer Jesus oor die aarde regeer.

M.a.w., dit word wel 'n DAG (van die Here) genoem, maar 'n dag is soos 'n 1000 jaar en 1000 jaar soos 'n dag... (2 Pet. 3:4-13) - die "dag" stel m.a.w. ook  'n 1000 jaar voor, en verwys nie net na die wederkoms nie, maar ook na die "toekomende eeu" nadat Jesus teruggekom het. Doen gerus 'n studie op die ouderdom van die hemel (aan en langs uitspansel) en aarde (nadat dit en die mens geskep is) - die aarde bestaan nou sowat 6000 jaar, en geleerdes is van mening dat die 7de "1000 jaar" o.a. beskryf kan word soos 'n sabbatsrus (werk vir 6000 jaar en sal rus vir 'n 1000 jaar / werk 6 dae, rus 1 dag). "Om in Sy rus in te gaan" verwys veral na hoe die mens sal rus van sy werke... (Hebr. 4:9-16) - die volk van God is hierdie sabbatsrus belowe! (maar nie almal sal ingaan nie - Hebr. 3:18, en Ps. 95:11 leer bv. dat die ongehoorsames en ongelowiges nie sal ingaan nie). Die wat ingaan sal saam met Christus regeer. Die begrip "IN SY RUS INGAAN" verwys nie net na "rus vir die siel" nie (Matt. 11:28,29), maar ook na die tyd wanneer ons in Sy fisiese koninkryk ingaan (nie geestelik bedoel nie, maar in Sy fisiese koninkryk ingaan - Jesus gaan 'n fisiese koninkryk oprig wanneer Hy terugkom - Dan. 2:44; ens.). Die wat Sy rus ingaan, verwys na die wat "die koninkryk beerwe" (Jes. 11:9,10). Wanneer die volk hulle plek in die beloofde land inneem dan kom hulle tot RUS (en rus van hulle vyande)(Deut. 3:20; 12:10; 25:19; Jos. 1:15; 22:4,23; 1 Rig. 3:11; Deut. 28:65; 2 Sam. 7:11).  Vir verdere studie oor waarna die begrip alles verwys, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2016/05/in-sy-rus-ingaan.html.

2 Pet. 3:4-13:
(2Pe 3:4)  en sê: Waar is die belofte van sy wederkoms? Want vandat die vaders ontslaap het, bly alles soos dit was van die begin van die skepping af.
(2Pe 3:5)  Want moedswillig vergeet hulle dat daar van lankal af hemele was en ‘n aarde wat uit water en deur water ontstaan het deur die woord van God,
(2Pe 3:6)  waardeur die toenmalige wêreld met water oorstroom is en vergaan het.
(2Pe 3:7)  Maar die teenswoordige hemele en die aarde is deur dieselfde woord as ‘n skat weggelê en word vir die vuur bewaar teen die dag van die oordeel en die verderf van die goddelose mense.
(2Pe 3:8)  Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag.
(2Pe 3:9)  Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.
(2Pe 3:10)  Maar die dag van die Here sal kom soos ‘n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand.
(2Pe 3:11)  Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie? —
(2Pe 3:12)  julle wat die koms van die dag van God verwag en verhaas, waardeur die hemele deur vuur sal vergaan en die elemente sal brand en versmelt.
(2Pe 3:13)  Maar ons verwag volgens sy belofte nuwe hemele en ‘n nuwe aarde waarin geregtigheid woon.

Konteks:  "die wederkoms".  Maar lyk nie of dit alleen spreek van die tyd van die wederkoms nie, maar ook van dit wat aan die einde van die 1000 jaar sal gebeur, nl. "die hemele wat deur vuur sal vergaan en die elemente wat sal verbrand en versmelt - asook "nuwe hemele en nuwe aarde".  Hier kan ons sien hoe die dag van Here nie net verwys na die wederkoms nie, maar in der waarheid na die hele toekomende "bedeling".  Natuurlik sal daar alreeds vernuwing plaasvind wanneer Jesus terukom en "Hy sal inderdaad in vuur kom", maar v.12 en 13 wil voorkom of dit eerder einde Openb. 20 en Openb. 21,22 beskryf. Hy verduidelik ook in die gedeelte dat een dag by die Here soos 'n duisend jaar is!  - asof hy verwys na hierdie "dag van God" (v. 12) as 'n 1000 jaar...

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Kom ons kyk na skrifte waarin die begrip "dag van die Here" voorkom:

- DIE SABBAT: (Openb. 1:10 - "Ek was in die Gees op die dag van die Here, en ek het agter my ‘n groot stem gehoor, soos van ‘n basuin, wat sê")(Eks. 20:8-11; Mark. 2:27-28).(Heb 4:3,4 - "Want ons wat geglo het, gaan die rus in, soos Hy gesê het: Daarom het Ek in my toorn gesweer, hulle sal in my rus nie ingaan nie—alhoewel sy werke van die grondlegging van die wêreld af volbring is.Want Hy het êrens van die sewende dag so gespreek: En God het op die sewende dag van al sy werke gerus").

- DIE WEDERKOMS en VERVULLING VAN SALIGHEID: (1Thess. 5:1-11 - "Maar oor die tye en geleenthede, broeders, het julle nie nodig dat aan julle geskryf word nie; want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos ‘n dief in die nag. Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid—dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie. Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag julle soos ‘n dief sou oorval nie. Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie. Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees. Want die wat slaap, slaap in die nag; en die wat dronk word, is in die nag dronk. Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid. Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus wat vir ons gesterf het, sodat ons, of ons waak en of ons slaap, saam met Hom kan lewe. Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen")    (1Kor. 5:5 - "om so iemand aan die Satan oor te lewer tot verderf van die vlees, sodat die gees gered kan word in die dag van die Here Jesus").   (1Kor. 1:8 - "wat julle ook sal bevestig tot die einde toe, om in die dag van onse Here Jesus Christus onberispelik te wees").   (Hand. 2:20 - "Die son sal verander in duisternis en die maan in bloed voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom. En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word").   (Ef. 4:30 - "En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing"). Daar is 'n dag bepaal vir verlossing. Geestelike mense se innerlike is alreeds vernuwe, maar hulle uiterlike nog nie - die vernuwing van die uiterlike sal in DIE OPSTANDING plaasvind.  Hierdie word gekonnekteer met die "dag van die Here", of word dus ook na verwys as "die dag van verlossing" (wanneer die dood finaal oorwin word!/1 Kor. 15- verwysend na weergeborenes wie se saligheid dan volbring word, en hulle sal onverganklike geestelike liggame kry). 

- DIE WEDERKOMS / OORDEEL / WRAAK.  Die "dag vd Here" gaan gepaard met oordeel en wraak (wat volg na die Wederkoms): Die 6de seel beskryf spesifieke dinge wat met die aarde sal gebeur voor "DIE DAG VAN DIE HERE"... (Hand. 2:20 - "Die son sal verander in duisternis en die maan in bloed voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom"). Die "dag van die Here" begin dus eers nadat hierdie dinge gebeur het (groot aardbewing; son verduister, word swart soos harige sak; maan word bloed, sterre val soos vyeboom wat deur wind geskud word; hemel wyk weg soos 'n boek wat toegerol word; berge en eilande versit uit hulle plekke)(Openb. 6:12-17). In Openb. 6:17 word die dag van die Here beskryf as "groot dag van sy toorn". 

- ANDER OORDELE/WRAAK WAT ONDER DIE "DAG VAN DIE HERE" VAL: - Slag van Armageddon: (Openb. 16:14 - "Want dit is geeste van duiwels wat tekens doen, wat uitgaan na die konings van die aarde en die hele wêreld, om hulle te versamel vir die oorlog van daardie groot dag van die almagtige God"). Die dag van die Here word o.a. gesien as 'n DAG VAN DIE WRAAK VAN ONSE GOD: (Jes 61:2) - "om uit te roep ‘n jaar van die welbehae van die HERE en ‘n dag van die wraak van onse God; om al die treurendes te troos")(die val van Babilon val ook onder hierdie oordele (Openb. 18)).

- DIE DAG VAN DIE HERE KAN O.A. BESKRYF WORD AS DAT DIE HERE SAL KOM IN VUUR: (Mal 4:1-6 - "Want kyk, die dag kom, en dit brand soos ‘n oond. Dan sal al die vermeteles en almal wat goddeloosheid bedrywe, ‘n stoppel wees; en die dag wat kom, sal hulle aan die brand steek, sê die HERE van die leërskare; sodat dit vir hulle geen wortel of tak sal oorlaat nie. Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal. En julle sal die goddelose vertrap, want hulle sal soos stof wees onder julle voetsole op die dag wat Ek skep, sê die HERE van die leërskare. Dink aan die wet van Moses, my kneg, wat Ek hom beveel het op Horeb vir die hele Israel—insettinge en verordeninge. Kyk, Ek stuur julle die profeet Elía voordat die groot en vreeslike dag van die HERE aanbreek. En hy sal die hart van die vaders terugbring tot die kinders, en die hart van die kinders tot hulle vaders, sodat Ek nie hoef te kom en die land met die banvloek tref nie")(Jes. 61:2)(Jes. 13). Die dag van die Here verwys hier na hoe die Here terugkom en die goddelose sal verwoes... - bestudeer gerus die onderwerp "die Here kom in vuur" om hierdie beter te verstaan (2 Thess. 1:6-8). Alhoewel dit eers heeltemal vervul sal word aan die einde van die 1000 jaar (Openb. 20:9), begin dit alreeds wanneer Jesus terugkom... (2 Thess. 2:8)(kyk ook die "slag van Armageddon"-Openb. 19 en 16:14, val van Babilon-Openb. 18/Jes. 13:6, skale en basuine..., ens.). Hierdie "groot en vreeslike dag van die Here" word ook na verwys as "dag van wraak" in Jes. 61:2 (die dag wat God wraak sal neem - om al die treurendes te troos... / vgl. dit met Luk. 21:22; Deut. 32:36-43; Openb. 6:9,10; 11:18; 16:5-7; 18:20,24; 19:2; Ps. 58:11)(Rom 12:19 - "Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here") - wanneer Jesus terugkom, kom Hy o.a. "OM TE OORDEEL"! (Rom 2:16 - "in die dag wanneer God die verborge dinge van die mense deur Jesus Christus sal oordeel, volgens my evangelie"). Hierdie "oordeel" begin by die huis van God (kyk onderwerp "regterstoel van Christus")(1 Pet. 4:17; 2 Kor. 5:10).

- DIE WEDERKOMS en die VERNUWING VAN DIE HEMEL EN AARDE:  (2Pe 3:4-13 - "en sê: Waar is die belofte van sy wederkoms? Want vandat die vaders ontslaap het, bly alles soos dit was van die begin van die skepping af. Want moedswillig vergeet hulle dat daar van lankal af hemele was en ‘n aarde wat uit water en deur water ontstaan het deur die woord van God, waardeur die toenmalige wêreld met water oorstroom is en vergaan het. Maar die teenswoordige hemele en die aarde is deur dieselfde woord as ‘n skat weggelê en word vir die vuur bewaar teen die dag van die oordeel en die verderf van die goddelose mense. Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag. Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom. Maar die dag van die Here sal kom soos ‘n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand. Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie? — julle wat die koms van die dag van God verwag en verhaas, waardeur die hemele deur vuur sal vergaan en die elemente sal brand en versmelt. Maar ons verwag volgens sy belofte nuwe hemele en ‘n nuwe aarde waarin geregtigheid woon"). Die toenmalige wereld was met water oorstroom en het vergaan (kyk verhaal van Noag se ark).  Hierdie huidige wereld sal ook vergaan... - sal verbygaan, die hemele sal deur vuur vergaan en die elemente sal brand en versmelt, maar die Here sal 'n nuwe hemel en aarde skep! Dit is wat die begrip "dag van die Here" o.a. beskryf - DIE "DAG VAN DIE HERE" BESKRYF WANNEER DIE HERE KOM EN ALLES NUUT MAAK..., maar l.w. dat hierdie "vernuwing" oor 'n tydperk sal gebeur (nl. dit sal begin met 'n 1000 jaar tydperk, en aan die begin van hierdie tydperk kom Jesus terug en voer oordeel uit en sal alreeds baie dinge nuut maak - Openb. 20. En aan die einde van die 1000 jaar sien ons weer vernuwing - dan word hierdie "dag vd Here" volkome vervul Openb. 21). 

-------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------- 

Ons moenie Sy wederkoms verhaas nie



Ons sien uit na die wederkoms, want ons verwag 'n nuwe hemele en aarde waarin geregtigheid woon... (2 Pet. 3:13).  Die tyd wanneer Jesus Christus terugkom is ook die tyd wanneer "hierdie verganklike met die onverganklike vervang word" (1 Kor. 15:53) - m.a.w., die wat in Hom glo sal nuwe liggame kry (dan sal die wat in Hom gesterf het, opgewek word uit die dood -sien "die opstanding"; en die wat nog in die lewe se liggame sal verander word -sien die "wegraping").  Alhoewel alles eers volkome nuut gemaak word aan die einde van die volgende bedeling, verwag ons dat baie vernuwing alreeds aan die einde van hierdie bedeling sal gebeur - dit is die tyd wanneer die vernuwing begin..., en sal voltrek word aan die einde van die "volgende eeu"-bedeling van 1000 jaar (2Pe 3:10 - "Maar die dag van die Here sal kom soos ‘n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand."). Die Skrif  verwys o.a. na hierdie toekomstige tyd as "DIE DAG VAN DIE HERE". Die term "dag vd Here" verwys nie net na die wederkoms self nie, maar kan o.a. soos 'n 1000 jaar tydperk gesien word... ('n sabbatsrus - een dag soos 'n 1000, en 1000 soos 1). In die volgende bedeling (1000 jaar) sal Jesus Christus as Koning oor die hele aarde regeer (Ps. 47:3), maar terwyl ons opgewonde is oor hierdie vooruitsig leer die Skrif ook dat ons 
NIE SY WEDERKOMS MOET VERHAAS NIE!  
---------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Moenie Sy wederkoms verhaas nie:

As jy reken jy leef in die laaste dae van hierdie (die "hierdie eeu") bedeling, dan moet die klem des te meer nou wees op om die evangelie te verkondig en heilig te lewe. DIE HERE VERTRAAG NIE DIE BELOFTE NIE, MAAR HY IS LANKMOEDIG EN WIL NIE HE DAT SOMMIGE VERGAAN NIE MAAR DAT ALMAL TOT BEKERING KOM... (m.a.w., die rede waarom dit langer neem voor die wederkoms plaasvind, is omdat die Here almal wil kans gee om tot bekering te kom - en dit moet ons wil ook wees!). 

(2Pe 3:8)  Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag.
(2Pe 3:9)  Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.
(2Pe 3:11)  Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie? —
(2Pe 3:12)  julle wat die koms van die dag van God verwag en verhaas, waardeur die hemele deur vuur sal vergaan en die elemente sal brand en versmelt.
(2Pe 3:13)  Maar ons verwag volgens sy belofte nuwe hemele en ‘n nuwe aarde waarin geregtigheid woon.

Die wederkoms sal gepaardgaan met vernuwing en uitkoms vir die heiliges, maar l.w. dat dit ook 'n vreeslike dag sal wees! - dit is 'n tyd van oordeel en wraak. Toe Jesus die eerste keer gekom het het Hy nie gekom om TE OORDEEL nie, maar wanneer Hy terugkom sal dit anders wees. Baie oordele vind rondom die tyd van die wederkoms plaas, o.a. sal gelowiges voor die regterstoel van Christus verskyn (Rom. 14:10; 2 Kor. 5:10).  Heelwat ander oordele gaan ook plaasvind, bv. die slag van Armageddon (Openb. 19:15-21, die val van Babilon (Openb. 18), en almal wat die wat die merk van die dier geneem het sal geoordeel word... (Openb. 14:11; 16:2). Natuurlik wil die Here he dat almal gered word en hulle tot Hom BEKEER;  almal sal die evangelie hoor en kans gegee word om reg te maak, maar profesie leer dat baie hulle nie sal bekeer nie... (Openb. 3:3; 9:20,21; 16:9,11) . En dit verwys nie net na ongelowiges wat hulle verhard teen die evangelie nie, maar verwys ook na gelowiges wat "nie gereed" sal wees nie;  bv. die wat hulle eerste liefde (nl. die Here) verlaat (Openb. 2:5),  valse leraars en profete wat in gemeentes toegelaat word (Openb. 20:20-22), en die wat "slaap" en "dronk" is (Openb. 3:1-3)... 

DIE WEDERKOMS SAL BAIE MENSE BETRAP! - ook Christene wat "nie gereed is nie". JESUS CHRISTUS SAL KOM "SOOS 'N DIEF IN DIE NAG". Die wederkoms word o.a. beskryf as 'n dag van duisternis in Amos 5...  (Amo 5:18-20 - "Wee die wat na die dag van die HERE verlang! Wat sal tog die dag van die HERE vir julle wees? Dit sal duisternis wees en geen lig nie. Soos wanneer iemand vlug vir ‘n leeu, maar ‘n beer loop hom raak; of hy kom in die huis en leun met sy hand teen die muur, en ‘n slang byt hom! Is die dag van die HERE nie duisternis en geen lig nie, ja, donkerheid sonder ‘n ligstraal?"). 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Hoe word die wederkoms verhaas:
Daar is niks fout met om uit te sien na die wederkoms nie, maar wanneer dit gepaardgaan met verkeerde hoop, dan kan hierdie hoop tot iemand se nadeel wees omdat hy NIE GEREED gemaak het nie. 'n Begeerte na die Here se koms is nie verkeerd nie, maar om Sy koms te verhaas is iets anders. Hoe verhaas iemand Sy wederkoms?

-  Gereedheid word somtyds verkeerdelik beskryf as "kennis van wanneer die tyd daar is":
Om kennis te he van die tekens van die tye maak jou nie gereed nie, maar eerder moet 'n aanwysing wees "om jouself gereed te kry". Terwyl daar vir ons baie tekens gegee is om te sien wanneer die tyd naby is, word "gereedheid" nie beskryf deur jou kennis van hierdie tekens nie, maar eerder om jou heilige lewe in orde te kry en seker te maak dat jy die nodige vrug dra wanneer Jesus terugkom.  Die tekens moet soos 'n herinnering wees dat jy moet aandag gee aan hierdie dinge... (2Pe 3:11)  Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie? — Wat help dit jy sien die tekens maar laat na om jouself gereed te kry. Ons moet dus verstaan wat dit beteken om GEREED te wees, want dit is nie soos dit somtyds deur sommige beskryf word nie.  Om die begrip beter te verstaan kan daar veral ingekyk word na die kontekste van die skrifte waar ons beveel word om onsself gereed te kry...  Die wat "slaap" en "dronk" is (geestelik bedoel) is bv. nie gereed nie...  "Om gereed te wees" beteken nie dat ons die tekens kan onderskei nie, maar gaan oor heilige wandel en vrug waaraan aandag gegee word wanneer ons die tekens onderskei en sien die tyd is naby. Baiemaal word die wederkoms verhaas op hierdie manier deurdat mense hoop die dag is nader omdat hulle die tekens onderskei, terwyl hulle eerder moet hoop dat daar meer tyd is sodat mense hulleself gereed kry. 

- A.g.v. miskonsepsies oor die wederkoms hoop sommige dat dit vinniger gebeur:
Sommige Christene is onder die miskonsepsie dat hulle weggeraap gaan word voor die Groot Verdrukking, en sien die wederkoms dus as 'n manier om redding te kry van verdrukking en van dit wat alles op die aarde gaan gebeur;  maar alhoewel die godsaliges redding sal kry,  moet ons verstaan waarna hierdie "redding" verwys;  bv., in konteks verwys dit na redding van die tweede dood, nie redding van verdrukking nie.  Natuurlik kan die Here jou red van verdrukking, ja! (2 Thess. 1:7), maar die wederkoms moet nie gesien word as 'n manier om "die groot verdrukking vry te spring of ontvlus" nie,  maar as 'n manier om redding te kry van verdrukking; m.a.w., dan word jy alreeds verdruk! - die Christen moet beried wees om sy lewe af te le ter wille van die Here. Die rede waarom ons dan verlossing kry van verdrukking is omdat ons verdruk word! (2 Thess. 1:7). Christene moet verdrukking verwag... (Matt. 10:22; 2 Kor. 4:8).  Baiemaal word die wederkoms verhaas op hierdie manier deurdat Christene hoop die dag kom nader omdat hulle nie deur verdrukking wil gaan nie, maar wat die Skrif eerder leer is dat by die wederkoms daar verligting gegee sal word aan die wat alreeds verdruk word (nie weggeraap word sodat hulle glad nie verdruk word nie).  Let wel dat in volgorde van gebeure wat aan die einde van dae sal gebeur, die Skrif leer dat verdrukking (asook die groot verdrukking) sal plaasvind voor die wederkoms (want die wederkoms vind eers plaas onder die 7de seel, terwyl die verdrukking tydperke lyk of dit val onder die 4de en 5de seel). Voor Jesus terugkom gaan baie dinge alreeds met die aarde gebeur. Bestudeer ons bv. ook die lering wat Jesus gegee het oor wat aan die einde gaan gebeur... (Matt. 24; Mark. 13; Luk. 8), dan is dit duidelik dat verdrukking (asook die groot verdrukking) gebeur voor Hy terugkom... Daar is sommige wat leer dat die wederkoms in twee dele geskied, tog is daar geen werklike basis vir hierdie lering in die Skrif nie. Baie Christene glo dat die wegraping plaasvind voor die wederkoms (asof dit die eerste deel is van die wederkoms), maar hulle laat na om die skrifte behoorlik te ondersoek en verstaan duidelik nie waaroor die "wegraping" gaan nie! (bv. dat dit eintlik deel is van "die opstanding", en volg terloops na die opstanding, nie voor dit nie...)(vir 'n pos hieroor gaan na: https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2017/05/die-doel-van-die-wegraping.html). Die doel vd wegraping is nie om die verdrukking vry te spring nie, en dus is die wederkoms nie bedoel om Christene te verlos van die groot verdrukking nie. Dit waarvan godsaliges verlossing sal kry volgens 2 Pet. (2 Pet. 2:9) is nie verdrukking soos sommige leer nie, maar die komende oordeel... (nl. die tweede dood)(vir 'n studie hieroor, gaan na: "godsaliges verlos"). Natuurlik is daar Christene wat nie versoek of getoets sal word soos die res van die wereld nie ('n "toets" wat natuurlik tot verdrukking kan ly, ja), maar dit beteken nie dat hulle heeltemal gevrywaar is van toetse en lyding nie, want kyk ons bv. na die betrokke "gemeente" van wie hierdie gese word in Openbaring is dit ook duidelik dat hulle gely het ter wille van die Here se naam (Openb. 3:7-13). Hulle het Sy woord bewaar en Hom nie verloën nie... (hulle het m.a.w. reeds 'n toets deurstaan! - dit is waarom hulle nie deur die betrokke toets sou gaan nie). Christene is nie gevrywaar van verdrukking nie (2 Tim. 3:12). (2Ti 3:12)  En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word.

- Wanneer iemand dink die Here skuld hom iets omdat hy Sy kind is:
Christene kan somtyds baie selfsugtig wees en dink die Here skuld hulle iets omdat hulle Hom dien (Luk. 17:5-10);  en natuurlik ja sorg die Here vir Sy kinders en antwoord hulle gebede en help hulle, ens., maar dit beteken nie dat ons geen lyding ervaar en gevrywaar is van dit wat op die aarde gebeur nie. Somtyds word die wederkoms verhaas omdat diesulkes glo dat dit hulle manier is om die komende dinge te ontvlug, maar wat ons liewer moet aandag gee aan is die heilige lewe en godsvrug. Die wederkoms moet nie gesien word as 'n manier om weg te kom van "die dinge wat met die aarde gaan gebeur" ( bv. aardbewings, hongersnood, pessiektes ens.) nie.  Liewer moet ons bereid wees om ons lewens neer te le... (Mar 8:35) - " Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil en om die evangelie ontwil verloor, hy sal dit red".

- Gee ag op die TEKENS VAN DIE TYE:
Die Here het vir ons duidelike tekens gegee, maar sommige verhaas die wederkoms omdat hulle nie ag gee op hierdie tekens en veral die volgorde van gebeure nie.  As gevolg daarvan is daar al baie verkeerd geraai oor wanneer die wederkoms sal wees, en Christenskap hierdeur bespot. Wanneer ons sulke foute maak, is dit nie net onsself wat nie vertrou kan word nie, maar ander mense dink dat hulle verdraaide afleidings is wat die Skrif leer, en dit het tot gevolg dat ook die Bybel in twyfel getrek word (terwyl hulle verdraaide leerstellings en afleiding eintlik glad nie is wat die Bybel leer nie!). Ons moet versigtig wees en die Skrif reg sny.  Die Bybel leer bv. dat daar spesifieke dinge gaan gebeur VOOR die wederkoms..., bv.: - EERS MOET DIE AFVAL KOM en DIE MENS VAN SONDE (die seun van verderf) GEOPENBAAR WORD: (2Th 2:1)  Maar ons vra julle, broeders, met die oog op die wederkoms van onse Here Jesus Christus en ons vereniging met Hom,(2Th 2:2)  om nie gou julle verstand te verloor of verskrik te word nie—deur gees of deur woord of deur brief wat van ons afkomstig sou wees—asof die dag van Christus al daar is.(2Th 2:3)  Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf.

Een rede waarom sommige vir valse christusse val, is omdat hulle die wederkoms verhaas: (Luk 17:22,23 - "En Hy sê vir sy dissipels: Daar sal dae kom wanneer julle sal begeer om een van die dae van die Seun van die mens te sien, en julle sal dit nie sien nie".  En hulle sal vir julle sê: Kyk hier! of: Kyk daar! Moenie gaan nie en moenie agterna loop nie.Volgens die konteks van bg. verse, waarsku Jesus ons dat ons moet pas op dat hierdie begeerte na Sy wederkoms, nie tot gevolg het dat ons agter valse Christusse aanloop nie"). Die wat val vir valse christusse, is duidelik "nie gereed nie". Daar is 'n tipe "godsaligheid" waar mense godsalig voorkom maar nie werklik is nie... Geloof gaan bv. o.a. oor "om die Here te gehoorsaam", maar nie almal verstaan dat dit deel van geloof nie. Wat presies glo jy van Jesus? Glo jy dat Sy woorde die waarheid is? (of glo jy liewer dit wat jy dink die waarheid is?).  Wat glo jy van Hom - bv. wie is Hy? (glo jy Hy is die Seun van God?, of glo jy Hy is bloot 'n profeet?). Glo jy dat Hy die enigste weg is vir vergifnis van sondes? (of glo jy dat daar ook ander wegte is om vergifnis te kry), ens ......... As ons hierdie dinge verkeerd kry kan ons maklik godsalig voorkom, tog nie godsaligheid he nie! Hierdie is die rede waarom mense somtyds vir valse christusse val. Inderdaad is "wat ons glo" belangrik, en "kennis van die waarheid" belangrik want dit gee die weg na godsaligheid... (Tit. 1:1). -(1Ti 6:3-10 - "As iemand iets anders leer en nie instem met die gesonde woorde van onse Here Jesus Christus en met die leer wat volgens die godsaligheid is nie,(1Ti 6:4)  dié is verwaand en verstaan niks nie, maar het ‘n sieklike sug na twisvrae en woordestryd waaruit ontstaan afguns, twis, lasteringe, bose agterdog,(1Ti 6:5)  nuttelose stryery van mense wat verdorwe in hulle verstand en van die waarheid beroof is en dink dat die godsaligheid winsgewend is. Onttrek jou aan sulke mense.)(1Ti 6:6)  Maar die godsaligheid saam met vergenoegdheid is ‘n groot wins.(1Ti 6:7)  Want ons het niks in die wêreld ingebring nie; dit is duidelik dat ons ook niks daaruit kan wegdra nie.(1Ti 6:8)  Maar as ons voedsel en klere het, moet ons daarmee vergenoeg wees.(1Ti 6:9)  Maar die wat ryk wil word, val in versoeking en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang.(1Ti 6:10)  Want die geldgierigheid is ‘n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor");  (2Ti 3:1-9 - "Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom.(2Ti 3:2)  Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig,(2Ti 3:3)  sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie,(2Ti 3:4)  verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God;(2Ti 3:5)  mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af.(2Ti 3:6)  Want uit hulle is die wat in die huise insluip en arme vroue gevange neem wat met sondes belaai is en deur allerhande begeerlikhede gedryf word,(2Ti 3:7)  wat altyd leer en nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie.(2Ti 3:8)  En net soos Jannes en Jambres Moses teëgestaan het, so staan ook hierdie mense die waarheid teë, mense verdorwe in die verstand, onbetroubaar ten opsigte van die geloof.(2Ti 3:9)  Maar hulle sal nie verder voortgaan nie, want hulle dwaasheid sal vir almal duidelik wees, soos ook dié van daardie manne geword het"). Wanneer iemand vir 'n valse christus val is hy eintlik besig om die wederkoms te verhaas, en glo dan dat dit alreeds gebeur het (terwyl dit nog nie gebeur het nie).  Hierdie miskonsepsie kan baie ander verkeerde verwagtinge ook tot gevolg het, bv. soos sommige dink en verkeerdelik leer dat ons alreeds in die 1000jaar vrederyk lewe!

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Hoekom is die TEKENS vir ons gegee?

TEKENS van die tye is nie vir ons gegee sodat ons die wederkoms verhaas nie, maar sodat ons onsself gereed kry en tyd het om ander te waarsku. Dit dan o.a. die rede waarom die evangelie aan "die hele wereld" verkondig sal word in die laaste dae (Matt. 24:14).  Wanneer ons die tekens sien moet ons des te meer mense roep tot bekering en die evangelie van Jesus Christus en die Koninkryk verkondig. Hierdie is die tyd waarin ons moet ag gee op die heilige lewe en godsvrug, want die tyd is naby... Daar is baie hieroor gesels in die eerste gemeentes, en hulle het geleef asof Jesus binnekort terugkom. Ons moet altyd so leef!, des te meer as ons die tekens vd einde wat vir ons gegee is begin te sien. 

IN PLAAS VAN OM TE HOOP DAT DIE DAG VAN DIE WEDERKOMS VINNIG KOM, MOET ONS LIEWER AANDAG GEE OM ONSSELF GEREED TE KRY:
Christene lyk somtyds nie veel verskillend vd wereld nie... - baie begeer bv. wereldse rykdom en besittings eerder as om ryk te word in die Here, en maak vir hulle skatte bymekaar op die aarde (Jak 5:3).  Sommige stap in opsetlik aanhoudende sonde en soek nie na die wil van die Here nie, maar lewe soos hulle wil en skets God soos hulle dink Hy behoort te wees...;  en neem selfs aanstoot wanneer daar 'n prys is vir hulle geloof of wanneer iemand die waarheid praat (Mat 10:38,39). En.sommige hang leerstellings aan wat hulle in hulle gehoor streel (2 Ti 4:3) - is altyd besig om te leer maar kom nooit tot die waarheid nie (2 Ti 3:7).  Hierdie is nie veel verskillend van hoe die wereld sien en dink nie... Ons moet seker maak dat ons reg dink en sien;  meer presies, dan ons sien soos die Here sien, want dan sal ons onsself gereed kry vir wat voorle. Ons oe moet op die Here wees, maak nie saak wat om ons gebeur nie. In Jesus se lering oor wat sal gebeur voor die einde (Matt. 24; Mark. 13: Luk. 8), begin Hy deur ons te waarsku teen misleiers (Matt. 24:4,5 - "En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie. Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei"). Later in die lering waarsku Hy ook teen valse profete (v.11,23). Nie almal in die Christelike kerk is deur die Here gestuur nie, maar onder die koring is daar baiemaal ook onkruid wat daar deur die duiwel geplant word om die uitverkorenes te probeer verlei (en l.w. dat hierdie gewoonlik gebeur wanneer die mense "slaap"). Hierdie verleiers leer leringe van duiwels en probeer die skape beweeg om wereldse leringe na te volg, en die wat gewoonlik daarvoor val is die wat nie bereid is om hulle lewens ter wille van die Here af te le nie. 

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Woensdag 13 November 2024

Die tyd is naby

Christene wag op die wederkoms van Jesus Christus. Daar is baie skrifte in die Bybel oor die einde van die wereld..., wanneer Jesus terugkom en saligheid voltrek word, en baie ander dinge sal ook rondom hierdie tyd gebeur, bv. dat Jesus Christus Sy ewige koninkryk oprig (wat begin met 'n 1000-jaar bedeling). Verskeie TEKENS word ook vir ons in die Skrif gegee wat 'n aanduiding is van wanneer hierdie "einde" naby is. 

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE WOORDE "DIE TYD IS NABY":

Dat ons kan weet wanneer die TYD VAN DIE WEDERKOMS NABY IS, is verseker (en die Skrif leer vir ons wat hierdie tekens is).  Ons leef beslis in "die laaste dae" en moet ook leef asof die tyd naby is, maar in 'n sekere konteks het Jesus gewaarsku teen hierdie soort woordgebruik! - die rede hiervoor is dat in 'n spesifieke konteks dit deur sommige verkeerd gebruik word om mense te mislei. Jesus het hierna verwys in Luk. 21:7,8 ("En hulle vra Hom en sê: Meester, wanneer sal dit dan wees, en wat is die teken wanneer dit gaan gebeur? En Hy antwoord: Pas op dat julle nie mislei word nie; want baie sal onder my Naam kom en sê: Dit is ek! en: DIE TYD IS NABY! Gaan dan nie agter hulle aan nie"). Hierdie is 'n waarskuwing teen valse christusse. Vgl. dit ook met (Matt. 24:4,5 - "En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie. Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei"). Daar is baie valse christusse wat oor die jare opgestaan het en mense mislei het (selfs vanaf die vroegste tye - 1 Joh. 2:18; 4:3 2 Joh. 1:7). Jesus se lering begin hier met dit en later verwys Hy weer daarna - En as iemand dán vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Kyk, daar! —moet dit nie glo nie.(Mar 13:22)  Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.(Mar 13:23)  Maar julle moet op jul hoede wees. Kyk, Ek het alles vir julle vooruit gesê. (Mat 24:26)  As hulle dan vir julle sê: Kyk, Hy is in die woestyn—moenie uitgaan nie; kyk, Hy is in die binnekamer—moet dit nie glo nie. Jesus leer ook vir ons hoedanig Sy koms sal wees! (sodat ons nie mislei word deur 'n ander soort "koms" nie) -  (Mat 24:27)  Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees. Openb. 1:7 maak die stelling dat "ELKE OOG SAL HOM SIEN" wanneer Hy terugkom... - (Openb. 1:7 - "Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!"). 

In konteks het Jesus hier gepraat oor die verwoesting van die tempel en Jerusalem wat ingeval word... (Matt. 24:1,2; Luk. 21:5-7; Mark. 13:1,2) - sommige geleerdes sien hierdie slegs as geskiedkundig; tog praat Hy ook hier in konteks "die einde van die wereld" en Sy Wederkoms... (Luk. 21:25-28; Matt. 24:3,29; Mark. 13:24-27) (en die volgorde wat Hy gee van gebeure daar is terloops basies 'n kort opsomming van wat min of meer beskryf word onder die 7 seels!). Al kan dus dele ook as geskiedkundig geneem word waar Jesus oor hierdie dinge en tekens praat, is dit ook so dat Hy verwys het na wat in die toekoms gaan gebeur, en dit sluit in die verre toekoms tot net voor Sy wederkoms (en in hierdie konteks is daar ook tekens wat vir ons gegee is oor wanneer die tyd naby is). 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
WAT IS DIE TEKENS WAT JESUS GEGEE HET VAN HOE ONS KAN WEET WANNEER DIE TYD VAN SY WEDERKOMS NABY IS?

- OORLOë:  (Mark. 13:7,8a)  Maar wanneer julle hoor van oorloë en gerugte van oorloë, moet julle nie verskrik word nie, want dit moet kom. Maar dit is nog nie die einde nie. Want die een nasie sal teen die ander opstaan, en die een koninkryk teen die ander
- HONGERSNODE, BEROERINGE, PESSIEKSTES EN AARDBEWINGS (Mark. 13:8bc) en daar sal aardbewings wees op verskillende plekke, en daar sal hongersnode wees en beroeringe. Hierdie dinge is ‘n begin van die smarte(Mat 24:7b)  ... en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke.
- VERDRUKKING: (verdrukking sal alreeds gebeur nog voor die groot Verdrukking later intree)(Mar 13:9)  Maar wees julle vir julleself op die hoede, want hulle sal julle oorlewer aan regbanke, en in sinagoges sal julle geslaan word en voor goewerneurs en konings gebring word om My ontwil, vir hulle tot ‘n getuienis. (Mat 24:9a)  Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak... (Mat 24:10)  En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat.
- DIE EVANGELIE sal onder verdrukking VERKONDIG WORD AAN ALLE NASIES: (Mar 13:10)  En die evangelie moet eers aan al die nasies verkondig word. (Mar 13:11)  En wanneer hulle jul weglei om julle oor te lewer, moenie julle vooraf kwel oor wat julle sal spreek nie, en moenie daaroor dink nie; maar wat julle in dié uur gegee word, dit moet julle spreek; want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Heilige Gees. (Mat 24:14)  En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.
- CHRISTENE SAL GEHAAT WORD: (Mar 13:12)  En die een broer sal die ander tot die dood oorlewer, en die vader sy kind, en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak. (Mar 13:13)  En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word. 
- ONGEREGTIGHEID SAL VERMEERDER en LIEFDE VAN MEESTE SAL VERKOEL: (Mat 24:12)  En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel.
- GRUWEL VAN VERWOESTING: (Mar 13:14)  En wanneer julle die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan waar dit nie behoort nie—laat hom wat lees, oplet—dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug; (Mar 13:15)  en wie op die dak is, moet nie afkom in die huis en ook nie ingaan om iets uit sy huis weg te neem nie; (Mar 13:16)  en wie op die land is, moet nie omdraai na wat agter is om sy kleed weg te neem nie. (Mar 13:17)  Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog, in daardie dae! (Mar 13:18)  En bid dat julle vlug nie in die winter mag plaasvind nie. (Mar 13:19)  Want daardie dae sal daar ‘n verdrukking wees soos daar nie gewees het van die begin van die skepping af wat God geskape het tot nou toe, en ook nooit sal wees nie. 
- GROOT VERDRUKKING: (Mat 24:15)  Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom—laat hy wat lees, oplet—(Mat 24:16)  dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug;(Mat 24:17)  wie op die dak is, moet nie afkom om iets uit sy huis weg te neem nie;(Mat 24:18)  en wie op die land is, moet nie omdraai om sy klere weg te neem nie.(Mat 24:19)  Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog, in daardie dae.(Mat 24:20)  En bid dat julle vlug nie in die winter of op die sabbat mag plaasvind nie.(Mat 24:21)  Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie.
- TER WILLE VD WAT VERDRUK WORD EN VLUG, SAL DIE DAE VERKORT WORD: (Mar 13:20)  En as die Here dié dae nie verkort het nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes wat Hy uitverkies het, het Hy dié dae verkort.
- VALSE CHRISTUSSE en VALSE PROFETE: (Jesus begin die lering hiermee, maar later word dit weer genoem - l.w. dat hierdie die tyd is waarin "die dier" en "valse profeet" sal optree, nl. in tyd van verdrukking)(Mar 13:21)  En as iemand dán vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Kyk, daar! —moet dit nie glo nie.(Mar 13:22)  Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.(Mar 13:23)  Maar julle moet op jul hoede wees. Kyk, Ek het alles vir julle vooruit gesê. (Mat 24:26)  As hulle dan vir julle sê: Kyk, Hy is in die woestyn—moenie uitgaan nie; kyk, Hy is in die binnekamer—moet dit nie glo nie. (Mat 24:27)  Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.
- SON VERDUISTER en MAAN SAL SY GLANS NIE GEE NIE en STERRE VD HEMEL SAL VAL, KRAGTE VD HEMEL SAL SKUD: (Mar 13:24)  Maar in daardie dae, ná dié verdrukking, sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie,(Mar 13:25)  en die sterre van die hemel sal val, en die kragte wat in die hemele is, sal geskud word.


WANNEER ONS HIERDIE TEKENS SIEN, DAN WEET ONS DIE TYD (van Jesus se Wederkoms) IS NABY! (Mar 13:26,27 - "En dan sal hulle die Seun van die mens op die wolke sien kom met groot krag en heerlikheid. En dan sal Hy sy engele uitstuur, en Hy sal sy uitverkorenes uit die vier windstreke versamel, van die einde van die aarde af tot by die einde van die hemel"). Hierdie is m.a.w. die TEKENS voor DIE WEDERKOMS! En l..w. dat die verdrukking en 6de seel gebeure VOOR dit plaasvind... - nl. son verduister en maan bloed, sterre val, ens. (dit waarna Jesus ook hier verwys), dit gebeur eers na die (groot) verdrukking, en dit is alles VOOR die Wederkoms: (Mat 24:29)  En dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word. (Mat 24:30)  En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid. Die verdrukking vind nie na die wederkoms plaas (soos sommige dink nie)... En Matt. 24:31 leer ook dat die uitverkorenes dan eers versamel gaan word... (nie voor die groot verdrukking nie);  m.a.w., die "wegraping" gaan nie plaasvind voor die groot verdrukking nie - vir 'n studie hieroor, gaan na: https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2017/05/die-doel-van-die-wegraping.html). En let ook daarop dat "die gruwel van verwoesting" VOOR die groot verdrukking is, en is dus 'n teken van wanneer die groot verdrukking gaan begin... (Mark. 13:14).  En vir die gruwel om opgerig te word moet die tempel gebou wees (kyk Openb. 11). Daar is natuurlik heelwat ander dinge wat in die boek van Openbaring genoem word (bv. die twee getuies, ens.), wat ook alles dinge is wat gebeur voor die Wederkoms, maar ons gaan nie nou daarby stilstaan nie (op 'n ander pos word hierdie tekens bespreek).

Jesus het verder ook die opmerking gemaak dat die geslag wat hierdie tekens sien..., sekerlik nie verby sal gaan voordat alles (van die einde) gebeur het nie (Mar 13:30-32 - "Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie. Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie. Maar van daardie dag en dié uur weet niemand nie, ook nie die engele in die hemel of die Seun nie, maar net die Vader"). Dit is m.a.w. die laaste geslag op aarde van die huidige "hierdie eeu"-bedeling";  daarna volg die "volgende eeu"-bedeling (die 1000 jaar waarin Jesus sal regeer oor die hele aarde, en die wat gered word sal saam met Hom regeer). 
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
ONS MOET ALTYD LEEF ASOF DIE TYD NABY IS: 

IN DIE BETROKKE LERING HET JESUS BAIE KLEM GELê DAAROP DAT ONS ONS NIE MOET LAAT MISLEI DEUR VALSE CHRISTUSSE EN VALSE PROFETE NIE (wat bv. hierdie selfde woorde "die tyd is naby" sal gebruik om mense te mislei), EN HY WIL Hê DAT ONS "GEREED" MOET WEES VIR SY WEDERKOMS. Dit is nie die Here se wil dat kinders van die Koninkryk onverwags betrap moet word nie, en Hy wil hê dat elkeen seker maak hy is gereed (vir die wederkoms)(Mark. 13:28,29 - "En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is.  So weet julle ook, wanneer julle hierdie dinge sien gebeur, dat dit naby is, voor die deur"). In die betrokke lering bemoedig Jesus hulle verder om TE WAAK, want niemand weet wanneer die tyd daar is nie.  Die Here het vir ons 'n paar tekens gegee, maar niemand weet die dag en uur wanneer Jesus terugkom nie (behalwe die Vader)(Mark. 13:32 - "Maar van daardie dag en dié uur weet niemand nie, ook nie die engele in die hemel of die Seun nie, maar net die Vader"). Ons hoef nie te probeer uitwerk wanneer daardie dag en uur is nie, want dit is nie vir ons gegee om te weet nie! -  baie mense het al die dag en uur probeer raai wanneer Jesus terugkom, maar wat dit gewoonlik eerder tot gevolg het is dat Christenskap bespot word. Waarop Christene liewer moet ag gee is om GEREED te wees, en met daardie woorde word iets baie spesifiek bedoel... (Mar 13:33-37 - "Pas op, waak en bid, want julle weet nie wanneer die tyd daar is nie. Dit is soos ‘n man wat op reis is, wat sy huis agtergelaat en sy diensknegte volmag gegee het, en vir elkeen sy werk, en aan die deurwagter bevel gegee het om te waak. Waak dan, want julle weet nie wanneer die eienaar van die huis kom nie: in die aand of middernag of met die haangekraai of vroeg in die môre nie; dat hy nie miskien skielik kom en julle aan die slaap vind nie. En wat Ek vir julle sê, sê Ek vir almal: Waak!"). Wat Jesus hier leer oor wat dit beteken om gereed te wees, is nie om te weet presies wanneer Hy terugkom nie, maar gaan oor of jy besig is om Sy wil uit te voer.  Daar is baie skrifgedeeltes waarin daar gepraat word oor die belangrikheid van "om gereed te wees"(bv. o.a. moet ag gee op heilige wandel en godsvrug, bereid wees om lewe te verloor en verdrukking te ervaar, rykdom in die Here, vashou, ens.).

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Is ons in die laaste dae?

Die term "laaste dae" (2 Tim. 3:1; Jak. 5:3) is 'n term wat nie net gebruik word vir "die einde nie, maar eintlik vir die laaste 2000 jaar. Vandat Jesus opgevaar het hemel toe wag ons op Sy wederkoms, en was elke Christen van daardie tyd af in "die laaste dae" (Hand. 2:17; Hebr. 1:1) - dit is hoe ons onsself gereed moet hou.  Ons moet altyd leef asof ons in die laaste dae is en die einde om die draai, en asof die TYD NABY is... (1Pe 4:7  En die einde van alle dinge is naby; wees dan ingetoë en nugter, om te kan bid.)(Jas 5:8  Julle moet ook geduldig wees; versterk julle harte, want die wederkoms van die Here is naby.) (Openb. 1:3  Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.). 

ONS IS IN DIE LAASTE DAE! - alreeds vanaf Jesus se opvaarding: (Hand.  2:17-21 - "En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom. En ook op my diensknegte en diensmaagde sal Ek in dié dae van my Gees uitstort, en hulle sal profeteer. En Ek sal wonders gee bo in die hemel en tekens onder op die aarde, bloed en vuur en rookdamp. Die son sal verander in duisternis en die maan in bloed voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom.  En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word").  In die dae waarin ons lewe (die dae voor Jesus terugkom - die laaste 2000 jaar) sal elkeen wat die Naam van die Here aanroep (die wat in Hom glo) gered word.  Die Gees is ook al uitgestort! (die wat die Gees ontvang het die Here by hulle en ontvang ook gawes van die Gees). Verseker is ons in die laaste dae... (alhoewel daar ook 'n uitstorting verwag word nadat Jesus teruggekom het). 

ONS LEEF IN DIE LAASTE DAE VOOR DIE EINDE..., MAAR AS ONS DIE BOGENOEMDE TEKENS ALLES GEWAAR (soos bo beskryf - Matt. 24; Mark. 13; Luk. 8), dan is ons deel van die laaste generasie van "die laaste dae" (dan is die wederkoms om die draai). 
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Saterdag 12 Oktober 2024

Eerste dier

 "DIERE" IN PROFESIE stel 'n spesifieke stel KONINGS of KONINKRYKE voor (koninkryke word ook na verwys as "konings") wat mekaar opvolg tot in die laaste dae...  Na watter koninkryke hierdie DIERE spesifiek verwys word somtyds vir ons in woorde gegee in die Skrif, maar in sommige gevalle is dit 'n saak van interpretasie na wie daardie spesifieke "diere" verwys. Die rede waarom baie mense hulle oë op hierdie reeks koninkryke hou is omdat dit vir ons 'n idee gee van wanneer "die einde" (vd wêreld) is, in ag geneem dat die koninkryke inderdaad in die geskiedenis mekaar presies opgevolg het presies soos deur die profete (vd Bybel) geprofeteer het. Natuurlik verwys die diere wat ons in hierdie reeks poste doen nie na alle koninkryke op aarde nie, maar na 'n spesifieke stel koninkryke wat in die Skrif genoem word wat mekaar opvolg... 

___________________________________________________________________________________    

In hierdie pos gaan ons kyk na die EERSTE DIER, maar die begrip "eerste dier" verwys nie noodwendig in alle skrifte na dieselfde dier nie.  Waar die begrip ookal in die Skrif gebruik word beteken dit dus nie dat dit telkens verwys na die eerste van hierdie spesifieke stel koninkryke/8 diere nie. Bv., as 'n spesifieke profesie net vier van hierdie diere in die reeks bespreek (bv. Dan. 7), dan gaan die 4 diere eerste, tweede, derde en vierde genoem word, nie noodwendig waar hulle inpas in daardie stel van 8 koninkryke nie... Dit hang dus af of daar na al die 8 verwys word, of slegs 'n deel.  In daardie opsig verwys "eerste dier" in die Skrif nie altyd na die eerste in die reeks van 8 nie, maar kan verwys na "die eerste" in die hoeveelheid koninkryke wat in daardie betrokke skrifgedeelte bespreek word (bv. die "eerste" van 4 diere wat beskryf word soos in Dan. 7..., nie die eerste vd 8 diere nie). 

In Dan. 7 word 4 vd diere genoem , waarvan die leeu die eerste:

-DIE LEEU  (Dan. 7:17 - die 4 diere verwys na 4 konings). 

Interpretasie en geskiedenis beinvloed ook baiemaal wie as watter dier gesien word, bv.  IN DIE REEKS VAN 8 KONINKRYKE of DIERE (wat mekaar opvolg): 

- kan die DIE EGIPTIESE RYK as die eerste (volgens geskiedenis) gesien word, maar verwys nie noodwendig volgens die Skrif na die eerste in die stel van 8 nie. Dus, terwyl baie geleerdes die Egiptiese Ryk sien as die eerste van hierdie 8 diere, is dit nie noodwendig dat die Egiptiese spesifiek na die eerste verwys nie.

- die LEEU in Dan. 7 word gesien as die Babiloniese koninkryk (volgens geskiedenis)(dit word o.a. vgl. met die kop vd beeld in Dan. 2 en Dan. 4:31-33).

Ons gaan in hierdie pos dus kyk na die moontlikhede van die Egiptiese en die Babiloniese Ryk (as die "EERSTE").

___________________________________________________________________________________

Kom ons kyk eers na die EGIPTIESE KONINKRYK:

Alhoewel die Egiptiese koninkryk nie in enige van die skrifgedeeltes voorkom waar daar na hierdie spesifieke stel koninkryke verwys word nie, word dit baiemaal gesien as die eerste volgens geskiedenis bronne. Volgens die geskiedenis vd wereld het die Egipties en toe die Assiriese Ryk, die Babiloniese Ryk voorafgegaan... Dit is om hierdie rede waarom sommige geleerdes die EGIPTIESE RYK sien as die eerste in die reeks van 8 diere, alhoewel hierdie Ryk nie 'n dier-voorstelling het soos meeste van die ander nie!  Die koning van Egipte word wel in sommige skrifte vgl. met diere, ja, bv. in Eseg. 29:3 word die koning van Egipte vgl. met 'n draak (Eseg. 29:3 - "Spreek en sê: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, o Farao, koning van Egipte, jou groot draak wat in jou strome lê, wat sê: My stroom is myne, en ek het dit vir my gemaak");  en in Eseg. 32:2 word die koning van Egipte vgl. met 'n jong leeu onder die volke..., en terloops ook daar vgl. met 'n draak (Eseg. 32:2 - "Mensekind, hef ‘n klaaglied aan oor Farao, die koning van Egipte, en sê vir hom: Jong leeu onder die volke, verlore is jy! En jy was soos ‘n draak in die groot water, en jy het uitgebreek in jou strome en die waters geroer met jou pote en die strome daarvan troebel gemaak"). Maar l.w. dat hierdie meer soos vergelykings is (om iets anders voor te stel) - nie een van hierdie dier-koninkryke nie... En hierdie selfde voorstellings word terloops ook somtyds gebruik vir ander;  bv. die vorste van Israel word ook met jong leeus vgl. in Eseg. 19:2, en die ou slang/duiwel/satan word vgl. met 'n draak in Openb. 12:9. HIERDIE VERGELYKINGS IS NIE VOORSTELLINGS NIE - DIT BESKRYF bv. NIE 'N SPESIFIEKE KONINKRYK WAT op 'n spesifieke tyd OPSTAAN NIE, MAAR IS SLEGS 'N VERGELYKING. 'n Goeie vb. om hierdie te verduidelik is Openb. 12 - jy kan die verskil sien tussen 'n "vergelyking" en 'n "voorstelling" in Openb. 12: 3 en 9 - in v. 3 stel die vuurrooi draak bv. 'n koninkryk voor, maar in v.9 word die duiwel slegs vgl. word met 'n draak of 'n ou slang... (v. 9 verwys nie na 'n koninkryk wat opstaan nie, maar verwys slegs na die duiwel). 

Om hierdie rede kan die Egiptiese Ryk nie noodwendig hanteer word as die eerste in die spesifieke stel van 8 koninkryke/diere waarna in die Skrif verwys word nie, alhoewel dit een van die koninkryke was wat die Babiloniese voorafgegaan het. Die betrokke 8 koninkryke ("diere") wat in hierdie stel poste behandel word, verwys na sekere koninkryke wat in 'n lang stel van koninkryke op spesifieke tye opstaan en identifiseer word, maar al die koninkryke tussen-in, of dit wat dit voorgegaan het, word nie noodwendig op naam genoem nie. 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------In Dan. 7 word die EERSTE DIER voorgestel soos 'n LEEU:

(Dan 7:4 - "Die EERSTE was soos ‘n LEEU, en hy het vlerke van ‘n arend gehad; ek het bly kyk totdat sy vlerke uitgeruk is en dit van die grond af opgehef en soos ‘n mens op twee voete neergesit is en daaraan ‘n mensehart gegee is"). Die kop van die beeld in Dan. 2 word gewoonlik vgl. met die leeu in Dan. 7.

In ag geneem dat Dan. 7 slegs na 4 vd diere verwys (in die reeks van 8)(Dan. 7:2-8), is dit logies dat die leeu na die EERSTE (van hierdie 4) verwys, nie noodwendig die eerste in die reeks van 8 diere nie, maar kan natuurlik ook gesien word as die eerste in die reeks van 8! (die leeu word dus gesien as die eerste van die 4 diere genoem in Dan. 7, maar stel nie noodwendig die eerste voor in die stel van 8 nie - dit is op hierdie punt waar sommige geleerdes verskil, en wat interpretasie kan beinvloed). Die 4 diere genoem in Dan. 7 staan "uit die see" uit op... -  l.w. dat "see" verwys na aarde (Dan. 7:17) - hierdie koninkryke wat "uit die see" uit opkom (waarvan die leeu een van hulle is), verwys na konings wat uit die aarde opstaan uit die see van mense / is koninkryke op aarde... - Dan. 7:17 (l.w. dat die woorde "uit die aarde" ook gebruik word vir "is aards", en praat daarom aards...-Joh. 3:31 - 'n begrip wat o.a. gebruik word vir die valse profeet/kyk die "dier uit aarde"...-Openb. 13).  

 - DIER verwys na koning of koninkryk (Dan. 7:17,23,24)(somtyds word die term "horings" ook vir konings gebruik, en verwys dan na konings wat uit 'n spesifieke koninkryk kom-Dan. 7:24). Die woorde "een verskillend van die ander" (Dan. 7:3) wys vir ons dat die diere na verskillende koninkryke verwys.

- SEE verwys na aarde (Dan. 7:17).

- soos 'n LEEU verwys na een van die 4 "diere" genoem in Dan. 7 - diere verwys gewoonlik na 'n koninkryk en/of koning, en in hierdie geval verwys dit ook nie net na 'n koninkryk (Dan. 7:12) nie, maar veral na 'n spesifieke koning (Dan. 7:17)(kyk o.a. die woorde "soos ‘n mens op twee voete neergesit is en daaraan ‘n mensehart gegee is").  Dan. 7 verduidelik nie na watter koninkryk/koning die leeu verwys nie, maar sou dit vgl. word met soortgelyke visioene in ander hoofstukke van Daniel, bv. Dan. 2, wil dit voorkom of die leeu verwys na die Babiloniese koninkryk;  m.a.w. die "koning van Babel". Vir 'n studie oor waarna "leeu" verwys, gaan na: (https://warechristene.blogspot.com/2024/05/beeldspraak-vergelyking-met-leeu.html).

- VLERKE (van 'n arend) - waarna die vlerke verwys is 'n saak van interpretasie. Vlerke van 'n arend kan wys op "na 'n plek vlieg" (Openb. 12:14); vgl. dit met Eks. 19:4 wat verwys na hoe die Here Sy volk "op arendsvlerke gedra het en na Hom gebring het"...  Vgl. dit ook met Deu 32:11-13 - die Here het Sy volk gedra... ("Soos ‘n arend sy nes opwek, oor sy kleintjies sweef, sy vlerke uitsprei, hulle opneem, hulle dra op sy vleuels— die HERE alleen het hom gelei, en daar was geen vreemde god by hom nie. Hy het hom laat ry op die hoogtes van die aarde, en hy het die opbrings van die veld geëet; en Hy het hom heuning uit die rots laat suig en olie uit die klipharde rots").  Kyk ook Jes. 40:29-31, om op te vaar met vleuels soos die arende, verwys na nuwe krag... ("Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie. Die jonges word moeg en mat, en die jongmanne struikel selfs; maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie").  VGL. DIT OOK MET ESEG. 17 (Eseg. 17:7 - "En daar was nog ‘n groot arend met groot vleuels en baie vere; en kyk, hierdie wingerdstok het sy wortels na hóm toe gebuig en sy ranke na hom toe uitgeskiet uit die beddings waar dit geplant was, dat hy dit sou bevogtig. ....................... Eseg. 17:12 -" Spreek tog met die wederstrewige huis: Weet julle nie wat hierdie dinge beteken nie? Sê: Kyk, die koning van Babel het na Jerusalem gekom en sy koning en sy vorste weggeneem en hulle na hom toe, na Babel gebring") - DIT WIL VOORKOM OF DIE WOORDE "vlerke van 'n arend" HIER VERWYS NA TOE DIE VOLK VAN GOD IN BALLINGSKAP GEGAAN HET... - DIE KONING VAN BABEL HET HULLE NA HOM TOE GENEEM - hy is die een wat krag gekry het en hulle na hom toe gedra het.  AS DIT INDERDAAD IS WAARNA DIT VERWYS, VERWYS DIE WOORDE "vlerke uitgeruk en van die grond af opgehef" DAN SEKERLIK NA HOE DIE DIER SY KRAG VERLOOR HET... (heerskappy is ontneem) en WEGGENEEM/WEGGETREK (vgl. met Eseg. 1:19,21 en 10:19).

- HEERSKAPPY / LEWE vd "leeu" - die 4de dier sal uiteindelik verbrand word (Dan. 7:11), maar l.w. die woorde "ook aan die ander diere is hulle heerskappy ontneem, en verlenging van die lewe is aan hulle gegee tot op tyd en uur" in v. 12.  Die LEEU, die eerste dier, se heerskappy sal net soos die beer en luiperd weggeneem word..., maar verlenging van lewe word gegee tot op tyd en uur... Alhoewel die diere heerskappy verloor, gaan hulle nie "dood" nie (tot die Seun vd mens kom!...- Dan. 7:13,14). 

SOOS 'N MENS OP TWEE VOETE NEERGESIT EN 'N MENSEHART DAARAAN GEGEE - is 'n saak van interpretasie - kan moontlik verwys na 'n spesifieke koning (?)(en kan moontlik vgl. word met die "dier uit die see"-koning van Openb. 13).

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Die 8 "DIERE":

In hierdie pos het ons gekyk na die EERSTE DIER in hierdie spesifieke stel koninkryke.

Daar is 'n totaal van 8 sulke "diere" wat genoem word in die Skrif ('n spesifieke reeks koninkryke wat mekaar opvolg tot in die einde van dae net voor Jesus terugkom )(waarvan die laaste of 8ste verwys na die skarlakenrooi dier). Na wie elkeen van hierdie diere verwys, is somtyds 'n saak van interpretasie, en geleerdes verskil dus hieroor.  Hieronder volg 'n kort opsomming van hierdie"DIERE" in profesie wat dus konings en/of die volk of koninkryk voorstel, is: (l.w. dat sommige ander koninkryke ook hier ingesluit is omdat geleerdes dit somtyds insluit in profesie, alhoewel hulle nie in die Skrif in hierdie spesifieke reeks as diere-voorstellings gegee word nie )(die nommers wat hier gegee word is twee verskillende interpretasies...- ons kyk net na hierdie twee interpretasies, maar daar is natuurlik ook ander - die rede vir die verskillende interpretasies is omdat sekere inligting vir ons duidelik gegee word in die Skrif, en ander nie so duidelik nie).

- (1) die Egiptiese koninkryk kan volgens geskiedenis as die eerste gesien word (dier?)

- (2) die Assiriese koninkryk kan moontlik as een gesien word (sommige geleerdes sluit hierdie in in profesie;  alhoewel daar nie 'n dier-voorstelling is vir hierdie in profesie nie)(2 ?)

- (3)(1) Die BABILONIESE KONINKRYK - die LEEU (Dan. 7:4)(wat ook verwys na 'n koning, nl. die koning van Babel - vgl. met die kop op beeld in Dan. 2:32.36-38);

- (4)(2) Die MEDE & PERSIESE KONINKRYK - die BEER (Dan. 7:5)(wat ook verwys na 'n konings(s), nl. konings vd Mede & Perse - vgl. met die bors en arms op die beeld in Dan. 2:32,39;

   of voorgestel deur 'n RAM (Dan. 8:3,4,20 - en sy twee horings verwys na konings wat uit daardie koninkryk opgestaan het);

- (5)(3) Die GRIEKSE KONINKRYK - die LUIPERD (Dan. 7:6)(wat ook verwys na 'n koning, veral "die eerste koning" - vgl. met die buik en lendene op die beeld in Dan. 2:32,39)(4 vlerke en 4 koppe)

   of voorgestel deur 'n BOKRAM (Dan. 8:5,21,22 - en sy groot horing verwys na die eerste koning)(en die 4 horings wat in sy plek uitgekom het, verwys na 4 konings na 4 windstreke, en uit een van hierdie koning./koninkryke sal weer 'n ander horing opstaan);

- (6)(4) Die 4DE DIER KONINKRYK (Dan. 7:7)(wat deur baie gesien word as die Roomse koninkryk, en deur sommige as die Ottoman Ryk)  (die feit dat hierdie dier uiteindelik verbrand gaan word-Dan. 7:11, kan lyk of dit na die "vrou"-op die dier in Openb. 17 verwys - vrou=verborgenheid Babilon / groot stad Babilon wat heers oor die konings vd aarde)  (vgl. ook met die bene op die beeld Dan. 2:33.40, maar let op dat hierdie 4de dier se "bestaan" nie eindig voor die einde nie...Dan. 7:11,12 - sal bv. die hele aarde vertrap en dit verbrysel - dit kan maw ook die 5de en 6de koninkryk voorstel omdat die voete die laaste verdeelde koninkryk voorstel...)(10 horings - 10 konings/koninkryke staan uit hierdie koninrkyk op);

-    (5) Die VUURROOI DRAAK koninkryk (Openb. 12:3)(en stel ook 'n koning voor - baie geleerdes vgl. hierdie draak met die groot draak in die volgende gedeelte in Openb. 12 - in daardie geval sou die "koning" in hierdie geval verwys na die duiwel of satan )(7 koppe - 7 koninkryke is deel van hierdie koninkryk)(10 horings - 10 konings/koninkryke staan uit hierdie koninkryk op)(7 krone - 7 konings se mag/regeer), 

en word gewoonlik vgl. met die groot DRAAK (die ou SLANG / duiwel / satan)(Openb. 12:3,9)(ns: die Farao van Egipte word o.a. ook vgl. met 'n draak in Eseg. 29:3; 32:2);

- (7)(6) Die DIER UIT DIE SEE koninkryk (wat ook verwys na 'n koning-Openb. 19:20)(Openb. 13:1)(die draak gee sy mag en krag aan die dier uit die see)(kan moontlik vgl. word  met een vd twee voete op die beeld Dan. 2 - "verdeelde koninkryk")(7 koppe - 7 koninkryke is deel van hierdie koninkryk)(10 horings - 10 konings/koninkryke staan uit hierdie koninkryk op)(10 krone - 10 konings se mag/regeer);

-     (7) Die DIER UIT DIE AARDE koninkryk (wat ook verwys na die valse profeet-Openb. 19:20)(op ditto tyd as die "dier uit die see", en hy help die dier uit die see)("koning"=valse profeet -Openb. 16:13; 19:20; 20:10)(Openb. 19:20)(2 horings soos 'n lam - 2 konings/koninkryke staan uit hierdie koning op, of verteenwoordig hierdie "koning/koninkryk")(praat soos 'n draak);

- (8)(8) Die SKARLAKENROOI DIER koninkryk (Openb. 17:7,8,11)(kan moontlik vgl. word met die ander voet op die beeld Dan. 2 - "verdeelde koninkryk")(7 koppe - 7 koninkryke is deel van hierdie koninkryk - 5 het geval, 1 is, en die ander een moet nog kom (en sal dan vir 'n kort rukkie bly / skarlakendier is die 8ste)(10 horings - 10 konings/koninkryke staan uit hierdie koninkryk op);

             ook genoem die "dier uit die afgrond" (die 8ste)(wat was en nie is nie, alhoewel hy is-Openb. 17:8)(kan moontlik vgl. word met die "Babiloniese koninkryk", siende die vrou wat op hierdie dier sit ook verwys na die stad, groot Babilon)(Openb. 11:7).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------