Sommige inligting rondom eindtyd studies gaan oor INTERPRETASIE.

Daarom word verskillende interpretasies met die tyd bygevoeg waar geleerdes oor iets verskil, of somtyds word 'n verwysing gegee na 'n ander interpretasie - per geleentheid word 'n interpretasie verder bespreek.


Wys tans plasings met die etiket tekens van die tye. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket tekens van die tye. Wys alle plasings

Saterdag 14 Desember 2024

Ons moenie Sy wederkoms verhaas nie



Ons sien uit na die wederkoms, want ons verwag 'n nuwe hemele en aarde waarin geregtigheid woon... (2 Pet. 3:13).  Die tyd wanneer Jesus Christus terugkom is ook die tyd wanneer "hierdie verganklike met die onverganklike vervang word" (1 Kor. 15:53) - m.a.w., die wat in Hom glo sal nuwe liggame kry (dan sal die wat in Hom gesterf het, opgewek word uit die dood -sien "die opstanding"; en die wat nog in die lewe se liggame sal verander word -sien die "wegraping").  Alhoewel alles eers volkome nuut gemaak word aan die einde van die volgende bedeling, verwag ons dat baie vernuwing alreeds aan die einde van hierdie bedeling sal gebeur - dit is die tyd wanneer die vernuwing begin..., en sal voltrek word aan die einde van die "volgende eeu"-bedeling van 1000 jaar (2Pe 3:10 - "Maar die dag van die Here sal kom soos ‘n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand."). Die Skrif  verwys o.a. na hierdie toekomstige tyd as "DIE DAG VAN DIE HERE". Die term "dag vd Here" verwys nie net na die wederkoms self nie, maar kan o.a. soos 'n 1000 jaar tydperk gesien word... ('n sabbatsrus - een dag soos 'n 1000, en 1000 soos 1). In die volgende bedeling (1000 jaar) sal Jesus Christus as Koning oor die hele aarde regeer (Ps. 47:3), maar terwyl ons opgewonde is oor hierdie vooruitsig leer die Skrif ook dat ons 
NIE SY WEDERKOMS MOET VERHAAS NIE!  
---------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Moenie Sy wederkoms verhaas nie:

As jy reken jy leef in die laaste dae van hierdie (die "hierdie eeu") bedeling, dan moet die klem des te meer nou wees op om die evangelie te verkondig en heilig te lewe. DIE HERE VERTRAAG NIE DIE BELOFTE NIE, MAAR HY IS LANKMOEDIG EN WIL NIE HE DAT SOMMIGE VERGAAN NIE MAAR DAT ALMAL TOT BEKERING KOM... (m.a.w., die rede waarom dit langer neem voor die wederkoms plaasvind, is omdat die Here almal wil kans gee om tot bekering te kom - en dit moet ons wil ook wees!). 

(2Pe 3:8)  Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag.
(2Pe 3:9)  Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.
(2Pe 3:11)  Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie? —
(2Pe 3:12)  julle wat die koms van die dag van God verwag en verhaas, waardeur die hemele deur vuur sal vergaan en die elemente sal brand en versmelt.
(2Pe 3:13)  Maar ons verwag volgens sy belofte nuwe hemele en ‘n nuwe aarde waarin geregtigheid woon.

Die wederkoms sal gepaardgaan met vernuwing en uitkoms vir die heiliges, maar l.w. dat dit ook 'n vreeslike dag sal wees! - dit is 'n tyd van oordeel en wraak. Toe Jesus die eerste keer gekom het het Hy nie gekom om TE OORDEEL nie, maar wanneer Hy terugkom sal dit anders wees. Baie oordele vind rondom die tyd van die wederkoms plaas, o.a. sal gelowiges voor die regterstoel van Christus verskyn (Rom. 14:10; 2 Kor. 5:10).  Heelwat ander oordele gaan ook plaasvind, bv. die slag van Armageddon (Openb. 19:15-21, die val van Babilon (Openb. 18), en almal wat die wat die merk van die dier geneem het sal geoordeel word... (Openb. 14:11; 16:2). Natuurlik wil die Here he dat almal gered word en hulle tot Hom BEKEER;  almal sal die evangelie hoor en kans gegee word om reg te maak, maar profesie leer dat baie hulle nie sal bekeer nie... (Openb. 3:3; 9:20,21; 16:9,11) . En dit verwys nie net na ongelowiges wat hulle verhard teen die evangelie nie, maar verwys ook na gelowiges wat "nie gereed" sal wees nie;  bv. die wat hulle eerste liefde (nl. die Here) verlaat (Openb. 2:5),  valse leraars en profete wat in gemeentes toegelaat word (Openb. 20:20-22), en die wat "slaap" en "dronk" is (Openb. 3:1-3)... 

DIE WEDERKOMS SAL BAIE MENSE BETRAP! - ook Christene wat "nie gereed is nie". JESUS CHRISTUS SAL KOM "SOOS 'N DIEF IN DIE NAG". Die wederkoms word o.a. beskryf as 'n dag van duisternis in Amos 5...  (Amo 5:18-20 - "Wee die wat na die dag van die HERE verlang! Wat sal tog die dag van die HERE vir julle wees? Dit sal duisternis wees en geen lig nie. Soos wanneer iemand vlug vir ‘n leeu, maar ‘n beer loop hom raak; of hy kom in die huis en leun met sy hand teen die muur, en ‘n slang byt hom! Is die dag van die HERE nie duisternis en geen lig nie, ja, donkerheid sonder ‘n ligstraal?"). 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Hoe word die wederkoms verhaas:
Daar is niks fout met om uit te sien na die wederkoms nie, maar wanneer dit gepaardgaan met verkeerde hoop, dan kan hierdie hoop tot iemand se nadeel wees omdat hy NIE GEREED gemaak het nie. 'n Begeerte na die Here se koms is nie verkeerd nie, maar om Sy koms te verhaas is iets anders. Hoe verhaas iemand Sy wederkoms?

-  Gereedheid word somtyds verkeerdelik beskryf as "kennis van wanneer die tyd daar is":
Om kennis te he van die tekens van die tye maak jou nie gereed nie, maar eerder moet 'n aanwysing wees "om jouself gereed te kry". Terwyl daar vir ons baie tekens gegee is om te sien wanneer die tyd naby is, word "gereedheid" nie beskryf deur jou kennis van hierdie tekens nie, maar eerder om jou heilige lewe in orde te kry en seker te maak dat jy die nodige vrug dra wanneer Jesus terugkom.  Die tekens moet soos 'n herinnering wees dat jy moet aandag gee aan hierdie dinge... (2Pe 3:11)  Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie? — Wat help dit jy sien die tekens maar laat na om jouself gereed te kry. Ons moet dus verstaan wat dit beteken om GEREED te wees, want dit is nie soos dit somtyds deur sommige beskryf word nie.  Om die begrip beter te verstaan kan daar veral ingekyk word na die kontekste van die skrifte waar ons beveel word om onsself gereed te kry...  Die wat "slaap" en "dronk" is (geestelik bedoel) is bv. nie gereed nie...  "Om gereed te wees" beteken nie dat ons die tekens kan onderskei nie, maar gaan oor heilige wandel en vrug waaraan aandag gegee word wanneer ons die tekens onderskei en sien die tyd is naby. Baiemaal word die wederkoms verhaas op hierdie manier deurdat mense hoop die dag is nader omdat hulle die tekens onderskei, terwyl hulle eerder moet hoop dat daar meer tyd is sodat mense hulleself gereed kry. 

- A.g.v. miskonsepsies oor die wederkoms hoop sommige dat dit vinniger gebeur:
Sommige Christene is onder die miskonsepsie dat hulle weggeraap gaan word voor die Groot Verdrukking, en sien die wederkoms dus as 'n manier om redding te kry van verdrukking en van dit wat alles op die aarde gaan gebeur;  maar alhoewel die godsaliges redding sal kry,  moet ons verstaan waarna hierdie "redding" verwys;  bv., in konteks verwys dit na redding van die tweede dood, nie redding van verdrukking nie.  Natuurlik kan die Here jou red van verdrukking, ja! (2 Thess. 1:7), maar die wederkoms moet nie gesien word as 'n manier om "die groot verdrukking vry te spring of ontvlus" nie,  maar as 'n manier om redding te kry van verdrukking; m.a.w., dan word jy alreeds verdruk! - die Christen moet beried wees om sy lewe af te le ter wille van die Here. Die rede waarom ons dan verlossing kry van verdrukking is omdat ons verdruk word! (2 Thess. 1:7). Christene moet verdrukking verwag... (Matt. 10:22; 2 Kor. 4:8).  Baiemaal word die wederkoms verhaas op hierdie manier deurdat Christene hoop die dag kom nader omdat hulle nie deur verdrukking wil gaan nie, maar wat die Skrif eerder leer is dat by die wederkoms daar verligting gegee sal word aan die wat alreeds verdruk word (nie weggeraap word sodat hulle glad nie verdruk word nie).  Let wel dat in volgorde van gebeure wat aan die einde van dae sal gebeur, die Skrif leer dat verdrukking (asook die groot verdrukking) sal plaasvind voor die wederkoms (want die wederkoms vind eers plaas onder die 7de seel, terwyl die verdrukking tydperke lyk of dit val onder die 4de en 5de seel). Voor Jesus terugkom gaan baie dinge alreeds met die aarde gebeur. Bestudeer ons bv. ook die lering wat Jesus gegee het oor wat aan die einde gaan gebeur... (Matt. 24; Mark. 13; Luk. 8), dan is dit duidelik dat verdrukking (asook die groot verdrukking) gebeur voor Hy terugkom... Daar is sommige wat leer dat die wederkoms in twee dele geskied, tog is daar geen werklike basis vir hierdie lering in die Skrif nie. Baie Christene glo dat die wegraping plaasvind voor die wederkoms (asof dit die eerste deel is van die wederkoms), maar hulle laat na om die skrifte behoorlik te ondersoek en verstaan duidelik nie waaroor die "wegraping" gaan nie! (bv. dat dit eintlik deel is van "die opstanding", en volg terloops na die opstanding, nie voor dit nie...)(vir 'n pos hieroor gaan na: https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2017/05/die-doel-van-die-wegraping.html). Die doel vd wegraping is nie om die verdrukking vry te spring nie, en dus is die wederkoms nie bedoel om Christene te verlos van die groot verdrukking nie. Dit waarvan godsaliges verlossing sal kry volgens 2 Pet. (2 Pet. 2:9) is nie verdrukking soos sommige leer nie, maar die komende oordeel... (nl. die tweede dood)(vir 'n studie hieroor, gaan na: "godsaliges verlos"). Natuurlik is daar Christene wat nie versoek of getoets sal word soos die res van die wereld nie ('n "toets" wat natuurlik tot verdrukking kan ly, ja), maar dit beteken nie dat hulle heeltemal gevrywaar is van toetse en lyding nie, want kyk ons bv. na die betrokke "gemeente" van wie hierdie gese word in Openbaring is dit ook duidelik dat hulle gely het ter wille van die Here se naam (Openb. 3:7-13). Hulle het Sy woord bewaar en Hom nie verloën nie... (hulle het m.a.w. reeds 'n toets deurstaan! - dit is waarom hulle nie deur die betrokke toets sou gaan nie). Christene is nie gevrywaar van verdrukking nie (2 Tim. 3:12). (2Ti 3:12)  En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word.

- Wanneer iemand dink die Here skuld hom iets omdat hy Sy kind is:
Christene kan somtyds baie selfsugtig wees en dink die Here skuld hulle iets omdat hulle Hom dien (Luk. 17:5-10);  en natuurlik ja sorg die Here vir Sy kinders en antwoord hulle gebede en help hulle, ens., maar dit beteken nie dat ons geen lyding ervaar en gevrywaar is van dit wat op die aarde gebeur nie. Somtyds word die wederkoms verhaas omdat diesulkes glo dat dit hulle manier is om die komende dinge te ontvlug, maar wat ons liewer moet aandag gee aan is die heilige lewe en godsvrug. Die wederkoms moet nie gesien word as 'n manier om weg te kom van "die dinge wat met die aarde gaan gebeur" ( bv. aardbewings, hongersnood, pessiektes ens.) nie.  Liewer moet ons bereid wees om ons lewens neer te le... (Mar 8:35) - " Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil en om die evangelie ontwil verloor, hy sal dit red".

- Gee ag op die TEKENS VAN DIE TYE:
Die Here het vir ons duidelike tekens gegee, maar sommige verhaas die wederkoms omdat hulle nie ag gee op hierdie tekens en veral die volgorde van gebeure nie.  As gevolg daarvan is daar al baie verkeerd geraai oor wanneer die wederkoms sal wees, en Christenskap hierdeur bespot. Wanneer ons sulke foute maak, is dit nie net onsself wat nie vertrou kan word nie, maar ander mense dink dat hulle verdraaide afleidings is wat die Skrif leer, en dit het tot gevolg dat ook die Bybel in twyfel getrek word (terwyl hulle verdraaide leerstellings en afleiding eintlik glad nie is wat die Bybel leer nie!). Ons moet versigtig wees en die Skrif reg sny.  Die Bybel leer bv. dat daar spesifieke dinge gaan gebeur VOOR die wederkoms..., bv.: - EERS MOET DIE AFVAL KOM en DIE MENS VAN SONDE (die seun van verderf) GEOPENBAAR WORD: (2Th 2:1)  Maar ons vra julle, broeders, met die oog op die wederkoms van onse Here Jesus Christus en ons vereniging met Hom,(2Th 2:2)  om nie gou julle verstand te verloor of verskrik te word nie—deur gees of deur woord of deur brief wat van ons afkomstig sou wees—asof die dag van Christus al daar is.(2Th 2:3)  Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf.

Een rede waarom sommige vir valse christusse val, is omdat hulle die wederkoms verhaas: (Luk 17:22,23 - "En Hy sê vir sy dissipels: Daar sal dae kom wanneer julle sal begeer om een van die dae van die Seun van die mens te sien, en julle sal dit nie sien nie".  En hulle sal vir julle sê: Kyk hier! of: Kyk daar! Moenie gaan nie en moenie agterna loop nie.Volgens die konteks van bg. verse, waarsku Jesus ons dat ons moet pas op dat hierdie begeerte na Sy wederkoms, nie tot gevolg het dat ons agter valse Christusse aanloop nie"). Die wat val vir valse christusse, is duidelik "nie gereed nie". Daar is 'n tipe "godsaligheid" waar mense godsalig voorkom maar nie werklik is nie... Geloof gaan bv. o.a. oor "om die Here te gehoorsaam", maar nie almal verstaan dat dit deel van geloof nie. Wat presies glo jy van Jesus? Glo jy dat Sy woorde die waarheid is? (of glo jy liewer dit wat jy dink die waarheid is?).  Wat glo jy van Hom - bv. wie is Hy? (glo jy Hy is die Seun van God?, of glo jy Hy is bloot 'n profeet?). Glo jy dat Hy die enigste weg is vir vergifnis van sondes? (of glo jy dat daar ook ander wegte is om vergifnis te kry), ens ......... As ons hierdie dinge verkeerd kry kan ons maklik godsalig voorkom, tog nie godsaligheid he nie! Hierdie is die rede waarom mense somtyds vir valse christusse val. Inderdaad is "wat ons glo" belangrik, en "kennis van die waarheid" belangrik want dit gee die weg na godsaligheid... (Tit. 1:1). -(1Ti 6:3-10 - "As iemand iets anders leer en nie instem met die gesonde woorde van onse Here Jesus Christus en met die leer wat volgens die godsaligheid is nie,(1Ti 6:4)  dié is verwaand en verstaan niks nie, maar het ‘n sieklike sug na twisvrae en woordestryd waaruit ontstaan afguns, twis, lasteringe, bose agterdog,(1Ti 6:5)  nuttelose stryery van mense wat verdorwe in hulle verstand en van die waarheid beroof is en dink dat die godsaligheid winsgewend is. Onttrek jou aan sulke mense.)(1Ti 6:6)  Maar die godsaligheid saam met vergenoegdheid is ‘n groot wins.(1Ti 6:7)  Want ons het niks in die wêreld ingebring nie; dit is duidelik dat ons ook niks daaruit kan wegdra nie.(1Ti 6:8)  Maar as ons voedsel en klere het, moet ons daarmee vergenoeg wees.(1Ti 6:9)  Maar die wat ryk wil word, val in versoeking en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang.(1Ti 6:10)  Want die geldgierigheid is ‘n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor");  (2Ti 3:1-9 - "Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom.(2Ti 3:2)  Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig,(2Ti 3:3)  sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie,(2Ti 3:4)  verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God;(2Ti 3:5)  mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af.(2Ti 3:6)  Want uit hulle is die wat in die huise insluip en arme vroue gevange neem wat met sondes belaai is en deur allerhande begeerlikhede gedryf word,(2Ti 3:7)  wat altyd leer en nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie.(2Ti 3:8)  En net soos Jannes en Jambres Moses teëgestaan het, so staan ook hierdie mense die waarheid teë, mense verdorwe in die verstand, onbetroubaar ten opsigte van die geloof.(2Ti 3:9)  Maar hulle sal nie verder voortgaan nie, want hulle dwaasheid sal vir almal duidelik wees, soos ook dié van daardie manne geword het"). Wanneer iemand vir 'n valse christus val is hy eintlik besig om die wederkoms te verhaas, en glo dan dat dit alreeds gebeur het (terwyl dit nog nie gebeur het nie).  Hierdie miskonsepsie kan baie ander verkeerde verwagtinge ook tot gevolg het, bv. soos sommige dink en verkeerdelik leer dat ons alreeds in die 1000jaar vrederyk lewe!

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Hoekom is die TEKENS vir ons gegee?

TEKENS van die tye is nie vir ons gegee sodat ons die wederkoms verhaas nie, maar sodat ons onsself gereed kry en tyd het om ander te waarsku. Dit dan o.a. die rede waarom die evangelie aan "die hele wereld" verkondig sal word in die laaste dae (Matt. 24:14).  Wanneer ons die tekens sien moet ons des te meer mense roep tot bekering en die evangelie van Jesus Christus en die Koninkryk verkondig. Hierdie is die tyd waarin ons moet ag gee op die heilige lewe en godsvrug, want die tyd is naby... Daar is baie hieroor gesels in die eerste gemeentes, en hulle het geleef asof Jesus binnekort terugkom. Ons moet altyd so leef!, des te meer as ons die tekens vd einde wat vir ons gegee is begin te sien. 

IN PLAAS VAN OM TE HOOP DAT DIE DAG VAN DIE WEDERKOMS VINNIG KOM, MOET ONS LIEWER AANDAG GEE OM ONSSELF GEREED TE KRY:
Christene lyk somtyds nie veel verskillend vd wereld nie... - baie begeer bv. wereldse rykdom en besittings eerder as om ryk te word in die Here, en maak vir hulle skatte bymekaar op die aarde (Jak 5:3).  Sommige stap in opsetlik aanhoudende sonde en soek nie na die wil van die Here nie, maar lewe soos hulle wil en skets God soos hulle dink Hy behoort te wees...;  en neem selfs aanstoot wanneer daar 'n prys is vir hulle geloof of wanneer iemand die waarheid praat (Mat 10:38,39). En.sommige hang leerstellings aan wat hulle in hulle gehoor streel (2 Ti 4:3) - is altyd besig om te leer maar kom nooit tot die waarheid nie (2 Ti 3:7).  Hierdie is nie veel verskillend van hoe die wereld sien en dink nie... Ons moet seker maak dat ons reg dink en sien;  meer presies, dan ons sien soos die Here sien, want dan sal ons onsself gereed kry vir wat voorle. Ons oe moet op die Here wees, maak nie saak wat om ons gebeur nie. In Jesus se lering oor wat sal gebeur voor die einde (Matt. 24; Mark. 13: Luk. 8), begin Hy deur ons te waarsku teen misleiers (Matt. 24:4,5 - "En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie. Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei"). Later in die lering waarsku Hy ook teen valse profete (v.11,23). Nie almal in die Christelike kerk is deur die Here gestuur nie, maar onder die koring is daar baiemaal ook onkruid wat daar deur die duiwel geplant word om die uitverkorenes te probeer verlei (en l.w. dat hierdie gewoonlik gebeur wanneer die mense "slaap"). Hierdie verleiers leer leringe van duiwels en probeer die skape beweeg om wereldse leringe na te volg, en die wat gewoonlik daarvoor val is die wat nie bereid is om hulle lewens ter wille van die Here af te le nie. 

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Woensdag 13 November 2024

Die tyd is naby

Christene wag op die wederkoms van Jesus Christus. Daar is baie skrifte in die Bybel oor die einde van die wereld..., wanneer Jesus terugkom en saligheid voltrek word, en baie ander dinge sal ook rondom hierdie tyd gebeur, bv. dat Jesus Christus Sy ewige koninkryk oprig (wat begin met 'n 1000-jaar bedeling). Verskeie TEKENS word ook vir ons in die Skrif gegee wat 'n aanduiding is van wanneer hierdie "einde" naby is. 

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE WOORDE "DIE TYD IS NABY":

Dat ons kan weet wanneer die TYD VAN DIE WEDERKOMS NABY IS, is verseker (en die Skrif leer vir ons wat hierdie tekens is).  Ons leef beslis in "die laaste dae" en moet ook leef asof die tyd naby is, maar in 'n sekere konteks het Jesus gewaarsku teen hierdie soort woordgebruik! - die rede hiervoor is dat in 'n spesifieke konteks dit deur sommige verkeerd gebruik word om mense te mislei. Jesus het hierna verwys in Luk. 21:7,8 ("En hulle vra Hom en sê: Meester, wanneer sal dit dan wees, en wat is die teken wanneer dit gaan gebeur? En Hy antwoord: Pas op dat julle nie mislei word nie; want baie sal onder my Naam kom en sê: Dit is ek! en: DIE TYD IS NABY! Gaan dan nie agter hulle aan nie"). Hierdie is 'n waarskuwing teen valse christusse. Vgl. dit ook met (Matt. 24:4,5 - "En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie. Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei"). Daar is baie valse christusse wat oor die jare opgestaan het en mense mislei het (selfs vanaf die vroegste tye - 1 Joh. 2:18; 4:3 2 Joh. 1:7). Jesus se lering begin hier met dit en later verwys Hy weer daarna - En as iemand dán vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Kyk, daar! —moet dit nie glo nie.(Mar 13:22)  Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.(Mar 13:23)  Maar julle moet op jul hoede wees. Kyk, Ek het alles vir julle vooruit gesê. (Mat 24:26)  As hulle dan vir julle sê: Kyk, Hy is in die woestyn—moenie uitgaan nie; kyk, Hy is in die binnekamer—moet dit nie glo nie. Jesus leer ook vir ons hoedanig Sy koms sal wees! (sodat ons nie mislei word deur 'n ander soort "koms" nie) -  (Mat 24:27)  Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees. Openb. 1:7 maak die stelling dat "ELKE OOG SAL HOM SIEN" wanneer Hy terugkom... - (Openb. 1:7 - "Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!"). 

In konteks het Jesus hier gepraat oor die verwoesting van die tempel en Jerusalem wat ingeval word... (Matt. 24:1,2; Luk. 21:5-7; Mark. 13:1,2) - sommige geleerdes sien hierdie slegs as geskiedkundig; tog praat Hy ook hier in konteks "die einde van die wereld" en Sy Wederkoms... (Luk. 21:25-28; Matt. 24:3,29; Mark. 13:24-27) (en die volgorde wat Hy gee van gebeure daar is terloops basies 'n kort opsomming van wat min of meer beskryf word onder die 7 seels!). Al kan dus dele ook as geskiedkundig geneem word waar Jesus oor hierdie dinge en tekens praat, is dit ook so dat Hy verwys het na wat in die toekoms gaan gebeur, en dit sluit in die verre toekoms tot net voor Sy wederkoms (en in hierdie konteks is daar ook tekens wat vir ons gegee is oor wanneer die tyd naby is). 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
WAT IS DIE TEKENS WAT JESUS GEGEE HET VAN HOE ONS KAN WEET WANNEER DIE TYD VAN SY WEDERKOMS NABY IS?

- OORLOë:  (Mark. 13:7,8a)  Maar wanneer julle hoor van oorloë en gerugte van oorloë, moet julle nie verskrik word nie, want dit moet kom. Maar dit is nog nie die einde nie. Want die een nasie sal teen die ander opstaan, en die een koninkryk teen die ander
- HONGERSNODE, BEROERINGE, PESSIEKSTES EN AARDBEWINGS (Mark. 13:8bc) en daar sal aardbewings wees op verskillende plekke, en daar sal hongersnode wees en beroeringe. Hierdie dinge is ‘n begin van die smarte(Mat 24:7b)  ... en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke.
- VERDRUKKING: (verdrukking sal alreeds gebeur nog voor die groot Verdrukking later intree)(Mar 13:9)  Maar wees julle vir julleself op die hoede, want hulle sal julle oorlewer aan regbanke, en in sinagoges sal julle geslaan word en voor goewerneurs en konings gebring word om My ontwil, vir hulle tot ‘n getuienis. (Mat 24:9a)  Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak... (Mat 24:10)  En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat.
- DIE EVANGELIE sal onder verdrukking VERKONDIG WORD AAN ALLE NASIES: (Mar 13:10)  En die evangelie moet eers aan al die nasies verkondig word. (Mar 13:11)  En wanneer hulle jul weglei om julle oor te lewer, moenie julle vooraf kwel oor wat julle sal spreek nie, en moenie daaroor dink nie; maar wat julle in dié uur gegee word, dit moet julle spreek; want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Heilige Gees. (Mat 24:14)  En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.
- CHRISTENE SAL GEHAAT WORD: (Mar 13:12)  En die een broer sal die ander tot die dood oorlewer, en die vader sy kind, en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak. (Mar 13:13)  En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word. 
- ONGEREGTIGHEID SAL VERMEERDER en LIEFDE VAN MEESTE SAL VERKOEL: (Mat 24:12)  En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel.
- GRUWEL VAN VERWOESTING: (Mar 13:14)  En wanneer julle die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan waar dit nie behoort nie—laat hom wat lees, oplet—dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug; (Mar 13:15)  en wie op die dak is, moet nie afkom in die huis en ook nie ingaan om iets uit sy huis weg te neem nie; (Mar 13:16)  en wie op die land is, moet nie omdraai na wat agter is om sy kleed weg te neem nie. (Mar 13:17)  Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog, in daardie dae! (Mar 13:18)  En bid dat julle vlug nie in die winter mag plaasvind nie. (Mar 13:19)  Want daardie dae sal daar ‘n verdrukking wees soos daar nie gewees het van die begin van die skepping af wat God geskape het tot nou toe, en ook nooit sal wees nie. 
- GROOT VERDRUKKING: (Mat 24:15)  Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom—laat hy wat lees, oplet—(Mat 24:16)  dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug;(Mat 24:17)  wie op die dak is, moet nie afkom om iets uit sy huis weg te neem nie;(Mat 24:18)  en wie op die land is, moet nie omdraai om sy klere weg te neem nie.(Mat 24:19)  Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog, in daardie dae.(Mat 24:20)  En bid dat julle vlug nie in die winter of op die sabbat mag plaasvind nie.(Mat 24:21)  Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie.
- TER WILLE VD WAT VERDRUK WORD EN VLUG, SAL DIE DAE VERKORT WORD: (Mar 13:20)  En as die Here dié dae nie verkort het nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes wat Hy uitverkies het, het Hy dié dae verkort.
- VALSE CHRISTUSSE en VALSE PROFETE: (Jesus begin die lering hiermee, maar later word dit weer genoem - l.w. dat hierdie die tyd is waarin "die dier" en "valse profeet" sal optree, nl. in tyd van verdrukking)(Mar 13:21)  En as iemand dán vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Kyk, daar! —moet dit nie glo nie.(Mar 13:22)  Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.(Mar 13:23)  Maar julle moet op jul hoede wees. Kyk, Ek het alles vir julle vooruit gesê. (Mat 24:26)  As hulle dan vir julle sê: Kyk, Hy is in die woestyn—moenie uitgaan nie; kyk, Hy is in die binnekamer—moet dit nie glo nie. (Mat 24:27)  Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.
- SON VERDUISTER en MAAN SAL SY GLANS NIE GEE NIE en STERRE VD HEMEL SAL VAL, KRAGTE VD HEMEL SAL SKUD: (Mar 13:24)  Maar in daardie dae, ná dié verdrukking, sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie,(Mar 13:25)  en die sterre van die hemel sal val, en die kragte wat in die hemele is, sal geskud word.


WANNEER ONS HIERDIE TEKENS SIEN, DAN WEET ONS DIE TYD (van Jesus se Wederkoms) IS NABY! (Mar 13:26,27 - "En dan sal hulle die Seun van die mens op die wolke sien kom met groot krag en heerlikheid. En dan sal Hy sy engele uitstuur, en Hy sal sy uitverkorenes uit die vier windstreke versamel, van die einde van die aarde af tot by die einde van die hemel"). Hierdie is m.a.w. die TEKENS voor DIE WEDERKOMS! En l..w. dat die verdrukking en 6de seel gebeure VOOR dit plaasvind... - nl. son verduister en maan bloed, sterre val, ens. (dit waarna Jesus ook hier verwys), dit gebeur eers na die (groot) verdrukking, en dit is alles VOOR die Wederkoms: (Mat 24:29)  En dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word. (Mat 24:30)  En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid. Die verdrukking vind nie na die wederkoms plaas (soos sommige dink nie)... En Matt. 24:31 leer ook dat die uitverkorenes dan eers versamel gaan word... (nie voor die groot verdrukking nie);  m.a.w., die "wegraping" gaan nie plaasvind voor die groot verdrukking nie - vir 'n studie hieroor, gaan na: https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2017/05/die-doel-van-die-wegraping.html). En let ook daarop dat "die gruwel van verwoesting" VOOR die groot verdrukking is, en is dus 'n teken van wanneer die groot verdrukking gaan begin... (Mark. 13:14).  En vir die gruwel om opgerig te word moet die tempel gebou wees (kyk Openb. 11). Daar is natuurlik heelwat ander dinge wat in die boek van Openbaring genoem word (bv. die twee getuies, ens.), wat ook alles dinge is wat gebeur voor die Wederkoms, maar ons gaan nie nou daarby stilstaan nie (op 'n ander pos word hierdie tekens bespreek).

Jesus het verder ook die opmerking gemaak dat die geslag wat hierdie tekens sien..., sekerlik nie verby sal gaan voordat alles (van die einde) gebeur het nie (Mar 13:30-32 - "Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie. Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie. Maar van daardie dag en dié uur weet niemand nie, ook nie die engele in die hemel of die Seun nie, maar net die Vader"). Dit is m.a.w. die laaste geslag op aarde van die huidige "hierdie eeu"-bedeling";  daarna volg die "volgende eeu"-bedeling (die 1000 jaar waarin Jesus sal regeer oor die hele aarde, en die wat gered word sal saam met Hom regeer). 
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
ONS MOET ALTYD LEEF ASOF DIE TYD NABY IS: 

IN DIE BETROKKE LERING HET JESUS BAIE KLEM GELê DAAROP DAT ONS ONS NIE MOET LAAT MISLEI DEUR VALSE CHRISTUSSE EN VALSE PROFETE NIE (wat bv. hierdie selfde woorde "die tyd is naby" sal gebruik om mense te mislei), EN HY WIL Hê DAT ONS "GEREED" MOET WEES VIR SY WEDERKOMS. Dit is nie die Here se wil dat kinders van die Koninkryk onverwags betrap moet word nie, en Hy wil hê dat elkeen seker maak hy is gereed (vir die wederkoms)(Mark. 13:28,29 - "En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is.  So weet julle ook, wanneer julle hierdie dinge sien gebeur, dat dit naby is, voor die deur"). In die betrokke lering bemoedig Jesus hulle verder om TE WAAK, want niemand weet wanneer die tyd daar is nie.  Die Here het vir ons 'n paar tekens gegee, maar niemand weet die dag en uur wanneer Jesus terugkom nie (behalwe die Vader)(Mark. 13:32 - "Maar van daardie dag en dié uur weet niemand nie, ook nie die engele in die hemel of die Seun nie, maar net die Vader"). Ons hoef nie te probeer uitwerk wanneer daardie dag en uur is nie, want dit is nie vir ons gegee om te weet nie! -  baie mense het al die dag en uur probeer raai wanneer Jesus terugkom, maar wat dit gewoonlik eerder tot gevolg het is dat Christenskap bespot word. Waarop Christene liewer moet ag gee is om GEREED te wees, en met daardie woorde word iets baie spesifiek bedoel... (Mar 13:33-37 - "Pas op, waak en bid, want julle weet nie wanneer die tyd daar is nie. Dit is soos ‘n man wat op reis is, wat sy huis agtergelaat en sy diensknegte volmag gegee het, en vir elkeen sy werk, en aan die deurwagter bevel gegee het om te waak. Waak dan, want julle weet nie wanneer die eienaar van die huis kom nie: in die aand of middernag of met die haangekraai of vroeg in die môre nie; dat hy nie miskien skielik kom en julle aan die slaap vind nie. En wat Ek vir julle sê, sê Ek vir almal: Waak!"). Wat Jesus hier leer oor wat dit beteken om gereed te wees, is nie om te weet presies wanneer Hy terugkom nie, maar gaan oor of jy besig is om Sy wil uit te voer.  Daar is baie skrifgedeeltes waarin daar gepraat word oor die belangrikheid van "om gereed te wees"(bv. o.a. moet ag gee op heilige wandel en godsvrug, bereid wees om lewe te verloor en verdrukking te ervaar, rykdom in die Here, vashou, ens.).

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Is ons in die laaste dae?

Die term "laaste dae" (2 Tim. 3:1; Jak. 5:3) is 'n term wat nie net gebruik word vir "die einde nie, maar eintlik vir die laaste 2000 jaar. Vandat Jesus opgevaar het hemel toe wag ons op Sy wederkoms, en was elke Christen van daardie tyd af in "die laaste dae" (Hand. 2:17; Hebr. 1:1) - dit is hoe ons onsself gereed moet hou.  Ons moet altyd leef asof ons in die laaste dae is en die einde om die draai, en asof die TYD NABY is... (1Pe 4:7  En die einde van alle dinge is naby; wees dan ingetoë en nugter, om te kan bid.)(Jas 5:8  Julle moet ook geduldig wees; versterk julle harte, want die wederkoms van die Here is naby.) (Openb. 1:3  Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.). 

ONS IS IN DIE LAASTE DAE! - alreeds vanaf Jesus se opvaarding: (Hand.  2:17-21 - "En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom. En ook op my diensknegte en diensmaagde sal Ek in dié dae van my Gees uitstort, en hulle sal profeteer. En Ek sal wonders gee bo in die hemel en tekens onder op die aarde, bloed en vuur en rookdamp. Die son sal verander in duisternis en die maan in bloed voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom.  En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word").  In die dae waarin ons lewe (die dae voor Jesus terugkom - die laaste 2000 jaar) sal elkeen wat die Naam van die Here aanroep (die wat in Hom glo) gered word.  Die Gees is ook al uitgestort! (die wat die Gees ontvang het die Here by hulle en ontvang ook gawes van die Gees). Verseker is ons in die laaste dae... (alhoewel daar ook 'n uitstorting verwag word nadat Jesus teruggekom het). 

ONS LEEF IN DIE LAASTE DAE VOOR DIE EINDE..., MAAR AS ONS DIE BOGENOEMDE TEKENS ALLES GEWAAR (soos bo beskryf - Matt. 24; Mark. 13; Luk. 8), dan is ons deel van die laaste generasie van "die laaste dae" (dan is die wederkoms om die draai). 
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------