Sommige inligting rondom eindtyd studies gaan oor INTERPRETASIE.

Daarom word verskillende interpretasies met die tyd bygevoeg waar geleerdes oor iets verskil, of somtyds word 'n verwysing gegee na 'n ander interpretasie - per geleentheid word 'n interpretasie verder bespreek.


Wys tans plasings met die etiket verheerlikte liggame. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket verheerlikte liggame. Wys alle plasings

Sondag 27 Julie 2025

"Die wegraping"

Die "WEGRAPING" is 'n woord wat algemeen gebruik word om na 'n spesifieke geval van "WEGGEVOER" te verwys, spesifiek in die konteks van waar die (in Christus) nuwe liggame sal kry en dan met Hom verenig word...(1 Thess. 4:13-18; 1 Kor. 15)(bestudeer "die eerste opstanding": https://warechristene.blogspot.com/2023/11/die-eerste-opstanding.html). Hierdie mense sal nuwe liggame kry, en dit sal in 'n spesifieke volgorde gebeur..., nl. dat die wat in Christus ontslaap het eers sal opstaan in nuwe liggame, en daarna sal geestelike mense wat nog in die lewe is wanneer Jesus terugkom, ook nuwe liggame kry - en almal van hulle sal weggevoer word in die lug en die Here ontmoet in die wolke.  

Vir 'n studie oor die soort liggame wat hulle sal kry, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2017/11/verheerliktegeestelikeonverganklike.html

1 Kor. 15:52 verklaar o.a. dat dit sal gebeur met die "laaste basuin" (1 Thess. 4:16; 1 Kor. 15:51)(kyk basuine onder die 7de seel). Jesus het ook geleer dat Sy wederkoms, asook die versameling van al die uitverkorenes uit die 4 windstreke, sal plaasvind ná die (groot) verdrukking (Matt. 24:25)(lees in konteks: Matt. 24:15-31). Vir meer skrifte hieroor kan die volgende pos ook bestudeer word: https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2017/05/die-doel-van-die-wegraping.html.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Wat is die "wegraping" / BETEKENIS:

Die WEGRAPING (soos oor die algemeen daarna verwys word, alhoewel die woord "weggevoer" eerder in die AOV gebruik wordis beslis iets wat sal gebeur!, maar ons moet verstaan dat waar hierdie betrokke woord onder Christene gebruik word, hulle gewoonlik verwys na 'n spesifieke gebeurtenis..., nl. die vernuwing van liggame en vereniging met Jesus. Die woord "wegraping" word wel deur meeste gebruik om na hierdie betrokke gebeurtenis te verwys, maar die woord wat die Skrif eintlik hiervoor gebruik, is die woord "weggevoer" (Gr. woord hardpadzo) (wat terloops in ander skrifte, waar hierdie Gr. woord ook voorkom, weer vertaal is as "weggeruk", "weg te neem", "ruk". of "met geweld neem" - rol af vir 'n opsomming hieroor). 

Die woord "wegraap" word tog in die AOV gebruik, maar nie in hierdie spesifieke konteks nie (maar in gevalle waar dit na verwoesting verwys, bv. Sef. 1:2,3;Jer. 8:13).  In 1 Thess. 4, waar die woord "weggevoer" gebruik word, verwys dit na die wat nuwe liggame kry wat weggeruk sal word... (Gr. woord harpadzo, wat beteken "pluk, met geweld wegneem, wegvoer of opneem.. Maar in alle ander kontekste, waar die woord "weggevoer" in die Skrif gebruik word, verwys dit nie na hierdie konteks nie!  Alhoewel daar dus verskillende gevalle is van wegvoerings in die Skrif, is dit nie altyd in konteks met hierdie spesifieke gebeurtenis waar gelowiges nuwe liggame kry (1 Thess. 4:13-18;1 Kor. 15) nie. Daar is net een geval waar dit in konteks van dit gebruik word, en dit is in 1 Thess. 4. 

Met Christus se wederkoms sal 
(1) die wat in Christus gesterf het (eers) opstaan (en hulle sal nuwe liggame kry), en 
(2) dan "die wegraping"... - dan sal gelowiges wat nog in die lewe is, ook nuwe liggame kry... (1 Thess. 4:13-18)(1Th 4:17 " Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees")(vgl. dit gerus met 1 Kor. 15)

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------IS DAAR VERSKILLENDE WEGRAPINGS?

Daar is verskeie "wegvoerings" in die Skrif, maar slegs EEN vb waar dit spesifiek verwys na die "nuwe liggame en verneniging met die Here" ; in ander woorde, wat "die wegraping" aanbetref is daar net een vb..., maar wat "wegvoerings" of "weggeruk" aanbetref is daar verskeie gevalle... (en terloops, nie al hierdie gevalle verwys na "weggeruk" na die hemel nie!). Bv., Hand. 8:39 is 'n geval van "weggeruk" (harpadzo), waar Filippus weggevoer word na 'n ander plek op aarde, maar duidelik is die konteks nie daar dat hy 'n nuwe liggaam kry en met die Here verenig word nie. Die verskillende "wegvoerings" of "wegrukkings" in die Skrif word somtyds ongelukkig uit konteks geneem en verkeerdelik toegepas in ander kontekste. 

Dat iemand "weggevoer kan word deur die Gees" is egter niks snaaks nie! - daar is selfs 'n paar voorbeelde in die O.T. waar profete weggevoer is na 'n ander plek (bv. in die hemel of op aarde) - wat terloops nie bloot net verwys na "in die gees" nie, maar kan ook fisies wees (fisies-2 Kon. 2:16) (in die gees-1 Kon. 18:12; Eseg. 3:12-14; 8:3; 11:24; - of weggevoer om iets te wys-Openb. 17:3; 21:10).  2 Kor. 12:2-4 (waar die woord harpadzo ook gebruik word) maak ook melding van iemand wat weggevoer is (in hierdie geval, na die hemel), en Paulus noem o.a. daar dat hy nie weet of dit in die vlees (in die liggaam) of in die gees (buite die liggaam) was nie... Openb. 12:5 is nog 'n voorbeeld van "weggeruk" (harpadzo)(vd manlike kind wat weggeruk word na die hemel), maar ook hier is die konteks NIE om "nuwe liggaam en die vereniging" te kry nie... Duidelik is hierdie ander gevalle van "weggevoer" se konteks anders as die geval van 1 Thess. 4, en die kontekste moenie verwar word nie! 

Natuurlik kan die woord "wegvoer" ook bloot verwys na iemand wat deur ander mense weggevoer word... (Gen. 14:14; 31:26; Jer. 29:4; ens.). En in 'n spesifieke konteks kan die woord "weggevoer" selfs verwys na verwoesting, maar dan word gewoonlik ook ander Gr. of Hebr. woorde gebruik..., bv. in Matt. 24:39 (van die wat in die sondvloed "weggevoer" was). 

Die Gr. woord "harpadzo" word in die volgende kontekste gebruik:

(AOV)

-(1) WEGGEVOER (1 Thess. 4:17; Hand. 8:39)

-(1Th 4:17)  Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees. KONTEKS? - na die lug weggeruk / die opstanding/die wat nuwe liggame kry en hulle vereniging met die Here.

-(Act 8:39,40)  En toe hulle uit die water opklim, het die Gees van die Here Filippus skielik weggevoer, en die hofdienaar het hom nie meer gesien nie, want hy het sy weg met blydskap gereis. Maar Filippus is in Asdod gevind. En hy het die land deurgegaan en die evangelie verkondig in al die stede, totdat hy in Cesaréa gekom het. KONTEKS? - Filippus weggevoer om te bedien.

-(2) WEGGERUK (Openb. 12:5; 2 Kor. 12:2,4)

-(Rev 12:5)  En sy het ‘n manlike kind gebaar, wat al die nasies met ‘n ystersepter sou regeer; en haar kind is weggeruk na God en sy troon. KONTEKS: Na die hemel weggeruk.

- (2Co 12:2)  Ek weet van ‘n man in Christus, veertien jaar gelede—of dit in die liggaam was, weet ek nie, of buite die liggaam, weet ek nie, God weet dit—dat so iemand weggeruk is tot in die derde hemel  /  (2Co 12:4)  dat hy weggeruk is in die Paradys en onuitspreeklike woorde gehoor het wat ‘n mens nie mag uitspreek nie. KONTEKS: Na die hemel weggeruk.

-(3) RUK (Joh. 10:28,29;).

-(Joh 10:28)  En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie. KONTEKS: Die wat aan Christus behoort kan nie (sonder hulle wil) weggeskeur word van Hom nie.

-(Joh 10:29)  My vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie.

-(4) WEG TE NEEM (Hand. 23:10)

-(Act 23:10)  En toe daar ‘n groot twis ontstaan het en die owerste oor duisend gevrees het dat Paulus deur hulle verskeur sou word, het hy die soldate bevel gegee om te gaan en hom met geweld weg te neem onder hulle uit en in die kamp te bring. KONTEKS: Paulus is deur soldate verwyder om sy lewe te spaar.

-(5) MET GEWELD NEEM (Joh. 6:15; Matt. 11:12)

-(Joh 6:15)  En toe Jesus merk dat hulle wou kom en Hom met geweld neem om Hom koning te maak, het Hy weer weggegaan na die berg, Hy alleen. KONTEKS: Hulle wou Jesus wegruk en koning maak.

-(Mat 11:12)  Maar van die dae van Johannes die Doper af tot nou toe word die koninkryk van die hemele bestorm, en bestormers gryp dit met geweld. KONTEKS: Die koninkryk vd hemele met geweld gryp...

Dit is duidelik dat die "wegraping", wat verwys na "nuwe liggame kry en dan vereniging met Jesus Christus", net in een skrif in die betrokke konteks gebruik word. Siende die woord "wegraping" gewoonlik gebruik word in hierdie konteks, is daar dus net een geval in Skrif wat melding maak van die "wegraping" (maar baie gevalle wat melding maak van weggevoer/weggeruk in ander kontekste).

Vir 'n studie oor die term "weggeruk", gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2025/06/die-term-weggeruk.html.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------SKRIFTE van belang:

(1Th 4:13)  Maar, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie.

(1Th 4:14)  Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring.

(1Th 4:15)  Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie.

(1Th 4:16)  Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep (WEDERKOMS), met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God (LAASTE BASUIN); en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan (OPSTANDING).

(1Th 4:17)  Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.

(1Th 4:18)  Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.


VERGELYK DIT GERUS MET 1 KOR. 15: .......(1Co 15:51)  Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie (SOMMIGE CHRISTENE SAL NOG IN DIE LEWE WEES WANNEER JESUS TERUGKOM), maar ons sal almal verander word (NIE NET DIE WAT GESTERF HET IN CHRISTUS SAL NUWE LIGGAME KRY NIE, MAAR GEESTELIKE MENSE WAT NOG IN DIE LEWE IS WANNEER JESUS TERUGKOM, SAL OOK VERNUWE WORD), (1Co 15:52)  in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin (1 Thess. 4:16); want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word...........  

Kyk die volgorde in bg. skrifgedeelte:

- (1) die wat in Christus gesterf het sal eers onverganklik opgewek word;

-(2) en dan sal die wat nog in die lewe is ook verander word.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------