Sommige inligting rondom eindtyd studies gaan oor INTERPRETASIE.

Daarom word verskillende interpretasies met die tyd bygevoeg waar geleerdes oor iets verskil, of somtyds word 'n verwysing gegee na 'n ander interpretasie - per geleentheid word 'n interpretasie verder bespreek.


Wys tans plasings met die etiket oes. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket oes. Wys alle plasings

Donderdag 08 Junie 2017

Wanneer is die einde van die wêreld? En wat sal dan met die aarde gebeur?

"DIE EINDE" (Mark. 13:7)(Matt. 24:14) word ook na in die Skrif 
verwys as 
- "die einde van dae" (2 Pet. 3:3); of 
- "einde van dinge" (1 Pet. 4:7).  

Andersins word van die dag van die wederkoms ook gepraat as die "voleinding van die wêreld" (Matt. 24:3); of "die einde" (Matt. 24:6,14). En nog 'n ander begrip wat gebruik word, is "tot die einde toe" (1 Kor. 1:8).  
_________________________________________________________________
(Mat 24:36)  Maar van dié dag en dié uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele nie, maar net my Vader alleen.  Niemand van ons kan presies weet die dag en uur wanneer "die einde" is nie, alhoewel dit duidelik is dat dit verwys na die tyd van, en laaste dae voor, Christus se WEDERKOMS.

Die woorde"EINDE VAN DIE WêRELD" verwys meer spesifiek na: 
-  die einde van die HUIDIGE EEU.  M.a.w., aan die einde van hierdie eeu, en 
-  die begin van die VOLGENDE EEU - dan sal Christus Jesus Sy koninkryk verwek hier op aarde (wanneer Hy terugkom) - 'n ewige koninkryk wat begin met die 1000 jaar Ryk (bekend as "die VOLGENDE of TOEKOMENDE EEU")(http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/07/hierdie-eeu-volgende-eeu.html).    (http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/07/jerusalem.html).
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------
Alhoewel daar baie dinge met die wêreld gaan gebeur voor die einde kom (soos die toename in aardbewings en afsterf van diere, ens.-Matt. 24:7, Hos. 4:3...), is dit alles net tekens dat die einde om die draai is (want die sonde word vol... rol ondertoe om dit beter te verstaan). Die toestand van die wêreld en dit wat huidiglik met die aarde gebeur, het meer te doen met die probleem van "sonde" en is ook in hierdie toestand AS GEVOLG VAN SONDE ! (Jes. 24:1-5).  Dit sal beslis net erger word, in ag geneem hoeveel bloedskuld daar in die wêreld is wat o.a. veroorsaak word deur sondes soos bloedvergieting (moordpleeg en aborsies), kinders wat hulle ouers vloek (ongehoorsaam aan ouers -1Tim. 3:2), homoseksualisme (mans wat bymekaar lê, en vrouens wat bymekaar lê -Rom.1), hoerery (vleeslike gemeenskap buite die huwelik), oproep van geeste, waarsêery (raadpleeg die bose), afgodediens (geestelike hoerery) (afgodspraktyke)... ens. (Num. 35:33,34; 2 Kon. 21:16;24:4; Jer. 26:15;)(vir 'n lys van sondes wat bloedskuld veroorsaak, gaan na:  http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/bloedskuld-1.html). Reeds in Genesis het ons gesien watter effek SONDE op die aarde het:  -dit ontheilig die aarde. (Gen. 3).  Jes. 24:5 - "Want die aarde is ontheilig onder sy bewoners; want hulle het die wette oortree, die insetting geskend, die ewige verbond verbreek". Die woord "ontheilig" verwys deels na hoe dit wat afgesonder is "gewond" word - en kan ook verwys na wanneer dit wat heilig (afgesonder) is, besoedel word (Hebr. 13:4; Gen. 35:22...). Die aarde is geheilig (AFGESONDER), maar as die mens dit ontheilig, dan is hy besig om dit wat afgesonder is, te "wond"! (en te besoedel) - http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/09/verontreinig-ontheilig.html. Min mense het vandag respek vir dit WAT HEILIG is. As iemand regtig respek het vir die aarde (as "geheilig"), dan sal hy ook respek he vir die eerste 2 gebooie. Om vir die aarde om te gee (en dit te hanteer as heilig en afgesonder), beteken baie meer as net "groen" gaan! Bv., die een wat sy broeder 'n dwaas noem, besef nie watter invloed dit het op die grond waarop hy lewe nie...  Die wat geen vrees het vir sy Skepper nie en Hom bv. loop en laster, weet nie watter invloed dit het op die aarde nie!  Dit is die breek van hierdie eerste 2 gebooie wat veroorsaak dat die land "breek". 

As iets besoedel (of besmet) word, dan is dit "nie skoon nie" en het dit tot gevolg dat dit ontheilig word.  Die huwelik is bv. heilig (man en vrou afgesonder vir mekaar) en skoon, maar wanneer een van hulle egbreuk pleeg, dan word die afsondering gewond (ontheilig) en dan is daardie bed besmet.  Maar wat ons moet verstaan is dat BESOEDELING of BESMETTING 'n gevolg het! - net soos die sondeval 'n gevolg gehad het - maar die effek was nie net op die mens nie, maar ook op die aarde! Christene is bv. SKOONGEWAS en AFGESONDER vir die Here, maar as hulle hulself verontreinig en nie bekeer daarvan nie, dan kan dit tot gevolg hê dat hulle ONTHEILIG word (want "besmetting" het altyd 'n gevolg, tensy dit rein gemaak en rein verklaar word).  DIE VOELS VAN DIE HEMEL, VISSE VAN DIE SEE, EN DIERE VAN DIE VELD IS BESIG OM WEG TE KWYN (Hos. 4:3) a.g.v. die mens se sonde (http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2015/03/want-die-aarde-is-ontheilig-onder-sy.html). As ons regtig omgee vir die diere en alles wat op hierdie aarde geskep is, dan moet ons begin ag gee op die Here se gebod. Hoe meer goddeloses, hoe meer word die sonde vol, en hoe meer word die aarde daardeur "gebreek"... Daar is 'n rede waarom Sodom en Gemorra bv. vernietig is, want die grond onder hulle het uitgeroep na die Here!, en hulle sondes het vol geword...  Hierdie sondes wat o.a. bloedskuld veroorsaak, het 'n invloed op die land omdat hulle die land ontheilig. Is ons besig om terug te beweeg na dae wat beskryf kan word as "soos in die dae van Noag"? - toe alles op die aarde vernietig is deur die sondvloed behalwe die wat deur die Here gered is? Inderdaad is dit presies wat gaan gebeur, en dit is slegs die wat hoop en glo in Christus Jesus, wat gered sal word.  Dit behoort nie vir ons snaaks te wees dat die aarde omgekeer gaan word voor en wanneer Christus terugkom nie!, want daar sal soveel goddeloosheid wees op die aarde (2Pe 3:12 - julle wat die koms van die dag van God verwag en verhaas, waardeur die hemele deur vuur sal vergaan en die elemente sal brand en versmelt. (2Pe 3:13)  Maar ons verwag volgens sy belofte nuwe hemele en ‘n nuwe aarde waarin geregtigheid woon"). Christus se wederkoms sal gepaardgaan met OORDEEL en daardie "oes" behels o.a. die slag van Armageddon en die val van Babilon (Openb. 18:24), want ons moet onthou dat die gevolg van sonde nie net die mens beinvloed nie (die dood), maar ook die aarde beinvloed (Gen. 3:17-19)!  En om die aarde weer skoon te maak, moet die bloedskuld uit die land verwyder word (Deut. 32:43).  Die gevolge van die sonde sal wel gesien word op die aarde (net soos in die dae van Noag), en baie dinge sal met die aarde gebeur, maar die Here kom om wraak te neem (op die wat die aarde besoedel) - Hy sal kom en Sy land genees en Sy dorsvloer deur en deur skoonmaak (Matt. 3:12,17): -(Mat 24:37)  "En net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees. (Mat 24:38)  Want net soos hulle was in die dae voor die sondvloed toe hulle geëet en gedrink het, getrou en in die huwelik uitgegee het, tot op die dag dat Noag in die ark gegaan het, (Mat 24:39) en dit nie verstaan het voordat die sondvloed gekom en almal weggevoer het nie, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees").  Wie is dit wat aangeneem gaan word?, en wie is dit wat verlaat sal word? (2Th 1:7)  en aan julle wat verdruk word, verligting te gee saam met ons in die openbaring van die Here Jesus uit die hemel met sy magtige engele (2Th 1:8)  in vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat God nie ken nie en op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie).  Wanneer Hy terugkom, sal Hy die skape van die bokke skei... En Hy sal Sy kinders oordeel, en skeiding maak tussen koring (Christene wat vrug dra) en kaf (Christene wat nie vrug dra nie).  Die engele sal ook uitgestuur word om skeiding te maak tussen die koring (ware christene) en die onkruid (die voorgee-Christene).  Die finale "skoonmaak" sal plaasvind aan die einde vd 1000 jaar Ryk.... -Openb. 21,22: (weer) nuwe hemele en nuwe aarde; en die stad, die nuwe Jerusalem, sal dan uit die hemel (3de hemel) op die aarde neerdaal - (Openb. 21:27 - "En daarin sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie; maar net die wat geskrywe is in die boek van die lewe van die Lam").
_________________________________________________________________________________


Hoe meer sonde, hoe meer gaan die wereld agteruit - en 

so word die sonde vol... 
(Die Skrif leer vir ons dat daar 'n vreeslike "afval" sal wees in die laaste dae - http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2015/03/eers-moet-die-afval-kom.html).  
Die gevolg?  
- Die diere en voels en visse sal wegkwyn (soos ons huidiglik sien en dit word al erger)(Hos. 4:3).  
- Hongersnode, pessiektes, aardbewings, verskriklike dinge, groot tekens van die hemel.... (Matt. 24:7; Luk. 21:11...).  
- Verder sien ons onder die 6 de seel vreeslike dinge wat met die aarde sal gebeur, o.a. hoe die kragte van die hemele geskud sal word, die hemel wegwyk soos 'n boek wat toerol, berge en eilande wat uit hulle plekke versit, see en branders wat dreun, sterre wat val op die aarde soos 'n vyeboom wat geskud word ens. - en l.w., dan het "die wraak van God" nog nie gekom nie! - wat eers sal plaasvind onder die 7de seel. 

In die O.T. was daar 'n manier waarop die met bloedskuld vir die bloedskuld kon betaal, sodat die land weer genees word, en dit was wanneer die skuldige met sy eie bloed daarvoor betaal het (onthou dat sonde nie net die mens beinvloed nie, maar ook die aarde! - hierdie "betaling" gaan dus ook oor "om die invloed wat daardie sonde het op die aarde, skoon te maak"); of somtyds was dit betaal deur iemand anders se bloed, in dieselfde bloedlyn maar iemand uit daardie nageslag wat ook skuldig was aan bloedskuld (Luk. 11:51)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/bloedskuld-1.html). Dit beteken egter nie dat bloedskuld oorgedra word van een persoon na 'n ander asof almal in dieselfde bloedlyn nou 'n vervloekte is nie!, maar wat dit beteken is dat iemand in daardie bloedlyn vir daardie bloed gaan betaal, en dat dit sal gebeur deur iemand in dieselfde bloedlyn wat self ook bloedskuld dra! (2 Kon. 14:6; 2 Sam. 21; Luk. 11:50; Eseg. 18...). Hoekom het sonde wat bloedskuld veroorsaak  nie net 'n effek op die mens nie, maar ook op die aarde? Die rede is "die eerste 2 gebooie!".  Bv., God gee soveel om vir elke mens, dat Hy elke mens se bloed sal eis. Waar iemand iemand anders te na kom, sal hy moet verantwoording doen daarvoor, want God gee om vir elkeen van Sy skepsels (Gen. 9:5,6). Wanneer iemand bv. egbreuk pleeg, dan is hy nie alleen self besig om net te sondig nie, maar hy kom ook iemand anders te na (terwyl hy sondig)(en die grond sal getuig hiervan!). 'n Goeie vb. van bloedskuld is die van Kain (wat vir Abel doodgemaak het).  (Gen 4:10 - "En Hy sê: Wat het jy gedoen? Die stem van die bloed van jou broer roep na My van die aarde af") - amper asof die GROND hom aankla by die Here! En dit sal nie ophou om hom aan te kla tot daar vir die bloedskuld betaal is nie... (en l.w. dat al die regverdige bloed wat in die O.T. vergiet is, maar nie voor betaal was nie - soos Abel - se bloed wel toe op die ou end betaal is! - Matt. 23:35).  

Die "met bloedskuld" in die O.T., is genoem: die vervloektes - daar was geen offer wat vir hierdie skuld (wat die gevolg is van sekere sondes, en veroorsaak dat die aarde breek) kon betaal nie (behalwe natuurlik die bloed van die een met bloedskuld), want die grond sal uitroep totdat die bloed uiteindelik gewreek is - dan is dit weer skoon van die besoedeling.  (Num 35:33 - "En julle mag die land nie ontheilig waar julle in is nie; want die bloed ontheilig die land, en vir die land word geen versoening gedoen vir die bloed wat daarin vergiet is nie, as net deur die bloed van hom wat dit vergiet het"). Bloeskuld is die gevolg van wanneer iemand nie barmhartig is nie en daarom sal Christus die skape van die bokke skei wanneer Hy terugkom (Matt. 25), want die lys van VERVLOEKTES het nie verander van O.T. na die N.T. toe nie - die wat nie barmhartig is nie, word gesien soos bokke en sal vervloek word! (Matt. 25:41). Dus, ook in die N.T. is dit steeds die wat afgodediens beoefen, leuenaars, hoereerders, homoseksualisme, moordenaars, onbarmhartiges, kwaarsprekers, geweldenaars, haters van God, ongehoorsame kinders, ......ens. wat gesien word as die vervloektes en die "wat die dood verdien" (Rom. 1; Openb. 21:8; 1 Kor. 6:9,10...).  Dieselfde dinge wat in die O.T. bloedskuld veroorsaak het, veroorsaak steeds bloedskuld in die N.T.; inteendeel in die N.T. het wette 'n sterker betekenis gekry! (http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/05/wie-is-nie-onder-die-wet-nie.html) - Christus het bv. vir ons geleer dat om egbreuk te pleeg dieselfde is as om in jou hart iemand op hierdie manier te begeer...! Baiemaal pleeg ons onwetend hierdie sondes of het dit nie so bedoel nie, wat natuurlik ook gebeur het onder die volk van God in die O.T.  M.a.w., as iemand perongeluk iemand doodgemaak het, kon hy na een van die vrystede vlug en die bloed sou betaal word wanneer die hoëpriester doodgaan (Num. 35:24-28) - dit beteken dus dat die hoëpriester die persoon wat perongeluk doodgeslaan is, se dood betaal het met sy bloed (en die persoon wat perongeluk hierdie sonde gepleeg het, was vry)......... Christus is vir ons daardie Hoëpriester wat met Sy bloed betaal het vir ons sonde, maar wat sal tog gebeur met die Christen wat opsetlik onbarmhartig is en hom nie daarvan bekeer nie? (m.a.w. die broeder wat 'n hoereerder is, of afgodedienaar, of kwaadspreker.....ens.)(want so iemand is besig met "sonde tot die dood"-http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/02/wat-is-die-sonde-tot-die-dood.html)(1 Kor. 6:9,10)(http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/12/wie-op-onwaardige-wyse-eet-of-drink-sal.html).  In die N.T. is daar in Christus vergifnis vir alle sondes (vir die wat hulle daarvan bekeer), behalwe een sonde, nl. "SONDE TEEN DIE HEILIGE GEES" (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/05/wat-is-die-onvergeeflike-sonde.html). Sonde teen die Heilige Gees kan nie vergewe word nie - nie in hierdie eeu nie, en ook nie in die volgende eeu (1000 jr Ryk) nie.

As ons 'n NUWE HEMEL EN AARDE verwag, dan moet ons seker verstaan dat bloedskuld uit die land weggevee sal moet word, want die grond roep uit! Elke mens met bloedskuld verdien om met sy eie bloed te betaal vir die "besoedeling" wat hy op die aarde veroorsaak (l.w., nie hier bedoel "besoedeling v/d omgewing"! nie, maar besoedeling a.g.v. sonde wat bloedskuld veroorsaak...), en as hy nie met sy eie bloed daarvoor betaal nie, dan sal die Here dit van iemand anders (gewoonlik in dieselfde bloedlyn) eis wat ook bloedskuld dra. As ons dit verstaan, dan behoort die slag van Armageddon en die val van Babilon baie meer sin te maak, want die Here wil nie onskuldiges en regverdiges doodmaak nie, maar Hy kom om met die goddelose af te reken (Jud. 1:14,15). Hierdie besoedeling wat deur bloedskuld veroorsaak is op die aarde, sal moet verwyder word en ons moet verstaan waarom hierdie deel is van die rede waarom Christus se wederkoms gepaardgaan met OORDEEL. Verseker kan dit wat alles huidiglik met die aarde gebeur, gesien word soos die Here se oordele omdat die grond uitroep!, maar huidiglik het die mens nog kans om hom te bekeer! 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die skrif verklaar dat voor die Here terugkom, die "afval" eerste moet kom en die Antichris geopenbaar word . Hierdie "afval" het ook verseker 'n invloed op die aarde. Om meer te verstaan oor wat met hierdie "afval" bedoel word, gaan na: http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2015/03/eers-moet-die-afval-kom.html.  Dus is hierdie dinge wat ons nou sien met die aarde gebeur, maar net die begin van die smarte en nog nie die einde nie, want hoe meer afvalligheid, hoe meer sal die aarde tot niet gaan (Matt. 24:8; Luk. 21:9; Mark. 13:8);  dit wil egter lyk of ons alreeds in die tyd van die afval is! Die tyd wat voorle, sal dus nie maklik wees nie, maar wat ons moet besef is dat dit die afvalligheid van die mensdom is wat veroorsaak dat die sonde vol word...  Nou moet Christene nie stilsit nie, maar des te meer BESIG wees,  en eerder besig wees OM DIE EVANGELIE TE VERKONDIG as om "dae en ure" te probeer raai oor wanneer "is die einde" - en minder behep wees met " 'n uitkoms", maar liewer BESIG  (SOOS DIENSKNEGTE) wat UITGAAN om ander "uit te nooi na die bruilofsmaal" (http://eindtydonderwerpe.blogspot.co.nz/2017/05/wie-is-die-bruid-van-christus.html).  Elkeen van ons moet leef ASOF die Here binnekort terugkom om Sy koninkryk te kom oprig (en seker maak dat ons GEREED is) - ......hierdie koninkryk wat vir die mens berei is reeds van die grondlegging van die wereld af ...(Matt. 25:34). Wanneer Jesus Christus terugkom, gaan Hy die ander koninkryke ("op die droombeeld wat Nebukadnesar gesien het") verbrysel en Sy ewige koninkryk oprig (Luk. 1:33) (dit sal begin met die 1000 jaar) - EN HY SAL DIE LAND GENEES!, maar dit sal natuurlik gepaardgaan met OORDEEL (want anders kan dit nie genees word nie!)(vgl. dit met die tema van "oes" aan die voleinding vd wereld). Die land sal SKOONGEMAAK word van die bloedskuld wat in die land is...(Psa 60:2)  (60:4) "U het die land laat bewe, dit gekloof; genees sy breuke, want dit wankel!")

---------------------------------------------------------------------------------  Die wat oorwin, sal saam met Jesus Christus regeer in die 1000 jaar (volgende eeu)(Openb. 20:4 - "En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank"). Hierdie is nie net vir die gehoorsames en gelowiges vd volk Israel belowe nie, maar enige gehoorsame, in enige nasie wat tot bekering gekom het en glo in Christus Jesus (Hand. 13:47), en deur die "water" deel word van die kinders van Abraham (en deur die Gees vrug dra tot ewige lewe)  http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2015/06/n-heilige-priesterdom-n-volk-as-eiendom.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Rom 12:18)  as dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.
(Rom 12:19)  Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here.

Dinsdag 09 Mei 2017

Wie oorwin, sal beklee word met wit klere

Openbaring 3:5 -"Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele".
In sekere kulture wys "wit klere" op iets figuurliks bv. "reinheid" en/of "goeie gedrag".  Dat die wat oorwin beklee sal word met wit klere, is wel letterlik, maar het beslis ook 'n figuurlike betekenis.  In Openb. 3:4 verwys die met wit klere juis na die wat nie hulle "klere besoedel het nie"! (m.a.w. "rein"-REIN LIGGAAM / REIN GEWETE)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/10/rein-onrein-verontreinigingreinig.html).  Die BELOFTES is bedoel vir die wat REIN is en daarom GEHEILIG (afgesonder) is.  Dit is slegs die wat die wil van die Vader doen wat gesien word as Jesus Christus se familie (Matt. 12:50).  Dit is ook slegs die wat Hom gehoorsaam wat Sy vriende genoem kan word (Joh. 15:14). Die manier hoe die kind van die Here bewys dat hy heilig is, is deur homself te onderwerp aan die wil van die Gees en so dus NIE homself te verontreinig nie... Om "vry te wees in die Gees" beteken bv. nie dat jy vry is om te doen wat jy wil nie!, maar eerder dat jy vry is van dooie werke en vry van sonde OMDAT jy doen wat die Gees wil! (Rom. 8:2; 2 Tim. 1:7).
-----------------------------------------------------------------------------
Openb. 3:4 gee vir ons die rede waarom sekere gelowiges "wit klere" sal kry:
-"OMDAT HULLE DIT WAARDIG IS" (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/05/wat-het-jesus-bedoel-met-aan-hom-wat.html).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Ons lees verder van WIT KLERE in Openb. 6:9-11 in die tyd vd 5de seel: "En toe Hy die vyfde seël oopgemaak het, sien ek onder die altaar die siele van die wat gedood is ter wille van die woord van God en die getuienis wat hulle gehad het. En hulle het met ‘n groot stem uitgeroep en gesê: Hoe lank, o heilige en waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie? En aan elkeen van hulle is wit klere gegee; en aan hulle is gesê dat hulle nog ‘n klein tydjie moes rus totdat ook hulle medediensknegte en hulle broeders wat nog gedood sou word soos hulle, voltallig sou wees". Die 5de seel tydperk word vgl. met die tyd vd Groot Verdrukking.  In hierdie geval was die met wit klere, die mense wat doodgemaak is ter wille van hulle geloof.  (Kyk bv. die woorde in Openb. 6:9, "...die siele vd wat gedood is ter wille vd woord van God en die getuienis...").  Ons vind dieselfde soort verwysing in Openb. 7, waar die met wit klere verduidelik word as "die wat uit die groot verdrukking kom", en word verder verklaar dat hulle "HUL KLERE GEWAS HET EN WIT GEMAAK HET IN DIE BLOED VD LAM".
Openb. 7:9-17:
"Ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ‘n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met WIT KLERE en met palmtakke in hulle hande;en hulle het met ‘n groot stem geroep en gesê: Heil aan onse God wat op die troon sit, en aan die Lam! En al die engele het rondom die troon en die ouderlinge en die vier lewende wesens gestaan, en hulle het voor die troon op hulle aangesig neergeval en God aanbid en gesê: Amen! Die lof en die heerlikheid en die wysheid en die danksegging en die eer en die krag en die sterkte aan onse God tot in alle ewigheid! Amen. Toe het een van die ouderlinge gespreek en vir my gesê: Hulle wat bekleed is met die WIT KLERE, wie is hulle en waarvandaan het hulle gekom? En ek sê vir hom: My heer, u weet dit. En hy sê vir my: Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam.  Daarom is hulle voor die troon van God en dien Hom dag en nag in sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal sy tent oor hulle oopspan. Hulle sal nie meer honger en nie meer dors hê nie, en nooit sal die son of enige hitte op hulle val nie; want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle laat wei en hulle na lewende waterfonteine lei, en God sal alle trane van hulle oë afvee".   Die Groot Verdrukking op die gelowiges, waarna Christus ook verwys het in Matt. 24:21, moet nie verwar word met God se oordele (God's wrath) later in die boek van Openbaring nie! (http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2015/07/die-geklank-van-die-basuin.html).  Alhoewel Christus in Matt. 24 spesifiek verwys het na die in Judéa, leer Openb. 7 ook vir ons dat die Groot Verdrukking nie beperk is tot een nasie nie, maar mense "uit alle stamme, nasies, volke en tale... 

"Wit klere"  wys dus ook hier op reinheid (m.a.w., "nie besoedel nie" - omdat hulle gewas is in die bloed van die Lam).  Nie almal sal waardig wees om wit klere te ontvang nie! - (Openb. 3:4 - "Maar jy het enkele persone ook in Sardis wat hulle klere nie besoedel het nie, en hulle sal saam met My in WIT KLERE wandel, omdat hulle dit waardig is") - Kyk ook Openb. 3:18 - "Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en WIT KLERE, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien".  REEDS VAN GENESIS AF HET DIE TEMA VAN "NAAKTHEID" 'N BESONDERSE BETEKENIS IN DIE SKRIF.  Die geestelike betekenis van naaktheid gaan oor SKAAMWEES en VERNEDERING (Openb. 16:15; 2 Kor. 5:3; Hand. 19:16; 1 Kor. 4:11; Hos. 2:3; Jes. 20...), weens ontbloting (en net soos iemand skaam is wanneer hy ontbloot word en dus naak is, so veroorsaak sonde dat ons skaam word wanneer die sonde ontbloot word en ons voel "naak"). As iemand kaal uitgetrek is, dan staan hy heeltemal bloot vir almal om te sien. As iemand nie sy klere bewaar nie, dan sal hy hom eendag in hierdie skaam naakte posisie bevind... (Openb. 16:15). Almal sal geoordeel word, en die wat nie hulle klere bewaar nie (M.A.W. die wat "BESOEDEL" is) sal hulleself kaal bevind en hulle geheime sal ontbloot word: - (Openb. 16:15 - "Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie").  Baie stap rond soos mense sonder klere - hierdie beeldspraak word gebruik in Openb. 3 waar die gemeente van die Laodicense aangekla word dat hulle "lou" is.  Hulle dink dat hulle ryk is en aan niks gebrek het nie, maar is voor die Here soos mense wat nie klere het nie en is NAAK (vgl. met Jak. 5:1-7) (en reeds van Genesis af het ons geleer dat SONDE die oorsaak is hiervan!).

"Wit klere" verwys na die wie se klere nie besoedel is nie (Openb. 3:4; Openb. 7:13,14) en die wat oorwin het (Openb. 3:5).(Lees gerus meer oor die tema van "naaktheid" op die volgende pos: http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/01/gemeenskap-vleeslike-gemeenskap.html).

In konteks gesien Openb. 3:4, handel dit oor mense in die gemeente wie se werke nie volkome voor God gevind is nie, maar daar was ander wat wel waardig was.  Die brief begin waar Jesus se, "Ek ken jou werke, dat jy die naam het dat jy leef en jy is dood" - DUS is nie almal in die gemeente waardig om die wit klere te dra nie, maar net sommiges!  Kyk ook Openb. 3:18 - "Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie....".  Die wat in hierdie skrifgedeeltes gesien word as "besoedeldes", is die wat hulle hoop plaas in rykdom en besittings, asook die wat voorgee dat hulle die Here ken, maar Hom nie werklik KEN nie. Hulle het nodig om hulle te bekeer sodat hulle rein kan word, en sal dan ook in die ry kan staan vir "wit klere"...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

OM OP TE SOM:

Vir die mens om WAARDIG TE WEES, en beklee te word met WIT KLERE, moet hy:

-  Jesus Christus bely en bereid wees om verdruk te word, of te ly ter wille van Sy Naam (Openb. 6:9; 7:14);
-  bekeer en ag gee op die pad van godsaligheid (http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2015/10/die-godsaligheid.html), sodat hy gewas kan word deur die bloed van die Lam (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/09/wat-beteken-dit-om-tot-bekering-te-kom.html)(Openb. 3:3,18); 
-  glo, en sy hoop plaas in die Here - m.a.w. sy klere bewaar (Openb. 16:15) en alle vorme van afgodsdiens afle, o.a. gierigheid (Openb. 3:17; Jak. 5:2; 1 Pet. 3:3); 
-  moet nie net die naam he dat hy lewe nie (Openb. 3:1), maar regtig die Here KEN en GEHOORSAAM (Joh. 15:14; Openb. 16:15).
______________________________________________________