Sommige inligting rondom eindtyd studies gaan oor INTERPRETASIE.

Daarom word verskillende interpretasies met die tyd bygevoeg waar geleerdes oor iets verskil, of somtyds word 'n verwysing gegee na 'n ander interpretasie - per geleentheid word 'n interpretasie verder bespreek.


Wys tans plasings met die etiket 42 maande. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket 42 maande. Wys alle plasings

Dinsdag 20 Desember 2022

42 mnd.e / 1260 dae / tyd, tye en halwe tyd

 
In hierdie pos kyk ons na die onderwerp van:
("42 maande"),
("1260 dae"),
("en 'n tyd, tye en 'n halwe tyd").


IN HIERDIE HERSIENE WEERGAWE van die onderwerp word daar veral gekyk na die kontekste waarin die betrokke begrippe gebruik is.
---------------------------------------------------------------------------------
Ons is nie heeltemal seker hoe hierdie tydperke mekaar opvolg of oorvleuel nie. Dit kan beter deur konteks geskei word

Bv.:
- Wanneer die tempel klaar gebou is sal die heidene die heilige stad 42 maande vertrap (Openb. 11:2).
- Wanneer die "dier uit die see" (koning/koninkryk) opstaan, sal hy vir 42 maande  mag he en laster (Openb. 13:5).
- Wanneer die "draak" die "vrou" vervolg, sal sy na die woestyn vlug (en daar onderhou word) vir 'n tyd, tye en 'n halwe tyd (Openb. 12:14).
- Wanneer die twee getuies getuig, sal dit duur vir 1260 dae lank (Openb. 11:3), en dit sal gebeur iewers nadat die tempel opgerig is... (Openb. 11:1-3).

Daar is sekere inligting wat wel vir ons lig werp op wat wanneer gebeur, en wat eerste en wat volgende... bv., dit is duidelik dat die tempel gebou sal word voor die 2 getuis optree, maar of die twee tydperke (die 42 maande nadat die tempel opgerig is, en die 1260 dae vd 2 getuies se getuienis) mekaar presies opvolg of oorvleuel, is natuurlik 'n punt van interpretasie.  
Dit is dus belangriker om te kyk na konteks eerder as volgorde.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE KONTEKS VAN "1260 DAE":

-Die begrip "duisend twee honderd en sestig dae" (1260 dae) word gebruik in konteks met die tyd waarin:
(1) die twee getuies sal profeteer (Openb. 11:3); 

en
(2) die vrou wat na die woestyn vlug (wat wil voorkom of hierdie verwys na 'n tyd wat al verby is, bv. die tyd vd verwoesting vd tweede tempel 70 n.C.) (Openb. 12:6). 

Alhoewel die term 1260 dae in altwee gevalle gebruik word, lyk dit nie of dit na ditto tye verwys nie;  bv., die vrou wat na die woestyn gevlug het (Openb. 12:6), lyk of dit verwys na iets wat al verby is (en gevolg het net na Jesus se opvaarding - Openb. 12:5), terwyl die tyd wat die 2 getuies sal getuig verwys na 'n tyd in die laaste dae voor Jesus terugkom, maw nadat die tempel opgerig is (Openb. 11:1,2)(en dit moet dus nog gebeur).    Baie geleerdes glo dat die 2 getuies sal optree in die tyd van die Groot Verdrukking; wat nie noodwendig verkeerd is nie, alhoewel hulle getuienis nie eindig voor die 6de seel soos die geval vd groot verdrukking nie, maar die 2 getuies se getuienis eindig eers onder die 6de basuin onder die 7de seel (Matt. 24:21,29; Openb. 11:11-14). M.a.w., hierdie 1260 dae waarin die twee getuies sal optree lyk of dit verwys na 'n tydperk wat eindig op die 2de wee (Openb. 11:14), onder die 6de basuin, onder die 7de seel; dus, al sou hulle getuienis iewers onder die groot verdrukking begin, eindig hulle getuienis nie wanneer die groot verdrukking eindig nie.

Wat sal gebeur tydens die 1260 dae tydperk?  
- Die twee getuies sal optree: Alhoewel die twee getuies PROFETE is en GETUIG (Openb. 11:3), kry hulle ook mag om die wat hulle probeer beskadig, te OORDEEL (Openb. 11:5,6), en daar sal vuur uit hulle monde gaan om hulle vyande te verslind.  Hulle sal ook mag he om die hemel te sluit sodat in die dae van hulle profesie daar geen reen val nie. Hulle sal ook mag he oor die waters, om dit in bloed te verander, en om die aarde te tref met allerhande plae... Dit wil voorkom of hierdie twee getuies veral gestuur word om die mensdom te waarsku teen die oordeel wat aan die kom is (en sekere oordele uit te voer). Hulle getuienis eindig net voor die 3de wee (Openb. 11:14)(m.a.w. iewers onder die 1ste en 2de wee - die 5de of 6de basuin onder die 7de seel;  m.a.w., net voor Jesus terugkom, en Jesus kom terug onder die laaste basuin onder die 7de seel wanneer die opstanding plaasvind). 
Die twee getuies se getuienis eindig op die 1ste of 2de wee... (Openb. 11:14)(5de of 6de basuin onder die 7de seel). As hulle getuienis inderdaad begin onder die 5de seel (soos baie geleerdes reken), dan sal die 6de seel ook onder hierdie 1260 dae val (son swart, maan bloed, sterre val, groot aardbewing, hemel wyk weg, berge en eilande versit, ens.), asook die verseeling vd 144000, asook die eerste 5/6 basuine onder die 7de seel, nl. tot op "die 2de wee" (bv., derde van bome met gras verbrand, derde van see word bloed, derde waterfonteine bitter, derde donker, vir 5 maande word die wat nie die seel van God het nie gepynig, en derde van mense word doodgemaak), asook (groot aardbewing, 10de van stad Jerusalem val, en 7000 mense dood)(Openb. 11:13).   
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE KONTEKS VAN "42 MAANDE":

-Die begrip "42 maande" word gebruik vir die tydperk wanneer:
(1) die heidene die heilige stad sal vertrap (Openb. 11:2) (wanneer die tempel klaar gebou is, en die voorhof buitekant die tempel aan die heidene gegee is)(Openb. 11:2 - "Maar die voorhof buitekant die tempel moet jy uitlaat en dit nie meet nie, want dit is aan die heidene gegee; en hulle sal die heilige stad twee en veertig maande lank vertrap");

en dit word ook gebruik in konteks met
(2) die dier uit die see van Openb. 13 (die "dier uit die see" word baiemaal na verwys as "die Antichris"- die dier uit die see verwys na 'n koning/koninkryk) -  die dier sal godslasterlik spreek, oorlog voer teen die heiliges en hulle oorwin, en sal mag he oor elke stam, taal en nasie (die bewoners vd aarde, die wie se name nie in die boek vd lewe is nie, sal hom aanbid)(Openb. 13:5-8 - "En ‘n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om dit twee en veertig maande lank te doen.  En hy het sy mond oopgemaak om te laster teen God, om sy Naam en sy tabernakel en die wat in die hemel woon, te laster. Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie. En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie"). In ditto tyd sal die "dier uit die aarde" opstaan (nl. die valse profeet).

Waarom die term "42 maande" in beide hierdie gevalle gebruik word, kan wees dat daar een of ander konneksie is tussen die twee (nie noodwendig dat dit op ditto tyd gebeur nie), en is 'n punt van interpretasie. Meeste geleerdes is van mening dat dit na verskillende tydperke (van 3-en-half jaar elk) verwys, maar kan mekaar opvolg of (gedeeltelik) oorvleuel. Dit is duidelik dat die "dier uit die see", wat vir 42 maande mag sal he/laster, val in die laaste jare voor Jesus terugkom, maar hierdie 42 maande tydperk verwys nie noodwendig na die allerlaaste dae nie (want die "vrou op skarlakenrooi dier" (8ste) staan na die "dier uit die see" op;  alhoewel die dier uit die see nie dan verdwyn nie maar eers tot einde kom met die slag van Armageddon...).


Wat sal tydens die 42 maande tydperk gebeur?
- (1) Wat betref die heidene wat die heilige stad vertrap...: Hierdie sal gebeur nadat die (derde) tempel gebou is (in die heilige stad), en die voorhof buitekant die tempel aan die heidene gegee is (vir 'n 42-maande tydperk);  dus die 42-maande begin nadat die tempel gebou is. Daar is interpretasies op hoe hierdie 42-maande spesifiek moontlik gaan afspeel... Wat wel duidelik is is dat daar op 'n stadium nadat die tempel opgerig is, die "gruwel van verwoesting" sal staan in die heilige plek - en dit skop die tyd van die "groot verdrukking" af... (Matt. 24), maar of hierdie gebeur aan die einde vd 42 maande of gedurende, is nie seker nie.    
- (2) Wat betref die "dier uit die see"-koninkryk...: Dit word beskryf in Openb. 13, en verwys na 'n koning/koninkryk. Al die bewoners vd aarde sal die "dier" aanbid (die wie se name nie in die boek vd lewe vd Lam is nie); die dier sal laster vir 42 maande  - sal godslasterlik praat, asook die heiliges doodmaak.  In dieselfde tyd sal die "dier uit die aarde" opstaan (ook genoem die valse profeet), en hy sal maak dat daar 'n beeld vir die dier opgerig word en almal sal gedwing word om die dier te aanbid, en die wat dit nie doen nie sal doodgemaak word.  Dit sal 'n tyd van verdrukking wees (bv. dat niemand kan koop of verkoop sonder die merk of getal vd dier nie, en baie sal doodgemaak word).  Baie geleerdes sien dus hierdie tyd as die tyd vd groot verdrukking. Of hierdie tyd volg op die 42 maande waarin die heidene die stad vertrap, en of dit dit oorvleuel, is nie seker nie.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE KONTEKS VAN "TYD, TYE, EN 'N HALWE TYD":

-Die " 'n tyd, tye en 'n halwe tyd" - tydperk (Openb. 12:13,14) beskryf hoe die draak (die slang/duiwel) die vrou (Israel) vervolg, maar hoe die vrou kans gegee word om na die woestyn te vlug (waar sy uit die gesig vd slang onderhou sal word... - hulle sal dus daar onderhou word vir 'n tydperk van " 'n tyd, tye, en 'n halwe tyd ", nl. 3-en-'n-half jaar).
 -Die manier hoe geleerdes hierdie term "tyd, tye en halwe tyd" beskryf, is as volg:
tyd (1) tye (+2) en 'n halwe tyd (+ half) = 1+2+half= 3 en 'n half jaar 

Hierdie tyd beskryf nie die wat doodgemaak word tydens die groot verdrukking nie, maar eerder die wat beskerm word tydens verdrukking... "Die vrou" sal bv. daar "onderhou word";  en die slang sal o.a. 'n rivier agter hulle aangooi om hulle in te sluk, maar die aarde kom die vrou te hulp..., ens.     (NS: l.w., v. 16 en 17 leer dat die draak vertoornd is op die vrou, en dan weggaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar, asook die wat die getuienis van Jesus Christus hou (m.a.w., hy sal ook oorlog voer teen Christene). Hierdie kan vgl. word met die groot verdrukking (wat begin nadat die gruwel opgerig is), alhoewel die groot verdrukking eindig voor die 6de seel, terwyl die tyd, tye en 'n halwe tyd strek tot op die opstanding (laaste basuin onder die 7de seel). Jesus het na die groot verdrukking verwys in Matt. 24 - (Matt. 24:15,16 - "Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom—laat hy wat lees, oplet— dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug")(Mark. 13:14), en in v.21 geleer dat hierdie dae dae sal wees van GROOT VERDRUKKING soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie. Baie geleerdes vgl. dus die groot verdrukking tydperk met Dan. 12:7 (verdrukking op die volk "tot hulle geheel verstrooi is"..., wat eindig op "die opstanding"/laaste basuin onder die 7de seel), maar let daarop dat Dan. 12 ook vir ons leer dat vanaf die voordurende offer afgeskaf is en die ontsettende gruwel opgerig word, daar 1290 verloop (en welgeluksalig die wat bly verwag 1335 dae)(Dan. 12:11,12). In Dan. 12:7 word hierdie tyd o.a. ook na verwys as 'n "tyd, tye, en 'n halwe tyd". 
========================================================================
Die betrokke skrifte:


(Openb. 11:1)  En ‘n riet soos ‘n stok is aan my gegee, en die engel het gestaan en gesê: Staan op en meet die tempel van God en die altaar en die wat daarin aanbid.
(Openb. 11:2)  Maar die voorhof buitekant die tempel moet jy uitlaat en dit nie meet nie, want dit is aan die heidene gegee; en hulle sal die heilige stad twee en veertig maande lank vertrap.

(Openb. 11:3)  En Ek sal aan my twee getuies gee dat hulle, met sakke bekleed, duisend twee honderd en sestig dae lank sal profeteer.

Ons kan die volgende volgorde uithaal uit Openb. 11:
(1)  tempel gebou (skrif verklaar dat dit in heilige stad is)
(2)  voorhof van tempel aan heidene gegee (wat dit sal vertrap 42 maande)
(3)  2 Getuies (1260 dae)
(4)  daarna, dier uit afgrond maak 2 getuies dood (skrif verklaar dat dit in Jerusalem is)
(5)  2 getuies staan op na 3 en 'n halwe dag en vaar op na hemel
(6) groot aardbewing (tiende van stad val; 7000 mense dood)
(7) volgorde word beskryf van 2 wee verby, derde wee wat vinnig kom en dan die 7 de basuin
(8) Jesus neem koningskap op
(9) oordeel regverdiges en verderf verderwers
(10) verbondsark in tempel in hemel;  weerligte, stemme, donderslae en aardbewing en groot hael
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(Openb. 12:6)  En die vrou (Israel) het na die woestyn gevlug waar sy ‘n plek het wat deur God gereed gemaak is, dat hulle haar daar sou onderhou duisend twee honderd en sestig dae lank.

(volgens meeste geleerdes wys die eerste deel van Openb. 12 op geskiedenis, met die "manlike kind" wat wys op Jesus Christus, en die "vrou" in die gedeelte verwys na Israel)(en vrou het na woestyn gevlug 1260 dae) - dit het al gebeur, terwyl die "tyd, tye en 'n halwe tyd" in v. 14 waarin die vrou vlug na die woestyn, verwys na iets wat in die toekoms sal gebeur). 

(Openb. 12:7)  En daar het oorlog in die hemel gekom: Mígael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gevoer;
(Openb. 12:8)  en hulle kon nie oorwin nie, en hulle plek was in die hemel nie meer te vinde nie.
(Openb. 12:9)  En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp.
(Openb. 12:10)  Toe hoor ek ‘n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag.
(Openb. 12:11)  En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie (verdrukking).
(Openb. 12:12)  Daarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon; wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het.
(Openb. 12:13)  En toe die draak sien dat hy neergewerp is op die aarde, het hy die vrou (Israel) vervolg wat die seuntjie gebaar het; (VERDRUKKING OP ISRAEL)
*(Openb. 12:14)  maar die twee vlerke (vliegtuig?) van die groot arend is aan die vrou gegee, 
*sodat sy na die woestyn, na haar plek, kon vlieg,
* waar sy uit die gesig van die slang onderhou word, ‘n tyd en tye en ‘n halwe tyd.

*(Openb. 12:15)  En die slang het uit sy bek water soos ‘n rivier agter die vrou aan uitgegooi, om haar te laat wegvoer deur die rivier.
*(Openb. 12:16)  En die aarde het die vrou te hulp gekom, en die aarde het sy mond oopgemaak en die rivier opgesluk, wat die draak uit sy bek uitgegooi het.
*(Openb. 12:17)  En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.


VERGELYK OPENB. 12 MET DAN. 12:
------------------------------------------------------------------------------------------

(Dan 12:1)  En in dié tyd sal Mígael, die groot vors wat oor die kinders van jou volk staan, optree; en dit sal ‘n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat ‘n volk bestaan het tot op dié tyd nie; maar in dié tyd sal jou volk gered word, elkeen wat in die boek opgeskrywe staan.
(Dan 12:2)  En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik.
(Dan 12:3)  En die verstandiges sal glinster soos die glans van die uitspansel, en die wat baie tot regverdigheid lei, soos die sterre vir ewig en altoos.
(Dan 12:4)  En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die tyd van die einde toe; baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder..........


....(Dan 12:7)  Toe hoor ek die man, met linne bekleed, wat bo-oor die water van die rivier was, en hy het sy regterhand en sy linkerhand na die hemel opgehef en gesweer by die Ewig-Lewende: ‘n Tyd, tye en ‘n halwe tyd, en as hulle die mag van die heilige volk geheel verstrooi het, sal al hierdie dinge vervul word.

(na "tyd, tye en halwe tyd" sal al hierdie dinge vervul word" - watter dinge?: (kyk v. 1-3) -"volk gered word" en "opstanding"- Dan. 12:1-3)  

(Dan 12:8)  En ek het dit gehoor, maar nie verstaan nie; daarom het ek gesê: My heer, wat is die uiteinde van hierdie dinge?
(Dan 12:9)  En hy het gesê: Gaan heen, Daniël, want die woorde bly verborge en verseël tot die tyd van die einde toe.
(Dan 12:10)  Baie sal gereinig en gesuiwer en gelouter word, maar die goddelose sal goddeloos handel; en geeneen van die goddelose mense sal verstaan nie, maar die verstandiges sal verstaan.
(Dan 12:11)  En van die tyd af dat die voortdurende offer afgeskaf en die ontsettende gruwel opgerig word, sal duisend twee honderd en negentig dae verloop.
(Dan 12:12)  Welgeluksalig is hy wat bly verwag en duisend drie honderd vyf en dertig dae bereik.
(Dan 12:13)  En jy, gaan heen na die einde; en jy sal rus en weer opstaan tot jou bestemming aan die einde van die dae.


*van die tyd af dat die voortdurende offer afgeskaf en die ontsettende gruwel opgerig word =  sal 1290 dae verloop
*hoeveel tyd tot die mag v/d heilige volk geheel vertrooi is? =tyd, tye en halwe tyd (3 en halwe jaar = 1260 dae)
*welgeluksalig hy wat bly verwag 1335 dae

dan:  volk gered en opstanding.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(Openb. 13:1)  En ek het ‘n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ‘n naam van godslastering.
(Openb. 13:2)  En die dier wat ek gesien het, was soos ‘n luiperd, en sy pote soos dié van ‘n beer, en sy bek soos die bek van ‘n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag.
(Openb. 13:3)  En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan.
(Openb. 13:4)  En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?
(Openb. 13:5)  En ‘n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om dit  twee en veertig maande lank te doen.
(Openb. 13:6)  En hy het sy mond oopgemaak om te laster teen God, om sy Naam en sy tabernakel en die wat in die hemel woon, te laster.
(Openb. 13:7)  Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie.
(Openb. 13:8)  En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie.
(Openb. 13:9)  As iemand ‘n oor het, laat hom hoor.
(Openb. 13:10)  As iemand krygsgevangenes maak, gaan hy in krygsgevangenskap; as iemand met die swaard doodmaak, moet hy met die swaard doodgemaak word. Hier is die lydsaamheid en die geloof van die heiliges.
(Openb. 13:11)  En uit die aarde het ek ‘n ander dier sien opkom, en hy het twee horings gehad net soos ‘n lam en het gepraat soos ‘n draak.
(Openb. 13:12)  En hy oefen al die mag van die eerste dier uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid, waarvan die dodelike wond genees is.
(Openb. 13:13)  Hy doen ook groot tekens, sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense.
(Openb. 13:14)  En hy verlei die bewoners van die aarde deur die tekens wat hom gegee is om voor die oë van die dier te doen, deur aan die bewoners van die aarde te sê dat hulle ‘n beeld moet maak vir die dier wat die swaardwond ontvang en lewendig geword het.
(Openb. 13:15)  En dit is hom gegee om ‘n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie.
(Openb. 13:16)  En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word;
(Openb. 13:17)  sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.
(Openb. 13:18)  Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ‘n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig.

========================================================================

Dinsdag 09 Mei 2017

Wie oorwin, sal beklee word met wit klere

Openbaring 3:5 -"Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele".
In sekere kulture wys "wit klere" op iets figuurliks bv. "reinheid" en/of "goeie gedrag".  Dat die wat oorwin beklee sal word met wit klere, is wel letterlik, maar het beslis ook 'n figuurlike betekenis.  In Openb. 3:4 verwys die met wit klere juis na die wat nie hulle "klere besoedel het nie"! (m.a.w. "rein"-REIN LIGGAAM / REIN GEWETE)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/10/rein-onrein-verontreinigingreinig.html).  Die BELOFTES is bedoel vir die wat REIN is en daarom GEHEILIG (afgesonder) is.  Dit is slegs die wat die wil van die Vader doen wat gesien word as Jesus Christus se familie (Matt. 12:50).  Dit is ook slegs die wat Hom gehoorsaam wat Sy vriende genoem kan word (Joh. 15:14). Die manier hoe die kind van die Here bewys dat hy heilig is, is deur homself te onderwerp aan die wil van die Gees en so dus NIE homself te verontreinig nie... Om "vry te wees in die Gees" beteken bv. nie dat jy vry is om te doen wat jy wil nie!, maar eerder dat jy vry is van dooie werke en vry van sonde OMDAT jy doen wat die Gees wil! (Rom. 8:2; 2 Tim. 1:7).
-----------------------------------------------------------------------------
Openb. 3:4 gee vir ons die rede waarom sekere gelowiges "wit klere" sal kry:
-"OMDAT HULLE DIT WAARDIG IS" (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/05/wat-het-jesus-bedoel-met-aan-hom-wat.html).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Ons lees verder van WIT KLERE in Openb. 6:9-11 in die tyd vd 5de seel: "En toe Hy die vyfde seël oopgemaak het, sien ek onder die altaar die siele van die wat gedood is ter wille van die woord van God en die getuienis wat hulle gehad het. En hulle het met ‘n groot stem uitgeroep en gesê: Hoe lank, o heilige en waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie? En aan elkeen van hulle is wit klere gegee; en aan hulle is gesê dat hulle nog ‘n klein tydjie moes rus totdat ook hulle medediensknegte en hulle broeders wat nog gedood sou word soos hulle, voltallig sou wees". Die 5de seel tydperk word vgl. met die tyd vd Groot Verdrukking.  In hierdie geval was die met wit klere, die mense wat doodgemaak is ter wille van hulle geloof.  (Kyk bv. die woorde in Openb. 6:9, "...die siele vd wat gedood is ter wille vd woord van God en die getuienis...").  Ons vind dieselfde soort verwysing in Openb. 7, waar die met wit klere verduidelik word as "die wat uit die groot verdrukking kom", en word verder verklaar dat hulle "HUL KLERE GEWAS HET EN WIT GEMAAK HET IN DIE BLOED VD LAM".
Openb. 7:9-17:
"Ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ‘n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met WIT KLERE en met palmtakke in hulle hande;en hulle het met ‘n groot stem geroep en gesê: Heil aan onse God wat op die troon sit, en aan die Lam! En al die engele het rondom die troon en die ouderlinge en die vier lewende wesens gestaan, en hulle het voor die troon op hulle aangesig neergeval en God aanbid en gesê: Amen! Die lof en die heerlikheid en die wysheid en die danksegging en die eer en die krag en die sterkte aan onse God tot in alle ewigheid! Amen. Toe het een van die ouderlinge gespreek en vir my gesê: Hulle wat bekleed is met die WIT KLERE, wie is hulle en waarvandaan het hulle gekom? En ek sê vir hom: My heer, u weet dit. En hy sê vir my: Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam.  Daarom is hulle voor die troon van God en dien Hom dag en nag in sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal sy tent oor hulle oopspan. Hulle sal nie meer honger en nie meer dors hê nie, en nooit sal die son of enige hitte op hulle val nie; want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle laat wei en hulle na lewende waterfonteine lei, en God sal alle trane van hulle oë afvee".   Die Groot Verdrukking op die gelowiges, waarna Christus ook verwys het in Matt. 24:21, moet nie verwar word met God se oordele (God's wrath) later in die boek van Openbaring nie! (http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2015/07/die-geklank-van-die-basuin.html).  Alhoewel Christus in Matt. 24 spesifiek verwys het na die in Judéa, leer Openb. 7 ook vir ons dat die Groot Verdrukking nie beperk is tot een nasie nie, maar mense "uit alle stamme, nasies, volke en tale... 

"Wit klere"  wys dus ook hier op reinheid (m.a.w., "nie besoedel nie" - omdat hulle gewas is in die bloed van die Lam).  Nie almal sal waardig wees om wit klere te ontvang nie! - (Openb. 3:4 - "Maar jy het enkele persone ook in Sardis wat hulle klere nie besoedel het nie, en hulle sal saam met My in WIT KLERE wandel, omdat hulle dit waardig is") - Kyk ook Openb. 3:18 - "Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en WIT KLERE, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien".  REEDS VAN GENESIS AF HET DIE TEMA VAN "NAAKTHEID" 'N BESONDERSE BETEKENIS IN DIE SKRIF.  Die geestelike betekenis van naaktheid gaan oor SKAAMWEES en VERNEDERING (Openb. 16:15; 2 Kor. 5:3; Hand. 19:16; 1 Kor. 4:11; Hos. 2:3; Jes. 20...), weens ontbloting (en net soos iemand skaam is wanneer hy ontbloot word en dus naak is, so veroorsaak sonde dat ons skaam word wanneer die sonde ontbloot word en ons voel "naak"). As iemand kaal uitgetrek is, dan staan hy heeltemal bloot vir almal om te sien. As iemand nie sy klere bewaar nie, dan sal hy hom eendag in hierdie skaam naakte posisie bevind... (Openb. 16:15). Almal sal geoordeel word, en die wat nie hulle klere bewaar nie (M.A.W. die wat "BESOEDEL" is) sal hulleself kaal bevind en hulle geheime sal ontbloot word: - (Openb. 16:15 - "Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie").  Baie stap rond soos mense sonder klere - hierdie beeldspraak word gebruik in Openb. 3 waar die gemeente van die Laodicense aangekla word dat hulle "lou" is.  Hulle dink dat hulle ryk is en aan niks gebrek het nie, maar is voor die Here soos mense wat nie klere het nie en is NAAK (vgl. met Jak. 5:1-7) (en reeds van Genesis af het ons geleer dat SONDE die oorsaak is hiervan!).

"Wit klere" verwys na die wie se klere nie besoedel is nie (Openb. 3:4; Openb. 7:13,14) en die wat oorwin het (Openb. 3:5).(Lees gerus meer oor die tema van "naaktheid" op die volgende pos: http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/01/gemeenskap-vleeslike-gemeenskap.html).

In konteks gesien Openb. 3:4, handel dit oor mense in die gemeente wie se werke nie volkome voor God gevind is nie, maar daar was ander wat wel waardig was.  Die brief begin waar Jesus se, "Ek ken jou werke, dat jy die naam het dat jy leef en jy is dood" - DUS is nie almal in die gemeente waardig om die wit klere te dra nie, maar net sommiges!  Kyk ook Openb. 3:18 - "Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie....".  Die wat in hierdie skrifgedeeltes gesien word as "besoedeldes", is die wat hulle hoop plaas in rykdom en besittings, asook die wat voorgee dat hulle die Here ken, maar Hom nie werklik KEN nie. Hulle het nodig om hulle te bekeer sodat hulle rein kan word, en sal dan ook in die ry kan staan vir "wit klere"...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

OM OP TE SOM:

Vir die mens om WAARDIG TE WEES, en beklee te word met WIT KLERE, moet hy:

-  Jesus Christus bely en bereid wees om verdruk te word, of te ly ter wille van Sy Naam (Openb. 6:9; 7:14);
-  bekeer en ag gee op die pad van godsaligheid (http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2015/10/die-godsaligheid.html), sodat hy gewas kan word deur die bloed van die Lam (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/09/wat-beteken-dit-om-tot-bekering-te-kom.html)(Openb. 3:3,18); 
-  glo, en sy hoop plaas in die Here - m.a.w. sy klere bewaar (Openb. 16:15) en alle vorme van afgodsdiens afle, o.a. gierigheid (Openb. 3:17; Jak. 5:2; 1 Pet. 3:3); 
-  moet nie net die naam he dat hy lewe nie (Openb. 3:1), maar regtig die Here KEN en GEHOORSAAM (Joh. 15:14; Openb. 16:15).
______________________________________________________