Sommige inligting rondom eindtyd studies gaan oor INTERPRETASIE.

Daarom word verskillende interpretasies met die tyd bygevoeg waar geleerdes oor iets verskil, of somtyds word 'n verwysing gegee na 'n ander interpretasie - per geleentheid word 'n interpretasie verder bespreek.


Wys tans plasings met die etiket vervolging. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket vervolging. Wys alle plasings

Sondag 06 Maart 2022

En dit sal vir julle uitloop op 'n getuienis

Dit is baiemaal in tye van VERDRUKKING wat die evangelie verkondig word... 
Vervolging en verdrukking skep gewoonlik 'n geleentheid om te getuig.

(Luk 21:12) " Maar voor al hierdie dinge sal hulle die hande aan julle slaan en julle VERVOLG en oorlewer in sinagoges en gevangenisse en julle voor konings en goewerneurs bring ter wille van my Naam."
(Luk 21:13) " En dit sal vir julle uitloop op ‘n getuienis."


(Mat 24:9) " Dan sal hulle jul aan VERDRUKKING oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam.
(Mat 24:10)  En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat.
(Mat 24:11)  En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei.
(Mat 24:12)  En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel.
(Mat 24:13)  Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.
(Mat 24:14)  En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom."

(Mar 13:9)  "Maar wees julle vir julleself op die hoede, want hulle sal julle OORLEWER aan regbanke, en in sinagoges sal julle geslaan word en voor goewerneurs en konings gebring word om My ontwil, vir hulle tot ‘n getuienis.
(Mar 13:10)  En die evangelie moet eers aan al die nasies verkondig word.
(Mar 13:11)  En wanneer hulle jul weglei om julle oor te lewer, moenie julle vooraf kwel oor wat julle sal spreek nie, en moenie daaroor dink nie; maar wat julle in dié uur gegee word, dit moet julle spreek; want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Heilige Gees."

In antwoord op die dissispels se vraag in Matt. 24, het Jesus baie spesifieke dinge in volgorde genoem wat met die voleinding vd wêreld sal gebeur, bv. valse christusse, dan oorloë en gerugte van oorloë, dan hongersnode, pessiektes, aardbewings op verskillende plekke (v.4-7), ens.;  
MAAR Hy het genoem dat hierdie dinge "die begin van smarte" is (v.8), en gesê dat voor hierdie dinge daar verdrukking sal wees... - en let wel die woorde in v.9 "en julle sal deur al die nasies GEHAAT WORD ter wille van my Naam". Haat speel gewoonlik 'n groot rol in hoekom iemand verdruk word... Wanneer dit gebeur is die Christen nie veronderstel om terug haat nie, maar moet eerder die teenoorgestelde doen, vasstaan in die geloof en die geleentheid gebruik "om te getuig"!
-(Mat 24:10)  En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat.
-(Mat 24:11)  En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei.
-(Mat 24:12)  En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel.
-(Mat 24:13)  Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.
-(Mat 24:14)  En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.
Verdrukking is een van die tekens van die laaste dae en Jesus het ook geleer dat daar 'n "Groot Verdrukking" sal wees in die voleinding vd wêreld (net voor Hy terugkom)(Mat 24:21 - "Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie"). Verdrukking word baiemaal gesien soos 'n toets (beproewing) omdat dit uitwys wie waar en wie vals is;  maw, die Here laat dit somtyds toe maar nie net sodat sommige getoets word nie, maar ook ter wille vd GETUIENIS. Die dissipels het baie onder vervolging gely en het die geleentheid gebruik om die evangelie te verkondig.  Die feit dat hulle vasgestaan het in die geloof ten spyte van vervolging, was self ook 'n getuienis. Christene wat nie wortel het nie sal sukkel om in tye van verdrukking en vervolging vas te staan (sien 2de groep in die gelykenis van die saaier).  Ongelukkig is dit so dat in hierdie tye sommige ook afval, ja - sommige (wat glo) word mislei, sommige struikel, sommige val weg..., maar wie volhard tot die einde toe sal gered word! - en dit is ook "die wat volhard" wat instaat is om in so 'n tyd die evangelie te bring! (Mar 13:9 - "Maar wees julle vir julleself op die hoede, want hulle sal julle oorlewer aan regbanke, en in sinagoges sal julle geslaan word en voor goewerneurs en konings gebring word om My ontwil, vir hulle tot ‘n getuienis")(Luk. 2:12,13). VERDRUKKING skep hierdie geleentheid vir getuienis (dit is, sou die Christen vashou aan sy geloof). (Mar 13:11 - "En wanneer hulle jul weglei om julle oor te lewer, moenie julle vooraf kwel oor wat julle sal spreek nie, en moenie daaroor dink nie; maar wat julle in dié uur gegee word, dit moet julle spreek; want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Heilige Gees").

(Jak. 5:7)  Wees dan geduldig, broeders, tot op die wederkoms van die Here. Kyk, die landbouer wag op die kostelike vrug van die aarde en het geduld daarmee totdat dit die vroeë en die laat reën ontvang het.
(Jak. 5:8)  Julle moet ook geduldig wees; versterk julle harte, want die wederkoms van die Here is naby.
(Jak. 5:9)  Moenie teen mekaar sug nie, broeders, sodat julle nie veroordeel word nie. Kyk, die Regter staan voor die deur.
(Jak. 5:10)  Neem as voorbeeld van lyding, my broeders, en van geduld die profete wat in die Naam van die Here gespreek het.
(Jak. 5:11)  Kyk, ons reken hulle geluksalig wat verdra. Julle het gehoor van die lydsaamheid van Job, en julle het die einddoel van die Here met hom gesien, dat die Here vol medelye en ontferming is.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wanneer iemand versoeking deurstaan, lei dit somtyds tot vervolging of verdrukking:
Die woord "versoeking" beteken in sommige skrifte "beproewing" (om op die proef te stel) - wanneer iemand nie die proef (beproewing) of versoeking deurstaan nie, struikel hy of kan afval (Luk. 8:13; Hebr. 13:12). God versoek niemand nie! - dit is die duiwel wat mense versoek (maar dit is God wat dit toelaat of nie toelaat nie, en die Here sal terloops ook nie toelaat dat ons bo ons kragte versoek word nie)(Jak. 1:13; Matt. 6:13).  Gebed kan help dat ons nie in die versoeking kom nie... (Matt. 26:41; Luk. 22:46).
Niemand van ons wil versoek word nie want dit is inderdaad soos 'n toets - sal jy val, of gaan jy bly staan? 

Die wat die toets/versoeking slaag (bv. om nie die Here te verloën nie, of om nie te sondig nie al word hy selfs deur sy eie begeerlikheid weggesleep, ens.), is die wat ryk word in die Here en die bose oorwin. Maar hierdie "sterk staan" ly somtyds daartoe dat iemand verdruk of vervolg word omdat hy nie die res volg nie of nie sien soos hulle sien en dink nie. Alhoewel dit nie maklik is om deur so iets te gaan nie skep vervolginge en verdrukking geleentheid om TE KAN GETUIG (wat terloops vir iemand vrug kan gee). As ons wil vrug dra en GETUIG, moet ons bereid wees om ons "lewens te verloor", maw moet versoeking weerstaan... (bv., eerder begeer om ryk te word in die Here as om wereldse rykdom te begeer; of eerder glo in die Here se woord as in wereldse wysheid; ens.).  (Matt. 16:24-26 - "Toe sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg. Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind. Want wat baat dit ‘n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel?").
 
Jesus het vir ons verduidelik hoe belangrik dit is om GEWORTELD te wees in Hom.  (Luk 8:13 - "En dié op die rots is hulle wat die woord met blydskap ontvang wanneer hulle dit hoor; en hulle het geen wortel nie, aangesien hulle net vir ‘n tyd glo, en IN DIE TYD VAN VERSOEKING VAL HULLE AF"). Daarom is dit belangrik dat 'n gelowige die Here leer ken en in Hom bly, want dit is maklik vir die "sonder wortel" om in tye van versoeking AF TE VAL... (2de groep in die gelykenis vd saaier). As ons getuies wil wees vir die Here en seker maak dat ons sterk staan in tye van versoeking, het ons WORTELS nodig... (en terloops kos en water nodig om aan die lewe te bly!).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------(2Ti 3:12)  "En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word": Elke gelowige is soos saad wat in die wêreld geplant word om VRUG te dra.  Wanneer Jesus terugkom sal elkeen se vrug "geoes" word (Mar 4:29 - "En wanneer die vrug dit toelaat, steek hy die sekel dadelik in, omdat die oes daar is"). Hoedanig sal jou vrug lyk?  Goeie vrug? Slegte vrug? Dorings? Geen vrug? Verstikte vrug? ...L.w. dat hierdie 'n belangrike onderwerp is in die Skrif, en terloops iets waaroor Jesus baie gesels het. Ons vrug is belangrik!, want ons het dit nodig het om die ewige lewe te kan beerwe... (gelowiges wat bv geen vrug het wanneer Jesus terugkom, sal uitgewerp word soos 'n loot en verdroog, en verbrand word...-Joh 15:6). 

Daar is verskillende soorte "oeste" wat vir ons beskryf word in die Skrif (Matt. 13:30,39; Joe 3:13; Openb. 14:15 ens.), waarvan die vrug-oes een van hulle is.  
Om die evangelie te verkondig word ook soos 'n "oes" beskryf (kyk onderwerp van "maai"): 
-(Joh 4:35)  Sê julle nie: Dit is nog vier maande, dan kom die oes nie? Kyk, Ek sê vir julle, slaan julle oë op en aanskou die lande dat hulle al wit is vir die oes.
-(Joh 4:36)  En hy wat maai, ontvang loon en vergader vrug vir die ewige lewe, sodat die saaier en die maaier saam bly kan wees
Dit is 'n "oes" in die sin van dat "visse" ingetrek/bymekaargemaak word, en op hierdie manier verdien die wat die evangelie verkondig "VRUG". Vrug word op verskillende maniere versamel, en die belangrikste is "OM IN DIE HERE TE BLY" (Joh. 15:4,15,16) want Jesus het geleer dat sonder Hom ons nie kan vrug dra nie! 

"Om die evangelie te verkondig" is soos om vrug te versamel vir die ewige lewe... (Luk 10:2 - "Hy sê toe vir hulle: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here van die oes dat Hy arbeiders in sy oes uitstuur"). TYE VAN VERDRUKKING (wat baiemaal gepaardgaan met "versoeking weerstaan") SKEP VIR DIE CHRISTEN HIERDIE GELEENTHEID OM DIE EVANGELIE TE VERKONDIG en DIENSBAAR TE BLY AAN DIE HERE - en terloops so ook vrug te versamel tot ewige lewe...  (Matt. 5:12 - "Verbly en verheug julle omdat julle loon groot is in die hemele; want so het hulle die profete vervolg wat voor julle gewees het")(Joh. 4:36; Rom. 6:22; Spr. 11:30). In sulke tye moet Christene seker maak dat hulle nie die Here verloën nie (Matt. 10:33; Luk. 12:9; 2 Tim. 2:12).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
WIE IS DIT VIR WIE JY VREES?

Daar is verskeie redes waarom Christene somtyds die Here (hulle Meester) verloën, en VREES is baiemaal die rede hiervoor! Iemand wat wortel het in die Here sal eerder die Here vrees (bv. Sy wil, Sy woorde, ens.), maar Christene wat nie in die Here bly en groei nie, is geneig om toe te gee aan wat "natuurlike mense" van hulle verwag (maw, "hulle vrees eerder mense"). Natuurlike mense dink en sien anders as "geestelike mense" (en dit is veronderstel om so te wees!, want geestelike mense het die Heilige Gees, die Gees van waarheid;  maar natuurlike mense het nie die Heilige Gees nie...). Maar wat gebeur as 'n Christen die Gees bedroef?  Wat gebeur as 'n Christen goed weet wat reg is, maar steeds kies om ongehoorsaam te wees en sy hart te verhard teen die waarheid? - so 'n Christen/geestelike mens ignoreer die stem van die Gees (van waarheid) en glo wat hy wil al weet hy goed wat is die waarheid.  Wat gebeur as 'n Christen ophou om die Here te vrees en dien en hy kies om eerder sy eie wil te doen, al weet hy goed wat die Here eintlik van hom verwag?  
Dit is ongelukkig so dat alhoewel "geestelike mense" veronderstel is om anders te sien en dink en doen, hulle nie altyd so doen nie! (maw, kyk na die wat nie in die Here bly nie /  "hart verhard" - bly ongelowig/kan nie mooi "sien" nie).  

As 'n kind sy ouers meer vrees gaan hy bv. eerder glo wat hulle vir hom vertel, of gehoorsaam wees aan wat hulle van hom verwag... Op dieselfde wyse wys tye van versoeking uit wie dit is wat regtig in die Here GLO, en wie nie.  Die wat die Here verloen kan nie werklik getuies wees vir Hom nie, maar tree somtyds eerder soos struikelblokke op. Mense wat in die Here glo, glo in Sy woorde, doen wat Hy verwag, vertrou wat Hy doen, ens.; maar die wat net vir 'n tyd glo, kan in sulke tye afval. L.w. dat een van die tekens van die eindtye is dat daar 'n groot "AFVAL" sal kom (2 Tim. 2:3)(en ons sien alreeds so iets gebeur)(kyk ook tema "uur van beproewing wat oor die wereld kom"). Iemand wat nie die Here vrees nie se getuienis sal anders wees as die een wat die Here vrees.  Dit is waarom daar soveel verskille is vandag tussen wat verskillende Christene en kerke leer of die manier hoe hulle lewe (want baie bely hulle glo, maar het eintlik afgeval vd geloof en doen en glo soos hulle wil, en neem nie die regte soort kos en water in nie). As 'n Christen ophou om die Here te VREES, wys hy eintlik dat hy net vir 'n tyd geglo het - so 'n "gelowige" se getuienis sal anders daarna uitsien (bv., diesulkes is eerder 'n getuie vir wereldse sienswyse, eie wil, glo wat hulle wil, doen soos hulle wil, ens.).  
 
-(Mat 10:28)  En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel.
-(Mat 10:29)  Word twee mossies nie vir ‘n stuiwer verkoop nie? En nie een van hulle sal op die aarde val sonder julle Vader nie.
-(Mat 10:30)  En van julle is selfs die hare van die hoof almal getel.
-(Mat 10:31)  Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies.
-(Mat 10:32)  Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die hemele is.
-(Mat 10:33)  Maar elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemele is.  IN HIERDIE OPSIG MOET CHRISTENE BEREID WEES OM HULLE LEWENS TE VERLOOR TER WILLE VAN DIE GELOOF. Die tema van "lewe verloor" gaan nie net oor "moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak" nie (Luk. 12:1-12), maar gaan ook oor "lewe afle in die alledaagse", maw om die Here te DIEN en KEN (Sy wil te soek, Hom te raadpleeg, hoop in Hom plaas, ens.)(Luk. 12:13-59).  Om eerder die Here te vrees as vir mense is die manier hoe ons "ryk word in die Here"... (dit gaan oor "lewe verloor" maar lewe wen in die Here-Luk. 17:33)(Mar 8:35 - "Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil en om die evangelie ontwil verloor, hy sal dit red"). Die wat die Here vrees kan 'n getuie wees vir Hom - hulle is soos priesters vir Hom in hierdie wereld!
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------


Saterdag 12 Augustus 2017

Die Groot Verdrukking

Die begrip "GROOT VERDRUKKING", verwys na 'n spesifieke gebeurtenis in die laaste dae - " 'n VERDRUKKING soos daar van die begin van die wêreld af nooit gewees het nie ".

_________________________________________________________________________________

KENMERKEND VAN DIE GROOT VERDRUKKING:
-  dit sal 'n VERDRUKKING wees soos daar van die begin van die wêreld af nooit gewees het nie;
-  die dae sal VERKORT WORD (ter wille vd uitverkorenes);
-  dit sal 'n tyd wees van VALSE Christusse en VALSE profete;
-  dit sal in die tyd wees wanneer die gruwel van verwoesting staan waar dit nie behoort nie;
-  en sal daarom ook in die tyd wees wanneer die wat in Judea is, na die berge moet vlug.

WANEER sal die Groot Vedrukking plaasvind?  
Volgens Openb. 6:9-11 en 7:13 en 14 wil dit lyk of dit sal plaasvind onder die 5de seël tydperk. Christus het beskryf dat die Groot Vedrukking begin wanneer die gruwel opgerig is... (Matt. 24:15-21; Mark. 13:14-19)(m.a.w., aan die einde vd 4de seel tydperk - nadat die tempel gebou is en die gruwel opgerig...dan volg die 5de seel waarin die groot verdrukking is). Niemand weet presies HOE LANK die Groot Verdrukking/5de seel sal duur nie; alhoewel dit wil voorkom of dit (deels) vgl. word met die tydperk "tyd, tye en 'n halwe tyd" (Openb. 12:14; Dan. 12:7-12; Matt. 24:15); tog kan dit nie presies dieselfde of lengte van "tyd, tye en halwe tyd" wees nie, omdat die Groot Verdrukking eindig op einde vd 5de seël, terwyl die tyd, tye en halwe tyd eindig onder die 7de seël (met die opstanding...Dan. 12; Joh. 6:39; 11:24; 1 Kor. 15:52).  
WIE presies deur die Groot Verdrukking sal gaan, is natuurlik 'n redenasie onder geleerdes.  Die skrif maak veral bemoeienis met die wat in Judea is in daardie tyd (Matt. 24:16; Mark. 13:14), maar ander skrifte leer ook vir ons dat die wat uit die Groot Verdrukking kom, mense is uit alle nasies, stamme, volke, en tale (Openb. 7:9-14); en leer ook dat "die draak" (die duiwel) nie net vertoornd is op die Joodse volk nie, maar ook sal oorlog voer teen "haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar" - en LET WEL, "die getuienis van Jesus Christus hou" (m.a.w. "Christene")(Openb. 12:17). Ons moet egter nie die fout maak om te dink dat die "uur van beproewing" wat oor die wereld gaan kom,  net ander woorde is wat gebruik word vir "groot verdrukking" nie, want die uur van beproewing gaan oor "om getoets te word" (- 'n tyd waarin baie afvallig sal word vd geloof), terwyl verdrukking gaan oor "om vervolg te word"! (wat natuurlik ook gepaard kan gaan met 'n toets) (https://warechristene.blogspot.co.nz/2017/08/die-uur-van-beproewing-wat-oor-die-hele.html). 

In 'n opsomming hieronder kyk ons na wat presies die woord verdrukking beteken, en wat presies gesien word as verdrukking.  As ons dit verstaan, dan sal ons nie die fout maak om die groot verdrukking te verwar met die uur van beproewing of versoeking nie... (alhoewel die twee op ditto tyd kan plaasvind - Matt. 24:23-26). Dit is wel so dat verdrukking baiemaal 'n toets voorafgaan of sommige gelowiges deur verdrukking gaan met die doel om hulle tot bekering te roep, maar alle kinders van die Here (geseendes) lei verdrukking of vervolging van een of ander aard ter wille van die woord.  Die doel van verdrukking is dus nie noodwendig om ongehoorsames terug te roep nie of om gelowiges te toets nie, maar ook iets wat die diensknegte van die Here ervaar OMDAT hulle gehoorsaam is en glo. 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Kom ons kyk na die woord "verdrukking":
Om verdruk te word beteken nie noodwendig dat iemand doodgemaak word nie, maar dit is 'n feit dat baie gelowiges in die Groot Verdrukking doodgemaak sal word (Openb. 6:9-11; 7:13,14). 

Hoe kan "verdrukking" beskryf word?
-  om in gebrek te wees (2 Kor. 8:13; Jak. 1:27);
-  om bo jou kragte swaar te he (2 Kor. 1:8; Jak. 1:27);
-  om met die dood gedreig te word (2 Kor. 1:8,9)(wat baiemaal eindig in om doodgemaak te word);
-  om van jou besittings beroof te word, of waar jou goed verwoes word, en bedrog teen jou gepleeg word (Eseg. 22:12; 45:9; Hand. 11:19);
-  valse broeders wat teen ware broeders preek, en die waarheid wat deur die ware broeders verkondig word, verdraai (Fil. 1:16)(bv. in die geval van verdrukking ter wille van die waarheid - Matt. 13:21);
-  om opgesluit te word ter wille van die waarheid of evangelie, bv. Miga, Johannes die doper ens.(1 Kon. 22:27; 2 Kron. 18:26);
-  enige iemand wat "dien" ervaar 'n tipe van "verdrukking in die vlees", omdat jy soos 'n slaaf is vir die een vir wie jy dien, en dus besorg om daardie persoon te dien (1 Kor. 7:28). In dieselfde opsig verduur Christene verdrukking omdat hulle slawe is vir Christus, en Hom DIEN! (1 Kor. 7:20-23).  

Verdrukking kom deur vyande, haters, ongehoorsames, die wat onbarmhartig is, ens., maar dit is nie altyd terwille vd geloof en getuienis wat iemand verdruk word nie, maar in sommige gevalle is verdrukking iets wat die Here toelaat op 'n gelowige se pad met die doel om sy ore te open (Job 36:15; 2 Kon. 13:4). Openb. 2:22 is 'n vb. van hoe die Here ongehoorsame gelowiges onder verdrukking plaas met die doel om hulle tot bekering roep...(l.w., in hierdie geval, onder "groot verdrukking"), maar dit beteken natuurlik nie dat die gehoorsames en gelowiges nooit deur verdrukking gaan nie! (alhoewel hulle verdrukking dan is ter wille van die geloof en getuienis).  Alhoewel "verdrukking" dus somtyds as 'n metode van teregwysing gebruik word (en ons almal dit sekerlik verdien), moet elke Christen bereid wees om ter wille van die woord en getuienis verdruk te word (Matt. 13:21; 2 Tim. 2:9).  (Joh 16:33)  Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin. Inteendeel, die Christen moet roem in die verdrukking, want verdrukking werk lydsaamheid...! (Rom. 5:3)-(2Ti 2:3 - "Ly dan verdrukking soos ‘n goeie krygsman van Jesus Christus")(2 Tim. 4:5).  Die dissipels en die eerste Christene het self baie verdrukkinge gely (2 Kor. 4:7; 7:4; 8:2; Fil. 4:14; Kol. 1:24; 1 Thess. 1:6; Openb. 1:9; 2:9,10...), maar niks waardeur die opregte gelowige gaan kan hom skei van die liefde van Christus nie (Rom 8:35) - geen VERDRUKKING of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard nie...  (Rom 8:36 - "Soos geskrywe is: Om U ontwil word ons die hele dag gedood, ons is gereken as slagskape"). 

Ons word beveel om GEDULDIG te wees in die verdrukking (Rom. 12:12), en om mekaar te troos tydens verdrukking (2 Kor. 1:4; 1 Thess. 3:7).  Oor en oor word dit in die skrif bevestig dat dit die behoeftiges en armes is vd volk oor wie die Here Hom ontferm (Ps. 72:13) - die behoeftiges wat roep om hulp en die ellendiges wat geen helper het nie... (v.12); dit is hulle wat verlos word van verdrukking en geweld (l.w. omdat hulle deur verdrukkinge gaan!)(v.14)(Ps. 107:41) - hetsy huidige of uiteindelike verlossing, want dieselfde soort benoudheid wat verdrukking teweeg bring (en gelowiges en gehoorsames nou moet verduur), sal die ongeregtiges en ongehoorsames eendag ervaar wanneer Christus terugkom (Rom. 2:5-9; 2 Thess. 1:6,7).

BETEKENIS vd woord "verdrukking":
Die woord "verdrukking" is die Hebreeuse woord " lakh'-ats" ("distress: - affliction, oppression"-Eks. 3:9;Deut. 26:7;1 Kon. 22:27;2 Kron. 18:26;2 Kon. 13:4;Ps. 42:9);  en die Griekse woord "thlip'-sis"(afflicted, (-tion), anguish, burdened, persecution, tribulation, trouble-Matt. 13:21; 24:9,21,29; Joh. 16:33).

Voorbeelde van verdrukking:
- Eks. 3:9, Deut. 26:7 (verdrukking vd volk deur die Egiptenaars) - volgens Eks. 1:12-14 het hulle die kinders van Israel met hardheid laat dien (hulle was "cruel", hulle sleg behandel (Num. 20:15), probeer verplig om hulle baba-seuns dood te maak (Eks. 1:15-17), en het hulle lewens verbitter deur swaar werk en hulle behandel soos slawe (Eks. 1:14; 2:23);
- 1 Kon. 22:27, 2 Kron. 18:26 (Miga verdruk in die gevangenis);
- 2 Kon. 13:4 (volk verdruk deur Hásael, die koning van Aram);
- Ps. 12:5; Ecc. 5:8 (verdrukking van die arme) - kyk ook die woord "o'-shek" wat gebruik word vir hoe die arme verdruk word deur bedrog ("fraud, unjust gain, extortion")(Jes. 30:12; 54:14; Jer. 6:6);
- Ps. 42:9; 43:2; 44:24 (verdrukking deur vyande);
Ons kan ook kyk na die woord, "toke"  "oppression" - ("deceit, fraud")(Ps. 55:11) - verdrukking deur haters.;  en die woord "shode"("desolation, destruction, oppression, robbery" etc. -Ps. 12:5) - hierdie is alles maniere van hoe mense VERDRUK word, m.a.w. bv. dat hulle beroof word, hulle besittings verwoes word, daar bedrog teen hulle gepleeg word, bv. in die geval van onregverdige wins deur te veel geld te neem (Eseg. 22:12) of hulle uit hulle besittings te verdring (Eseg. 45:9)...  
- Matt. 13:21 (verdukking ter wille van die woord);
- Matt. 24:9,21,29 (verdrukking deur haters);
- Hand. 11:19 (deur verdrukking word mense verstrooi na ander dele van die aarde);
- 2 Kor. 1:8,9 (om bo jou kragte swaar te he en met die dood gedreig te word);
- 2 Kor. 8:13 (om in gebrek te wees);
- Fil. 1:16 (verdrukking deur valse broeders);
- Jak. 1:27 (verdrukking wat wese en weduwees ly);
-1 Kor. 7:28 (verdrukking van die vlees - in die sin van om besorg te wees oor mekaar - 1 Kor. 7:29-35).
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/07/die-wat-hulle-lewe-verloor-sal-dit-wen.html
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Die verdrukking in die laaste dae (wat lyk of dit reeds begin onder die 4de seel) sal 'n tydperk wees waarin baie GETUIENIS sal plaasvind:
(Mar 13:11)  En wanneer hulle jul weglei om julle oor te lewer, moenie julle vooraf kwel oor wat julle sal spreek nie, en moenie daaroor dink nie; maar wat julle in dié uur gegee word, dit moet julle spreek; want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Heilige Gees. (Mar 13:12)  En die een broer sal die ander tot die dood oorlewer, en die vader sy kind, en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak. (Mar 13:13)  En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.

En dit sal vir julle uitloop op 'n getuienis...
(Luk 21:12) " Maar voor al hierdie dinge sal hulle die hande aan julle slaan en julle VERVOLG en oorlewer in sinagoges en gevangenisse en julle voor konings en goewerneurs bring ter wille van my Naam."
(Luk 21:13) " En dit sal vir julle uitloop op ‘n getuienis."


(Mat 24:9) " Dan sal hulle jul aan VERDRUKKING oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam.
(Mat 24:10)  En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat.
(Mat 24:11)  En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei.
(Mat 24:12)  En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel.
(Mat 24:13)  Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.
(Mat 24:14)  En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom."

(Mar 13:9)  "Maar wees julle vir julleself op die hoede, want hulle sal julle OORLEWER aan regbanke, en in sinagoges sal julle geslaan word en voor goewerneurs en konings gebring word om My ontwil, vir hulle tot ‘n getuienis.
(Mar 13:10)  En die evangelie moet eers aan al die nasies verkondig word.
(Mar 13:11)  En wanneer hulle jul weglei om julle oor te lewer, moenie julle vooraf kwel oor wat julle sal spreek nie, en moenie daaroor dink nie; maar wat julle in dié uur gegee word, dit moet julle spreek; want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Heilige Gees."

(Mat 10:21)  Maar die een broer sal die ander tot die dood oorlewer en die vader sy kind, en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak.
(Mat 10:22)  En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.
(Mat 10:23)  En wanneer hulle julle vervolg in die een stad, vlug na die ander toe. Want voorwaar Ek sê vir julle, julle sal met die stede van Israel sekerlik nie klaar kry voordat die Seun van die mens kom nie.
(Mat 10:24)  ‘n Leerling is nie bo die meester nie en ‘n dienskneg ook nie bo sy heer nie.
(Mat 10:25)  Dit is vir die leerling genoeg dat hy soos sy meester word en die dienskneg soos sy heer. As hulle die heer van die huis Beëlsebul genoem het, hoeveel te meer sy huisgenote!
(Mat 10:26)  Vrees hulle dan nie; want daar is niks bedek wat nie ontdek sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie.
(Mat 10:27)  Wat Ek vir julle in die donker sê, vertel dit in die lig; en wat julle in die oor hoor, verkondig dit op die dakke.
(Mat 10:28)  En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel.
(Mat 10:29)  Word twee mossies nie vir ‘n stuiwer verkoop nie? En nie een van hulle sal op die aarde val sonder julle Vader nie.
(Mat 10:30)  En van julle is selfs die hare van die hoof almal getel.
(Mat 10:31)  Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies.
(Mat 10:32)  Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die hemele is.
(Mat 10:33)  Maar elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemele is.
(Mat 10:34)  Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard.
(Mat 10:35)  Want Ek het gekom om tweedrag te verwek tussen ‘n man en sy vader, en tussen ‘n dogter en haar moeder, en ‘n skoondogter en haar skoonmoeder.
(Mat 10:36)  En ‘n mens se huisgenote sal sy vyande wees.
(Mat 10:37)  Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie.
(Mat 10:38)  En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie.
(Mat 10:39)  Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.
(Mat 10:40)  Wie julle ontvang, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het.
(Mat 10:41)  Wie ‘n profeet ontvang omdat hy ‘n profeet is, sal die loon van ‘n profeet ontvang; en wie ‘n regverdige ontvang omdat hy ‘n regverdige is, sal die loon van ‘n regverdige ontvang.
(Mat 10:42)  En elkeen wat een van hierdie kleintjies net ‘n beker kou water laat drink, omdat hy ‘n dissipel is, voorwaar Ek sê vir julle, hy sal sy loon sekerlik nie verloor nie.
 __________________________________________________________________________________________________
Mat 16:24)  Toe sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg.(Mat 16:25)  Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------