Sommige inligting rondom eindtyd studies gaan oor INTERPRETASIE.

Daarom word verskillende interpretasies met die tyd bygevoeg waar geleerdes oor iets verskil, of somtyds word 'n verwysing gegee na 'n ander interpretasie - per geleentheid word 'n interpretasie verder bespreek.


Wys tans plasings met die etiket valse christusse. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket valse christusse. Wys alle plasings

Donderdag 27 Januarie 2022

Die tyd is naby

Jesus het geleer dat in 'n sekere konteks die woorde "die tyd is naby" verkeerd gebruik word, wat tot gevolg kan hê dat gelowiges mislei kan word agter 'n valse christus aan...  Vir 'n dagstukkie oor hierdie onderwerp, gaan na: 

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2014/02/die-tyd-is-naby.html

Saterdag 12 Augustus 2017

Die Groot Verdrukking

Die begrip "GROOT VERDRUKKING", verwys na 'n spesifieke gebeurtenis in die laaste dae - " 'n VERDRUKKING soos daar van die begin van die wêreld af nooit gewees het nie ".

_________________________________________________________________________________

KENMERKEND VAN DIE GROOT VERDRUKKING:
-  dit sal 'n VERDRUKKING wees soos daar van die begin van die wêreld af nooit gewees het nie;
-  die dae sal VERKORT WORD (ter wille vd uitverkorenes);
-  dit sal 'n tyd wees van VALSE Christusse en VALSE profete;
-  dit sal in die tyd wees wanneer die gruwel van verwoesting staan waar dit nie behoort nie;
-  en sal daarom ook in die tyd wees wanneer die wat in Judea is, na die berge moet vlug.

WANEER sal die Groot Vedrukking plaasvind?  
Volgens Openb. 6:9-11 en 7:13 en 14 wil dit lyk of dit sal plaasvind onder die 5de seël tydperk. Christus het beskryf dat die Groot Vedrukking begin wanneer die gruwel opgerig is... (Matt. 24:15-21; Mark. 13:14-19)(m.a.w., aan die einde vd 4de seel tydperk - nadat die tempel gebou is en die gruwel opgerig...dan volg die 5de seel waarin die groot verdrukking is). Niemand weet presies HOE LANK die Groot Verdrukking/5de seel sal duur nie; alhoewel dit wil voorkom of dit (deels) vgl. word met die tydperk "tyd, tye en 'n halwe tyd" (Openb. 12:14; Dan. 12:7-12; Matt. 24:15); tog kan dit nie presies dieselfde of lengte van "tyd, tye en halwe tyd" wees nie, omdat die Groot Verdrukking eindig op einde vd 5de seël, terwyl die tyd, tye en halwe tyd eindig onder die 7de seël (met die opstanding...Dan. 12; Joh. 6:39; 11:24; 1 Kor. 15:52).  
WIE presies deur die Groot Verdrukking sal gaan, is natuurlik 'n redenasie onder geleerdes.  Die skrif maak veral bemoeienis met die wat in Judea is in daardie tyd (Matt. 24:16; Mark. 13:14), maar ander skrifte leer ook vir ons dat die wat uit die Groot Verdrukking kom, mense is uit alle nasies, stamme, volke, en tale (Openb. 7:9-14); en leer ook dat "die draak" (die duiwel) nie net vertoornd is op die Joodse volk nie, maar ook sal oorlog voer teen "haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar" - en LET WEL, "die getuienis van Jesus Christus hou" (m.a.w. "Christene")(Openb. 12:17). Ons moet egter nie die fout maak om te dink dat die "uur van beproewing" wat oor die wereld gaan kom,  net ander woorde is wat gebruik word vir "groot verdrukking" nie, want die uur van beproewing gaan oor "om getoets te word" (- 'n tyd waarin baie afvallig sal word vd geloof), terwyl verdrukking gaan oor "om vervolg te word"! (wat natuurlik ook gepaard kan gaan met 'n toets) (https://warechristene.blogspot.co.nz/2017/08/die-uur-van-beproewing-wat-oor-die-hele.html). 

In 'n opsomming hieronder kyk ons na wat presies die woord verdrukking beteken, en wat presies gesien word as verdrukking.  As ons dit verstaan, dan sal ons nie die fout maak om die groot verdrukking te verwar met die uur van beproewing of versoeking nie... (alhoewel die twee op ditto tyd kan plaasvind - Matt. 24:23-26). Dit is wel so dat verdrukking baiemaal 'n toets voorafgaan of sommige gelowiges deur verdrukking gaan met die doel om hulle tot bekering te roep, maar alle kinders van die Here (geseendes) lei verdrukking of vervolging van een of ander aard ter wille van die woord.  Die doel van verdrukking is dus nie noodwendig om ongehoorsames terug te roep nie of om gelowiges te toets nie, maar ook iets wat die diensknegte van die Here ervaar OMDAT hulle gehoorsaam is en glo. 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Kom ons kyk na die woord "verdrukking":
Om verdruk te word beteken nie noodwendig dat iemand doodgemaak word nie, maar dit is 'n feit dat baie gelowiges in die Groot Verdrukking doodgemaak sal word (Openb. 6:9-11; 7:13,14). 

Hoe kan "verdrukking" beskryf word?
-  om in gebrek te wees (2 Kor. 8:13; Jak. 1:27);
-  om bo jou kragte swaar te he (2 Kor. 1:8; Jak. 1:27);
-  om met die dood gedreig te word (2 Kor. 1:8,9)(wat baiemaal eindig in om doodgemaak te word);
-  om van jou besittings beroof te word, of waar jou goed verwoes word, en bedrog teen jou gepleeg word (Eseg. 22:12; 45:9; Hand. 11:19);
-  valse broeders wat teen ware broeders preek, en die waarheid wat deur die ware broeders verkondig word, verdraai (Fil. 1:16)(bv. in die geval van verdrukking ter wille van die waarheid - Matt. 13:21);
-  om opgesluit te word ter wille van die waarheid of evangelie, bv. Miga, Johannes die doper ens.(1 Kon. 22:27; 2 Kron. 18:26);
-  enige iemand wat "dien" ervaar 'n tipe van "verdrukking in die vlees", omdat jy soos 'n slaaf is vir die een vir wie jy dien, en dus besorg om daardie persoon te dien (1 Kor. 7:28). In dieselfde opsig verduur Christene verdrukking omdat hulle slawe is vir Christus, en Hom DIEN! (1 Kor. 7:20-23).  

Verdrukking kom deur vyande, haters, ongehoorsames, die wat onbarmhartig is, ens., maar dit is nie altyd terwille vd geloof en getuienis wat iemand verdruk word nie, maar in sommige gevalle is verdrukking iets wat die Here toelaat op 'n gelowige se pad met die doel om sy ore te open (Job 36:15; 2 Kon. 13:4). Openb. 2:22 is 'n vb. van hoe die Here ongehoorsame gelowiges onder verdrukking plaas met die doel om hulle tot bekering roep...(l.w., in hierdie geval, onder "groot verdrukking"), maar dit beteken natuurlik nie dat die gehoorsames en gelowiges nooit deur verdrukking gaan nie! (alhoewel hulle verdrukking dan is ter wille van die geloof en getuienis).  Alhoewel "verdrukking" dus somtyds as 'n metode van teregwysing gebruik word (en ons almal dit sekerlik verdien), moet elke Christen bereid wees om ter wille van die woord en getuienis verdruk te word (Matt. 13:21; 2 Tim. 2:9).  (Joh 16:33)  Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin. Inteendeel, die Christen moet roem in die verdrukking, want verdrukking werk lydsaamheid...! (Rom. 5:3)-(2Ti 2:3 - "Ly dan verdrukking soos ‘n goeie krygsman van Jesus Christus")(2 Tim. 4:5).  Die dissipels en die eerste Christene het self baie verdrukkinge gely (2 Kor. 4:7; 7:4; 8:2; Fil. 4:14; Kol. 1:24; 1 Thess. 1:6; Openb. 1:9; 2:9,10...), maar niks waardeur die opregte gelowige gaan kan hom skei van die liefde van Christus nie (Rom 8:35) - geen VERDRUKKING of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard nie...  (Rom 8:36 - "Soos geskrywe is: Om U ontwil word ons die hele dag gedood, ons is gereken as slagskape"). 

Ons word beveel om GEDULDIG te wees in die verdrukking (Rom. 12:12), en om mekaar te troos tydens verdrukking (2 Kor. 1:4; 1 Thess. 3:7).  Oor en oor word dit in die skrif bevestig dat dit die behoeftiges en armes is vd volk oor wie die Here Hom ontferm (Ps. 72:13) - die behoeftiges wat roep om hulp en die ellendiges wat geen helper het nie... (v.12); dit is hulle wat verlos word van verdrukking en geweld (l.w. omdat hulle deur verdrukkinge gaan!)(v.14)(Ps. 107:41) - hetsy huidige of uiteindelike verlossing, want dieselfde soort benoudheid wat verdrukking teweeg bring (en gelowiges en gehoorsames nou moet verduur), sal die ongeregtiges en ongehoorsames eendag ervaar wanneer Christus terugkom (Rom. 2:5-9; 2 Thess. 1:6,7).

BETEKENIS vd woord "verdrukking":
Die woord "verdrukking" is die Hebreeuse woord " lakh'-ats" ("distress: - affliction, oppression"-Eks. 3:9;Deut. 26:7;1 Kon. 22:27;2 Kron. 18:26;2 Kon. 13:4;Ps. 42:9);  en die Griekse woord "thlip'-sis"(afflicted, (-tion), anguish, burdened, persecution, tribulation, trouble-Matt. 13:21; 24:9,21,29; Joh. 16:33).

Voorbeelde van verdrukking:
- Eks. 3:9, Deut. 26:7 (verdrukking vd volk deur die Egiptenaars) - volgens Eks. 1:12-14 het hulle die kinders van Israel met hardheid laat dien (hulle was "cruel", hulle sleg behandel (Num. 20:15), probeer verplig om hulle baba-seuns dood te maak (Eks. 1:15-17), en het hulle lewens verbitter deur swaar werk en hulle behandel soos slawe (Eks. 1:14; 2:23);
- 1 Kon. 22:27, 2 Kron. 18:26 (Miga verdruk in die gevangenis);
- 2 Kon. 13:4 (volk verdruk deur Hásael, die koning van Aram);
- Ps. 12:5; Ecc. 5:8 (verdrukking van die arme) - kyk ook die woord "o'-shek" wat gebruik word vir hoe die arme verdruk word deur bedrog ("fraud, unjust gain, extortion")(Jes. 30:12; 54:14; Jer. 6:6);
- Ps. 42:9; 43:2; 44:24 (verdrukking deur vyande);
Ons kan ook kyk na die woord, "toke"  "oppression" - ("deceit, fraud")(Ps. 55:11) - verdrukking deur haters.;  en die woord "shode"("desolation, destruction, oppression, robbery" etc. -Ps. 12:5) - hierdie is alles maniere van hoe mense VERDRUK word, m.a.w. bv. dat hulle beroof word, hulle besittings verwoes word, daar bedrog teen hulle gepleeg word, bv. in die geval van onregverdige wins deur te veel geld te neem (Eseg. 22:12) of hulle uit hulle besittings te verdring (Eseg. 45:9)...  
- Matt. 13:21 (verdukking ter wille van die woord);
- Matt. 24:9,21,29 (verdrukking deur haters);
- Hand. 11:19 (deur verdrukking word mense verstrooi na ander dele van die aarde);
- 2 Kor. 1:8,9 (om bo jou kragte swaar te he en met die dood gedreig te word);
- 2 Kor. 8:13 (om in gebrek te wees);
- Fil. 1:16 (verdrukking deur valse broeders);
- Jak. 1:27 (verdrukking wat wese en weduwees ly);
-1 Kor. 7:28 (verdrukking van die vlees - in die sin van om besorg te wees oor mekaar - 1 Kor. 7:29-35).
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/07/die-wat-hulle-lewe-verloor-sal-dit-wen.html
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Die verdrukking in die laaste dae (wat lyk of dit reeds begin onder die 4de seel) sal 'n tydperk wees waarin baie GETUIENIS sal plaasvind:
(Mar 13:11)  En wanneer hulle jul weglei om julle oor te lewer, moenie julle vooraf kwel oor wat julle sal spreek nie, en moenie daaroor dink nie; maar wat julle in dié uur gegee word, dit moet julle spreek; want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Heilige Gees. (Mar 13:12)  En die een broer sal die ander tot die dood oorlewer, en die vader sy kind, en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak. (Mar 13:13)  En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.

En dit sal vir julle uitloop op 'n getuienis...
(Luk 21:12) " Maar voor al hierdie dinge sal hulle die hande aan julle slaan en julle VERVOLG en oorlewer in sinagoges en gevangenisse en julle voor konings en goewerneurs bring ter wille van my Naam."
(Luk 21:13) " En dit sal vir julle uitloop op ‘n getuienis."


(Mat 24:9) " Dan sal hulle jul aan VERDRUKKING oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam.
(Mat 24:10)  En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat.
(Mat 24:11)  En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei.
(Mat 24:12)  En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel.
(Mat 24:13)  Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.
(Mat 24:14)  En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom."

(Mar 13:9)  "Maar wees julle vir julleself op die hoede, want hulle sal julle OORLEWER aan regbanke, en in sinagoges sal julle geslaan word en voor goewerneurs en konings gebring word om My ontwil, vir hulle tot ‘n getuienis.
(Mar 13:10)  En die evangelie moet eers aan al die nasies verkondig word.
(Mar 13:11)  En wanneer hulle jul weglei om julle oor te lewer, moenie julle vooraf kwel oor wat julle sal spreek nie, en moenie daaroor dink nie; maar wat julle in dié uur gegee word, dit moet julle spreek; want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Heilige Gees."

(Mat 10:21)  Maar die een broer sal die ander tot die dood oorlewer en die vader sy kind, en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak.
(Mat 10:22)  En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.
(Mat 10:23)  En wanneer hulle julle vervolg in die een stad, vlug na die ander toe. Want voorwaar Ek sê vir julle, julle sal met die stede van Israel sekerlik nie klaar kry voordat die Seun van die mens kom nie.
(Mat 10:24)  ‘n Leerling is nie bo die meester nie en ‘n dienskneg ook nie bo sy heer nie.
(Mat 10:25)  Dit is vir die leerling genoeg dat hy soos sy meester word en die dienskneg soos sy heer. As hulle die heer van die huis Beëlsebul genoem het, hoeveel te meer sy huisgenote!
(Mat 10:26)  Vrees hulle dan nie; want daar is niks bedek wat nie ontdek sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie.
(Mat 10:27)  Wat Ek vir julle in die donker sê, vertel dit in die lig; en wat julle in die oor hoor, verkondig dit op die dakke.
(Mat 10:28)  En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel.
(Mat 10:29)  Word twee mossies nie vir ‘n stuiwer verkoop nie? En nie een van hulle sal op die aarde val sonder julle Vader nie.
(Mat 10:30)  En van julle is selfs die hare van die hoof almal getel.
(Mat 10:31)  Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies.
(Mat 10:32)  Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die hemele is.
(Mat 10:33)  Maar elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemele is.
(Mat 10:34)  Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard.
(Mat 10:35)  Want Ek het gekom om tweedrag te verwek tussen ‘n man en sy vader, en tussen ‘n dogter en haar moeder, en ‘n skoondogter en haar skoonmoeder.
(Mat 10:36)  En ‘n mens se huisgenote sal sy vyande wees.
(Mat 10:37)  Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie.
(Mat 10:38)  En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie.
(Mat 10:39)  Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.
(Mat 10:40)  Wie julle ontvang, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het.
(Mat 10:41)  Wie ‘n profeet ontvang omdat hy ‘n profeet is, sal die loon van ‘n profeet ontvang; en wie ‘n regverdige ontvang omdat hy ‘n regverdige is, sal die loon van ‘n regverdige ontvang.
(Mat 10:42)  En elkeen wat een van hierdie kleintjies net ‘n beker kou water laat drink, omdat hy ‘n dissipel is, voorwaar Ek sê vir julle, hy sal sy loon sekerlik nie verloor nie.
 __________________________________________________________________________________________________
Mat 16:24)  Toe sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg.(Mat 16:25)  Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------