Sommige inligting rondom eindtyd studies gaan oor INTERPRETASIE.

Daarom word verskillende interpretasies met die tyd bygevoeg waar geleerdes oor iets verskil, of somtyds word 'n verwysing gegee na 'n ander interpretasie - per geleentheid word 'n interpretasie verder bespreek.


Wys tans plasings met die etiket Openbaring. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Openbaring. Wys alle plasings

Dinsdag 16 April 2024

VIERDE SEEL

--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
In hierdie pos:  
- Die tyd van die "vierde seël".

======================================================================
Vierde Seël  -  (Openb. 6:7,8)-  (VAAL PERD) - "mag om dood te maak, hongersnood, pes, wilde diere"(...sy naam die dood, doderyk volg hom, mag oor vierde deel v/d aarde om dood te maak, hongersnood, pes, wilde diere)".   

En ons gaan hierdie weer vgl. met Jesus se woorde in die Evangelies (want waar Hy gepraat het oor dit wat aan die einde gaan gebeur, is dit opmerklik hoe die volgorde waarin Hy dinge noem, baie ooreenstem met die volgorde vd 7 seels... - kyk gerus hierdie vgl. ook op die vorige poste in hierdie reeks):
----------------------------------------------------------------
                 -  (Matt. 24:9-14) -VERDRUKKING - SAL JULLE DOODMAAK EN HAAT- Valse Profete + ongeregtigheid vermeerder, liefde verkoel; evangelie v/d koninkryk sal aan hele wereld verkondig word; wie volhard tot einde, sal gered word (v. 9-14).
----------------------------------------------------------------
                 -  (Mark. 13:9-13)  -BROERS SAL MEKAAR OORGEE OM DOODGEMAAK TE WORD, EN VADER SY KIND, EN KINDERS SAL TEEN HULLE OUERS OPSTAAN- SAL DEUR ALMAL GEHAAT WORD- nie worry oor wat getuig - evangelie aan alle nasies verkondig word- wie volhard tot die einde, sal gered word  
----------------------------------------------------------------
                 -  (Luk. 21:12-19)  - VERVOLGING - GETUIG - NIE WORRY OOR WAT JY SAL GETUIG - SAL OORGELEWER WORD DEUR OUERS, BROERS, BLOEDVERWANTE, VRIENDE - VAN JULLE DOODMAAK, SAL GEHAAT WORD- 
deur volharding lewe in besit neem  
======================================================================

(1) Volgens die vierde seël (Openb. 6:7,8) is hierdie 'n tydperk waarin "hulle" mag het oor 'n vierde deel van die aarde..., (1)  om dood te maak,  (2)  hongersnood, (3)  pes en (4)  wilde diere.  Ons sien dus hier ook 'n tipe van "verdrukking" (bv. dat baie doodgemaak sal word)(m.a.w., 'n verdrukking wat alreeds voor die "groot verdrukking" plaasvind), maar hierdie geskied net oor 'n vierde deel v/d aarde.

(2) Vgl. dit met Jesus se woorde:  
-(1) dat ons aan verdrukking oorgegee sal word deur broers en familie, en doodgemaak sal word - sal deur die nasies gehaat word ter wille van Sy Naam.  
-(2) Daar sal baie valse profete opstaan en
-(3) die ongeregtigheid sal vermeerder/liefde van meeste sal verkoel.  
-(4) Dit is 'n tyd  waarin die evangelie (van die koninkryk -Matt. 24:14) aan die hele wereld verkondig sal word. Let ook op Jesus se woorde: "wie volhard tot die einde, sal gered word". Heiliges/Christene sal doodgemaak word ter wille van die Here Jesus se Naam, en as hierdie woorde van Jesus inderdaad inval by die 4de seel tydperk, is hierdie verdrukking net oor 'n vierde deel vd aarde.... 
-(5) Let gerus ook op die woorde: ongeregtigheid sal vermeerder/liefde van meeste sal verkoel" - hierdie tyd kan o.a. gesien word as 'n tyd van "afval". En kan miskien vgl. word met 2 Thess. 2:3 en Dan. 8:23. - die "tyd van afval" word gewoonlik gekenmerk as die tyd waarvoor of waarin die "mens van sonde" (seun van verderf) geopenbaar word... (2 Thess. 2:3).

Vaal perd:
Die kleur VAAL (groen/vaal) stel in hierdie geval veral dood voor... (Openb. 6:8 - "En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n vaal perd. En hy wat daarop sit, sy naam is die dood, en die doderyk het hom gevolg. En aan hulle is mag gegee oor die vierde deel van die aarde om dood te maak met swaard en hongersnood en pes en deur die wilde diere van die aarde") - HIERDIE TYDPERK WORD DEUR HIERDIE FEIT GEKENMERK, DAT BAIE DOODGEMAAK SAL WORD deur wapen, hongersnood, pes en wilde diere (MAAR DIT GEBEUR NET OP 'N VIERDE DEEL VD AARDE).

======================================================================
Skrifgedeeltes:

(Openb. 6:7)  En toe Hy die vierde seël oopgemaak het, hoor ek die stem van die vierde lewende wese sê: Kom kyk!
(Openb. 6:8)  En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n vaal perd. En hy wat daarop sit, sy naam is die dood, en die doderyk het hom gevolg. En aan hulle is mag gegee oor die vierde deel van die aarde om dood te maak met swaard en hongersnood en pes en deur die wilde diere van die aarde.

(Mat 24:9)  Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam.
(Mat 24:10)  En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat.
(Mat 24:11)  En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei.
(Mat 24:12)  En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel.
(Mat 24:13)  Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.
(Mat 24:14)  En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.
(Mat 24:15)  Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom—laat hy wat lees, oplet—

(Mar 13:9)  Maar wees julle vir julleself op die hoede, want hulle sal julle oorlewer aan regbanke, en in sinagoges sal julle geslaan word en voor goewerneurs en konings gebring word om My ontwil, vir hulle tot ‘n getuienis.
(Mar 13:10)  En die evangelie moet eers aan al die nasies verkondig word.
(Mar 13:11)  En wanneer hulle jul weglei om julle oor te lewer, moenie julle vooraf kwel oor wat julle sal spreek nie, en moenie daaroor dink nie; maar wat julle in dié uur gegee word, dit moet julle spreek; want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Heilige Gees.
(Mar 13:12)  En die een broer sal die ander tot die dood oorlewer, en die vader sy kind, en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak.
(Mar 13:13)  En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.

(Luk 21:12)  Maar voor al hierdie dinge sal hulle die hande aan julle slaan en julle vervolg en oorlewer in sinagoges en gevangenisse en julle voor konings en goewerneurs bring ter wille van my Naam.
(Luk 21:13)  En dit sal vir julle uitloop op ‘n getuienis.
(Luk 21:14)  Neem julle dan in jul harte voor om nie vooraf oor julle verdediging te dink nie.
(Luk 21:15)  Want Ek sal aan julle woorde en wysheid gee wat al julle teëstanders nie sal kan teëspreek of weerstaan nie.
(Luk 21:16)  Maar julle sal oorgelewer word ook deur ouers en broers en bloedverwante en vriende, en hulle sal van julle doodmaak.
(Luk 21:17)  En julle sal gehaat wees deur almal ter wille van my Naam.
(Luk 21:18)  En geen haar van julle hoof sal ooit verlore gaan nie.
(Luk 21:19)  Deur julle volharding moet julle jul lewe in besit kry.

(2Th 2:3)  Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers (dit is voor die wederkoms en ons vereniging met Hom) moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf

(Dan 8:23)  "Maar aan die einde van hulle heerskappy, as die goddelose die maat volgemaak het, sal ‘n koning optree, hard van aangesig en wat listige streke verstaan" - so dus beteken dit dat die "goddelose eers die maat moet volmaak", voordat hierdie koning (die antichris) sal optree (of geopenbaar word).

==========================================================================

DERDE SEEL

---------------------------------------------------------------------

In hierdie pos:  
- Die tyd van die "derde seël".

======================================================================

Kom ons vgl. eerstens die derde seël in Openb. met dit wat Jesus geleer het van wat in daardie dae sal gebeur:
Derde Seël  -  (Openb. 6:5,6)- (SWART PERD) -  (skaal in die hand)(rantsoen koring vir 'n penning...)- vgl. dit met:
----------------------------------------------------------------
                 -  (Matt. 24:8) - hongersnode, pessiektes, aardbewings op verskillende plekke, begin van smarte
----------------------------------------------------------------
                 -  (Mark. 13:8)  - aardbewings op verskillende plekke, hongersnode, beroeringe, begin van smarte  
----------------------------------------------------------------
                 -  (Luk. 21:10,11)           - aardbewings op verskillende plekke, hongersnode, pessiektes, verskriklike dinge + groot tekens v/d hemel
 
======================================================================
Tot dusver kan ons dus opsom dat die eindtye afgeskop word met 'n tydperk waarin daar: 

(1) - baie valse christusse sal wees (en 'n sg. vrede sal wees op die aarde (1ste seel)
(2) - Volgende is oorloë, gerugte van oorloë, opstande, en koninkryke wat teen mekaar sal opstaan en mekaar doodmaak (so sal die vrede van die aarde weggeneem word, maar "dit is nog nie die einde nie")(tweede seel). 
(3) - Volgende is waarna ons kyk in hierdie pos... - die derde seël:  HONGERSNODE (pessiektes, aardbewings op verskillende plekke, beroeringe, verskriklike dinge + groot tekens v/d hemel) die begin van smarte.

Swart Perd:
Die kleur "swart" stel duidelik iets voor... Ons kan dit miskien vgl. met ander skrifte, bv. waar "die land SWART" was in Eks. 10:15 vd sprinkaanswerm (so baie was daar van hulle...), en 1 Kon. 18:45 - "die hemel SWART van wolke en wind...(soos wanneer dit bewolk is)... Hierdie tyd kan miskien denkbeeldig ook voorgestel word as 'n "bewolkte tyd" - dit wat ons sien voor die reën... (dit wat voor die storm kom),en "die plaag is sigbaar"... (jy verwag verwoesting). Volgens die derde seël stel SWART in hierdie geval "hongersnood" voor, en daar is ook ander dinge wat Jesus beskryf het wat rondom hierdie tyd sal gebeur, bv. pessiektes, aardbewings op verskillende plekke, beroeringe ens. - en Jesus het hierdie tyd die "BEGIN VAN SMARTE" genoem! DIT IS DUIDELIK 'N TYD VAN SWAARKRY EN VOEDSELTEKORT ("skaal in die hand"/"rantsoen koring vir 'n penning")
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1)  Die 3de seël tydperk is 'n tyd van "hongersnood".
(2)  Vgl. dit met Jesus se woorde in (Matt. 24:8; Mark. 13:8 en Luk. 21:10,11) - "hongersnode, pessiektes, (groot) aardbewings op verskillende plekke, beroeringe, verskriklike dinge en groot tekens van die hemel, en l.w. Sy woorde:  "begin van smarte".
(3) As ons hierdie volgorde kan opmerk (nl. vrede/1ste seël, oorloë/2de seel, en hongersnood/3de seël), dan weet ons ons het die eindtye betree... (maar dan is dit nog nie die einde nie!/of nie dadelik die einde nie - hierdie is nog net die "begin van smarte").

------------------------------------------------------------------------------------------------

Skrifgedeeltes:

(Openb. 6:5)  En toe Hy die derde seël oopgemaak het, hoor ek die derde lewende wese sê: Kom kyk! En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n swart perd; en hy wat daarop sit, het ‘n skaal in sy hand.
(Openb. 6:6)  En ek het ‘n stem tussen die vier lewende wesens hoor sê: ‘n Rantsoen koring vir ‘n penning en drie rantsoene gars vir ‘n penning; en moenie die olie en die wyn beskadig nie.


(Mat 24:7)  "......en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke".
(Mat 24:8)  Maar al hierdie dinge is ‘n begin van die smarte.

(Mar 13:8)  "....en daar sal aardbewings wees op verskillende plekke, en daar sal hongersnode wees en beroeringe. Hierdie dinge is ‘n begin van die smarte".

(Luk 21:11)  "En daar sal groot aardbewings op verskillende plekke wees en hongersnode en pessiektes; en daar sal verskriklike dinge en groot tekens van die hemel kom".
----------------------------------------------------------------------



Donderdag 21 Mei 2020

EERSTE SEëL

IN HIERDIE EN DIE VOLGENDE PAAR POSTE word gekyk na DIE 7 SEëLS (van Openbaring), en dit word vgl. met ander eindtydskrifte. Sodoende kyk ons na die hele Skrif in konteks, nie net na een skrifgedeelte nie, en verhoed dat daar verkeerde interpretasies gemaak word. Natuurlik is daar altyd onbeantwoorde vrae wanneer dit kom by eindtydstudies, maar kom ons kyk wat die Skrif wel vir ons leer. Alhoewel ons eerder besig moet wees om die evangelie te verkondig, moet ons verstaan dat dit wat in die laaste dae gaan gebeur ook in die fondament van evangelie-prediking ingebou is, bv. die feit dat die Here Jesus Christus met Sy wederkoms alle ander wereldryke gaan verbrysel en 'n koninkryk gaan verwek wat vir ewig bestaan!  Kyk bv. ook die temas van "ewige oordeel", "die opstanding", "geloof"... ens. So ja, 'n studie oor eindtye en laaste dae is belangrik! Dit is ook belangrik dat ons ons vereenselwig met die skrifte hieroor sodat ons kan onderskei tussen die ware en die valse, of dit wat slegs afleidings is - en ook nie net kyk na sekere skrifgedeeltes nie, maar die Skrif in geheel.

Ons moet ook vra of die "volgorde van eindtydgebeure" regtig belangrik is?  As ons kyk na hoe Jesus eindtydgebeure in 'n spes. volgorde vertel het (kyk bv. skrifte oor die laaste dae in die Evangelies) dan moet dit tog belangrik wees, ja (dus belangrik om te weet). Net so kan ons kyk na gebeure in volgorde in die boek van Openbaring - dit is duidelik die Here se wil dat ons die volgorde ken (anders sou Hy dit nie vir ons gegee het nie) - en o.a. belangrik sodat ons die tekens van die tye kan onderskei... Dit is ook interessant om te merk dat die volgordes oor eindtye in verskillende skrifgedeeltes (bv. die gebeure soos Jesus dit geskets het, en die gebeure soos Johannes dit gesien het, en ook ander eindtydskrifte), met mekaar ooreenstem!  
----------------------------------------------------------------
In hierdie pos gaan ons kyk na: 
- Die tyd van die "eerste seël"; en
- die tyd wat Jesus beskryf as hoe die "einde van dae" sal begin.

Gewoonlik word die eerste seël tydperk gesien as die tyd wanneer die laaste dae begin, maar na regte is "laaste dae" 'n begrip wat alreeds gebruik word vanaf die tyd vd eerste gemeentes (asof ons al vir die afgelope 2000 jaar in "die laaste dae" is!)(Hand. 2:17-21; Hebr. 1:1). Bestudeer gerus hierdie pos om dit beter te verstaan: http://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2020/04/eindtyd-die-einde-laaste-dae.html. 

  =================================================================
Opsomming:
(sien uiteensetting en skrifte onder)

*Eerste Seël      -  (Openb. 6:1,2)  -  (WIT PERD) - "oorwinnaar"

*Valse Christusse -  (Matt. 24:4,5)
                  -  (Mark. 13:5,6)
                  -  (Luk. 21:8)

(1)  Daar sal baie VALSE CHRISTUSSE wees;(volgens die EVANGELIES: Matt. 24:4,5; Mark. 13:5,6; Luk. 21:8) Volgens Jesus se leringe oor die eindtye, skop dit af met die Here Jesus se waarskuwing teen "valse Christusse". Baie sal mislei word deur hierdie "valse Christusse";  -dit is ook in hierdie konteks waarin die woorde "die tyd is naby" (Luk. 21:8) verkeerd gebruik word deur baie, want in hierdie konteks beteken die woorde "die tyd is naby" dat Christus amper hier is, terwyl dit dan nie so is nie - so iemand aanvaar 'n valse Christus omdat hy die Here vroeër verwag as wanneer Hy regtig kom;  bv. die lering van 'n "wegraping voor die groot Verdrukking" skep so 'n miskonsepsie by mense, in die dat hulle glo dat die Here vroeër terugkom as wat regtig gaan gebeur - so iemand kan maklik 'n valse Christus aanvaar omdat hy glo dat "die tyd naby is", terwyl dit dan nie is nie!  Die verskyning van valse Christusse is nie iets nuuts nie en in die geskiedenis was daar al baie wat hulleself voorgedoen het as die Messias. Alhoewel "valse Christusse" lyk of dit ook een van die tekens sal wees wat die einde van dae (van "hierdie eeu") afskop, beteken dit nie dat dit nooit 'n verskynsel was in die verlede nie, net so was daar al baie antichriste in die wêreld (1 Joh. 2:18). Dus, nie elke keer wanneer 'n valse christus of antichris kop uitsteek is ons in die einde van dae van "hierdie eeu" nie, maar dit is een vd tekens;  en daar is 'n volgorde wat daarna volg...
---------------------------------------------------------------------------------------------

(2)  in hierdie pos VERGELYK ons PUNT 1 MET die EERSTE SEëL VAN OPENBARING (asof die einde van dae van "hierdie eeu" daarmee afskop):  
(Openb. 6:1,2) (wit perd)- "oorwinnaar") 

Wat die wit perd aanbetref, verskil geleerdes oor die interpretasie daarvan. Dit is miskien interessant om te merk dat die "wit perd" (oorwinnaar) nie noodwendig net verwys na "iemand" spesifiek nie, siende met die volgende drie seëls dit wil voorkom of die perde elke keer na "iets" verwys bv. oorloë, aardbewings, hongersnode, ens. (alhoewel hulle ook telkens na iemand kan verwys asof hierdie gebeure dan net op dieselfde tyd plaasvind...).  Tog lui die woorde in Openb. 6:2 is so 'n mate dat dit wil voorkom of die wit perd na "iemand" verwys - (Openb. 6:2 - "En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n wit perd. En hy wat daarop sit, het ‘n boog; en aan hom is ‘n kroon gegee, en hy het uitgegaan as ‘n oorwinnaar en om te oorwin").
So ons sien dat hierdie oop is vir interpretasie. Wat wel seker is van hierdie tydperk is dat dit gekenmerk word deur 'n "oorwinnaar" (wat oorwin), en dit wil ook voorkom of dit 'n tyd van VREDE is want in die volgende seël word die vrede vd aarde af weggeneem. In daardie opsig kan die wit perd miskien verwys na 'n organisasie of koninkryk wat vrede tussen almal bewerkstellig, nie noodwendig iemand spesifiek nie. 

En as hierdie op dieselfde tyd val as dit wat Jesus beskryf as wat die laaste dae afskop, dan is "valse christusse" ook kenmerkend van hierdie tyd. 

Sommige geleerdes is van mening dat die "oorwinnaar" in Openb. 6:2 verwys na wat hulle noem "die Antichris" bedoelende die "dier" in Openb. 13 of die "seun vd verderf" (die teëstander) genoem in 2 Thess. 2:3,4. 
En sommige is van mening dat die wit perd na Jesus verwys en plaas die eerste seël op 2000 jaar gelede. So ons sien dat daar maar min inligting gegee word oor DIE WIT PERD vd eerste seël in die Skrif, en vele interpretasies.  

========================================================================

(3)  Die tydperk van die eerste seël kan miskien gesien word as 'n tydperk van "vrede", omdat onder die tweede seël daardie "vrede weggeneem word van die aarde" (dus moes daar sg. vrede wees vir dit om weggeneem te word!). 

Volgens 1 Thess. 5:3 sal daar 'n sg. "vrede en veiligheid" op die aarde wees voor Jesus se wederkoms, maar l.w. dat dit miskien nie na dieselfde tydperk verwys as die eerste seël nie, siende dit verwys na 'n tyd net voor Jesus se wederkoms, en Sy wederkoms vind eers onder die 7de seël plaas (en Sy wederkoms oorval hulle soos 'n dief in die nag)(terwyl onder die tweede seël die vrede wat onder die eerste seël was, weggeneem word) - miskien is hierdie "vrede en veiligheid" onder die regering van die "dier", wat dan beteken dat die aarde "stil en rustig" sal wees maar 'n valse vrede. En l.w dat vir die aarde om "stil en rustig" te wees nie beteken dat almal vry is nie - kyk bv. Sag. 1:11-15 - die aarde was bv. stil en rustig terwyl die volk van God in ballingskap was!  Dit het dus gelyk soos vrede, maar dit was nie regtig "vrede" nie. Hierdie vrede en veiligheid in 1 Thess. 5:3 kan dus net sowel verwys na die groot verdrukking onder die 5de seel wat miskien gepaardgaan met 'n valse vrede. 

Dit wil ook nie sê dat daar reeds vrede al is wanneer die eerste seël begin nie, maar dit kan wees dat die sg. "oorwinnaar" iets daarmee te doen het waarom daar "vrede" op die aarde kom...  

=================================================================================

Skrifgedeeltes:


*  (Openb. 6:1)  En ek het gesien toe die Lam een van die seëls oopmaak; en ek het een van die vier lewende wesens hoor sê, soos die geluid van ‘n donderslag: Kom kyk!
(Openb. 6:2)  En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n wit perd. En hy wat daarop sit, het ‘n boog; en aan hom is ‘n kroon gegee, en hy het uitgegaan as ‘n oorwinnaar en om te oorwin.

---------------------------------------------

*  (Mat 24:4)  En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie.
(Mat 24:5)  Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei.
----------------------------------------------

*  (Mar 13:5)  En Jesus antwoord hulle en begin te sê: Pas op dat niemand julle mislei nie.
(Mar 13:6)  Want baie sal onder my Naam kom en sê: Dit is ek! En hulle sal baie mense mislei.
----------------------------------------------

*  (Luk 21:8)  En Hy antwoord: Pas op dat julle nie mislei word nie; want baie sal onder my Naam kom en sê: Dit is ek! en: Die tyd is naby! Gaan dan nie agter hulle aan nie.

---------------------------------------------------------------------------------