Sommige inligting rondom eindtyd studies gaan oor INTERPRETASIE.

Daarom word verskillende interpretasies met die tyd bygevoeg waar geleerdes oor iets verskil, of somtyds word 'n verwysing gegee na 'n ander interpretasie - per geleentheid word 'n interpretasie verder bespreek.


Wys tans plasings met die etiket laaste koninkryke. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket laaste koninkryke. Wys alle plasings

Donderdag 22 Desember 2022

Dier uit die see

In profesie en beeldspraak stel "diere" gewoonlik KONINGS (Dan. 7:17) en/of KONINKRYKE voor (Dan. 7:23,24)  (m.a.w., "diere" is nie net verwysend na "koninkryke" nie, maar kan ook verwys na konings, bv. die koning van daardie koninkryk). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Alhoewel die DIER UIT DIE SEE as 'n koninkryk beskryf word in Openb. 13:1, wil dit beslis ook voorkom of hierdie dier na 'n persoon verwys volgens Openb. 19:20... (hy sal bv. saam met die valse profeet lewend in die poel van vuur gewerp word). Daarom verwys baie geleerdes na die "dier uit die see" as 'n persoon (meer presies verwys hulle na hom as die sg. "Antichris" vd laaste dae - iemand wat homself sal voordoen as God, sal laster teen God, die heiliges doodmaak - en almal sal gedwing word om hom te aanbid... Openb. 13; 2 Thess. 2:4).

In die Skrif word daar na twee spesifieke koninkryke verwys wat sal regeer in die einde van dae voor Jesus terugkom (Dan. 2; Openb. 13), nl. die "DIER UIT DIE SEE" en die "VROU OP DIE SKARLAKENROOI DIER " (dier uit die afgrond)-koninkryk (8ste, wat net vir 'n kort rukkie sal bly). Die vrou op die skarlakenrooidier (Openb. 17:3) stel nie net 'n koninkryk voor nie, maar ook 'n stad (kyk "vrou" gedeelte - nl. verborgenheid, groot Babilon - moeder vd hoere en vd gruwels vd aarde).  10 Konings (horings) van hierdie koninkryk sal hulle mag oorgee aan DIE DIER (uit die see), en saam met hom oorlog voer teen die Lam (en dit word beskryf in Openb. 19/slag van Armageddon)(kyk ook Openb. 16:13-16). Ons sien dus hier die verband tussen hierdie twee koninkryke, nl. dat die 10 horings op die skarlakenrooi dier (van Openb. 17) hulle mag sal oorgee aan die dier (uit die see)(Openb. 13), en hulle sal saam oorlog voer teen die Lam (Openb. 19). Wat Babilon aanbetref - dit sal verbrand word... (Openb. 17:16,17; Openb. 18)(l.w., ook deur hierdie 10 konings...). L.w. dat hierdie "vrou"/Babilon in Openb. 17:18 beskryf word as die groot stad wat heerskappy voer oor die konings vd aarde.  Ook wat die dier uit die see aabetref, sal hy mag he oor die aarde...;  dus, ook hier sien ons die verband tussen die "dier uit die see" en hierdie "vrou op skarlakenrooi dier";  en hierdie twee koninkryke in die einde van dae word gewoonlik vgl. met die onderdeel van bene en die voete-gedeelte op die beeld van Dan. 2... (die laaste koninkryke voor Jesus terugkom, en Hy sal hierdie koninkryke verbrysel en Sy ewige koninkryk oprig...). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Die "DIER UIT DIE SEE" verwys dus nie net na 

- 'n koninkryk (Openb. 13:1.12) nie, maar miskien veral na

- 'n koning (in profesie kan die begrip "dier" na beide koning en koninkryk verwys / vgl. ook Openb. 19:20 met Openb. 13). 

- In Openb. 13 word daar 2 "diere" beskryf (die "dier uit die see", en die "dier uit die aarde" nl. die valse profeet). Die DIER UIT DIE SEE (het 7 KOPPE (koninkryke) met naam van godslastering, 10 HORINGS (konings) en 10 KRONE (mag). Is soos 'n LUIPERD, het pote soos die van 'n BEER, bek soos die van 'n LEEU (m.a.w., het elemente van/of het ontstaan uit die Babiloniese koninkryk, Meders & Perse, en Griekse koninkryk)... Die "dier uit die see" verwys na koninkryke, konings, en mag, maar soos bo beskryf, word deur baie geleerdes na verwys as een spesieke "koning", o.a. na verwys as die ANTICHRIS - en word ook volgens Openb. 19:20 soos 'n persoon gesien (m.a.w., "die dier" uit see verwys na die antichris, en die koninkryke waaruit hy kom, konings wat agter hom staan, die mag wat hy verkry, ens...) (1 Joh. 4:3 en 1 Joh. 2:18)(vgl. dit gerus ook met Dan. 7:8 - die "ander horinkie" - kyk 4de dier - en in hierdie horing was oë soos mens-oë, en ‘n mond wat groot dinge spreek...) - as die "dier uit die see" bloot na 'n persoon verwys, dan verwys die koninkryke, konings en mag na dit wat agter hom staan.    

- Volgens Openb. 13 sal hierdie "dier uit die see" die draak se krag en troon en groot mag kry, en die hele wêreld sal verwonderd agter die dier aangaan (nadat wond genees het), en die draak/duiwel aanbid (wat die dier mag gegee het), en DIE DIER SAL AANBID WORD. Die dier sal oorlog voer teen die heiliges en hulle oorwin (m.a.w, DIE DIER SAL DIE HEILIGES DOODMAAK), en hy sal mag gegee word oor elke stam, taal en nasie (m.a.w., DIE DIER SAL MAG KRY OOR DIE AARDE). Al die bewoners vd aarde sal hom aanbid (die wie se name nie in die boek vd lewe is nie) - daar sal 'n BEELD van die dier gemaak word ('n gees sal aan die beeld gegee word sodat dit kan praat), en almal wat nie die beeld aanbid nie sal gedood word;  en almal sal gemaak word om 'n MERK (vd dier) te kry op hulle regterhande en voorhoofde (sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het...). 

- IN ANDER WOORDE, HIERDIE "dier/koning" SAL GESIEN WORD SOOS 'N god! (deur die wie se name nie in die boek vd lewe is nie).

- Alhoewel daar 'n ander koninkryk na hierdie koninkryk opstaan (nl. die "vrou op die skarlakenrooi dier-die 8ste / Openb. 17), sal die dier-uit-die-see koninkryk eers tot einde kom wanneer Jesus terugkom (Hy sal 'n einde aan hom maak)(Openb. 19:20; Dan. 2:44). 

- Daar is 'n tydperk gekoppel aan die "dier uit die see" se regering - volgens Openb. 13:5 sal hy mag hê vir 42 maande lank, maar hierdie 42 maande tydperk is seker meer beskrywend van die tydperk net voor die "vrou op skarlakenrooi dier" opstaan (wat o.a. gesien word as die tyd van die groot verdrukking, en eindig voor die 6de seel). Dit beteken egter nie dat die die dier se koninkryk verdwyn nie, want hy kom eers tot sy einde met die slag van Armageddon wanneer die 10 konings vd skarlakenrooi dier saam met hom oorlog voer teen die Lam.

- Daar sal spesifieke oordele uitgevoer word op die dier en sy koninkryk - sien die 5de basuin onder die 7de seel (die wat nie die seel van God het nie sal gepynig word vir 5 maande lank), en onder die 7 skale onder die 7de seel... (o.a. bose sere op die met die merk vd dier;  en die koninkryk vd dier verduister, pyne en swere..., ens.). 

- Uiteindelik sal hierdie "dier" saam met die "dier uit die aarde" (valse profeet) lewendig in die poel van vuur gegooi word (Openb. 19:20; 20:10).

- Hierdie "DIER UIT DIE SEE" het ook 'n NAAM, en sy naam of merk van sy naam (Openb. 14:11) of getal van sy naam (Openb. 13:17) sal gebruik word om aan te dui wie in hom glo (m.a.w., d.m.v. 'n merk op die regterhand of voorhoof). Bestudeer gerus die pos getiteld "betekenis van regterhand" waarin o.a. na 'n "teken/merk op regterhand" gekyk word.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

OPENBARING 13:

(sleutelpunte volgens verse)

- die DIER UIT DIE SEE het 7 koppe; 10 horings; en op die horings krone (10 krone); op die koppe 'n naam van godslastering (Openb. 13:1);
- was soos 'n luiperd (Griekse koninkryk), en het pote soos die van 'n beer (koninkryk van Mede & Perse), en bek soos bek van 'n leeu (Babiloniese koninkryk(Openb. 13:2)(vgl. met Dan. 7)
- die draak het hom (dier uit see) sy krag gegee, en sy troon en groot mag (Openb. 13:2);
- een vd dier se koppe sal dodelik gewond word, maar die wond sal genees (en die hele wereld sal verwonderd agter die dier aangaan)(Openb. 13:3);
- die wereld sal die draak aanbid wat vir die dier mag gegee het, en glo dat niemand aan die dier gelyk is of teen hom oorlog kan voer nie (Openb. 13:4);
- die dier sal 'n mond ontvang waardeur groot woorde en godslateringe uitgespreek word - vir 42 maande lank (Openb. 13:5). Die dier sal laster teen God, laster teen Sy naam en sy tabernakel  en die wat in die hemel woon (Openb. 13:6). Vgl. dit met die beeld (vd dier) in Openb. 13:14,15 waaraan 'n gees gegee is sodat dit kon praat...;
- die dier sal oorlog voer teen die heiliges en hulle oorwin (Openb. 13:7)
- die dier sal mag he oor elke stam en taal en nasie (Openb. 13:7), en al die bewoners vd aarde sal hom aanbid (die wie se name nie in die boek vd lewe vd Lam)(Openb. 13:8).  Vgl. dit met Openb. 13:12 - die valse profeet sal maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid (hy sal dit doen deur bv. tekens, soos vuur wat hy uit die hemel laat neerdaal ens.)(Openb. 13:12,13).  Die bewoners vd aarde sal verlei word (deur die valse profeet) om selfs 'n beeld te maak vir die dier (Openb. 13:14,15);
- daar sal ‘n beeld gemaak word van die dier, en 'n gees daaraan gegee word sodat dit kan praat en maak dat almal wat nie die dier aanbid nie, gedood word (Openb. 13:15)
- ‘n merk (merk of naam vd dier, of sy getal nl. 666) sal op almal wat hom aanbid se regterhand en voorhoofde gegee word (en niemand sonder die merk sal kan koop en verkoop nie)(Openb. 13:16-18).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Kop dodelik gewond en genees / verwondering:

Die DIER UIT DIE SEE sal aabid word, maar hoe sal mense gevang word om hom te aanbid? Die Skrif leer dat hulle verwondering vir hom kry wanneer een van sy "koppe" wat dodelik gewond was wonderbaarlik genees... (Openb. 13:3 - en dan sal die hele wêreld verwonderd agter die dier aangaan...). In profesie verwys "koppe" gewoonlik na koninkryke (bv. koninkryke wat uit 'n spesifieke "dier" ontstaan of aan behoort). Die DIER UIT DIE SEE word beskryf met 7 KOPPE = dus koninkryke wat hierdie Antrichris verteenwoordig, en een van hierdie koninkryke sal dodelik gewond word  (hierdie het natuurlik te doen met interpretasie...).  Die genesing van hierdie "kop" is egter wat tot gevolg het dat die wereld agter die dier sal aangaan... (en hulle sal ook die draak/duiwel aanbid wat die dier mag gegee het... Openb. 14:3). Die dier uit die see sal aanbid word (deur die wie se name nie in die boek vd lewe is nie).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Die dier uit die see sal laster en die heiliges doodmaak:

Die dier uit die see sal leuens verkondig oor die Here (en sy Naam en sy tabernakel, en die wat in die hemel woon) - hy sal "laster" -Openb. 13:6 (en baie mense sal mislei word om die leuens te glo). 

Hierdie "dier" sal oorlog voer teen die heiliges en hulle oorwin... (Openb. 13:7) - sal hulle doodmaak. Daarom word die tyd vd Groot Verdrukking baiemaal gesien as ditto tyd waarin die dier sal regeer, want hy sal gaan sit in die tempel asof hy God is, en sal oorlog voer teen die heiliges... (en l.w. dat die groot verdrukking begin met die gruwel van verwoesting). Hierdie is alles dinge wat gebeur net voor die Lam (Jesus Christus) terugkom onder die 7 de seel. Baie dinge gaan in hierdie tyd met die aarde gebeur en baie mense sal gedood word. Bestudeer gerus die tema van die groot verdrukking om hierdie beter te verstaan - en alhoewel die groot verdrukking meer verwys na heiliges in Jerusalem, sal verdrukking geskied op alle nakomelinge wat die gebooie van God bewaar (bv. die Hebreeuse volk), asook die wat die getuienis van Jesus Christus hou (m.a.w., Christene sal ook verdruk word)(Openb. 12:13-17). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Gees aan die beeld gegee:

(Openb. 13:15 - "En dit is hom (die valse profeet) gegee om ‘n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie").  Alhoewel die dier soos 'n afgod aanbid sal word, weet ons tog goed dat 'n afgod geen gees het nie! (Jer. 51:17), MAAR aan hierdie "beeld" (vd dier) sal 'n gees gegee word... Hierdie "beeld" verwys dus nie na 'n stuk hout of iets (waarin daar geen gees is) nie, maar kan een of ander bonatuurlike wese besit. Sommige sien hierdie soos die duiwel wat in die vorm van 'n persoon gebore word, maar natuurlik kan daar baie interpretasies wees oor wat presies hierdie "beeld" is. Met vandag se tegnologie is dit ook glad nie 'n snaakse begrip nie... 

Baie geleerdes is van mening dat hierdie beeld verwys na die "gruwel van verwoesting" waarna Daniel en Jesus verwys het - (Matt. 24:15,16 - "Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom—laat hy wat lees, oplet— dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug;")   ;   (Dan. 12:11 - "En van die tyd af dat die voortdurende offer afgeskaf en die ontsettende gruwel opgerig word, sal duisend twee honderd en negentig dae verloop"). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Uit die see:

Die feit dat die dier uit die see uit kom, het ook 'n besonderse betekenis.  Bv., in profesie word "see" gebruik vir aarde (Dan. 7:17) m.a.w., "diere wat uit die see" opstaan is konings en/of koninkryke wat uit die "see van mense" vd aarde opstaan. Vgl. dit  met Jes. 17:12,13 waarin die gebruis van baie volke en nasies vgl. word met die gebruis vd see of geweldige waters... Dit is miskien wat die 7 koppe voorstel. Die "dier uit die see" (Openb. 13:1) wat uit die aarde opstaan moet egter nie verwar word met die "dier uit die aarde" (Openb. 13:11) nie (wat weer op beurt iemand anders voorstel, nl. die valse profeet). Die DIER IN OPEB. 13:1 ('n koninkryk met 7 koppe en 10 horings, en 10 krone) staan op uit die aarde, uit verskeie volke en nasies. Openb. 13:1,2 -("En ek het ‘n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ‘n naam van godslastering. En die dier wat ek gesien het, was soos ‘n luiperd, en sy pote soos dié van ‘n beer, en sy bek soos die bek van ‘n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag"). Die 4 diere in Dan. 7 is ook diere wat uit die see uitklim, nl. een 'n leeu, een 'n beer, een 'n luiperd en 'n ander verskriklike een... - vgl. dit met Openb. 13:2 waarin "die dier uit die see" soos 'n luiperd, 'n beer en 'n leeu is...  Dit wil voorkom of "die dier uit die see" wortels het in hierdie koninkryke vd aarde.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Die horings vd dier:

Die woord "horings" word somtyds in profesie gebruik om konings (en hulle koninkryke) voor te stel wat bv. uit 'n spesifieke koninkryk opstaan... (Dan. 7:24; 8:3,5,8,20,21). Vgl. dit met Dan. 7 waarin 4 diere voorgestel word (4 koninkryke) waarvan die 4de koninkryk 10 horings het (m.a.w. 10 konings voorstel wat uit daardie koninkryk opgestaan het).  

Die "10 horings" op die "dier uit die see" wil voorkom of dit verwys na koninkryke wat uit hierdie "dier uit die see" koninkryk opstaan of agter dit staan, terwyl die 10 krone verwys na "mag" (bv., kan moontlik verwys na die mag wat hy kry van die 10 horings/10 konings "skarlakenrooi dier", wat nog geen koningskap ontvang het nie maar vir een uur ontvang saam met dier en hulle mag aan hom oorgee - Openb. 17:12,13).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Hoe vgl. die dier uit die see met die sg. ANTICHRIS? 

Baie geleerdes verwys na die Antrichris as die "dier uit die see". L.w. watter woorde in ander skrifte gebruik word om  "die Antichris" te beskryf,  "mens van sonde", "mens van verderf", en "teëstander" (2 Thess. 2:3,4 - "Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is"- die Antichris word verder beskryf as iemand wat homself sal verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, en sal in die tempel (Openb. 11:1) van God as God gaan sit en voorgee dat hy God is... (2Th 2:4). Ons sien dus dat daar heelwat vgl.s getrek kan word tussen die sg. Antichris vd laaste dae en die "dier uit die see". Ten eeste sien ons dat "die Antichris" homself sal voordoen as God, en ook interessant om te sien watter name vir hom gegee word... (vgl. dit met die dier uit die see wat sy mag en krag vd draak sal kry). As die dier uit die see inderdaad verwys na die Antichris (vd laaste dae), dan sal hy eers openbaar word nadat "die afval" gebeur het;  ook kan dit beteken dat die (derde) tempel al gebou is teen die tyd wat die dier uit die see opstaan/geopenbaar word (Openb. 11:1; Openb. 13), want die antichris sal in die tempel van God gaan sit en voorgee dat hy God is.