Sommige inligting rondom eindtyd studies gaan oor INTERPRETASIE.

Daarom word verskillende interpretasies met die tyd bygevoeg waar geleerdes oor iets verskil, of somtyds word 'n verwysing gegee na 'n ander interpretasie - per geleentheid word 'n interpretasie verder bespreek.


Wys tans plasings met die etiket eindtye. laaste dae. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket eindtye. laaste dae. Wys alle plasings

Sondag 19 April 2020

Eindtyd / die einde / laaste dae


"EINDTYE":
-------------
Die begrip "eindtye" word deur geleerdes gebruik veral vir die tyd van "die einde", wat verwys na die einde van "hierdie eeu" (nou sowat 6000 jaar oud - vanaf skepping tot wederkoms) en die begin vd "volgende eeu" (wanneer Jesus Christus vanuit Jerusalem oor die hele aarde gaan regeer)(bestudeer gerus die tema "hierdie eeu / volgende eeu");  maar "einde" verwys nie altyd net na die einde van hierdie huidige bedeling (en/of begin vd volgende met die begin van Jesus se regering hier op aarde) nie, maar kan ook verwysend wees na die hele N.Testamentiese tydperk, en dan word die term "laaste dae" veral gebruik. Die begrip "die einde" verwys beslis na iets wat tot 'n einde kom... (en dan begin iets anders).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
"LAASTE DAE":
-----------------
'n Ander term wat ook in die Skrif gebruik word vir die eindtyd is "laaste dae" (2 Tim. 3:1; Jak. 5:3); alhoewel die betrokke begrip nie net gebruik word van "die heel einde" nie maar reeds asof die laaste dae strek vanaf die tyd van die eerste Christelike gemeentes tot die einde... (Hand. 2:17; Hebr. 1:1). Dus, die term "laaste dae" verwys nie net na die dae tussen die einde van hierdie eeu en begin van die volgende eeu nie, maar het alreeds begin in die tyd van die eerste Christelike gemeentes -  'n goeie vb. hiervan is Hand. 2:17-21 waarin verklaar word (en was terloops geprofeteer in die O.T. deur die profeet Joël) dat in die laaste dae elkeen wat die Naam vd Here aanroep, gered sal word, en Hy sal Sy Gees uitstort op almal wat in Hom glo, seuns, dogters, jongelinge, ou mense, diensknegte, diensmaagde (nie net sekere gelowiges soos in die O.T. nie).  Hierdie het alreeds begin in Hand. 2! met die uitstorting vd Heilige Gees, en sal aanhou tot op tyd van "die dag vd Here"...  Die Nuwe Testament tydperk, tot op Jesus se wederkoms, kan dus in geheel gesien word soos die "laaste dae". Vgl. dit met (Heb 1:1,2 - "Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het"). Vgl. dit ook met Rom 10:4 ("Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo").

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
"DIE EINDE"  /  "DIE EINDE VAN DAE":
-------------------------------------------
Die begrip "die einde" verwys duidelik na iets wat tot 'n einde kom (bv. Gen. 6:13 - Noag se ark - "die einde" van alle vlees)(en Eks. 43:16 - "einde vd jaar")(Deut. 9:11; 15:1; 31:24; Job 42:12; Spr. 14:12; Hebr. 6:8; 1 Thess. 2:16; Rom. 10:4 ens.). Jakob het die begrip "aan die einde van die dae" gebruik in Gen. 49:1-28 wanneer hy profeteer wat met al sy seuns (die stamme van Israel) sal gebeur aan "die einde vd dae". Moses het ook hierdie begrip gebruik in Deut. 4:30 en 31:29 - ("Want ek weet dat julle ná my dood gewis verderflik sal handel en sal afwyk van die weg wat ek julle beveel het, sodat die onheil julle aan die einde van die dae sal teëkom, omdat julle sal doen wat verkeerd is in die oë van die HERE om Hom deur die werk van julle hande te terg"). Alhoewel hierdie waar is vd posisie waarin die volk hulle "aan die einde vd dae" bevind, sal hulle ook "aan die einde vd dae" hul tot die Here bekeer en na Hom terugkeer (Deu 4:30) - hier sien ons ook dat die begrip "die einde" nie net verwys na die heel einde nie, maar ook bv. in hierdie geval na die tydperk vanaf die tyd wanneer die volk vd Here afgewyk het.... In hierdie konteks verwys "die einde" deels na die einde van die ou bedeling nl. die O.T.,  en deels na die einde van die N.T.

Die begrip "aan die einde vd dae" word ook gebruik van die begin van Jesus se regering hier op aarde (en dus die einde van "hierdie eeu"), m.a.w. wanneer Hy terugkom en die tyd wanneer Hy die nasies sal oordeel... - (Jes. 2:2,3 - "En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die HERE vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en al die nasies sal daarheen toestroom. En baie volke sal heengaan en sê: Kom laat ons optrek na die berg van die HERE, na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die HERE uit Jerusalem").

Ook in die brief deur Petrus wil dit voorkom of die woorde "die einde vd dae" nie net verwys na die heel einde net voor Jesus terugkom nie, maar is reeds geskryf in die tyd vd eerste gemeentes asof hulle daardie al gesien het as "die einde van dae" - (2Pe 3:3,4 - "Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel en sê: Waar is die belofte van sy wederkoms? Want vandat die vaders ontslaap het, bly alles soos dit was van die begin van die skepping af"). In hierdie skrif verwys "einde van dae" na 'n tydperk wanneer almal Jesus se koms verwag maar Hy nog nie kom nie (en daarom die spotters...) - die begrip einde van dae kan dus net sowel verwys na die hele N.Testamentiese tydperk, en dus verwys na die tyd voor Jesus terugkom.

Maar natuurlik verwys die einde ook na "tot die (heel) einde", bv. Hebr. 3:6 en baie ander skrifte waarin Christene bemoedig word om "tot die einde toe" vas te hou! (Heb 3:6 - "maar Christus as Seun oor sy huis. En ons is sy huis as ons net die vrymoedigheid en die roem van die hoop tot die einde toe onwrikbaar vashou")(Mark. 13:13; 10:22). In hierdie opsig verwys "die einde" definitief na die heel einde wanneer Jesus terugkom en die ander koninkryke verbrysel en Sy fisiese aardse koninkryk oprig (Dan. 2). Vgl. dit met 2 Kor. 1:13.  1 Kor. 15:23,24 leer vir ons presies na waarna hierdie "einde" verwys: - (1Kor. 15:23,24 - "maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms. Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het"). Vgl. dit met Luk. 21:8,9 waarin Jesus praat van dinge wat sal gebeur voor dit wat as "die einde" gesien word - (Luk 21:8 - "En Hy antwoord: Pas op dat julle nie mislei word nie; want baie sal onder my Naam kom en sê: Dit is ek! en: Die tyd is naby! Gaan dan nie agter hulle aan nie. En wanneer julle hoor van oorloë en opstande, moenie skrik nie; want dié dinge moet eers plaasvind, maar dit is nie dadelik die einde nie"). Kyk ook (Mar 13:7 - "Maar wanneer julle hoor van oorloë en gerugte van oorloë, moet julle nie verskrik word nie, want dit moet kom. Maar dit is nog nie die einde nie");  en (Mat 24:14 - "En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom"). So hier sien ons dat "einde" in hierdie konteks spesifiek verwys na die einde van "hierdie eeu". 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Skrifte oor "LAASTE DAE": 
(kenmerkend vd laaste dae)

Jakobus 5:
-  daar sal baie rykes wees wat skatte vergader en a.g.daarvan onbarmhartig optree, bv. die loon vd arbeiders en maaiers wat hulle lande afgeoes het, agterhou;  of. die regverdige veroordeel, vermoor. Hulle lewe weelderig en losbandig en het hulle harte vet gevoer... (Jak. 5:1-6).  
(Vgl. hierdie gerus met Matt. 25, en die gelykenis van die man wat 'n goeie oes gehad het... (Luk. 12:16-21)).

2 Tim. 3:
- sal swaar tye wees (v.1);
- mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God; mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af. Want uit hulle is die wat in die huise insluip en arme vroue gevange neem wat met sondes belaai is en deur allerhande begeerlikhede gedryf word, wat altyd leer en nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie (v. 2-7).
- hierdie mense staan die waarheid teë, is mense verdorwe in die verstand, onbetroubaar ten opsigte van di geloof - maar hulle dwaasheid sal vir almal duidelik wees (v. 8,9).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Nog feite oor die laaste dae:
-  kinders van Israel sal hulle tot die Here bekeer (Hos. 3:5);
-  elkeen wat die Naam vd Here aanroep, sal gered word;  en Hy sal Sy Gees uitstort op almal wat in Hom glo, seuns, dogters, jongelinge, ou mense, diensknegte, diensmaagde (nie net sekere gelowiges soos in die O.T. nie).  Hierdie het alreeds begin in Hand. 2 met die uitstorting vd Heilige Gees, en sal aanhou tot op tyd van die dag vd Here (Hand. 2:17-21).
-  die Here sal wonders gee bo in die hemel en tekens onder op die aarde, bloed en vuur en rookdamp;  die son sal verander in duisternis en die maan in bloed.  Hierdie gaan gebeur net voor die dag vd Here (Hand. 2:19,20). Vgl. dit met die 6 de seel (Openb. 6:12) onder die 7 seels in die boek van Openb..  Vgl. dit ook met Joel 2:10 en Mark. 13:24-26, Matt. 24:29,30 (hierdie gebeur net voor die wederkoms). 
-  goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger (hulle wat verlei en verlei word)(2 Tim. 2:13). Vgl. dit met die "koring en onkruid" wat sal saamgroei tot die oes... (Matt. 13:29,30).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------