Sommige inligting rondom eindtyd studies gaan oor INTERPRETASIE.

Daarom word verskillende interpretasies met die tyd bygevoeg waar geleerdes oor iets verskil, of somtyds word 'n verwysing gegee na 'n ander interpretasie - per geleentheid word 'n interpretasie verder bespreek.


Wys tans plasings met die etiket olyfberg. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket olyfberg. Wys alle plasings

Saterdag 13 Julie 2024

Die Olyfberg sal middeldeur splyt


Die "OLYFBERG"   ("mount of olives"; "Olivet")(wat voor Jerusalem lê, aan die oostekant) word onder die eindtyd onderwerpe behandel omdat dit die plek is waar Jesus sal kom staan wanneer Hy terugkom... Wat die Skrif leer is dat die Olyfberg dan middeldeur sal split, van oos na wes tot 'n baie groot dal...

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
- Dit wil voorkom of die Olyfberg die juiste plek is waarvandaan die Here Jesus Christus opgevaar het hemel toeen dit is ook die plek waarop Hy sal kom staan wanneer Hy terugkom! - (Hand. 1:9-12; Sag. 14:4) "En in dié dag sal sy voete staan op die Olyfberg wat voor Jerusalem lê, aan die oostekant; en die Olyfberg sal middeldeur gesplyt (Hebr. woord " baw-kah' ", wat beteken om te breek, skeur of open - soos om te bars, verdeel, op te breek) word van oos na wes tot ‘n baie groot dal (Hebr. woord "gah'ee" - "gorge" - vallei); en die een helfte van die berg sal wegwyk na die noorde en die ander helfte na die suide".  

In Jesus se tyd op aarde het Hy en Sy dissipels heelwat tyd deurgebring op die Olyfberg (Matt. 21:1; Matt. 24:3; 26:30; Luk. 19:37; 22:39; Joh. 8:1)... Dit wil selfs voorkom asof Hy somtyds daar vernag het (Luk. 21:37)...  Dit was sekerlik soos 'n rusplek vir die Here en Sy dissipels wanneer hulle in Jerusalem was (Matt. 26:30; 24:3; Luk. 19:37; Joh. 8:1,2) (Luk 9:58 - "... Die jakkalse het gate en die voëls van die hemel neste, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy sy hoof kan neerlê nie")
(Luk 21:37 - "En Hy was oordag in die tempel besig om te leer, en snags het Hy uitgegaan en vernag op die berg wat die Olyfberg genoem word"). Joh. 18:2 verklaar dat Jesus en Sy dissipels dikwels daar saamgekom het.  Dit is ook hier (op die Olyfberg) waar Jesus vir Sy dissipels vertel het wat aan die einde van dae sal gebeur... (Matt. 24:3 - "En toe Hy op DIE OLYFBERG gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?").

Vir 'n volledige studie oor DIE OLYFBERG, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2024/07/die-olyfberg.html.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Sagaria 14:
Dit wil voorkom of die Olyfberg die juiste plek is waarop Jesus sal kom staan wanneer Hy terugkom! - (Sag. 14:4).

(Zec 14:1)  Kyk, daar kom ‘n dag vir die HERE; dan sal wat van jou buitgemaak is, binne-in jou verdeel word, o Jerusalem!
(Zec 14:2)  Want Ek sal al die nasies versamel om oorlog te voer teen Jerusalem; en die stad sal ingeneem en die huise geplunder en die vroue onteer word, en die helfte van die stad sal uitgaan in ballingskap; maar die orige deel van die bevolking sal nie uit die stad uitgeroei word nie.
(Zec 14:3)  En die HERE sal uittrek en stryd voer teen dié nasies soos op die dag van sy stryd, die dag van oorlog.
(Zec 14:4)  En in dié dag sal sy voete staan op die Olyfberg wat voor Jerusalem lê, aan die oostekant; en die Olyfberg sal middeldeur gesplyt word van oos na wes tot ‘n baie groot dal; en die een helfte van die berg sal wegwyk na die noorde en die ander helfte na die suide.
(Zec 14:5)  (1) En julle sal vlug in die dal van my berge—want die dal van die berge sal loop tot by Asal—en julle sal vlug soos julle gevlug het vir die aardbewing in die dae van Ussía, die koning van Juda. (2) Dan sal die HERE my God kom, al die heiliges met U!
(Zec 14:6)  (2 - die dag wanneer die Here terugkom word hier beskrywe...) En in dié dag sal daar geen lig wees nie, die sterre sal duister wees.
(Zec 14:7)  En dit sal ‘n enige dag wees wat aan die HERE bekend is (Matt. 24:36)—geen dag en geen nag nie; maar teen die aand sal dit lig word. 
(Zec 14:8)  En in dié dag sal daar lewende waters uit Jerusalem uitvloei, die een helfte daarvan na die Oostelike en die ander helfte daarvan na die Westelike See; somer en winter sal dit so wees.
(Zec 14:9)  En die HERE sal Koning wees oor die hele aarde; in dié dag sal die HERE een wees, en sy Naam een. (Openb. 11:15)
(Zec 14:10)  Die hele land sal soos die Vlakte word, van Geba tot by Rimmon, suid van Jerusalem; maar Jerusalem self sal hoog wees en woon op sy plek, van die poort van Benjamin af tot by die plek van die vorige poort, tot by die Hoekpoort, en van die toring Hanáneël tot by die parskuipe van die koning.
(Zec 14:11)  En hulle sal daarin woon, en daar sal geen banvloek meer wees nie, en Jerusalem sal in veiligheid woon.
(Zec 14:12)  En dit sal die plaag wees waarmee die HERE al die volke sal tref wat opgetrek het om teen Jerusalem te veg: Hy sal hulle vlees laat wegteer, terwyl hulle nog op hul voete staan; en hulle oë sal wegteer in hulle holtes, en hulle tong wegteer in hulle mond.
(Zec 14:13)  En in dié dag sal ‘n groot verwarring van die HERE onder hulle kom, sodat die een die hand van die ander sal gryp, en die hand van die een hom sal verhef teen die hand van die ander.
(Zec 14:14)  En Juda sal ook in Jerusalem veg, en die rykdom van al die nasies rondom sal ingesamel word: goud en silwer en klere—’n groot hoeveelheid.
(Zec 14:15)  En soos hierdie plaag is, sal die plaag wees van die perde, die muile, die kamele en die esels en van al die diere wat in daardie laers is.
(Zec 14:16)  En almal wat oorbly uit al die nasies wat teen Jerusalem aangekom het, sal jaar na jaar optrek om te aanbid voor die Koning, die HERE van die leërskare, en om die huttefees te vier.
(Zec 14:17)  En wie uit die geslagte van die aarde nie na Jerusalem optrek om voor die Koning, die HERE van die leërskare, te aanbid nie—hulle sal geen reën kry nie.
(Zec 14:18)  En as die geslag van Egipte nie optrek en nie kom nie, op wie geen reën sal val nie, dan sal tog die plaag hulle tref waarmee die HERE die nasies tref wat nie opgaan om die huttefees te vier nie.
(Zec 14:19)  Dit sal die straf van Egipte wees en die straf van al die nasies wat nie optrek om die huttefees te vier nie.
(Zec 14:20)  In dié dag sal op die klokke van die perde staan: Heilig aan die HERE! En die potte in die huis van die HERE sal wees soos die komme voor die altaar.
(Zec 14:21)  Ja, al die potte in Jerusalem en Juda sal aan die HERE van die leërskare heilig wees; en almal wat wil offer, sal kom en daarvan neem en daarin kook; en in dié dag sal daar geen Kanaäniet in die huis van die HERE van die leërskare meer wees nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Mattheus 24:
Dit is hier, op die Olyfberg, waar Jesus vir Sy dissipels vertel het wat aan die EINDE VAN DAE sal gebeur... (Matt. 24:3). 

(Mat 24:3)  En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?
(Mat 24:4)  En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie.
(Mat 24:5)  (1-eerste seel/valse vrede...) Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei.
(Mat 24:6)  (2-tweede seel/vuurrooi perd/oorlog...) En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie.
(Mat 24:7)  Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; (3-derde seel/hongersnood...) en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke.
(Mat 24:8)  Maar al hierdie dinge is ‘n begin van die smarte.
(Mat 24:9)  (4-vierde seel/verdrukking...) Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam.
(Mat 24:10)  En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat.
(Mat 24:11)  En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei.
(Mat 24:12)  En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel.
(Mat 24:13)  Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.
(Mat 24:14)  En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.
(Mat 24:15)  (5-vyfde seel/Groot Verdrukking...)Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom—laat hy wat lees, oplet—
(Mat 24:16)  dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug;
(Mat 24:17)  wie op die dak is, moet nie afkom om iets uit sy huis weg te neem nie;
(Mat 24:18)  en wie op die land is, moet nie omdraai om sy klere weg te neem nie.
(Mat 24:19)  Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog, in daardie dae.
(Mat 24:20)  En bid dat julle vlug nie in die winter of op die sabbat mag plaasvind nie.
(Mat 24:21)  Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie.
(Mat 24:22)  En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word.
(Mat 24:23)  As iemand dán vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Daar! —moet dit nie glo nie.
(Mat 24:24)  Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei. 
(Mat 24:25)  Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê.
(Mat 24:26)  As hulle dan vir julle sê: Kyk, Hy is in die woestyn—moenie uitgaan nie; kyk, Hy is in die binnekamer—moet dit nie glo nie.
(Mat 24:27) (met rede om te verduidelik hoe ons ons nie moet mislei deur 'n valse woord vd wederkoms nie, word die wederkoms hier o.a. beskrywe - soos weerlig.../kyk ook Sag. 14:6,7-sal 'n dag wees van geen lig, sterre sal nie skyn nie) Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.
(Mat 24:28)  Want oral waar die dooie liggaam lê, daar sal die aasvoëls saamkom.
(Mat 24:29)  (6-sesde seel/son verduister...) En dadelik ná die verdrukking (die 6de seel volg na die groot verdrukking, nie voor dit nie..., en dus volg die wederkoms ook eers daarna - sien volgende vers) van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word.
(Mat 24:30)  (7-sewende seel/wederkoms...) En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.
(Mat 24:31)  En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.
(Mat 24:32)  En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is.
(Mat 24:33)  So weet julle ook, wanneer julle ál hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor die deur.
(Mat 24:34)  Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.
(Mat 24:35)  Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.
(Mat 24:36)  Maar van dié dag en dié uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele nie, maar net my Vader alleen.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------