Sommige inligting rondom eindtyd studies gaan oor INTERPRETASIE.

Daarom word verskillende interpretasies met die tyd bygevoeg waar geleerdes oor iets verskil, of somtyds word 'n verwysing gegee na 'n ander interpretasie - per geleentheid word 'n interpretasie verder bespreek.


Wys tans plasings met die etiket teken. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket teken. Wys alle plasings

Vrydag 17 Maart 2023

Merk van dier

Vir 'n pos waarin die berippe "teken/merk/verseëling/ingeprikte tekeninge ens. behandel word, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2023/01/tekenmerkverseel-op-regterhand-voorhoof.html._______________________________________________________________________


INLEIDING:

In hierdie pos kyk ons spesifiek na die MERK VD DIER (merk vd "dier uit die see")(Openb. 13)(vir 'n studie oor "die DIER UIT DIE SEE", gaan na: https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2022/12/dier-uit-die-see.html).    Ons kan onderskei tussen die begrippe "merk", "teken" en "seel" in die Skrif, alhoewel 'n merk ook verwys na 'n teken, en kan soos 'n seël gesien word. Openb. 13 word die woorde "merk", "teken" of "getal" gebruik vir die "merk vd dier". Die "merk vd dier" is bes moontlik bedoel om 'n nabootsing wees van die ou "gedenkseëls" (omdat dit op die regterhand en voorhoof sal wees), alhoewel hierdie merk nie lyk of dit verwys na skrifte wat op die liggaam gedra word (bv. in boksies) nie, maar kan eerder iets soos 'n tekening wees op of in die vel... (bv. stempel, of iets gegraveer - rol af vir die Griekse betekenis van "merk" in Openb. 13)(en kan dus vgl. word met die tema van "ingeprikte tekening op die vel", maar bes moontlik meer tegnologies gevorderd as gewone tatoeeering). Dit is ook interessant om die studie te doen oor die besonderse betekenis van "regterhand" in die Skrif..., wat weer op beurt vgl. word met die tema van "verseëling" (bv. gekoop as eerstelinge...), alhoewel die begrip verseeling gewoonlik gebruik word in konteks met die geroepenes, terwyl die woord merk gebruik word in konteks met die wat die dier aanbid - (in geval vd "die merk" kan die wat die merk ontvang gesien word asof "gekoop vir die dier"). Dit wil voorkom of die wat die merk neem, mense is wat afgesonder word tot daardie groep wat die dier aanbid (hetsy vrywillig of gedwing).  Almal sal bv. versoek word om hierdie merk te neem, en niemand sal kan koop en verkoop sonder hierdie merk nie... 

Kinders vd Koninkryk moet NIE hierdie merk neem nie (al word hulle ook gedwing!), want dit is gekoppel met die aanbidding vd dier en sy beeld (Openb. 13:15)(bv. gekoppel met sy naam en die getal van sy naam). 

Elkeen wat hierdie merk neem sal onder God se toorn val... (Openb. 14:9-11).  

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

TEKEN of MERK OP HAND OF VOORHOOF 

(merk van "dier uit see")(Openb. 13):

In die boek van Openbaring (13) word daar verwys na 'n spesifieke "TEKEN OP DIE HAND OF VOORHOOF", want genoem word 

- die merk vd dier;

- (of die naam vd dier);

- (of die getal van sy naam).  

Die "merk" waarna verwys word in Openb. 13 is 'n teken van iets... - bv., die wat die merk neem, aanbid die dier (is 'n teken van wie die dier aanbid), en die "dier uit die aarde" (die valse profeet) sal maak dat die mense die dier (dier uit die see / antichris) aanbid:  

(Openb. 13:11-18 - "En uit die aarde het ek ‘n ander dier sien opkom (dier uit die aarde = die valse profeet-Openb. 16:13; 19:20; 20:10), en hy het twee horings gehad net soos ‘n lam en het gepraat soos ‘n draak. En hy oefen al die mag van die eerste dier ("dier uit die see"-Openb. 13:1; 19:20; 20:10) uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid, waarvan die dodelike wond genees is. Hy doen ook groot tekens, sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense. En hy verlei die bewoners van die aarde deur die tekens wat hom gegee is om voor die oë van die dier te doen, deur aan die bewoners van die aarde te sê dat hulle ‘n beeld moet maak vir die dier wat die swaardwond ontvang en lewendig geword het. En dit is hom gegee om ‘n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie. En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word; sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het. Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ‘n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig").

Kom ons kyk na die Griekse betekenis van "merk" (en getal en naam) in Openb. 13:

-  'n merk  (Griekse woord "khar'-ag-mah", wat verwys na 'n iets soos 'n stempel of iets gegrafeer); 

of 'n getal  (Griekse woord "ar-ith-mos'", wat verwys na 'n getal)   (en die dier se getal is 666 - Openb. 13:6); 

of 'n naam  (Griekse woord "on'-om-ah", wat verwys na 'n noemnaam - 'n outoriteit)  - m.a.w. "vd dier" in Openb. 13. 

Die teken op die hand of voorhofsband:
Onder die "dier uit die see" ("dier" hier verwys na 'n koninkryk en 'n koning)(Dan. 7:17,23,24) se bewind sal die valse profeet ("dier uit die aarde" - Openb. 13:11) maak dat almal (klein en groot, rykes en armes, vrymense en die slawe...) ‘n merk op hulle regterhand en/of  voorhoofde gegee word, sodat niemand kan koop of verkoop nie behalwe hy wat die merk of die naam van die dier ("dier uit see" - Openb. 13:1;  ook deur baie genoem "Antichris") of die getal van sy naam het (Openb. 13:16,17). Niemand weet met sekerheid waarna presies hierdie merk verwys nie (bv. tekening of ingeprikte tekening, of iets wat onder die vel ingeplant word, ens.). Wat eerder belangrik is om te weet is die REDE vir hierdie merk!, want die wat hierdie merk ontvang is mense wat gaan bely dat hulle die dier aanbid. Die valse profeet sal maak dat almal gedwing word om hierdie merk te neem, en dat die wat dit nie neem nie hulle lewens kan verloor...

Hierdie wys beslis op 'n tyd van verdrukking vir die heiliges..., maar die wat nie die merk neem nie het die belofte dat hulle saam met Christus sal regeer vir 'n 1000 jaar wanneer Hy terugkom. (Openb. 20:4 - "En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld NIE aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand NIE ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank")  (Openb. 15:2 - "En ek het gesien iets soos ‘n see van glas, gemeng met vuur. En die oorwinnaars oor die dier en oor sy beeld en oor sy teken, oor die getal van sy naam, het ek by die see van glas sien staan, met siters van God). Neem ook kennis - die wat nie die merk neem nie (en in die lewe bly) sal in bewaring gehou word onder die tyd vd eerste 6 basuine (veral onder die 1ste wee), wanneer oordele uitgevoer word op die met die merk vd dier... (Openb. 9:1-12; Openb. 14:9-11; 16:2) - daar word ook na hierdie tydperk verwys as "die wraak van God" (maar moet nie verwar word met die Groot Verdrukking nie, want dit volg nadat die Groot Verdrukking verby is).  In 'n spesifieke reeks koninkryke waarin 8 koninkryke of "diere" beskryf word in die Skrif (Dan. 2; 7; 8; Openb. 13; 17 ens.), word die "dier uit die see" en die "skarlakenrooi dier" as die laaste koninkryke beskryf voor Jesus terugkom en Sy ewige koninkryk oprig (en Jesus Christus se koninkryk op aarde sal begin met 'n 1000 jaar tydperk waarin die heiliges vd Allerhoogste saam met Hom sal regeer). 

Elkeen wat die merk neem sal onder God se oordeel val (Openb. 14:9-11; 16:2). Kinders van die koninkryk mag nie hierdie merk (teken, naam, getal) neem nie en mag nie die beeld aanbid nie, want deur dit te doen gaan jy die Here verloen.   Die wat hierdie merk ontvang verwys na mense wat die dier aanbid en dien... (en verwys dus na mense wat die beeld waaraan daar 'n gees gegee is, aanbid - dit is die manier hoe hulle gaan wys dat hulle die dier aanbid, deur die beeld te aanbid en die merk te neem) - hulle sal uiteindelik almal onder God se toorn val:

- (Openb. 14:9-11)  En ‘n derde engel het hulle gevolg en met ‘n groot stem gesê: As iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam. En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang.

-(Openb. 16:2)  Toe gaan die eerste een weg en gooi sy skaal op die aarde uit, en kwaai en bose swere het aan die mense gekom wat die merk van die dier gehad het en sy beeld aanbid het.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------