Sommige inligting rondom eindtyd studies gaan oor INTERPRETASIE.

Daarom word verskillende interpretasies met die tyd bygevoeg waar geleerdes oor iets verskil, of somtyds word 'n verwysing gegee na 'n ander interpretasie - per geleentheid word 'n interpretasie verder bespreek.


Sondag 08 Januarie 2023

Die Antichris

In hierdie pos kyk ons na die sg. Antichris vd laaste dae.
-----------------------------------------------------------------------------------

DIE BEGRIP "antichris":
(1) Daar is en was al baie antichriste in die wêreld - alhoewel daar ook na iemand spesifiek in die laaste dae verwys word as "die Antrichis" (1 Joh. 2:18). Waar die woord "antichris" gebruik word in die Skrif verwys dit dus nie altyd na hierdie spesifieke "koning" vd laaste dae nie. 1Jn 2:18 - ("Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het (1) dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou (2) baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is").  Interessant om te merk dat in hierdie geval van 1 Joh. 2 die antichriste waarna daar verwys word, genoem word dat hierdie mense van die Christelike kerk af uitgegaan het... (alhoewel hulle nie van die kerk was nie). Hulle beweeg dus onder Christene asof hulle Christene is, maar glo nie regtig in Jesus Christus nie (en verwys bes moontlik na mense onder die groep "onkruid" na wie verwys word in Matt. 13 - valses; en daar is ook ander kenmerke waaraan hulle geken word nl.- verleiersingesluiptes, struikelblokke...). Antichriste word gesien as verleiers want hulle ken die waarheid maar verdraai dit in 'n leuen, en probeer ander daardeur mislei (1 Joh. 2:26; 2 Joh. 1:7) - gewoonlik omdat hulle self gedien of gevolg wil word, of omdat dit tot een of ander voordeel is vir hulle (en doen hulle gewoonlik self as 'n god voor-2 Thess. 2:4). Baie geleerdes is van mening dat die Antichris vd laaste dae dus ook uit die geledere van gelowiges (Christene / Jode) sal kom (alhoewel hy dan nie regtig 'n Christen of Jood in hart is nie). In 2 Thess. 2:3,4, waar daar na hierdie spesifieke antichris vd laaste dae verwys word, word hy o.a. genoem "seun van verderf", "seun van sonde" en "teestander".  Baie geleerdes vgl. die "dier uit die see" van Openb. 13 (wat 'n koning en koninkryk voorstelmet hierdie Antichris vd laaste dae (en dit word ook in hierdie pos so behandel asof hierdie Antichris ditto is as die "dier uit die see" van Openb. 13). Daar is baie ooreenkomste tussen die dier van Openb. 13 en hierdie Antichris na wie verwys word in ander skrifte (bv. dat sy koms is volgens die werking van die Satan, en dat die Here Jesus die antichris sal verdelg wanneer Hy terugkom, en dat die wat verlore gaan deur hom verlei sal word,...ens.)(2 Thess. 2:8-12).

Die woord "Antichris" word verkry uit 'n paar N.T. skrifte (1 Joh. 2:18,22; 1 Joh. 4:3; 2 Joh. 1:7), en is die Griekse woord "an-tee'-khris-tos", wat verwys na die opponent vd Messias (vgl. dit bv. met die dier uit die see van Openb. 13, wie sal oorlog voer teen die Lam in die slag van Armageddon..; Openb. 16:13-16; 19:19). 'n Antichris is iemand wat in opstand kom teen Jesus Christus en die waarheid wat Hy verkondig (en hulle kom dus gewoonlik ook in opstand teen mense wat glo in Jesus Christus, bv. teen die wat die waarheid verkondig... - vgl. dit o.a. met hoe die dier uit die see van Openb. 13 die heiliges sal vervolg, en hoe hy sal laster). 
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die begrip "antichis" verwys na die volgende (en kan dus gesien word as tipiese tekens waaraan die Antichris vd laaste erken kan word):

- iemand wat ontken dat Jesus die Christus is ('n antichris is 'n LEUENAAR - hy weet goed dat Jesus die Christus is, maar verloën die Here en ontken dus die feit)(1 Joh. 2:22 - "Wie is die LEUENAAR, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën"). Die Antichris sal in opstand kom teen Jesus Christus, en o.a. optrek in oorlog teen Hom (wanneer Hy terugkom)- sien "slag van Armageddon"-Openb. 19:11-21; 16:14-16).

- iemand wat die Vader en Christus verloën (verwerp/ontken/weier)(1 Joh. 2:22b)('n antichris is 'n LOëNAAR - hulle verwerp die Vader en Christus as Here/ontken dat Hy Here is/hulle weier Hom.  L.w., as iemand bely hy ken die Vader, maar verwerp (loën) Sy Seun, dan ken hy nie regtig die Vader nie... (Joh. 8:39-47)(1 Joh. 2:23 - "Elkeen wat die Seun loën, het ook nie die Vader nie")(m.a.w., as iemand die Vader ken as sy Here, dan sal hy nie Sy Seun loën nie). 'n Antichris doen homself voor as God (hy verwerp die ware Here)/hy loën dus die Here - 2 Thess. 2:4 - is 'n TEëSTANDER.  L.w. dat die "dier uit die see" as god aanbid sal word (deur almal wie se name nie in die boek vd lewe is nie)...(Openb. 13:8);  hulle sal die Here verwerp en die Antichris kies as god.

- iemand wat laster/ontken dat Jesus Christus in die vlees gekom het  ('n antichris is 'n LASTERAAR - l.w. dat antichriste verwys na wetendes, nie onwetendes nie;  hulle weet goed wat die waarheid is maar verdraai dit;  m.a.w., hulle "laster"; of weet bv. goed dat Jesus in die vlees gekom het maar ontken dit...)(antichriste is m.a.w. mense wat VALS is)(1Jn 4:3 - "en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld"). L.w. dat die "dier uit die see" sal laster teen God, teen sy Naam en tabernakel en die wat in die hemel woon... (Oepnb. 13:6). 

- iemand wat mense probeer mislei ('n antichris is 'n VERLEIERhulle wil hê dat mense in hulle glo eerder as in Jesus en in die waarheid, en lieg daarom en laster sodat mense liewer in die leuen glo) (2Jn 1:7 - "Want baie verleiers het in die wêreld ingekom: die wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie. Dit is die verleier en die Antichris")(1Jn 4:3 - "en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld")(1Jn 2:22)  Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën")L.w. dat die "dier uit die see" die "dier uit die aarde" sal gebruik om mense te verlei (hy sal o.a. groot tekens doen om die bewoners vd aarde te verlei, en 'n beeld maak vir die dier, en almal sal gewing word om die beeld te aanbid - Openb. 13:13-18).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2) Die antichris vd laaste dae:

Daar is 'n spesifieke persoon waarna baiemaal verwys word as die Antichris (1 Joh. 2:18), wie sy verskyning sal maak in die einde van dae voor Jesus Christus terugkom. As hy 'n antichris genoem word gaan hy duidelik die kenmerke hê van 'n antichris bv., hy sal 'n LEUENAAR wees (wat ontken dat Jesus die Christus is),  'n LOëNAAR (wat die Here verwerp en ontken) en LASTERAAR (wat weet wat is die waarheid maar dit verdraai - spreek kwaad oor die waarheid en die wat die waarheid verkondig, en lieg oor die Here), is VALS (gee voor dat hy God is)(of gee voor dat hy die waarheid praat, maar doen nie), en sal 'n VERLEIER wees (sal mense mislei om die leuen te glo). Die Antichris kan beskryf word as 'n "valse Christus" (Matt. 24:5 - "Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei"), en word o.a. vgl. met 2Th 2:3,4 waarin hy verwys word as die 
- "mens van sonde", ook genoem 
- "seun vd verderf", ook genoem 
- "teëstander"  (2 Thess. 2:3,4 - "Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is"). Baie geleerdes vgl. hierdie met die dier uit die see van Openb. 13, van wie o.a. verklaar word dat hy sy krag en mag vd draak (die duiwel) kry (Openb. 13:2). 
Hy word ook na verwys as 
- "die ongeregtige" (wetteloos / bose) in 2 Thess. 2:8.

Iets wat in 2 Thess. geleer word oor hierdie persoon is dat hy homself sal voorstel as God, verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, en sal IN DIE TEMPEL GOD AS GOD GAAN SIT en VOORGEE DAT HY GOD IS.  Vgl. ons dit weer met die dier uit die see van Openb. 13, dan is hierdie ook 'n groot ooreenkoms, want die "dier uit die see" sal deur die bewoners vd aarde AANBID WORD (die wie se name nie in die boek vd lewe is nie)(Openb. 13:8)(asof hy God is) en hy sal LASTER vir 42 maande (Openb. 13:4,5)(en hy sal ook oorlog voer teen die heiliges...-Openb. 13:6).  'n Ander "dier" (die dier uit die aarde = nl. die valse profeet)(Openb. 13:11-18) sal hom help om die mense te VERLEI... (bv. deur tekens en wonders; 2 Thess. 2:9, Openb. 13:14). 

HOEKOM WORD DIE ANTICHRIS VGL. MET DIE DIER UIT DIE SEE VAN OPENB. 13?: Die beeldspraak van "diere" word gewoonlik in profesie gebruik om konings (Dan. 7:17) en/of koninkryke (Dan. 7:23,24) voor te stel. Die DIER UIT DIE SEE stel dus nie net 'n koninkryk voor nie, maar ook 'n koning (bv., 'n koning en sy koninkryk)(vgl. dit met Openb. 19:19,20 waarin die "dier" duidelik lyk of dit 'n persoon/koning voorstel), en dus baie waarskynlik dat hierdie "dier" verwys na die Antichris vd laaste dae na wie verwys word in ander skrifte.  Die koning van die voorlaaste koninkryk op aarde (voor Jesus terugkom) word dus gewoonlik na verwys as "die Antrichris" (alhoewel daar vir 'n kort rukkie 'n ander na hom sal opstaan, nl. die "vrou op skarlakenrooi dier" / 8ste;   maar die dier uit die see sal dan steeds prominent wees, in ag geneem dat die 10 konings vd "vrou op skarlakenrooi dier" hulle mag aan hom sal gee en saam met hom optrek in oorlog teen die Lam/"slag van Armageddon...).In betrokke skrifte is daar dus heelwat ooreenkomste tussen die Antichris en hierdie dier.

DIE NOMMER VD DIER:
(Openb. 13:18 - "Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ‘n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig"). Omdat die dier in Openb. 13 se nommer 666 is en die Antichris gewoonlik met hierdie "dier" vgl. word, word 666 dus ook gesien as 'n getal waaraan die Antichris (vd laaste dae) herken sal word. 


WAT IS DIE UITEINDE VAN HIERDIE ANTICHRIS?
2 Thess. 2:8 leer vir ons dat wanneer die Here terugkom sal Hy die dier (wat as "die Antichris" gesien word)(seun van verderf/seun van sonde/die ongeregtige/teestander) verdelg: (2Th 2:8 - "en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak")(Openb. 19:20 - "En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy húlle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand") - die "dier" sal lewend in die vuurpoel gegooi word.


DIE VERBAND TUSSEN DIE ANTICHRIS en DIE DUIWEL:
Die Antichris is nie die duiwel (draak) self nie! (Openb. 20:10; Openb. 13) alhoewel daar definitief 'n verband is tussen die twee, bv. die Antrichris word o.a beskryf as "seun vd verderf" en "mens van sonde" in 2 Thess. 2:3, en word ook oor die algemeen vgl. met die "die dier uit see" van Openb. 13 - en hierdie dier sal sy mag van die draak/duiwel af kry... Die woorde "seun van" verwys gewoonlik na uit watter geslag iemand gebore is... - daarom sien sommige geleerdes die Antichris as iemand wat nie net gebore sal word as mens nie maar ook uit die duiwel, MAAR l.w. dat hierdie 'n verwysing is na die "mag en krag" wat hy vd duiwel sal ontvang (Openb. 13:2); en kan gesien word as "uit die duiwel" omdat hy 'n mens van sonde is (1Jn 3:8a - "Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel..."). Geestelike mense word bv. gesien as "gebore uit God"; tog beteken dit nie dat hulle fisies uit Hom gebore is nie, maar wat dit veral beteken is dat hulle nie meer die sonde dien nie, maar die Here - dit gaan dus hier oor "wie jy dien" / "aan wie jy behoort" / "wie jy gehoorsaam".

In 2 Thess. 2:8 word die Antichris ook "die ongeregtige" genoem (die wettelose, die een wat die wet oortree, die bose een). 2 Thess. 2:9 verklaar dat sy (die Antichris) se koms "is volgens die werking van die Satan" - en dan word verduidelik wat daarmee bedoel word, nl. "met allerhande kragtige dade en tekens en wonders vd leuen, en met allerhande verleiding van ongeregtigheid (v.10). Die wat in die Antichris glo en behae het in die ongeregtigheid, sal die krag vd dwaling gestuur word...;  m.a.w., hulle sal die leuen glo! (hulle sal sal nie die waarheid glo nie, maar dwaal...)(v. 11,12). M.a.w., hulle sal die dier aanbid - en sal ook die draak aanbid, want die draak gaan sy mag aan die dier gee (Openb. 13:3,4,8,15). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die terme "seun van verderf" / "seun van sonde":
Die "antichris" vd laaste dae waarna geleerdes verwys beskryf 'n spesifieke "valse christus", en word nie altyd in die Skrif "antichris" (1 Joh. 2) genoem nie maar word ook na verwys as die "seun vd verderf" of "seun van sonde" (2 Thess. 2:3,4).  Vir hierdie "antichris" (seun van verderf / seun van sonde) om in die tempel van God as God te kan sit en voorgee dat hy God is, moet 'n "tempel van God" natuurlik weer opgerig wees - dit is waarom baie geleerdes glo dat ons 'n derde tempel kan verwag in die laaste dae  (en Openb. 11:1 bevestig hierdie feit!). Hierdie antichris sal ontken dat Jesus die Christus is want hy sal homself voordoen as God, en hy word terloops ook 'n "teestander" genoem in 2Thess. 2:4 - ("die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is..."). 

Woorde wat dus vir hierdie  "Antrichris" (vd laaste dae) gebruik word, is 
- "SEUN VAN VERDERF" (verderf hier is die Gr. woord "ap-o'-li-a" wat beteken verwoesting, verderflike maniere, afval, tot niet maak, verdoemende);
- "MENS VAN SONDE"; en 
- "TEëSTANDER" (2 Thess. 2:3,4)(Gr. woord "an-tik'-i-mahee" wat beteken "opponent").

Let wel dat kort voor die wederkoms, in dieselfde tyd waarin (of net voor) hierdie persoon geopenbaar sal word, sal die AFVAL ("ap-os-tas-ee'-ah" - bv mense wat afvallig word vd geloof en die Here verloën...) plaasvind (2 Thess. 2:1-3). In Jesus se antwoord in wat met die voleinding vd wêreld gaan gebeur, het Hy eerstens gewaarsku teen die wat die gelowiges sal probeer mislei (bv. valse christusse!):  -(Matt. 24:4,5 - "En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie. Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei"). Jesus het ook nie net gewaarsku teen slegs een spesifieke persoon nie, maar vele ander wat sal kom asof hulle Christus is. Gaan lees maar op - in die laaste 100 jaar was baie sulke gevalle van mense wat hulleself voorgedoen het as die Christus. Sommige geleerdes interpreteer die "wit perd" (onder die eerste seël) as die tyd van hierdie valse christusse... (wat sg. "vrede" op die aarde bring; maar l.w. dat daar ook na verskillende tye van vrede in die Skrif verwys word).
___________________________________________________________________________________

(3) KOM ONS KYK NA ANDER VERGELYKINGS WAT DAAR SOMTYDS GEMAAK WORD MET DIE ANTICHRIS.  L.w. dat baie van dit wat hieronder geskryf is, op interpretasie gebou is.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
- (1) Ander horinkie (?):
Die Antichris word somtyds vgl. met die "ander horinkie" in Dan. 7:8.   
In Daniel 2 word die opvolg van 'n spesifieke stel koninkryke beskryf - dit word voorgestel deur 'n beeld, 'n droom wat Nebukadnesar gehad het en wat deur Daniel uitgele is soos die Here dit vir hom bekendgemaak het - die beeld stel van kop tot tone 'n spesifieke stel koninkryke voor wat mekaar sal opvolg, (1)vanaf die regering van Nebukadnesar (Babel), (2) dan die konings van die Mede en Perse wat (3) dan opgevolg word deur die koning van Griekeland, (4) en dan 'n volgende koninkryk wat oor die alg gesien word as die Roomse koninkryk  In Dan. 7 word hierdie voorgestel deur 4 groot diere  - die LEEU (Babilon), die BEER (Mede & Perse), die LUIPERD (Griekeland), en dan die 4-DE DIER... (koninkryke wat terloops ook vgl. kan word met "die dier uit die see", want dit wil voorkom of hierdie dier sy wortels het in hierdie koninkryke - Openb. 13:2 -"En die dier wat ek gesien het, was soos ‘n luiperd, en sy pote soos dié van ‘n beer, en sy bek soos die bek van ‘n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag").  Iets wat veral kenmerkend is van hierdie 4de dier in Dan. 7 is dat dit 10 horings gehad het waarvan 3 ontwortel is om plek te maak vir die ander horinkie... 

LET WEL dat die gebeure in Dan. 7 somtyds geheel geskiedkundig beskryf word, alhoewel baie dit ook gesien word as koninkryke wat loop tot op die einde vd wereld. Maw, as dit wat in Dan. 7 beskryf is slegs nou verwys na geskiedkundige gebeure, kan hierdie "ander horinkie" nie verwys na die Antichris (seun vd verderf/sonde) van die laaste dae nie;  tog, Dan 7:12 verklaar dat alhoewel die ander diere se heerskappy ontneem is, "verlenging van lewe" aan hulle gegee is tot op tyd en uur..., (en l.w. dat v.13 dan moet eerder beskryf word as Jesus se opvaarding as wat dit Sy terugkoms beskrywe) - kyk ons na die uitleg van hierdie visioen (v. 15-27) wil dit tog voorkom of hierdie 4de koninkryk 'n koninkryk beskryf wat loop tot in die laaste dae, en die "ANDER HORINKIE" sal uit hierdie koninkryk kom. 

Spesifieke inligting word in Dan. 7 gegee oor die "ander horinkie":
(Dan 7:8)  "Terwyl ek op die horings ag gee, kom daar 
*  ‘n ander horinkie 
tussen hulle op, en drie van die vorige horings is daarvoor ontwortel; en kyk, in hierdie horing was 
*  oë soos mens-oë, en ‘n mond wat groot dinge spreek". Vgl dit met Openb. 13 van die dier uit die see "wat groot dinge spreek".  Verder lyk dit of die ander horinkie 'n koning voorstel wat 'n mens is (en terloops weet ons dat "horings" in profesie gewoonlik verwys na konings). Hierdie alles in ag geneem, glo sommige geleerdes dus dat hierdie "ander horinkie" verwys na die koning vd "dier uit die see"-koninkryk, nl. wat hulle verstaan as "die Antichris".
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
- (2) Klein horing (?):
Sommige verwys ook na die "klein horing" in Dan. 8 as die Antichris vd laaste dae.  Geleerdes is nie eens hieroor nie - bv.,  die eerste gedeelte van Dan. 8 kan lyk of dit meer verwysend is na 'n ander antichris en sommige geleerdes bewys dit ook geskiedkundig...;  maar die laaste deel (vanaf v. 23) wil miskien weer voorkom of dit meer verwysend is na 'n antichris wat in die laaste dae sal lewe...(of is dit?). 

Kom ons kyk na wat daar gese word:
(Dan 8:23)  Maar aan die einde van hulle heerskappy (kyk v.22), as die goddelose die maat volgemaak het
*  sal ‘n koning optree, 
*  hard van aangesig en wat listige streke verstaan.
*  (Dan 8:24)  En sy krag sal sterk word, maar nie deur sy krag nie
*  en hy sal buitengewoon baie kwaad aanrig en dit voorspoedig uitvoer
*  en hy sal magtiges vernietig en ook die volk van die heiliges.

*  (Dan 8:25)  En op grond van sy slimheid sal hy met geluk bedrog pleeg
*  en hy sal groot dinge onderneem in sy hart en baie mense onverwags vernietig
*  ja, optree teen die Vors van die vorste

maar hy sal sonder toedoen van mensehand verbreek word.


Let wel dat  hierdie persoon sal optree in die dae "wanneer die goddelose die maat volgemaak het"  - dit kan vgl. met 2 Thess. 2:1-12 - eers moet die "afval" kom;  alhoewel hierdie term (of soortgelyke) nie altyd gebruik word van die einde vd wereld nie. Dat die "einde vd wereld" egter ook daardeur gekenmerk word, is inderdaad so! Ook hier in Dan. 8 sien ons die opvolg van 'n spesifieke stel koninkryke, nl. Meders & Perse, Griekeland (en 4 koninkryke wat uit Griekeland ontstaan het)...  As die "klein horing" (wat uit een van hierdie 4 koninkryke kom) inderdaad verwys na iemand wat opstaan op die einde vd wereld, dan kom hierdie koninkryk/koning uit een vd koninkryke van Griekeland..., maar let wel v. 23, dat hierdie koning sou optree "aan die einde van hulle (die 4 koninkryke se) heerskappy"...

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
- (3) Koning van die noorde (?):
Soos die geval met Dan. 8 is daar ook verskille in hoe Dan. 11 geinterpreteer word... Terwyl die eerste gebeure in Dan. 11 bv ook weer-eens geskiedkundig bewys kan word, is dit interessant om te sien dat die laaste deel dalk meer verwysend kan wees na iemand anders ('n ander antichris) - in hierdie geval voorgestel as die "koning van die noorde". Daarom dat daar somtyds na die Antichris verwys word as "DIE KONING VAN DIE NOORDE". 

Kom ons kyk na die gedeelte:
(Dan 11:36)  En die koning sal doen 
- net wat hy wil en homself verhef en hom groot hou bo enige god, en teen die God van die gode sal hy wonderbaarlike dinge spreek; en hy sal voorspoedig wees, totdat die grimmigheid ten einde is; want wat vas besluit is, sal uitgevoer word.
(Dan 11:37)  En op die gode van sy vaders sal hy nie ag slaan nie, en op die liefling van die vroue en op enige god sal hy geen ag gee nie; want hy sal homself bo alles groot hou.
(Dan 11:38) 
- Maar in plaas daarvan sal hy die god van die vestings vereer, en die god wat sy vaders nie geken het nie, sal hy met goud en silwer en edelgesteente en kosbaarhede vereer.
(Dan 11:39)  So sal hy dan optree teen die versterkte vestings met behulp van ‘n vreemde god; diegene wat hy erken, sal hy baie eer en hulle oor baie laat heers en grond as beloning uitdeel.
(Dan 11:40) 
- Maar in die tyd van die einde sal die koning van die Suide met hom in botsing kom, en die koning van die Noorde sal op hom afstorm met strydwaens en perderuiters en baie skepe, en hy sal daarmee in die lande inkom en instroom en dit oorvloei.
(Dan 11:41)  Hy sal ook kom in die Pragtige Land, en baie sal struikel; maar hierdie volke sal uit sy hand vryraak: Edom en Moab en die beste deel van die kinders van Ammon.
(Dan 11:42)  En hy sal sy hand uitsteek teen die lande; ook Egipteland sal nie vrykom nie.
(Dan 11:43) 
- En hy sal mag hê oor die skatte van goud en silwer en oor al die kosbaarhede van Egipte, terwyl die Líbiërs en die Kusiete sy voetstappe volg.
(Dan 11:44) Maar gerugte uit die ooste en uit die noorde sal hom verskrik; daarom 
sal hy met groot woede uittrek om baie mense te verdelg en met die banvloek te tref.
(Dan 11:45)  En hy sal sy paleistente opslaan tussen die see en die berg van die heilige Prag; maar hy sal aan sy einde kom, en daar sal vir hom geen helper wees nie.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
- (4) Dier uit die see (?):
Die "dier uit die see" van Openb. 13 verwys na 'n koning/koninkryk (v. 1,2).  Gewoonlik verwys "diere" in profesie nie net na koninkryke nie, maar ook na konings (bv. van daardie koninkryke...). In daardie opsig is dit nie verkeerd om ook na 'n persoon te verwys wanneer ons praat oor die "dier uit die see" nie.  Meeste geleerdes is van mening dat hierdie dier, of miskien meer presies, die koning van hierdie koninkryk verwys na die Antichris vd laaste dae. Hierdie koninkryk lyk of dit kom uit 'n spesifieke stel koninkryke wat beskryf  word in die boek van Daniel (Dan. 2,7,8)(Babilon-leeu; Meders&Perse-beer; Griekeland-luiperd... - Openb. 13:2), en verwys na 'n voorlaaste koninkryk op aarde voor Jesus Christus terugkom (en ons weet dat wanneer Hy terugkom Hy al hierdie ander koninkryke sal verbrysel en Sy ewige koninkryk oprig (Dan. 2:44). Op die beeld van Dan. 2 kan hierdie koninkryk val op die onderpunt vd bene of op die voete.  Die laaste koninkryk (8ste) is die "vrou op skarlakenrooi dier" koninkryk -  en die10 konings van hierdie koninkryk sal terloops saam met die dier (uit die see) oorlog voer teen die Lam. Dus, as die Antichris verwys na die "dier uit die see", dan sal sy koninkryk die voorlaaste wees voor Jesus terugkom, en hy sal saam met die 10 konings vd "laaste koninkryk" oorlog voer teen die Lam in die slag van Armageddon (Openb. 19). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
- (5) Skarlakenrooi dier (?):
Dit is onwaarskynlik dat die skarlakenrooi dier verwys na die Antichris, alhoewel daar 'n stewige konneksie is tussen die twee (bv. dat die 10 horings/konings vd skarlakenrooi dier saam met die dier uit die see sal oorlog voer teen die Lam). Die Skarlakenrooi dier word beskryf as:
- een wat was en nie is nie, en is self die 8ste,en 
- vol godslasterlike name, en 
- het 7 koppe (wat beskryf word as 7 konings, waarvan 5 geval, 1 is, en die ander een moet nog kom) en 10 horings (ook konings, maar konings wat nog geen koninskap ontvang het nie, maar sal mag soos konings ontvang vir 1 uur lank saam met die dier). 
(Openb. 17:8)  Die dier wat jy gesien het, was en is nie, en sal uit die afgrond opkom en na die verderf vaar; en die bewoners van die aarde wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe geskryf is nie, sal hulle verwonder as hulle die dier sien wat was en nie is nie, alhoewel hy is.

Dit is dus onwaarskynlik dat die "skarlakenrooi dier" verwys na die Antichris, en moet eerder gesien word as deel vd laaste koninkryk op aarde (stad Babilon + hierdie koninkryk)... - maar daar is 'n konneksie tussen die twee. Wat bv. duidelik is is dat die dier uit die see nie tot niet gaan wanneer die vrou op skarlakenrooi dier opstaan nie, en dit mag wees dat hierdie konneksie meer met Babilon te doen het (vgl. dit met die 10 horings op die 4de dier van Dan. 7; l.w. dat die 4de dier uiteindelik verbrand sal word...).  L.w. dat die 10 konings vd skarlakenrooi dier sal hulle mag aan die dier (uit die see)(wat moontlik verwys na die krone op die horings vd dier uit die see), en sal saam met hom optrek in oorlog teen die Lam (slag van Armageddon)(Openb. 16:13-16; 17:14; 19). Dit wil dus voorkom of die Antichris liewer met die "dier uit die see" vgl. moet word as met die skarlakenrooi dier... 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking