Sommige inligting rondom eindtyd studies gaan oor INTERPRETASIE.

Daarom word verskillende interpretasies met die tyd bygevoeg waar geleerdes oor iets verskil, of somtyds word 'n verwysing gegee na 'n ander interpretasie - per geleentheid word 'n interpretasie verder bespreek.


Woensdag 05 Julie 2017

Hierdie eeu / Volgende eeu

Jesus het op verskillende geleenthede verwys na "HIERDIE eeu", of die VOLGENDE of TOEKOMENDE "eeu", maar wat het Hy presies met hierdie woorde bedoel?
(Mat 12:32 - "En elkeen wat ‘n woord spreek teen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu ( "an age")(periode, wereld) nie en ook in die toekomende nie").

Die woord "eeu" in bg. skrif, is die Griekse woord ""ahee-ohn", en word in die Afrikaanse Bybel in baie gevalle vertaal as "eeu" en in ander skrifte as "wêreld". In die engels word ook die woord "world" gebruik, maar ons moet verstaan dat daar verskillende Griekse woorde vir die woord "wêreld" is. Waar die woord "wêreld" gebruik word, kan dit ook verwys na "land" of "aarde"  (in ander skrifte), maar in hierdie pos wil ons spesifiek kyk na daardie verse waar die woord "wêreld" verwys na PERIODE, of soos vertaal in sekere skrifte, "eeu" (alhoewel die woord "eeu" hier nie verwys na 100 jaar nie, maar eerder verwys na 'n tydperk). 
=======================================================================
Sommige geleerdes verdeel die hele Bybel in verskillende "bedelings" en tydperke, en alhoewel daar tog duidelik onderskeid is tussen verskillende tydperke vanaf die Skepping van die aarde tot op Christus se koms, moet ons verstaan dat waar die Griekse woord "ahee-ohn" ("hierdie eeu/wereld") gebruik word, dit altyd verwysend is na die tydperk vanaf die Skepping tot op die wederkoms (nie slegs na 'n sekere tydperk soos bv. net die Nuwe Testament, nie) (Ef. 1:21; 3:9 ens.)(rol af vir skrifte).

-  Die woorde "HIERDIE EEU" verwys na die tydperk vanaf die Skepping tot op die Wederkoms.  "Hierdie eeu" gaan eindig met die 7 seels wat vir ons beskryf word in die boek van Openbaring, en op die Wederkoms (met die gebeure daar rondom wat plaasvind onder die laaste, die 7de seel).   DIE EINDE VAN "HIERDIE EEU" WORD ook in sekere skrifte na verwys as "DIE VOLEINDING VAN DIE WERELD" (http://eindtydonderwerpe.blogspot.co.nz/2017/06/wanneer-is-die-einde-van-die-wereld-en.html). Sy wederkoms en die opstanding is die begin van die volgende/toekomende eeu (Luk. 20:34,35). Die einde van "hierdie eeu" word genoem "die voleinding van die wêreld" (maar is ook die begin van die toekomende eeu), en gaan gepaard met heelwat dinge wat dan met die aarde gaan gebeur (http://eindtydonderwerpe.blogspot.co.nz/2017/06/nuwe-hemele-en-nuwe-aarde-die-here-sal.html) en met Christus Jesus se oordeel wat sal plaasvind met Sy wederkoms (vgl. dit met die tema van die verskillende "oeste" en "vrug wat geoes word").

-  die woorde "TOEKOMENDE EEU" verwys na die Here Jesus Christus se 1000 jaar Ryk.  Die toekomende eeu lyk of dit eindig met die gebeure wat in Openbaring 20 - 22 beskryf word, maar die koninkryk self is ook 'n koninkryk tot in ewigheid... In Openb. 20 tot 22 word o.a. die volgende gebeure beskryf: die NUWE HEMEL EN AARDE, die Wit troon oordeel, die nuwe stad Jerusalem wat neerdaal op die aarde en die Here se diensknegte wat Hom vir ewig dien, die wie se name opgeskryf is in die boek van die lewe van die Lam... 
=======================================================================

Kom ons kyk waar die woord "ahee-ohn" vertaal is as "eeu":
(Mar 10:29)  En Jesus antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, daar is niemand wat huis of broers of susters of vader of moeder of vrou of kinders of grond ter wille van My en van die evangelie verlaat het nie,
(Mar 10:30)  of hy ontvang nou in hierdie tyd honderd maal soveel: huise en broers en susters en moeders en kinders en grond, saam met vervolginge, en in die eeu wat kom, die ewige lewe.
(Mar 10:31)  Maar baie wat eerste is, sal laaste wees, en die wat laaste is, eerste.

(Luk 18:29)  En Hy sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, daar is niemand wat huis of ouers of broers of vrou of kinders verlaat het ter wille van die koninkryk van God,
(Luk 18:30)  wat nie baiemaal soveel in hierdie tyd sal ontvang nie en die ewige lewe in die eeu wat kom.

(Luk 20:34)  Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Die kinders van hierdie eeu trou en word in die huwelik uitgegee;
(Luk 20:35)  maar die wat waardig geag word om daardie eeu en die opstanding uit die dode te verkry, trou nie en word nie in die huwelik uitgegee nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Kom ons kyk waar die woord "ahee-ohn" vertaal is as "wêreld" in ander skrifte:
(Mat 13:22)  En by wie in die dorings gesaai is—dit is hy wat die woord hoor, maar die sorg van hierdie wêreld (dieselfde Griekse woord "ahee-ohn" as bo vir eeu) en die verleiding van die rykdom verstik die woord, en hy word onvrugbaar.

(Mar 4:19)  en die sorge van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom en die begeerlikhede in verband met die ander dinge kom in en verstik die woord, en dit word onvrugbaar.

(Luk 16:8)  En die heer het die onregverdige bestuurder geprys, omdat hy verstandig gehandel het; want die kinders van hierdie wêreld is verstandiger teenoor hulle geslag as die kinders van die lig.
(Luk 16:9)  En Ek sê vir julle: Maak vir julle vriende deur die onregverdige Mammon, sodat wanneer julle die lewe verlaat, hulle jul in die ewige tente kan ontvang.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

VGL. OOK DIE VOLGENDE VERSE (waar die woord "ahee-ohn" vertaal is as wêreld) MET DIE TEMA VAN "Wanneer is die Einde?":

(Matt. 13:39)  en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele.
(Matt. 13:40)  Net soos die onkruid dan bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit wees in die voleinding van hierdie wêreld:

(Matt. 13:49)  So sal dit wees in die voleinding van die wêreld: die engele sal uitgaan en die slegte mense onder die regverdiges uit afskei

(Matt. 24:3)  En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?

(Matt. 28:20)  En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.

DIE EINDE VAN "HIERDIE EEU" WORD GENOEM "DIE VOLEINDING VAN DIE WERELD".  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Alhoewel daar tog duidelik onderskeid is tussen "verskillende tydperke" vanaf die Skepping van die aarde tot op Christus se koms (bv. tydperk voor Noag se ark of tydperk van wet van Moses ens.), moet ons verstaan dat waar die Griekse woord "ahee-ohn" (hierdie "eeu" of "wêreld") gebruik word, dit altyd verwysend is na die tydperk vanaf die Skepping tot op die wederkoms (nie slegs na die tydperk van die Nuwe Testament nie):

(Hand. 15:18)  Aan God is al sy werke van ewigheid ("from the beginning of the world") af bekend.

(2Kor. 4:4)  naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.

(Gal 1:4)  wat Homself gegee het vir ons sondes, sodat Hy ons kan uitred uit die teenwoordige bose wêreld, volgens die wil van onse God en Vader,

(Ef. 1:21)  bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy en elke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in die toekomstige.

(Ef. 3:9)  en vir almal aan die lig te bring wat die gemeenskap is van die verborgenheid wat van alle eeue af ("from the beginning of the world") verborge was in God wat alles geskape het deur Jesus Christus,

(Ef. 6:12)  Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.

(2Tim. 4:10)  Want Demas het my verlaat, omdat hy die teenwoordige wêreld liefgekry het, en het na Thessaloníka vertrek, Crescens na Galásië, Titus na Dalmásië.

(Tit 2:12)  en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe,

(Heb 6:4)  Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het,
(Heb 6:5)  en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld,
(Heb 6:6)  en afvallig geword het—om dié weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.

(1Kor. 1:20)  Waar bly die wyse? Waar bly die skrifgeleerde? Waar die redetwister van hierdie eeu? Het God nie die wysheid van hierdie wêreld dwaas gemaak nie?

(Ef. 6:12)  Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Jer 7:7 - "dan sal Ek julle laat woon in hierdie plek, in die land wat Ek aan julle vaders gegee het, van eeu tot eeu")(Jer. 25:5).