Sommige inligting rondom eindtyd studies gaan oor INTERPRETASIE.

Daarom word verskillende interpretasies met die tyd bygevoeg waar geleerdes oor iets verskil, of somtyds word 'n verwysing gegee na 'n ander interpretasie - per geleentheid word 'n interpretasie verder bespreek.


Saterdag 20 Mei 2017

Die doel van die "Wegraping" / Wanneer sal dit plaasvind?

VIR DAGSTUKKIES OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/04/god-is-nie-n-god-van-dooies-nie-maar.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/02/die-tyd-is-naby.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Die DOEL van die  "WEGRAPING":
--------------------------------------------
Die woord "wegraping" kom nie in die Bybel voor nie, alhoewel die woord "weggevoer" in 1 Thess. 4:17 ("caught up") in die Grieks die woord "har-pad-zo" is, wat beteken  "catch (away/up); pluck; pull; take (by force)".  Dit dan waarvandaan die woord "wegraping" kom, maar sommige hou nie daarvan dat die woord gebruik word nie omdat dit baiemaal verbind word met valse leerstellings oor die betrokke gebeurtenis. 
-------------------
 
Die "wegraping" (as ons dit so wil noem) is wel iets wat sal gebeur!, maar moet gesien word as DEEL VAN "DIE OPSTANDING" (Jes. 26:19; Openb. 1:18).  Met Christus se wederkoms sal 
(1) die wat in Christus gesterf het (eerste) opstaan (en hulle sal nuwe liggame kry), en 
(2) dan "die wegraping... - dan sal gelowiges wat nog in die lewe is, ook nuwe liggame kry... (1 Thess. 4:13-18): (1Th 4:17) " Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees"

In hierdie pos kyk ons veral na DIE DOEL van die "wegraping", want as ons kan verstaan WAAROM daar 'n wegraping gaan plaasvind, sal ons nie so maklik val vir valse leerstellings nie. Bv., die doel vd wegraping is nie om die groot verdrukking vry te spring (soos sommige leer) nie..., maar vind bv. eers plaas onder die 7de seel!, en IS DEEL VAN "DIE OPSTANDING"!
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wat is die doel van die wegraping? 
Hoekom "sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in die wolke weggevoer word..."?

(1) Die eerste deel van die antwoord kan gekry word in die laaste deel van 1 Thess. 4:17:
- "EN SO SAL ONS ALTYD BY DIE HERE WEES" (die vraag is nou, waar gaan Jesus wees? - l.w., nie in die hemel nie, maar op aarde...). (1Kor.15:50) - "Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie". 
 (2) Ons moet ook die gedeelte in konteks lees:  (1Th 4:13)  Maar, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie.(1Th 4:14)  Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring.(1Th 4:15)  Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie.(1Th 4:16)  Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.(1Th 4:17)  Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees. In konteks gaan dit daaroor dat "die wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here" nie die ontslapenes sal voor wees nie. Die onslapenes sal eerste opstaan, en dan die wat nog in die lewe is... Die doel is dus dat hulle ook sal deel he aan "die opstanding". Wat is die doel vd opstanding? DIT IS DUIDELIK DAT DIE DOEL VD WEGRAPING IS OM OOK NUWE LIGGAME TE KRY, NET SOOS DIE WAT OPSTAAN UIT DIE DOOD NUWE LIGGAME KRY. 

 (3) Vgl. dit met 1 Kor. 15:51-57:  ("Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word, in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word ("die opstanding"); en ons sal verander word ("die wegraping")Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word (L.W. - DIE DOEL VD OPSTANDING EN WEGRAPING! - NUWE LIGGAME - OORWINNING OOR DIE DOOD). En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning. Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning? Die angel van die dood is die sonde, en die krag van die sonde is die wet. Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus").  Ons leer dus uit hierdie skrif dat die "eerste opstanding" gaan oor die finale oorwinning oor die doodLet wel: (1)  - "en die dode sal onverganklik opgewerk word; (2)  -  EN ONS SAL VERANDER WORD". Hoekom die "opstanding" of "verandering" ???  -kyk die woorde: "die dood is verslind in die oorwinning". Met hierdie opstanding of verandering (wegraping) is die dood finaal verslind!  Dus, ons sal NUWE LIGGAME kry, sonder die angel van die dood en die sonde. (Fil. 3:20)  Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus, (Fil. 3:21)  wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wanneer sal die wegraping plaasvind?
(Mat 24:29) " En dadelik  die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word.
(Mat 24:30)  En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.
(Mat 24:31)  En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan".   (Kyk ook Mark. 13:24-27).

Dit is duidelik dat die opstanding (en dus die "wegraping") eers sal plaasvind met Jesus se wederkoms.  (Daar is baie wat beweer dat die wederkoms in twee dele gaan geskied, tog vind ons geen skrif daarvoor nie!).   Kyk gerus ook (1Kor. 15:51,52 - "Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word,  in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word")(1 Thess. 4:16; ).

Die DOEL VAN DIE "WEGRAPING" is NIE om die groot verdrukking vry te spring soos sommige leer nie, maar IS DEEL VAN DIE OPSTANDING (en die wat in Christus gesterf het sal EERSTE opstaan, en daarna "die wegraping" - die Christene wat nog in die lewe is wanneer Christus terugkom. SIENDE DIE OPSTANDING PLAASVIND ONDER DIE 7DE SEEL MET JESUS SE WEDERKOMS, SAL DIE WEGRAPING OOK DAN PLAASVIND (want die opstanding is eerste, en dan die wegraping).  1 KOR 15 bevestig ook hierdie feit!  BY DIE LAASTE BASUIN SAL DIE DODE ONVERGANKLIK OPGEWEK WORD, EN DAN SAL DIE WAT IN DIE LEWE OORGEBLY HET, VERANDER WORD... (hierdie verwys natuurlik almal na GEROEPENES). Ons leer dus ook o.a. hier dat daar wel nog Christene in die lewe sal wees met die tyd van die WEDERKOMS (L.W. DAT die wederkoms plaasvind onder die 7 de seel, onder die 7de basuin...)  http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2015/07/die-geklank-van-die-basuin.html).

Sommige kerke leer dat die wegraping eerste sal plaasvind en daarna "die opstanding"...(?), MAAR volgens 1 Thess. 4 is dit wat hulle leer in teenstelling met wat die Skrif leer. Ons moet ag gee op wat hier geleer word oor die opstanding. Wat daar bv. verduidelik word is dat ons nie hoef te treur oor die wat reeds ontslaap het asof daar geen hoop is vir hulle nie, want God sal "die wat in Jesus Christus ontslaap het, saam met Hom bring" ! (1 Thess. 4:14; 3:13)(wat terloops miskien as bewys gesien kan word dat hulle op die oomblik in gees -maar nie in liggaam, want die liggaam is in die graf...- by die Here in die hemel is, maar geleerdes verskil hieroor). Hy verduidelik dit verder deur te sê:  "en die wat in Christus gesterf het, sal "eerste opstaan"....
"daarna sal ons wat in die lewe oorbly.....saam weggevoer word...." (v.17)(wegraping). 

(vir 'n dagstukkie, waarin die vraag "waar Christene vir ewig sal bly?" behandel word, gaan na: http://warechristene.blogspot.com/2020/09/gaan-ons-vir-ewig-op-die-aarde-lewe-of.html)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
OPSOMMING:
Die "wegraping" gaan oor geroepenes wat nog in die lewe is wanneer Christus terugkom.
Die wegraping is deel van die opstanding (opstanding van die wat ontslaap het, en dan verandering van die wat nog in die lewe is wanneer Jesus terugkom.
Die wegraping sal plaasvind by die laaste basuin (maw 7de) onder die 7de seel (met Jesus se wederkoms).
Die doel van die wegraping is om die dood te oorwin, net soos die doel van die opstanding... (sal nuwe liggame kry). Ons onverganklike liggame nodig om te kan ingaan in die koninkryk van God.
Die wat opstaan tot lewe/weggeraap word, sal vir altyd by die Here wees. 

Besudeer gerus ook hierdie poste om beter te verstaan:
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

DIE "WEGRAPING" IS NIE BEDOEL OM DIE VERDRUKKING VRY TE SPRING NIE:
Ons moenie die "wraak van God" verwar met die Groot Verdrukking nie. Omdat sommige hierdie twee met mekaar verwar, dink hulle dat Christene weggeraap sal word voor die Groot Verdrukking begin. Maar soos ons bo gesien het, sal die wegraping eers plaasvind wanneer Christus Jesus terugkom (l.w., "met die laaste basuin"!), EN IS DEEL VAN "DIE OPSTANDING"!  (maar die Groot Verdrukking vind plaas onder die 4de en/of 5de seel - terwyl die opstanding en "wegraping" plaasvind onder die 7 de seel (Matt. 24:21; Openb. 7:14 en vgl. met Openb. 6))(http://eindtydonderwerpe.blogspot.co.nz/2017/05/die-opstanding-dooies-sal-herlewe.html)
========================================================================
Kom ons kyk na nog voorbeelde van skrifte oor die wegraping wat somtyds verkeerd geinterpreteer word:

-(1) (1Th 1:10)  "en sy Seun uit die hemele te verwag, wat Hy uit die dode opgewek het, Jesus wat ons van die toekomstige toorn verlos"  - (hierdie skrif word ook somtyds verkeerd verduidelik en uit konteks geneem, en as bewys voorgehou dat die Christen nie deur die Verdrukking gaan nie omdat hy nie onderwerp is aan God se toorn nie....?).

MAAR WAT IS "GOD se TOORN" WAARNA VERWYS WORD IN HIERDIE GEDEELTE?
Voor ons daarby kom, moet ons eers hierdie skrif in konteks lees - dit handel oor ware voorbeeldige gelowiges wat die woord in baie VERDRUKKING ontvang het (v.6), hulle van afgode bekeer het en die lewende en waaragtige God dien. Dit praat dus oor die feit dat hulle die Here verwag asook die saligheid in Christus Jesus, wanneer (l.w. die woorde!)- "die dood verslind word deur die oorwinning" -  dus handel die vers wel oor Jesus Christus se wederkoms, maar hoekom die Christen daarna uitsien, is nie omdat hy die verdrukking gaan vryspring nie, maar omdat "die verganklikheid beklee gaan word met die onverganklikheid" (...dood verslind!). Hierdie "toorn" verwys na die ewige oordeel - die wat nie opstaan tot lewe (met die onverganklikheid beklee word) nie, sal in die ewige oordeel gaan... Deur die opstanding of "wegraping" gaan die wat "opstaan tot lewe" VERLOS WORD VAN DIE TOEKOMSTIGE TOORN (nl. die EWIGE OORDEEL)(die dood is dan verslind). 

(2) 1Th 5, v.9 en 10, (wat ook gaan oor die tema van "toorn"): 
"Want God het ons nie bestem tot toorn nie, MAAR om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus wat vir ons gesterf het, sodat ons, of ons waak (die gelowiges wat nog oor is met Jesus Christus se wederkoms) en of ons slaap (die wat ontslaap het in Christus Jesus), saam met Hom kan lewe". "Toorn" in hierdie skrifgedeelte lyk of dit as die teenoorgestelde genoem word van "om saligheid te verkry", m.a.w. die "toorn" hier verwys na die tweede dood (nie na die groot verdrukking nie! As die doel van die "wegraping" was om die verdrukking vry te spring maak dit glad nie sin nie, want die wegraping word in dieselfde konteks genoem as die "eerste opstanding" - dit behels nie net die wat in die lewe oorbly nie, maar ook die ontslapenes in Jesus Christus, wat eerste  sal opstaan, en daarna sal die wat in die lewe oorbly, se liggame verander word en weggeraap word "...sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie"-  ons moet die konteks onthou waarin dit geskryf is!   Word die ontslapenes opgewek om die verdrukking vry te spring? - nee...).

(Openb. 11:15)  En die sewende engel het geblaas, en daar was groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid.
(Openb. 11:16)  En die vier en twintig ouderlinge wat voor God op hulle trone sit, het op hulle aangesig geval en God aanbid en gesê:
(Openb. 11:17)  Ons dank U, Here God, Almagtige, wat is en wat was en wat kom, dat U u groot mag aangeneem en as koning geheers het.
(Openb. 11:18)  En die nasies was vertoornd, en U TOORN HET GEKOM 
-  en die tyd van die dode om geoordeel te word en om die loon te gee aan u diensknegte, die profete, en aan die heiliges en aan die wat u Naam vrees, klein en groot, 
-  en om die verderwers van die aarde te verderf.

(3) (2Th 2:6-8)  "En nou, julle weet wat hom (die antichris) teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word. Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is;  en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak"  - baie Christene hou hierdie skrif voor as 'n bewys vir hulle teorie dat die kerk "uit die weg geruim moet word", en dan  d.m.v. "die wegraping", voordat die Antichris sy verskyning maak....  Wanneer ons egter die skrif in konteks lees, sal ons 'n ander prentjie kry:  let op v. 1 - "Maar ons vra julle, broeders, met die oog op die wederkoms van onse Here Jesus Christus en ons vereniging met Hom (wegraping)";  kyk verder v. 3, "Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf"  -  DUS:  die volgorde as volg:
(1)  eers die afval;  
(2)  dan die seun van verderf geopenbaar;  
(3) daarna die:  wederkoms + ons vereniging met Hom. 

(4) (Luk 21:36) - "Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan"  - ook hierdie vers word somtyds as bewys aangewend om sogenaamd aan te dui dat die kerk die verdrukking ontvlug.  Weer-eens moet die skrif in konteks gelees word.  Verse 34 en 35: "Maar pas op vir julleself, dat julle harte nie miskien beswaar word deur swelgery en dronkenskap en sorge van die lewe nie, en dié dag julle nie skielik oorval nieWant soos ‘n strik sal hy kom oor almal wat op die hele aarde woon" - hierdie skrif praat van die wederkoms (nie van 'n tyd voor die wederkoms nie, maar wel daardie dag wanneer Jesus Christus terugkom en ons waardig moet wees om Sy oordele te ontvlug) - 1 Kor. 15:52.  (Luk 21:28 - "En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is").  Lees gerus die hele Luk. 21.

(5) 'n Ander gedeelte wat gebruik word is Luk. 18, die gelykenis van die onregverdige regter...  (Luk 18:7)  Sal God dan nie reg doen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval?"  Dit moet ook saam met vers 8 gelees word:  "Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind?".  Dit praat, weer-eens, van die wederkoms  en van hoe "lankmoedig" die Here met ons is...  As dit dan verwys na die feit dat Hy ons sal help en "reg doen aan ons" teenoor ons teeparty - "sal Hy wel die geloof op die aarde vind?";-  ook gee dit geensins voor dat ons nie vervolging waardig is nie, en is nie in stryd met Jesus se woorde nie:  (Joh 15:20 - "Onthou die woord wat Ek vir julle gesê het: ‘n Dienskneg is nie groter as sy heer nie. As hulle My vervolg het, sal hulle jul ook vervolg. As hulle my woord bewaar het, sal hulle jul woord ook bewaar").

(6) 'n Ander skrif wat ook graag gebruik word, is Mat 24:22 - "En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word- l.w. die woorde:  "ter wille van die uitverkorenes" en "dae verkort word";  nie, "uitverkorenes sal weggeruk word" nie!  Dus is ook hierdie skrif nie 'n bewys van "wegraping voor verdrukking" nie;  inteendeel, lees die vorige vers waar Jesus reeds praat van die Groot Verdrukking...
____________________________________________________________________________________
(Openb. 20:6)  "Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank". 

http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2015/06/n-heilige-priesterdom-n-volk-as-eiendom.html
____________________________________________________________________________________

Vrydag 19 Mei 2017

Wie is die Bruid van Christus?

Ons sien die aankondiging van die bruilof vd Lam in Openb. 19:7 - "Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak" (vgl. met Jes. 25:6). 

Maar wat presies is hierdie "bruilof van die Lam"?  En wie is die vrou van die Lam?  In Openb. 21:9 word die stad, die Nuwe Jerusalem "die vrou van die Lam" genoem, en word ook genoem "bruid", maar ons weet dat dit eers aan die einde van die volgende eeu (aan einde van Christus se 1000 jaar Ryk) is, met die nuwe hemel en aarde, wanneer hierdie bruid, die Nuwe heilige Jerusalem, sal neerdaal uit die hemel op die aarde.  Die aankondiging hierbo in Openb. 19 is egter met Christus se wederkoms, met aanvang van die "volgende eeu" (aan die einde van "hierdie eeu", nie die einde van die volgende eeu nie).  "Vrou" in hierdie twee skrifgedeeltes verwys beslis na twee verskillende geleenthede - (1) "met wederkoms", aan einde van huidige eeu; (2) aan einde van volgende eeu, met nuwe hemel en aarde.  

Wanneer Christus terugkom sal daar 'n bruilof wees (die bruilof van die Lam), maar wie is "Sy vrou"?  Met wie sal Hy Hom "trou"?  M.a.w., "WIE IS DIE VROU VAN DIE LAM"?  

In Openb. 21:9 (einde van volgende eeu) is die nuwe stad Jerusalem DIE VROU VAN DIE LAM, maar wie is "die vrou van die Lam" in Openb. 19:7 (aan die einde van hierdie eeu)?
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Christene is oor die algemeen van mening dat hulle die "vrou van die Lam" is. Gesien dat "die nasies van die wat gered word,  in die lig van die stad Jerusalem sal wandel"... (Openb. 21:24), kan ons sê dat die kerk beslis deel is van die vrou/bruid, maar is daar enige Skrif wat verklaar dat die Christelike kerk inderdaad die bruid is?, want nêrens in die Skrif  word Christene"bruid" genoem nie!; alhoewel Die stad, die Nuwe Jerusalem "die vrou van die Lam", en "bruid", genoem word;  MAAR die beeldspraak van "vrou" word ook gebruik vir die volk en land Israel! Die tema van "aan wie die Here Homself sal TROU", het te doen met die verbond wat die Here met die volk gesluit het. Wanneer Christus terugkom, sal Hy Homself TROU aan die volk en land:   
-(Isa 54:5 - "Want jou Maker is jou Man; HERE van die leërskare is sy Naam; en die Heilige van Israel is jou Verlosser. Hy sal die God van die hele aarde genoem word").  
-(Jes. 62:4 - "Jy sal nie meer genoem word Verlatene nie, en jou land sal nie meer genoem word Wildernis nie. Maar jy sal genoem word: my welbehae, en jou land: die getroude; want die Here het ‘n behae in jou, en jou land sal getroud wees. (rol af vir meer skrifte).
Christene uit die heidene word ook ingedoop in hierdie volk (aan wie die belofte gemaak is dat hulle sal erf)(Rom. 11), en is geestelik deel van die nageslag van Abraham (Gal. 3:29), en geestelik "kinders" van Christus Jesus (die Seun van Dawid).  En die Christen-volk word verder gesien as 'n uitverkore geslag, 'n koninklike priesterdom, 'n heilige volk, 'n volk as eiendom verkry...(1 Pet. 2:9). 

Dus, alhoewel die Christelike kerk NIE die "bruid van Christus" genoem word in die Skrif nie, is hulle wel deel van die volk wat gaan erf, en deel van die "vrou van die Lam". Maar die klem moet gele word op die feit dat die Here Hom met DIE LAND sal trou, want baie Christene dink dat hulle soos 'n bruid sit en wag vir die Here om hulle te kom haal sodat hulle vir ewig in die hemel by Hom kan wees.....(!?), MAAR as ons verstaan dat DIE LAND (Israel) DIE VROU is, dan sal ons verstaan dat om "by Hom te wees" sou beteken dat ons "by Hom is OP DIE AARDE" wanneer Hy Hom met die LAND "trou"! (nie in die hemel nie)(Jes. 62:4).  Ook, as ons verstaan dat DIE VROU (of bruid) die Nuwe Jerusalem is, WAT TERLOOPS VANUIT DIE HEMEL OP DIE AARDE SAL NEERDAAL, dan verstaan ons dat ons vir ewig op die AARDE gaan lewe! (nie in die hemel nie). Daar is 'n rede waarom Christene nie as die "bruid van Christus" aangespreek word in die Skrif nie (alhoewel hulle hul verbind aan die Here soos " 'n vrou haarself aan 'n man verbind");  en soos ons kan sien kan dit tot gevolg he dat ons nie verstaan waaroor die koninkryk van die hemele gaan as ons nie die regte terme gebruik nie.  Dat Christene deel is van die vrou van die Lam, is nie verkeerd nie, maar terme wat ons liewer vir Christene moet gebruik, en terme wat ook veral gebruik word vir Christene in die Skrif, is terme soos "genooides" (Matt. 22:8; Luk. 14:17), "diensknegte" (Matt. 13:27; 18:23; 21:34; 22:3; 25:14; Openb. 1:1...), "vriende" (Joh. 15:13,14,15; Luk. 12:4;) en "bruilofsgaste" (Matt. 9:15)!  Iemand wat uitgenooi is na 'n bruilof, en self 'n "bruilofsgas" of "genooide" genoem word, of vriende of diensknegte is, is tog nou nie self die bruid nie...  As ons onsself noem soos die Skrif ons noem, dan sal ons baie meer verstaan waaroor die evangelie van die koninkryk gaan...  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wat leer die Bybel vir ons oor: 
--------------------------------------
Wie is die bruidegom?  = Jesus Christus (Joh. 3:29; Luk. 5:34,35; Mark. 2:19,20; Matt. 9:15...).  Wanneer Jesus gepraat het oor die "bruidegom", het Hy na Homself verwys:  (Mar 2:18,19)  "En die dissipels van Johannes en dié van die Fariseërs was besig om te vas. Toe kom hulle en sê vir Hom: Waarom vas die dissipels van Johannes en dié van die Fariseërs, maar u dissipels vas nie? En Jesus sê vir hulle: Kan die bruilofsgaste dan vas terwyl die bruidegom by hulle is? So lank as hulle die bruidegom by hulle het, kan hulle nie vas nie".  Johannes het ook daarvan getuig dat Jesus die "bruidegom" is: (Joh 3:28,29)  "Julle is self my getuies dat ek gesê het: Ek is nie die Christus nie; maar dat ek voor Hom uitgestuur is. Hy wat die bruid het, is die bruidegom; maar die vriend van die bruidegom wat na hom staan en luister, verbly hom baie oor die stem van die bruidegom. So is dan hierdie blydskap van my volkome". - nie eens Johannes noem homself deel van die "bruid van Christus" nie, maar eerder, " 'n vriend van die bruidegom".

Kom ons kyk na 'n paar skrifte waar Christus die bruidegom genoem word, en sien of die kerk van Christus in hierdie skrifte bruid genoem word?:
* (Joh 3:29 - "Hy wat die bruid het, is die bruidegom; maar die vriend van die bruidegom wat na hom staan en luister, verbly hom baie oor die stem van die bruidegom. So is dan hierdie blydskap van my volkome"). -  In hierdie skrif noem Johannes die doper homself NIE "bruid" nie, maar liewer, "vriend"!  
* Ook in die gelykenis van die 10 (diens)maagde (Matt. 25) word Christus voorgestel as die Bruidegom,  en l.w. dat ook hier word Christene nie die bruid genoem nie, maar (diens)maagde (diensknegte).  
*  Matt. 9:15 - die dissipels word "bruilofsgaste" genoem, nie "die bruid" nie.  

Baie Christene dink vandag dat ons vir ewig in die hemel gaan bly... en verstaan nie dat ons DIE AARDE gaan beerwe nie (Matt. 5:5).  Ons is genooi na die BRUILOF VAN DIE LAM (wat op die aarde sal wees!).  En ons sal woon in die nuwe Jerusalem (wat op die nuwe aarde sal neerdaal!).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
  -  Wie is die vrou (en bruid)?  - die heilige, nuwe Jerusalem wat uit die hemel sal neerdaal aan die einde van die volgende eeu (Openb. 21:2,9,10)

-  Wie anders word ook vrou/bruid genoem?  - die volk en land Israel, aan wie die Here Jesus Christus Homself sal TROU wanneer Hy terugkom (Openb. 19:7)

Sommige reken dat die BRUILOF VAN DIE LAM sal plaasvind tydens die Groot Verdrukking, maar ons sien dat die "bruilof van die Lam" eers gereed is en aangekondig word in Openb. 19:7, onder die 7 de seel, NA die "val van Babilon", voor/met die wederkoms! - dus NA die verdrukking - ons verwag dus die "bruilof van die Lam" rondom die tyd van die wederkoms, seker na die slag van Armageddon, maar die skrif is nie duidelik oor presies wanneer dit plaasvind nie, alhoewel ons weet wanneer dit aangekondig word - ons moet ook onthou dat daar heelwat dinge gebeur onder die 7de seel waarvan alles die wraak van God en dat die verseeldes beskerm sal word hierdeur, alhoewel hulle nie beskerm gaan word van die Groot Verdrukking nie, want "Groot Verdrukking" behels juis verdrukking van die kinders van die Here!, en van alles stamme, nasies, volke en tale! (Openb. 7:9,13,14).  Wanneer ons lees in Openb. 19:7 " want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak", praat dit NIE VAN DIE KERK WAT GEREED IS NIE, want dit is duidelik uit die skrif dat nie alle Christene gereed gaan wees wanneer Jesus terugkom nie.  Die vrou van wie hier gepraat word, kan dus nie die kerk wees nie, want van die vrou  word gese dat sy "gereed IS".
Die kerk moet dus liewer nie van hulleself praat as die "bruid" wat haar gereed maak vir die bruidegom nie (want baie sal nie gereed wees nie, en wat die Skrif verklaar van die vrou, is dat sy GEREED IS!) - liewer is ons, "genooides","bruilofsgaste", "vriende", "diensknegte" wat hulleself gereed maak...en ander uitnooi na die bruilofsmaal.
  
------------------------------------------------------------------------  In Ef. 5:23 vind ons 'n vgl., "soos die man DIE HOOF IS van die vrou, so CHRISTUS DIE HOOF van die gemeente" - dit praat van die feit dat ons ondergeskik gestel is aan die Here en aan Hom onderdanig moet wees - praat dus eerder van die kerk as "diensknegte", nie as "die bruid" nie. 

Paulus sê in 2 Kor. 11:2 - "Want ek is jaloers oor julle met ‘n goddelike jaloersheid, want ek het julle aan een man verbind, om julle as ‘n reine maagd aan Christus voor te stel" - L.W.:  "maagde" word met "diensknegte" vgl. in die skrif (lees ondertoe, Matt. 24:45-25:13), nie met "bruid" nie;  hy wil hulle dus aan Christus voorstel as reine "diensknegte" (die tema hier is, "REINHEID") - nie dat ons nie deel is van "die vrou" nie!, maar dat ons moet REIN wees.  Dit wys weer-eens op die ondergeskiktheid en onderdanigheid van die kerk aan Christus, en wys op die "regverdige dade" van die heiliges -  (vgl. dit met Openb. 19:8). Die deel "want ek het julle aan een man verbind", beteken tog wel dat ons deel is van die vrou, maar die klem op ons verbintenis met die Here om rein te lewe - baie Christene vandag bely dat hulle deel is van die bruid van Christus, maar leef in onreinheid soos mense wat glad nie verbind is aan Hom nie!  Ons moet verstaan wat hierdie skrif eintlik vir ons wil leer.  Die feit dat die Christene saam met Jesus gaan regeer in die 1000 jaar Ryk, en die Here Hom sal TROU aan die land Israel (kyk skrifte ondertoe), maak die skrif ook duideliker - ons is dus tot Hom verbind in die sin van DIENSKNEGTE (wat saam met Hom sal regeer);  maar dit geld net vir die "REINE DIENSKNEGTE".  
Vir 'n dagstukkie hieroor, gaan na: http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/12/dood-vir-die-wet.html
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------  
Daar is geen skrif in die Bybel wat direk verklaar dat die kerk die bruid van Christus is nie, maar wel 'n skrif wat se dat die stad Jerusalem dit is;  ook vele skrifte wat van die volk en land Israel praat as "die vrou".

Dus:  Wie is die bruid?

(Openb. 21:2)  En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is.
(Openb. 21:9)  En een van die sewe engele wat die sewe skale gehad het, vol van die sewe laaste plae, het na my gekom en met my gespreek en gesê: Kom hierheen, ek sal jou die bruid toon, die vrou van die Lam. (l.w. dat die nuwe stad Jerusalem ook "die vrou" van die Lam genoem word, nie net Israel/land Israel nie).
(Openb. 21:10)  En hy het my in die gees weggevoer op ‘n groot en hoë berg en my die groot stad getoon, die heilige Jerusalem, wat uit die hemel van God neerdaal;
(Openb. 21:11)  en dit het die heerlikheid van God gehad, en sy lig was soos ‘n baie kosbare steen, soos die kristalhelder jaspissteen...

Ons weet dat die stad Jerusalem eers neerdaal op die nuwe hemel en aarde, na die 1000-jaar Ryk.  Dus moet daar onderskei word tussen die "bruilof van die Lam" wat met aanvang van die 1000 jaar plaasvind (wanneer Jesus Homself sal trou aan die land Israel), en  die "vrou" en "bruid" van die Lam (die nuwe stad Jerusalem)(wat aan die einde van die 1000 jaar op die nuwe hemel en aarde sal neersak).  Wanneer ons egter praat van die VROU, dan verwys die skrif nie net na die nuwe stad Jerusalem nie, maar ook na die land Israel, self!  (kyk skrifte onder).  In O.T. skrifte word ook van ISRAEL gepraat as die Lam se VROU.  In hierdie sin kan die Here "wat trou met die land",  gepaardgaan met die "bruilof van die Lam", wanneer die Here 'n feesmaal berei:  (Jes. 25:6)  "En die HERE van die leërskare sal op hierdie berg vir al die volke berei ‘n maaltyd van vetspyse, ‘n maaltyd van ou wyn, van vetspyse vol murg, van gesuiwerde ou wyn". (vgl. dit met die gelykenis van die koning wat vir sy seun 'n bruilofmaal voorberei het - Matt. 22)

-------------------------------------------------(Openb. 19:7)  "Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak".  Openb. 19:8 - "En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges".  Ons lees hier die aankondiging van die BRUILOF VAN DIE LAM, (net voor die "wederkoms"), wat ook vir ons beskryf word in Openb. 19.   Wat behels die bruilof van die Lam regtig?;  wanneer gaan hierdie bruilof plaasvind en wie is die bruid? Soos enige ander eindtyd onderwerp, is daar ook rondom die onderwerp sekere dinge wat nie so duidelik is nie. Tog laat die skrif ons nie heeltemal in die duister nie.     

Die beeldspraak van "bruidegom en bruid", was graag deur die Ou Testamentiese profete gebruik om 'n gevoel uit te beeld oor hoe Jerusalem 'n puinhoop sal word, of hoe die Here Hom weer sal ontferm oor die land, bv.
-(Jer 7:34 - "En Ek sal uit die stede van Juda en uit die strate van Jerusalem laat ophou die stem van vreugde en die stem van vrolikheid, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid; want die land sal ‘n puinhoop word");
-(Jer 16:9 - "Want so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek laat uit hierdie plek ophou voor julle oë en in julle dae die stem van vreugde en die stem van vrolikheid, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid");
-(Jer 33:11 - "die stem van vreugde en die stem van vrolikheid, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid, die stem van die wat sê: Loof die HERE van die leërskare, want die HERE is goed, want sy goedertierenheid is in ewigheid! —van die wat ‘n lofoffer bring in die huis van die HERE; want Ek sal die lot van die land verander soos tevore, sê die HERE");
-(Joe 1:8 - "Weeklaag soos ‘n jonkvrou wat oor die bruidegom van haar jeug met ‘n roukleed omgord is");
-(Jes. 62:5 - "Want soos ‘n jonkman ‘n jongedogter trou, so sal jou kinders jou trou; en soos die bruidegom bly is oor die bruid, sal jou God oor jou bly wees").   -   hulle het die verlatenheid van die land, vgl. met die stem van die bruidegom en die stem van die bruid wat stil geword het;  en hulle sien uit na hoe die Here die lot van die land weer gaan verander en "soos die bruidgom bly is oor die bruid, so sal God bly wees oor Jerusalem".  Dit was dus vir die Jode 'n relatief bekende begrip en iets waarna hulle uitgesien het wanneer die Here Sy volk terugbring in hulle land en die land herstel.   (Isa 54:5)  Want jou Maker is jou Man; HERE van die leërskare is sy Naam; en die Heilige van Israel is jou Verlosser. Hy sal die God van die hele aarde genoem word.(Isa 62:4)  Jy sal nie meer genoem word Verlatene nie, en jou land sal nie meer genoem word Wildernis nie. Maar jy sal genoem word: my welbehae, en jou land: die getroude; want die Here het ‘n behae in jou, en jou land sal getroud wees.(Jer 2:2)  Gaan en roep uit voor die ore van Jerusalem en sê: So spreek die HERE: Ek onthou die geneentheid van jou jeug, die liefde van jou bruidstyd, toe jy agter My aan geloop het in die woestyn, in ‘n onbesaaide land.(Hos 2:15-19) En in dié dag, spreek die HERE, sal jy My noem: My man; en jy sal my nie meer noem: My Baäl nie. Dan verwyder Ek die name van die Baäls uit haar mond, sodat hulle by hul naam nie meer genoem sal word nie. Verder sluit Ek in dié dag vir hulle ‘n verbond met die wilde diere van die veld en met die voëls van die hemel en die kruipende diere van die aarde; ja, boog en swaard en oorlog sal Ek verbreek uit die land, en Ek sal hulle in veiligheid laat rus. En Ek sal My met jou verloof tot in ewigheid en My met jou verloof in geregtigheid en in reg en in goedertierenheid en in ontferming.  Dit is met hierdie prentjie wat die Jode grootgeword het;  die woorde van die profete, uitgespreek oor die tyd wanneer die Here Sy (fisiese) koninkryk gaan verwek (l.w., "op aarde") en Hy hulle eerste Liefde sal wees...
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------
Jesus het baie gelykenisse vertel rondom die "koninkryk van die hemele" - ons vind ook die tema van "bruidegom en bruid" in sekere van hierdie gelykenisse, en tereg, want dit maak net sin gesien die geskiedenis daaragter:
In Matt. 22 het Jesus die koninkryk van die hemele vgl. met: (:2) " ‘n koning wat ‘n bruilof vir sy seun berei het:(:3)  en sy diensknegte uitgestuur het om die genooides na die bruilof te roep, en hulle wou nie kom nie:

(Mat 22:4)  Weer het hy ander diensknegte uitgestuur met die boodskap: Sê vir die genooides: Kyk, my maaltyd het ek berei, my beeste en vetgemaakte vee is geslag en alles is gereed. Kom na die bruilof.
(Mat 22:5)  Maar hulle het hul daaraan nie gesteur nie en weggegaan, een na sy eie stuk land en ‘n ander na sy handelsaak.
(Mat 22:6)  En die origes het sy diensknegte gegryp en mishandel en doodgemaak.
(Mat 22:7)  Toe die koning dit hoor, het hy kwaad geword en sy manskappe gestuur en daardie moordenaars omgebring en hulle stad aan die brand gesteek.
(Mat 22:8)  Daarop sê hy vir sy diensknegte: Die bruilof is wel gereed, maar die genooides was dit nie werd nie.
(Mat 22:9)  Gaan dan op die kruispaaie en nooi almal wat julle mag vind, na die bruilof.
(Mat 22:10)  En daardie diensknegte het uitgegaan op die paaie en almal versamel wat hulle gevind het, slegtes sowel as goeies, en die bruilofsaal het vol gaste geword.
(Mat 22:11)  En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie ‘n bruilofskleed aan het nie.
(Mat 22:12)  En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ‘n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie.
(Mat 22:13)  Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande.
(Mat 22:14)  Want baie is geroep, maar min uitverkies".  -( Dink aan God as die Vader, wat vir Sy Seun, Jesus Christus, 'n bruilof berei.  Sy diensknegte word uitgestuur om die genooides te roep, maar hulle wou nie kom nie. Weer het Hy ander diensknegte gestuur , maar hulle het hulle nie daaraan gesteur nie en weggegaan na hulle "eie dinge waarmee hulle besig is". Die origes het Sy diensknegte gegryp, mishandel en doodgemaak.  Die koning  raak kwaad en stuur Sy manskappe om die moordenaars om te bring en hulle stad aan die brand te steek .  Dan, omdat die genooides dit nie werd was om na die bruilof te kom nie, stuur Hy Sy diensknegte uit op die kruispaaie om enige iemand uit te nooi.  En alhoewel die bruilofsaal vol geword het van slegtes sowel goeies, kon hulle net daar wees op voorwaarde dat hulle elk 'n bruilofskleed aan het. Die een sonder bruilofskleed, word weggewerp...(Mat 22:14) (oordeel van gelowiges) (Want baie is geroep, maar min uitverkies...).  Dink aan  Jesus as die BRUIDEGOM en dan is daar 'n bruilof wat wag!  
-  WIE IS DIE DIENSKNEGTE? - die wat vir God werk, wat aangestel is om mense te nooi
-  WIE IS DIE GENOOIDES?  - Om dit nog beter te verstaan, moet die vorige hoofstuk ook gelees word. Jesus verduidelik vir die owerpriesters en Fariseërs dat, omdat hulle die diensknegte verwerp het, oplaas die huisheer se seun sal verwerp,  die koninkryk van God van hulle af weggeneem sal word en aan 'n volk gegee word wat die vrugte daarvan dra. Hulle was die genooides wat "dit nie werd was nie".  (vgl. dit gerus met Hand. 13:46).

WAT HET VEROORSAAK DAT HULLE NIE "GEREED WAS VIR DIE BRUILOF NIE"?  
-  Hulle was TE BESIG MET HULLE LEWENS.  (Kyk skrifte ondertoe waarin dieselfde rede voorgehou word hoekom sekere diensknegte nie gereed sal wees vir die bruilof nie).


---------------------------------------------

Kom ons kyk  na die gelykenis van die 10 maagde - hierdie gelykenis was 'n vgl. om iets anders te verduidelik, nl. dat wanneer die bruidegom terugkom, sommige diensknegte nie "besig sal wees met die regte dinge" nie:

(Mat 24:45)  Wie is dan die getroue en verstandige dienskneg vir wie sy heer oor sy diensvolk aangestel het om hulle hul voedsel op tyd te gee?
(Mat 24:46)  Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, op hierdie manier BESIG SAL VIND.
(Mat 24:47)  Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel.
(Mat 24:48)  Maar as daardie slegte dienskneg in sy hart sê: My heer talm om te kom—
(Mat 24:49)  en hy sy medediensknegte begin slaan en saam met die dronkaards begin eet en drink,
(Mat 24:50)  dan sal die heer van dié dienskneg kom op ‘n dag dat hy dit nie verwag nie en op ‘n uur dat hy dit nie weet nie;
(Mat 24:51)  en sal hom pynig en hom ‘n deelgenoot van die geveinsdes maak. Daar sal geween wees en gekners van die tande.
(Mat 25:1)  Dan sal die koninkryk van die hemele wees soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet.
(Mat 25:2)  En vyf van hulle was verstandig en vyf dwaas.
(Mat 25:3)  En toe die wat dwaas was, hul lampe neem, het hulle geen olie met hulle saamgeneem nie.
(Mat 25:4)  Maar die verstandiges het olie in hulle kanne saam met hul lampe geneem.
(Mat 25:5)  En terwyl die bruidegom talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan die slaap geraak.
(Mat 25:6)  En middernag was daar ‘n geroep: Daar kom die bruidegom; gaan uit hom tegemoet!
(Mat 25:7)  Toe staan al daardie maagde op en maak hulle lampe gereed.
(Mat 25:8)  En die wat dwaas was, sê aan die verstandiges: Gee vir ons van julle olie, want ons lampe gaan uit.
(Mat 25:9)  Maar die verstandiges antwoord en sê: Miskien sal daar nie genoeg wees vir ons en vir julle nie. Maar gaan liewer na die verkopers en koop vir julleself.
(Mat 25:10)  En onderwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom. EN DIE WAT GEREED WAS, HET SAAM MET HOM INGEGAAN NA DIE BRUILOF, EN DIE DEUR IS GESLUIT.
(Mat 25:11)  Later kom toe die ander maagde ook en sê: Meneer, meneer, maak vir ons oop!
(Mat 25:12)  Maar hy antwoord en sê: Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie.
(Mat 25:13)  Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie. - (vgl. dit gerus met die brief aan die gemeente van Sardis - Openb. 3:1-6) (Ook in hierdie gedeelte is dit duidelik dat Jesus die BRUIDEGOM is.  Dit is ook duidelik dat wanneer daardie "dag van die Here" plaasvind, niemand meer tyd sal he om "gereed te maak" vir die bruilof nie.  Iets anders wat uitstaan, is dat Jesus die gelykenis gebruik om te verduidelik hoe dit sal wees vir die wat "meer besig is met die lewe, as met die Here".  
- Wie is die diensknegte?  -werk vir die Here en is oor Sy diensvolk aangestel om hulle hul voedsel op die regte tyd te gee.
- Wie is die maagde? - die vgl. is met die diensknegte, dus diensknegte. Vgl. dit met (2 Kor. 11:2) waar Paulus met die kerk praat:  Want ek is jaloers oor julle met ‘n goddelike jaloersheid, want ek het julle aan een man verbind, om julle as ‘n reine maagd aan Christus voor te stel.  
----------------------------------------------------
Kyk ook die volgende skrifgedeelte (wat ooreenstem met Matt. 22):

(Luk 14:16)  Maar Hy antwoord hom: ‘n Sekere man het ‘n groot maaltyd gegee en baie mense uitgenooi.
(Luk 14:17)  En op die uur van die maaltyd het hy sy dienskneg uitgestuur om vir die genooides te sê: Kom, want alles is nou gereed.
(Luk 14:18)  En hulle het hul almal eenparig begin verontskuldig. Die eerste het vir hom gesê: Ek het ‘n stuk grond gekoop en ek moet noodsaaklik uitgaan om daarna te kyk. Ek vra u, verskoon my tog.
(Luk 14:19)  En ‘n ander een het gesê: Ek het vyf paar osse gekoop en gaan hulle probeer. Ek vra u, verskoon my tog.
(Luk 14:20)  En ‘n ander een het gesê: Ek het ‘n vrou getrou en daarom kan ek nie kom nie.
(Luk 14:21)  En daardie dienskneg het gekom en dié dinge aan sy heer vertel. Toe het die eienaar van die huis kwaad geword en vir sy dienskneg gesê: Gaan gou uit in die strate en die gangetjies van die stad en bring die armes en verminktes en kreupeles en blindes hier in.
(Luk 14:22)  En die dienskneg het gesê: Meneer, wat u beveel het, is gedoen, en daar is nog plek.
(Luk 14:23)  Toe sê die heer vir die dienskneg: Gaan uit op die paaie en na die lanings en dwing hulle om in te kom, sodat my huis vol kan word.
(Luk 14:24)  Want ek sê vir julle dat nie een van daardie manne wat genooi is, my maaltyd sal smaak nie.
(Luk 14:25)  En groot menigtes het saam met Hom gegaan, en Hy het Hom omgedraai en vir hulle gesê:
(Luk 14:26)  As iemand na My toe kom en hy haat nie sy vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs ook sy eie lewe nie, kan hy my dissipel nie wees nie.
(Luk 14:27)  En elkeen wat sy kruis nie dra en agter My aan kom nie, kan my dissipel nie wees nie.
(Luk 14:28)  Want wie van julle wat ‘n toring wil bou, gaan nie eers sit en die koste bereken, of hy die middele het om dit uit te voer nie? —
(Luk 14:29)  sodat as hy die fondament gelê het en nie in staat is om dit te voltooi nie, almal wat dit sien, nie miskien met hom sal begin spot
(Luk 14:30)  en sê: Hierdie man het begin bou en kon nie klaarkry nie.
(Luk 14:31)  Of watter koning wat optrek om teen ‘n ander koning slag te lewer, gaan nie eers sit en beraadslaag of hy in staat is om met tien duisend die een te ontmoet wat met twintig duisend teen hom kom nie?
(Luk 14:32)  Anders stuur hy ‘n gesantskap as die ander een nog ver is, en vra vredesvoorwaardes.
(Luk 14:33)  So kan dan ook niemand van julle wat nie afsien van al sy besittings, my dissipel wees nie. - (In hierdie gedeelte word die "maaltyd" spesifiek genoem.  Weer-eens sien ons die belangrikheid van dat ons "meer besig moet wees met die Here as met die lewe".  Jesus sê in soveel woorde dat ons niks bo Hom moet stel nie, ook dat "niemand wat nie afsien van al sy besittings, Sy dissipel" kan wees nie...). 
--------------------------------------------------

(Luk 12:31)  Maar soek die koninkryk van God, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
(Luk 12:32)  Moenie vrees nie, klein kuddetjie, want julle Vader het ‘n welbehae daarin gehad om aan julle die koninkryk te gee.
(Luk 12:33)  Verkoop julle besittings en gee aalmoese; maak vir julle beurse wat nie oud word nie, ‘n skat in die hemel wat onuitputlik is, waar geen dief by kom of mot verteer nie.
(Luk 12:34)  Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.
(Luk 12:35)  LAAT JULLE HEUPE OMGORD WEES EN JULLE LAMPE AAN DIE BRAND.
(Luk 12:36)  En julle moet wees soos mense wat op hulle heer wag wanneer hy van die bruilof terugkom, sodat hulle dadelik vir hom kan oopmaak as hy kom en aanklop.
(Luk 12:37)  Gelukkig is daardie diensknegte vir wie die heer wakker sal vind as hy kom. Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom omgord en hulle aan tafel laat gaan en hulle kom bedien.
(Luk 12:38)  En as hy in die tweede of in die derde nagwaak kom, en dit so vind gelukkig is daardie diensknegte.
(Luk 12:39)  Maar weet dit: as die huisheer geweet het in watter uur die dief sou kom, sou hy gewaak het en nie in sy huis laat inbreek het nie.
(Luk 12:40)  Julle moet dan ook gereed wees, omdat die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie.
- Wie is die diensknegte?  -gelowiges met wie Jesus hier praat, die wat die koninkryk gaan erf
- weer-eens in hierdie gedeelte, verduidelik Jesus vir hulle wat dit beteken om "besig te wees", ("wakker te  wees")( "die wat hulle lewe verloor, sal dit wen").
-  In die skrifgedeelte word verwys dat die bruidegom "van die bruilof af terugkom" - die dienskneg wat wakker gevind word, sal dan saam met Hom maaltyd hou. 
(-  L.w., ook in hierdie gedeelte die belangrikheid van die diensknegte wat moet GEREED WEES, "meer besig  met die Here as met die lewe", en dat dit die ding is waarop ons moet let!).
-----------------------------------------
(Jes. 25:1)  HERE, U is my God! U sal ek verhoog; u Naam sal ek loof; want U het wonders gedoen, raadsbesluite uit ver tye, waarheid en trou.
(Jes. 25:2)  Want U het van ‘n stad ‘n hoop klippe gemaak, van ‘n versterkte vesting ‘n puinhoop; ‘n paleis van vreemdes, dat dit geen stad meer is nie; vir ewig sal dit nie herbou word nie. 
(Jes. 25:3)  Daarom sal ‘n magtige volk U eer, die vesting van tirannieke nasies U vrees.
(Jes. 25:4)  Want U was ‘n vesting vir die arme, ‘n vesting vir die behoeftige toe hy benoud was; ‘n skuilplek teen die stortreën, ‘n skaduwee teen die hitte—want die geblaas van die tiranne is soos ‘n stortreën teen ‘n muur.
(Jes. 25:5)  Soos hitte in ‘n dor land het U die rumoer van vreemdes gedemp, soos hitte deur die skaduwee van ‘n wolk; die triomfsang van die tiranne moes verstom.
(Jes. 25:6)  En die HERE van die leërskare sal op hierdie berg (Sion in Jerusalem?- 24:23) vir al die volke berei ‘n maaltyd van vetspyse, ‘n maaltyd van ou wyn, van vetspyse vol murg, van gesuiwerde ou wyn.
(Jes. 25:7)  En Hy sal op hierdie berg vernietig die uitgespreide sluier wat al die volke omsluier, en die omhulsel waarmee al die nasies bedek is.
(Jes. 25:8)  Hy sal die dood vir ewig vernietig, en die Here HERE sal die trane van alle aangesigte afvee; en Hy sal die smaad van sy volk van die hele aarde af wegneem; want die HERE het dit gespreek.
(Jes. 25:9)  En hulle sal in dié dag sê: Kyk, dit is onse God op wie ons gewag het, dat Hy ons kan verlos; dit is die HERE op wie ons gewag het: laat ons juig en bly wees oor sy hulp. -die gebeurtenis speel af na die wederkoms - sien vorige hoofstuk.  Ons sien hier hoe Jesus vanuit Jerusalem sal regeer.  Vgl. v. 2 met Matt. 22:7.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

-(Mat 9:15)  "En Jesus sê vir hulle: Kan die bruilofsgaste dan treur so lank as die bruidegom by hulle is? Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem word, en dan sal hulle vas"  -  (Jesus het self gesê dat ons die BRUILOFSGASTE is...).

-Johannes het homself "die vriend van die bruidegom" genoem (Joh. 3:29).

=================================================================================


Sondag 14 Mei 2017

Die Opstanding / dooies sal herlewe

VIR 'N DAGSTUKKIE OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/04/god-is-nie-n-god-van-dooies-nie-maar.html
Vir 'n studie oor die doel vd "wegraping", gaan na:
https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2017/05/die-doel-van-die-wegraping.html

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------
IN HIERDIE BLOGPOST GAAN ONS KYK NA DIE TEMA VAN
"die OPSTANDING"
en van "die dooies wat sal herlewe"

(Hand. 24:14)  "Maar dit erken ek voor u dat ek volgens die Weg wat hulle sekte noem, so die God van my vaders dien, terwyl ek alles glo wat in die wet en in die profete geskrywe is,
(Hand. 24:15)  en ‘n hoop op God het, ‘n hoop wat hulle self ook verwag, dat daar ‘n opstanding sal wees van die dode, regverdiges sowel as onregverdiges.
Vir meeste mense vandag is die idee van "dooies wat weer sal herlewe" bloot fiksie - 'n "comic" beeld in hulle kop van "zombies, eclipse of the undead".  Vir Christene is die tema egter 'n werklikheid (maar natuurlik nou nie met zombies nie!), en die "opstanding van die regverdiges" self,  'n hoop wat hulle verwag;  tog is daar baie gelowiges wat nog nie presies verstaan waaroor die opstanding gaan nie, en alhoewel daar heelwat gepraat word oor die "wegraping", verstaan min dat die "wegraping" eintlik deel is van die eerste opstanding! Die onderwerp van "die opstanding", was egter so baie gepreek in die eerste kerke, ASOOK TYDENS EVANGELISASIE, dat dit menig reaksie uitgelok het (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/01/evangelie-verkondiging.html).

Dat daar 'n opstanding sal plaasvind met omstandighede wat iets soos 'n "eclipse" voorstel, is wel nie fiksie nie!  Hierdie gebeutenis, sal met OORDEEL gepaardgaan  - iets wat ook deur die eerste kerke gepreek is - EN MET REDE. Op hierdie "dag van die Here", ook genoem "die laaste dag" (m.a.w., met Jesus se wederkoms) sal baie uit die grafte uitgaan, maar nie almal sal deur Jesus "lewe" gegee word nie - sommige sal "opstaan tot lewe", en ander sal "opstaan tot veroordeling", maar hierdie opstanding met Jesus se wederkoms, is nie die enigste geval waar dooies sal herlewe/of waar dooies herlewe het nie! (sien opsomming onder). Volgens die Skrif sal almal herlewe uit die toestand van die fisiese dood ('n stadium van "slaap"-http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/05/slaap-en-die-geestelike-betekenis-van.html), maar nie almal sal op dieselfde tyd herlewe nie, en ook sal nie almal opstaan tot lewe nie!  Daar sal 'n opstanding wees met Jesus se wederkoms - daardie dag sal wees: "‘n dag van wolke en wolkenag; ‘n dag van duisternis en donkerheid - daar sal geen lig wees nie—geen dag en geen nag nie; maar teen die aand sal dit lig word. Ander dinge wat ook sal gebeur kort voor Jesus se wederkoms, is dat die son sal verduister, die maan  sal sy glans nie gee nie, die sterre van die hemel sal val, en die kragte wat in die hemele is, sal geskud word. Die Skrif verklaar verder dat God "die hemel sal laat sidder, en die aarde sal wyk uit sy plek met gebeef"...

 Die opstanding van die dode is nie fiksie nie! Almal sal weer herlewe, maar nie almal sal die ewige lewe (opstanding tot die lewe) ontvang nie. Almal sal ook nie op dieselfde tyd herlewe nie, maar in elke geval waar mense herlewe, gaan dit met oordeel gepaard...  As ons die tema van die "opstanding van die dode"  verstaan, dan sal ons ook beter verstaan waaroor die Christelike doop gaan.
---------------------------------------------------------------------------------------------
OPSOMMING:
(Rol af vir uiteensetting en skrifte)

*  DAAR SAL 'n OPSTANDING WEES VAN DIE DODE - hoekom?  God is nie 'n God van dooies nie, maar van lewendes!  - hierdie feit is nie net 'n Nuwe Testamentiese begrip nie! (Hand. 26:6-8)(kyk punt 1)(Dan. 12:2,3)(Hand. 24:14,15)(Hand. 23:6-8).  Daar is gelowiges wat nie glo in 'n opstanding nie, maar Christus het verklaar dat die wat so dink, dwaal omdat hulle nie die skrifte ken nie en ook nie die krag van God nie! (Matt. 22:29). (1) Die "opstanding van die dode" verwys in meeste gevalle in die Skrif na die "opstanding tot lewe" (Joh 5:21 - "Want soos die Vader die dode opwek en lewend maak, so maak ook die Seun lewend wie Hy wil")(maar sommige sal ook in dieselfde tyd "opstaan tot veroordeling") - en is 'n opstanding wat sal plaasvind met Christus se wederkoms, met aanvang van Jesus Christus se 1000 jaar regering (maar nie almal in die grafte sal op hierdie stadium opstaan nie!).  Die wat "opstaan tot lewe", sal geestelike liggame kry.  Dit verwys na beide die REGVERDIGES wat reeds gesterf het in Christus; asook die regverdiges wat nog in die lewe is met Christus se wederkoms, wie se liggame in 'n oogwink verander sal word (ook genoem "wegraping"), en so sal hulle deel he aan hierdie "opstanding" (ook genoem "eerste opstanding"). 
(2) 'n Ander geval van "opstanding", of eerder wat na verwys word in die Skrif as "dooies sal herlewe", is aan die einde van Jesus se 1000 jaar regering.  Dit is die wat voor die wit troon oordeel gaan verskyn (rol af na punt 1 en 2)
(3) Ook lees ons van nog 'n "opstanding van heiliges" wat reeds plaasgevind het net na Jesus se dood en opstanding (rol af na punt 3)(Mat 27:52,53).  Geleerdes sien hierdie opstanding as deel van die eerste opstanding...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
*  Opstanding gaan gewoonlik gepaard met OORDEEL.  (Rol af na punte 1,2 en 5)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
* Waar die woord/e "opstanding", of "opstanding van/uit die dode" gebruik word in die Skrif, verwys dit nie altyd na opstanding TOT LEWE nie - die woord "opstanding" kan ook verwys na opstanding TOT VEROORDELING (kyk punt 2), maar oral waar die woord/e "opstanding", of "opstanding van/uit die dode", of "opstanding van die regverdiges" gebruik word in die Skrif,  verwys dit telkens na 'n spesifieke tyd van opstanding ('n spes. gebeurtenis) - m.a.w., 'n opstanding "in die laaste dag" (met Jesus se wederkoms); of Jesus het ook gepraat van hierdie opstanding as "in daardie eeu" (kyk punt 1) - en verwys na die einde vd "huidige eeu" en aanvang vd "volgende eeu").  In daardie uur sal almal (die woord "almal" verwys nie hier na alle dooies nie, maar na 'n spesifieke groep van dooies) in die grafte Christus se stem hoor, hulle sal uitgaan (uit die grafte), maar nie almal sal OPSTAAN TOT LEWE nie!  Die wat goed gedoen het, sal opstaan tot die OPSTANDING VAN DIE LEWE
en die wat kwaad gedoen het, tot die OPSTANDING VAN DIE VEROORDELING. Ook in die boek van Daniel word hierdie feit bevestig:  (Dan 12:2,3 - "En baie van (m.a.w. "nie alle dooies nie") die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik. En die verstandiges (m.a.w. die regverdiges) sal glinster soos die glans van die uitspansel, en die wat baie tot regverdigheid lei, soos die sterre vir ewig en altoos"). 
-(http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/die-vrug-van-die-gelowige.html);
-(http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/goeie-vrug-en-goeie-werke.html);
-(http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/wat-beinvloed-die-vrug-van-die-gelowige.html) -  "nie almal gaan waardig geag word" om deel te he aan die "OPSTANDING TOT LEWE" (ook genoem "eerste opstanding") nie:
 Die wat wel deel het aan hierdie opstanding: -oor hulle het die tweede dood geen mag nie, en hulle sal saam met Christus regeer vir 'n 1000 jaar (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/07/en-ons-gemaak-het-konings-en-priesters.html). Hulle trou nie en word nie in die huwelik uitgegee nie -  en sterwe nie, want hulle is soos die engele en is kinders van God omdat hulle "kinders van die opstanding is" ("kinders van die opstanding" verwys na die wat opstaan tot lewe - Luk. 20:36). (rol af na punt 5)  

(Psa 37:29 - "Die regverdiges sal die aarde besit en vir ewig daarop woon").
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
*  Omdat die Vader die oordeel aan Sy Seun oorgegee het, sal Jesus Christus die Een wees wat die oordeel uitvoer in hierdie opstanding, en Hy sal lewend maak WIE HY WIL! (m.a.w., Hy sal die "opstanding tot lewe" gee aan wie Hy dit wil gee);  Jesus Christus gaan besluit wie die opstanding tot lewe kry, en wie die opstanding tot veroordeling kry (almal sal geOORDEEL word/Christus se wederkoms gaan gepaard met oordeel)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/07/die-oordeelewige-oordeel-3.html). Dit is duidelik dat nie alle dooies  sal opstaan met Jesus se wederkoms nie (Openb. 20:5), maar die wat  uitgaan uit die grafte, sal GEOORDEEL WORD.  Die vraag is nou of dit slegs "gelowiges" is in hierdie opstanding, en of daar ook ongelowiges gaan opstaan? (rol af na punt 5) - meeste geleerdes is van mening dat hierdie opstanding spes. behels die opstanding van "gelowiges", waaronder die onregverdiges afgeskei sal word van die regverdiges (met Jesus se wederkoms kry ons (1)  die skeiding van die "koring en die kaf" wat deur Jesus self sal geskied, (2)  skeiding van die "koring en die onkruid" waarvoor die engele uitgestuur sal word, en (3)  die skeiding van die "skape en die bokke" wat deur Jesus self sal geskied -  
-  ("kaf", verwys na die deel wat deel is van die koring, maar die deel wat weggegooi word, m.a.w. "die wat nie vrug dra nie, of die wat nie die nodige vrug dra nie) 
-  ("onkruid" lyk baie soos koring wanneer nog jonk, maar wanneer "in vrug", is dit duidelik om te onderskei tussen die koring en die onkruid, m.a.w. "ware of valse"
-  ("skape" verwys na die wat die wil van die Vader doen en Jesus se stem KEN - die wat barmhartigheid bewys het en wie se woorde hulle nie veroordeel in daardie dag nie/ "bokke" verwys na die wat nie die wil van die Vader doen nie, onbarmhartig was en wie se woorde hulself veroordeel in daardie "laaste dag").
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/moenie-oordeelveroordeel-nie-4.html; 
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/03/wat-moet-die-christen-se-persepsie-wees.html;
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/11/hoekom-skei-die-here-nie-nou-al-die.html.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
*  Die opstanding met Jesus se wederkoms, is nie die enigste vb. van waar dooies weer sal herlewe nie - aan die einde van Christus se 1000-jaar Ryk, sal die res van die dooies, wat nie opgestaan het met aanvang van die 1000 jaar nie, dan herlewe (vir die wit troon oordeel).  (Openb. 20:5 - "En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie...") - ook in hierdie geval van waar dooies herlewe, sal dit gepaardgaan met OORDEEL - meer spes., die "Wit troon oordeel".
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
*  Jesus was die "EERSTELING", die eerste wat opgestaan het uit die dood.  Soos almal  in Adam sterwe, so sal almal (wat deel het aan die eerste opstanding) in Christus lewend gemaak word, MAAR ELKEEN IN SY EIE ORDE (as eersteling Christus, daarna die wat aan Hom behoort by Sy koms)(rol af na punt 2)(1 Kor. 15:22,23).  Daarom verstaan ons hoekom Jesus se opstanding uit die dood deel was van evangelie-prediking in die eerste gemeentes - (1Kor. 15:12 - "As dit dan gepreek word dat Christus uit die dode opgewek is, hoe sê sommige onder julle dat daar geen opstanding van die dode is nie?")
WIE IS DIESULKES WAT AAN HOM BEHOORT BY SY KOMS? (wie is die wat opgewek gaan word in die laaste dag?): - "Die wat Sy woorde aanneem en Hom nie verwerp het nie;  die wat in Hom glo (Hom ken, Hom gehoorsaam, die nodige Vrug dra ens.), en die wat deur die Vader na Hom toe getrek word.   In die "Opstanding", sal Christus lewend maak wie Hy wil (want die Vader het die oordeel aan Hom oorgegee...) *  Die doop van die gelowige, is 'n teken van "opstanding tot lewe" - net soos ons begrawe is deur die doop in die dood, so sal ons (net soos Christus opgestaan het), opstaan in 'n nuwe lewe!  (rol af na punt 2).  Maar die koringkorrel moet eers sterf voor hy kan lewe - "die wat hulle lewens liefhet, sal dit verloor; en die wat dit verloor, sal dit wen".
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/05/julle-is-meer-werd-as-baie-mossies.html;
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/05/is-jy-n-geseende.html;
http://eindtydonderwerpe.blogspot.co.nz/2017/05/wie-oorwin-sal-beklee-word-met-wit-klere.html.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
*  Na Jesus se dood en opstanding, was daar ook 'n opstanding van ontslape heiliges.  Ons lees van hoe hulle na sy opstanding uit die grafte uitgegaan het, in Jerusalem gekom het en aan baie verskyn het, maar dit is al wat ons van hierdie opstanding weet - Joh. 5:25 is moontlik 'n geval wat Jesus hierna verwys; terwyl die v.29 geval anders?(kyk punt 3). Daar is ook ander vb. e in die Skrif van mense wat opgewek is uit die dood, kyk bv. vir Lasarus - maar die liggaam waarin Lasarus opgewek was, was steeds 'n verganklike liggaam.  Die liggaam van die "kinders van die opstanding" (die wat opstaan tot lewe), is egter anders - Paulus verduidelik dit baie deeglik in 1 Kor. 15.  Hy verduidelik van hoe daar  hemelse liggame is, en aardse liggame, en dat die heerlikheid van die twee verskil. Wat mens saai, word nie lewendig as dit nie gesterf het nie, en mens saai ook net 'n blote korrel,  nie maar die liggaam wat dit gaan word nie. (en l.w., WAT JY SAAI, SAL JY MAAI! http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/10/waarna-verwys-oes-in-die-skrif.html). So se hy, is ook die opstanding van die dode: daar word gesaai in verganklikheid, maar opgewek in onverganklikheid - ‘n Natuurlike liggaam word gesaai, ‘n geestelike liggaam word opgewek.  Aan die wat Hom liefhet en in Hom glo, het hy die koninkryk belowe, maar "vlees en bloed" (die natuurlike/verganklike mens) kan nie die koninkryk van God  beërwe nie! Dus, al betree die godsaliges nou al die geestelike koninkryk van God (terwyl vlees en bloed), sal hulle wel nie die fisiese koninkryk van God ingaan tensy hulle geestelike liggame ontvang nie, en is ook die rede waarom hulle nog nie die koninkryk kan betree nie! (alhoewel hulle dit in die geestelike al betree)http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/12/jesus-christus-se-koninkryk-die.html. Daarom sal die gelowiges wat nog nie in Christus gesterf het met Sy wederkoms, se liggame ook verander word, sodat hulle ook met die onverganklikheid beklee kan word, en kinders van die koninkryk kan wees.  Ook van hierdie gebeurtenis (wat baie mense die "wegraping" noem), word gese dat dit sal gebeur met die wederkoms, by die laaste basuin - DIE DODE SAL ONVERGANKLIK OPGEWEK WORD, EN ONS (wat in die lewe oorbly met Sy wederkoms), SAL VERANDER WORD - (dus deel he aan die EERSTE OPSTANDING/opstaan tot lewe/onverganklike liggame kry). (rol af vir skrifte)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die wat "opstaan tot lewe", (die opstanding van die regverdiges), sal vergeld word vir "goeie dade" (rol af na punt 4)- dit is hulle wat sal ingaan in die koninkryk van God, die wat onverganklik opgewek word. http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/03/wat-moet-die-christen-se-persepsie-wees.html;
========================================================================
(1)  Die opstanding van die dode, is nie 'n nuwe begrip nie (kyk ook na skrifgedeeltes, punt 5 ondertoe) - Ou Testamentiese skrifte het ook verwys na 'n opstanding van die dode - 'n opstanding "IN DIE LAASTE DAG" - "God is nie 'n God van dooies nie, maar van lewendes".  

(Hand. 26:6)  En nou staan ek tereg oor die hoop op die belofte wat aan die vaders deur God gedoen is,
(Hand. 26:7)  waartoe ons twaalf stamme wat God aanhoudend dag en nag dien, hoop om te kom; oor hierdie hoop, koning Agríppa, word ek deur die Jode beskuldig.
(Hand. 26:8)  Wat? Word dit by u as ongelooflik beskou dat God die dode opwek?


(Mat 22:23)  Dieselfde dag kom daar na Hom Sadduseërs, hulle wat sê dat daar geen opstanding (G386 - "raised to life again"; "raised from the dead") is nie, en vra Hom
(Mat 22:24)  en sê: Meester, Moses het gesê: As iemand sonder kinders sterwe, moet sy broer sy vrou trou en kinders vir sy broer verwek.
(Mat 22:25)  Nou was daar by ons sewe broers, en die eerste het getrou en gesterwe; en omdat hy geen kinders gehad het nie, het hy sy vrou vir sy broer agtergelaat.
(Mat 22:26)  So ook die tweede en die derde tot die sewende toe.
(Mat 22:27)  En laaste van almal het die vrou ook gesterwe.
(Mat 22:28)  In die opstanding dan, van watter een van die sewe sal sy die vrou wees—want hulle almal het haar gehad?
(Mat 22:29)  Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie.
(Mat 22:30)  Want in die opstanding trou hulle nie en word ook nie in die huwelik uitgegee nie, maar is soos engele van God in die hemel.
(Mat 22:31)  En wat die opstanding van die dode betref—het julle nie die woord gelees wat tot julle deur God gespreek is nie:
(Mat 22:32)  Ek is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob? God is nie ‘n God van dooies nie, maar van lewendes.
VGL dit met:
(Mar 12:24)  En Jesus antwoord en sê vir hulle: Is dit nie daarom dat julle dwaal dat julle die Skrifte en ook die krag van God nie ken nie?
(Mar 12:25)  Want wanneer hulle uit die dode opstaan, trou hulle nie en word hulle nie in die huwelik uitgegee nie, maar is soos engele wat in die hemele is.
(Mar 12:26)  En wat die dode betref, dat hulle opstaan—het julle nie gelees in die boek van Moses, in die gedeelte oor die doringbos, hoe God vir hom gesê het: Ek is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob nie?
(Mar 12:27)  God is nie ‘n God van dooies nie, maar ‘n God van lewendes. Julle dwaal dus grootliks.
VGL ook met:
(Luk 20:34)  Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Die kinders van hierdie eeu trou en word in die huwelik uitgegee;
(Luk 20:35)  maar die wat waardig geag word om daardie eeu en die opstanding uit die dode te verkry, trou nie en word nie in die huwelik uitgegee nie.
(Luk 20:36)  Want hulle kan ook nie meer sterwe nie, want hulle is soos die engele en is kinders van God, omdat hulle kinders van die opstanding is.
(Luk 20:37)  En dat die dode opgewek word, het Moses ook in die gedeelte oor die doringbos aangedui, waar hy die Here noem die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob.
(Luk 20:38)  Hy is tog nie ‘n God van dooies nie, maar van lewendes, want almal leef vir Hom.

(Joh 11:23)  Jesus sê vir haar: Jou broer sal opstaan.
(Joh 11:24)  Martha antwoord Hom: Ek weet dat hy sal opstaan in die opstanding in die laaste dag.
(Joh 11:25)  Jesus sê vir haar: Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe;
(Joh 11:26)  en elkeen wat lewe en in My glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie. Glo jy dit?
(Joh 11:27)  Sy antwoord Hom: Ja, Here, ek glo dat U die Christus is, die Seun van God, wat in die wêreld sou kom.

(Joh 12:48)  Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag.  -  VERGELYK HIERDIE MET PUNT (4) - DIE WAT DEEL HET AAN DIE EERSTE OPSTANDING/OPSTANDING VAN DIE LEWE, SAL NIE ONDER DIE OORDEEL VAL NIE.

(Joh 6:40)  En dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat elkeen wat die Seun aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag hê; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.

(Joh 6:54)  Hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag.

(Joh 6:39)  En dit is die wil van die Vader wat My gestuur het, dat al wat Hy My gegee het, Ek daarvan nie sal verloor nie, maar dit opwek (laat opstaan) in die laaste dag.

Jesus Christus se WEDERKOMS word ook van gepraat as "die einde", of die "voleinding van die wereld".

Volgens 1 Thess. 4:16 en 17, sien ons dat alhoewel die opstanding die wegraping voorafgaan, die twee gebeurtenisse nie ver uitmekaar gaan gebeur nie, want v. 17 verklaar die volgende woorde:  "SAAM MET HULLE in wolke weggevoer".  Ook is dit duidelik dat dit met die wederkoms sal plaasvind volgens v. 15.   (1Th 4:15-17 -"Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie. Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees".


VOLGENSE BG. SKRIFGEDEELTES, KAN ONS DIE VOLGENDE VAN JESUS LEER OOR DIE "OPSTANDING VAN DIE DOOIES":
-  God is nie ‘n God van dooies nie, maar ‘n God van lewendes;
 Nie almal gaan waardig geag word om deel te he aan die opstanding uit die dood in daardie eeu (G165 - "age, world") -  nie. Die wat waardig geag word om daardie eeu die opstanding uit die dode te verky, trou nie en word nie in die huwelik uitgegee nie, sal ook nie sterwe nie, want hulle is soos die engele en is kinders van God omdat hulle "kinders van die opstanding is". 

Die opstanding waarvan Jesus in hierdie gedeelte gepraat het, gaan oor 'n spes. opstanding van dooies, in 'n spes. eeu.

========================================================================
(2) Die "opstanding" waarna Jesus verwys in Luk. 20:29-38, gaan oor 'n spes. opstanding van dooies, in 'n spes. eeu - hulle sal genoem word: "kinders van die opstanding", en "kinders van God"is soos die engele, trou nie en word nie in die huwelik uitgegee nie, en sal nie sterwe nie -  Nie almal gaan waardig geag word om deel te he aan hierdie opstanding nie. 

 DAAR IS VERSKILLENDE TYE WANNEER OPSTANDING VAN DIE DOOIES PLAASVIND - Joh. 5:29 verwys daarna dat nie ALMAL SAL OPSTAAN TOT "LEWE" NIE NIE, MAAR ANDER sal opstaan  TOT   "VEROORDELING".  (Joh 5:28)  "Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom ‘n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor (Joh 5:29)  en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding (G386 - rise from the dead) van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding (G386 - rise from the dead) van die veroordeling". In beide gevalle word dit "opstanding" genoem, maar die woord "opstanding" verwys nie net na die wat opstaan tot lewe nie, maar ook die wat opstaan tot veroordeling.
 Die opstanding waarna Jesus verwys het in Luk. 20, nl. die "kinders van die opstanding", is verwysend na "die wat sal opstaan tot lewe".

(Fil. 3:10)  sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word,
(Fil. 3:11)  of ek miskien die opstanding uit die dode kan bereik.
- IN HIERDIE GEVAL WORD DIE WOORDE "OPSTANDING VAN DIE DODE" SPESIFIEK GEBRUIK VIR DIE WAT "OPSTAAN TOT DIE LEWE".  IETS WAT INTERESSANT IS, IS DAT DIE SKRIF NERENS DIE GEVAL VAN "DOOIES WAT HERLEWE NA DIE 1000 JAAR, "OPSTANDING" NOEM NIE - DAAR WORD NET GEPRAAT VAN "DOOIES WAT SAL HERELEWE", EN HULLE WORD "DIE DODE" GENOEM, MAAR NERENS WORD DIE WOORD "OPSTANDING" VIR HULLE GEBRUIK NIE.  Waar die woord/e "opstanding", of "opstanding van/uit die dode" gebruik word in die Skrif, verwys dit nie altyd na opstanding TOT LEWE nie - "opstanding" kan ook verwys na opstanding TOT VEROORDELING (kyk punt 2), maar oral waar die woord/e "opstanding", of "opstanding van/uit die dode", of "opstanding van die regverdiges" gebruik word in die Skrif,  verwys dit telkens na 'n spesifieke opstanding - 'n opstanding "in die laaste dag" (met Jesus se wederkoms); of Jesus het ook gepraat van hierdie opstanding as "in daardie eeu" (kyk punt 1).  In daardie uur sal almal in die grafte Christus se stem hoor, hulle sal uitgaan (uit die grafte), maar nie almal sal OPSTAAN TOT LEWE nie!  Die wat goed gedoen het, sal opstaan tot die OPSTANDING VAN DIE LEWE,
en die wat kwaad gedoen het, tot die OPSTANDING VAN DIE VEROORDELING. - M.a.w., "nie almal gaan waardig geag word" om deel te he aan die "OPSTANDING TOT DIE LEWE" (ook genoem "eerste opstanding") nie:
 Die wat wel deel gaan he aan hierdie opstanding: -oor hulle het die tweede dood geen mag nie, en hulle sal saam met Christus regeer vir 'n 1000 jaar (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/07/en-ons-gemaak-het-konings-en-priesters.html)(Hierdie opstanding vind plaas voor die 1000 jarige Vrederyk). Hulle trou nie en word nie in die huwelik uitgegee nie -  sterwe nie, want hulle is soos die engele en is kinders van God omdat hulle "kinders van die opstanding is".


 JESUS CHRISTUS HET DIE EERSTELING GEWORD VAN DIE WAT ONTSLAAP HET, DEURDAT HY OPGESTAAN HET UIT DIE DOOD. 

(1Kor. 15:12) "As dit dan gepreek word dat Christus uit die dode opgewek is, hoe sê sommige onder julle dat daar geen opstanding van die dode is nie?" - Jesus se opstanding uit die dode, is 'n bewys dat daar 'n opstanding is van die dode. (1 Kor. 15:20)  "Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het".  

(1Kor. 15:21)  Want aangesien die dood deur ‘n mens is, is die opstanding (G386 - "raised to life again") van die dode ook deur ‘n mens.  - LET WEL DAT HIER 'N VERSKILLENDE GRIEKSE WOORD GEBRUIK IS AS IN MATT. 27:52).
(1Kor. 15:22)  Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;
(1Kor. 15:23)  "maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms". 

ALMAL SAL LEWEND GEMAAK WORD, OPSTAAN UIT DIE DODE ("make alive, give life - G2227), MAAR "ELKEEN IN SY EIE ORDE".


(1 Kor. 15:32)  As ek in Éfese op menslike wyse met wilde diere geveg het, watter voordeel was dit vir my? As die dode nie opgewek word nie, laat ons dan eet en drink, want môre sterf ons!
(1 Kor. 15:33)  Moenie dwaal nie; slegte gesprekke bederf goeie sedes.


(Mar 16:14)  Later het Hy aan die elf self verskyn toe hulle aan tafel was, en Hy het hulle hul ongeloof en hardheid van hart verwyt, omdat hulle die wat Hom ná sy opstanding gesien het, nie geglo het nie.

(Hand.1:22)  van die doop van Johannes af tot op die dag dat Hy van ons opgeneem is—van hulle moet daar een saam met ons getuie word van sy opstanding.

(Hand. 2:31)  het hy, omdat hy dit vooruit gesien het, gespreek van die opstanding van Christus, dat sy siel nie in die doderyk verlaat is en sy vlees ook nie verderwing gesien het nie.

(Hand. 4:33)  En met groot krag het die apostels getuienis gegee van die opstanding van die Here Jesus, en groot genade was oor hulle almal.

(Hand. 26:23)  dat die Christus moes ly en die eerste wees uit die opstanding van die dode, en ‘n lig aan die volk en die heidene sou verkondig.

(Rom 1:4)  en na die Gees van heiligheid met krag verklaar is as die Seun van God deur die opstanding uit die dode, Jesus Christus, onse Here,

  Dit is immers waarvan die gelowige doop 'n teken is: (Rom 6:4)  "Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. (Rom 6:5)  Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding"
(1 Kor. 15:29)  "Anders, wat sal hulle doen wat hulle vir die dode laat doop, as die dode geheel en al nie opgewek word nie? Waarom laat hulle hul nog vir die dode doop?"
========================================================================
(3)  MET JESUS SE DOOD, HET DIE GRAFTE OOPGEGAAN (Matt. 27:50-53) en BAIE LIGGAME VAN DIE ONTSLAPE HEILIGES HET OPGESTAAN - EN NA SY OPSTANDING HET HULLE UIT DIE GRAFTE UITGEGAAN  EN IN JERUSALEM INGEKOM  EN AAN BAIE VERSKYN  
(Mat 27:50)  Daarop het Jesus weer met ‘n groot stem geroep en die gees gegee.
(Mat 27:51)  En kyk, die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur, van bo tot onder, en die aarde het gebewe en die rotse het geskeur;
(Mat 27:52)  en die grafte het oopgegaan en baie liggame van die ontslape heiliges het opgestaan (G1453 - "awake, raise, stand, take up").
(Mat 27:53)  En ná sy opstanding het hulle uit die grafte uitgegaan en in die heilige stad ingekom en aan baie verskyn. - hierdie is 'n vb. van dooies wat alreeds opgestaan het.  Net soos Jesus opgestaan het uit die dood ("EERSTELING GEWORD het"), so sal die gelowiges ook opstaan in lewe - die wat in Hom glo. In die vb. van Matt. 27, is dit die ontslape heiliges op daardie stadium wat opgestaan het - en ook nie almal nie! ("baie liggame v/d ontslape heiliges het opgestaan...") 

==================================================
(4)  (Luk 14:13)  Maar wanneer jy ‘n feesmaal gee, nooi armes, verminktes, kreupeles, blindes,
(Luk 14:14)  en jy sal gelukkig wees, omdat hulle niks het om jou te vergeld nie; want dit sal jou vergeld word in die opstanding van die regverdiges.
(Luk 14:15)  En toe een van die wat saam aan tafel was, dit hoor, sê hy vir Hom: Salig is hy wat brood eet in die koninkryk van God.
Die wat "opstaan tot lewe", opstanding van die regverdiges,  sal vergeld word vir "goeie dade" - ons moet egter verstaan wat bedoel word met goeie dade en dat dit spesifiek gaan oor die wil van die Vader doen - ook dat nie alle "goeie dade" beloon word nie!
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/goeie-vrug-en-goeie-werke.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/03/wat-moet-die-christen-se-persepsie-wees.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/03/as-jy-dink-jy-doen-goed.html

IETS WAT ONS UIT BG. SKRIFGEDEELTE LEER OOR DIE OPSTANDING VAN DIE DOOIES:
-  HIER WORD SPESIFIEK GEPRAAT VAN DIE "OPSTANDING VAN DIE REGVERDIGES"
-  "DIE REGVERDIGES" SAL VERGELD WORD IN DIE OPSTANDING
- "DIE OPSTANDING VAN DIE REGVERDIGES" WORD HIER SOOS 'N spesifieke GEBEURTENIS GESIEN, -  DIE "OPSTANDING VAN DIE REGVERDIGES" verwys na die "opstanding van die lewe, NIE die "opstanding van die veroordeling" (Joh. 5:29) nie.

(Hand. 13:34)  En dat Hy Hom opgewek het uit die dode, sodat Hy nie meer tot verderwing sou terugkeer nie, het Hy só gespreek: Ek sal aan julle gee die heilige weldade van Dawid wat betroubaar is.
(Hand. 13:35)  Daarom sê Hy ook op ‘n ander plek: U sal u Heilige nie oorgee om verderwing te sien nie.
(Hand. 13:36)  Want Dawid het ontslaap, nadat hy sy eie geslag volgens die raad van God gedien het, en is by sy vaders weggelê en het verderwing gesien,
(Hand. 13:37)  maar Hy wat deur God opgewek is, het geen verderwing gesien nie.

========================================================================

(5)   *  Die OPSTANDING VAN/TOT DIE LEWE, het spes. te doen met "die oor wie die tweede dood geen mag het nie; die wat die ewige lewe ontvang";  
*  In die OPSTANDING VAN DIE LEWE, sal Christus lewend maak "wie Hy wil" (want die Vader het die oordeel aan Hom oorgegee)(en die wat deel het aan die opstanding van die lewe/EERSTE OPSTANDING, sal nie onder die oordeel val nie:  oor hulle het die tweede dood geen mag nie, en hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer 1000 jaar lank);
*  Daar kom 'n tyd wanneer ALMAL in die grafte Sy stem sal hoor, EN SAL UITGAAN, MAAR nie almal van hulle sal deel he aan die opstanding van die lewe nie - die ander sal opstaan tot veroordeling. 
(Joh 5:21)  Want soos die Vader die dode opwek en lewend maak, so maak ook die Seun lewend wie Hy wil.
(Joh 5:22)  Want die Vader oordeel ook niemand nie, maar het die hele oordeel aan die Seun gegee,
(Joh 5:23)  sodat almal die Seun kan eer net soos hulle die Vader eer. Wie die Seun nie eer nie, eer nie die Vader wat Hom gestuur het nie.
(Joh 5:24)  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.
(Joh 5:25)  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, daar kom ‘n uur, en dit is nou, wanneer die dode die stem van die Seun van God sal hoor; en die wat dit gehoor het, sal lewe.
(Joh 5:26)  Want soos die Vader lewe het in Homself, so het Hy aan die Seun ook gegee om lewe in Homself te hê.
(Joh 5:27)  En Hy het Hom mag gegee om ook te oordeel, omdat Hy die Seun van die mens is.
(Joh 5:28)  Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom ‘n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor
(Joh 5:29)  en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling.
(Joh 5:30)  Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en my oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het.

In hierdie gedeelte raak die tema van opstanding tot lewe vir ons duideliker verstaanbaar.  In die opstanding tot die lewe, sal Jesus lewend maak wie Hy wil (want die Vader het die oordeel aan Hom oorgegee)- die wat deel het aan die opstanding tot die lewe, sal nie in die oordeel kom nie ("maar het oorgegaan uit die dood in die lewe") - siende dit duidelik is dat die huis van God ook geoordeel word (en dat oordeel begin by die huis van God)(1 Pet. 4:17,18), sal die wat deel het aan die eerste opstanding, ook geoordeel word, (en ook verskillend beloon word), MAAR hulle sal die dag van oordeel wat behels "om gestraf te word", vryspring. (2Pe 2:9)  die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word" - dit dan wat bedoel word dat hulle "nie in die oordeel kom nie". 

 (Openb. 20:6 - "Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank"). http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/07/en-ons-gemaak-het-konings-en-priesters.html  Die opstanding van/tot die lewe, het spes. te doen met "die wat nie onder die oordeel val nie" - Jesus sal lewend maak wie Hy wil!  (Fil. 3:20,21 - "Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus, wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp"). Vgl. met 1 Kor. 15:42,43, 51, 52). 

========================================================================
Kyk hoe die dissipels in die eerste gemeentes getuig het van die oordeel wat aan kom is, en van die opstanding uit die dode:

(Hand. 10:42)  "En Hy het ons bevel gegee om aan die volk te verkondig en met krag te betuig dat dit Hy is wat deur God bestem is as Regter van lewende en dode".

- JUDAS HET OOK GETUIG VAN HIERDIE OORDEEL WAT AAN KOM IS EN VERMAAN HULLE DAT HULLE KRAGTIG MOET STRY VIR DIE GELOOF.  HY PRAAT VAN SEKERE MENSE WAT ONDER DIE GELOWIGES INGESLUIP HET, GODDELOSE MENSE "wat lank tevore al opgeskryf is vir hierdie oordeel" (Jud. 1:4) -  dan herinner hy hulle aan hoe God die ongelowiges wat deel was van die volk wat uit Egipteland gered is, omgebring het.  Hy herinner hulle ook aan die engele wat bewaar word vir die groot dag van oordeel;  en aan Sodom en Gomorra en die stede rondom hulle wat ook die straf van die ewige vuur ondergaan..... Dan herinner hy hulle aan Henog se woorde:  -(Jud 1:14,15)  "En Henog, die sewende van Adam af (Gen. 5:24), het ook teen hulle geprofeteer en gesê: Kyk, die Here het gekom met sy heilige tien duisendtalle, om gerig te hou oor almal en al die goddelose mense onder hulle te straf oor al hulle goddelose werke wat hulle goddelooslik gedoen het, en oor al die harde woorde wat die goddelose sondaars teen Hom gespreek het" - dit is dus duidelik dat reeds van Genesis af, hierdie oordeel wat aan kom is, geen geheim was nie!.


-  (Hand. 4:2)  baie ontevrede dat hulle die volk leer en in Jesus die opstanding uit die dode verkondig.

- (Hand. 17:18)  En sommige van die Epikuréïese en die Stoïsynse wysgere het met hom gestry, en sommige het gesê: Wat sou hierdie praatjiesmaker tog wil sê? Ander weer: Dit lyk of hy ‘n verkondiger is van vreemde gode—omdat hy aan hulle die evangelie van Jesus en die opstanding verkondig het.

- (Hand. 17:32)  Maar toe hulle van die opstanding van die dode hoor, het sommige begin spot, en ander het gesê: Ons sal u weer hieromtrent hoor.

- (Hand. 23:6)  En omdat Paulus geweet het dat die een deel uit Sadduseërs en die ander uit Fariseërs bestaan, het hy in die Raad uitgeroep: Broeders, ek is ‘n Fariseër, die seun van ‘n Fariseër. Oor die hoop en die opstanding van die dode staan ek voor die gereg.
(Hand. 23:7)  En toe hy dit sê, het daar twis ontstaan tussen die Fariseërs en die Sadduseërs, en die menigte het verdeeld geraak.
(Hand. 23:8)  Want die Sadduseërs sê dat daar geen opstanding is nie, ook geen engel of gees nie; maar die Fariseërs bely albei.


- (Hand. 24:15)  en ‘n hoop op God het, ‘n hoop wat hulle self ook verwag, dat daar ‘n opstanding sal wees van die dode, regverdiges sowel as onregverdiges (vgl. dit met Luk. 16:10 - "onregverdiges" verwys nie altyd na "heidene" nie, maar ook gelowiges wat nie regverdig is nie - vgl. dit ook met 2 Pet. 2  - hierdie opstanding van ook "onregverdiges" kan dus verwys na alle gelowiges, regverdiges en onregverdiges - vgl. dit ook met Openb. 20:5,6).
(Hand. 24:16)  Daarom oefen ek my ook om altyd voor God en die mense ‘n rein gewete te hê.
(Hand. 24:17)  Maar ná baie jare het ek gekom om aan my volk aalmoese te bring en offers.
(Hand. 24:18)  En terwyl ek hiermee besig was, het sekere Jode uit Asië my in die tempel gevind nadat ek geheilig was, nie met ‘n skare of met ‘n opskudding nie.
(Hand. 24:19)  Hulle behoort hier voor u te wees om beskuldiging in te bring as hulle iets teen my het.
(Hand. 24:20)  Of laat hierdie manne self sê of hulle enige onreg in my gevind het toe ek voor die Raad gestaan het,
(Hand. 24:21)  behalwe oor hierdie een woord wat ek uitgeroep het terwyl ek onder hulle gestaan het, naamlik: Oor die opstanding van die dode staan ek vandag by u voor die gereg!
(Hand. 24:22)  Toe Felix dit hoor, het hy hulle saak uitgestel, alhoewel hy noukeurig genoeg met die dinge van die Weg bekend was; en hy het gesê: Wanneer Lísias, die owerste oor duisend, afkom, sal ek julle saak ten volle ondersoek.
========================================================================
(Rom 6:5)  Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding;
(Rom 6:6)  aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.
(Rom 6:7)  Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde.
========================================================================
(1Kor. 15:12)  As dit dan gepreek word dat Christus uit die dode opgewek is, hoe sê sommige onder julle dat daar geen opstanding van die dode is nie?
(1Kor. 15:13)  As daar geen opstanding van die dode is nie, dan is Christus ook nie opgewek nie.
(1Kor. 15:14)  En as Christus nie opgewek is nie, dan is ons prediking vergeefs en vergeefs ook julle geloof;
(1Kor. 15:15)  en dan word ons valse getuies van God bevind, omdat ons teen God getuig het dat Hy Christus opgewek het, wat Hy nie opgewek het nie, ten minste as die dode nie opgewek word nie.
(1Kor. 15:16)  Want as die dode nie opgewek word nie, dan is Christus ook nie opgewek nie;
(1Kor. 15:17)  en as Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof nutteloos, dan is julle nog in julle sondes;
(1Kor. 15:18)  dan is ook die wat in Christus ontslaap het, verlore.
(1Kor. 15:19)  As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons die ellendigste van alle mense.
(1Kor. 15:20)  Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het.
(1Kor. 15:21)  Want aangesien die dood deur ‘n mens is, is die opstanding van die dode ook deur ‘n mens.
(1Kor. 15:22)  Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;
(1Kor. 15:23)  maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms.
(1Kor. 15:24)  Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het.
(1Kor. 15:25)  Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het.
(1Kor. 15:26)  Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood.
(1Kor. 15:27)  Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het.
(1Kor. 15:28)  En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.
(1Kor. 15:29)  Anders, wat sal hulle doen wat hulle vir die dode laat doop, as die dode geheel en al nie opgewek word nie? Waarom laat hulle hul nog vir die dode doop?
(1Kor. 15:30)  Waarom is ons ook elke uur in gevaar?
(1Kor. 15:31)  Ek sterf dag vir dag, broeders, so waar as ek op julle roem in Christus Jesus, onse Here.
(1Kor. 15:32)  As ek in Éfese op menslike wyse met wilde diere geveg het, watter voordeel was dit vir my? As die dode nie opgewek word nie, laat ons dan eet en drink, want môre sterf ons!
(1Kor. 15:33)  Moenie dwaal nie; slegte gesprekke bederf goeie sedes.
(1Kor. 15:34)  Wees nugter op die regte manier, en sondig nie; want sommige het geen kennis van God nie. Ek sê dit tot julle beskaming.
(1Kor. 15:35)  Maar iemand sal sê: Hoe word die dode opgewek, en met hoedanige liggaam kom hulle?
(1Kor. 15:36)  Dwase mens! Wat jy saai, word nie lewendig as dit nie gesterf het nie.
(1Kor. 15:37)  En wat jy saai—jy saai nie die liggaam wat sal word nie, maar ‘n blote korrel, byvoorbeeld van koring of van iets anders.
(1Kor. 15:38)  Maar God gee dit ‘n liggaam soos Hy gewil het, en aan elkeen van die saadkorrels sy eie liggaam.
(1Kor. 15:39)  Alle vlees is nie dieselfde vlees nie, maar die vlees van mense is anders as die vlees van vee, en dié van visse anders as dié van voëls.
(1Kor. 15:40)  En daar is hemelse liggame en aardse liggame; maar die heerlikheid van die hemelse is anders as dié van die aardse.
(1Kor. 15:41)  Anders is die heerlikheid van die son en anders die heerlikheid van die maan en anders die heerlikheid van die sterre; want die een ster verskil in heerlikheid van die ander ster.
(1Kor. 15:42)  So is ook die opstanding van die dode: daar word gesaai in verganklikheid, daar word opgewek in onverganklikheid;
(1Kor. 15:43)  daar word gesaai in oneer, daar word opgewek in heerlikheid; daar word gesaai in swakheid, daar word opgewek in krag.
(1Kor. 15:44)  ‘n Natuurlike liggaam word gesaai, ‘n geestelike liggaam word opgewek. Daar is ‘n natuurlike liggaam, en daar is ‘n geestelike liggaam.
(1Kor. 15:45)  So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees.
(1Kor. 15:46)  Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike.
(1Kor. 15:47)  Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel.
(1Kor. 15:48)  Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense.
(1Kor. 15:49)  En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra.
(1Kor. 15:50)  Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.
(1Kor. 15:51)  Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word,
(1Kor. 15:52)  in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.
(1Kor. 15:53)  Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word.
(1Kor. 15:54)  En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning.
(1Kor. 15:55)  Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning?
(1Kor. 15:56)  Die angel van die dood is die sonde, en die krag van die sonde is die wet.
(1Kor. 15:57)  Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus.
(1Kor. 15:58)  Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie.
========================================================================

(1Pe 1:3)  Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot ‘n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode,
(1Pe 1:4)  sodat ons ‘n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons
(1Pe 1:5)  wat in die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd.
(1Pe 1:6)  Daarin verheug julle jul, al word julle nou—as dit nodig is—’n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge,

========================================================================
(2Ti 2:18)  wat van die waarheid afgedwaal het, omdat hulle sê dat die opstanding al plaasgevind het; en hulle keer die geloof van sommige om.
========================================================================
(Heb 6:2)  van die leer van die doop en van die handoplegging en van die opstanding van die dode en van die ewige oordeel.
========================================================================
(Heb 11:35)  Vroue het hulle dode deur opstanding teruggekry, en ander is gefolter en wou geen bevryding aanneem nie, om ‘n beter opstanding te kan verkry.
========================================================================
(1Pe 3:21)  waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as ‘n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as ‘n bede tot God om ‘n goeie gewete—deur die opstanding van Jesus Christus

(1Pe 3:22)  wat heengegaan het na die hemel en aan die regterhand van God is, terwyl engele en magte en kragte aan Hom onderwerp is.
========================================================================
(Openb. 20:5)  En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding.
(Openb. 20:6)  Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.
========================================================================
(Mat 13:36)  Nadat Hy die skare weggestuur het, het Jesus huis toe gegaan; en sy dissipels het na Hom gekom en gesê: Verklaar vir ons die gelykenis van die onkruid in die saailand.
(Mat 13:37)  En Hy het geantwoord en vir hulle gesê: Hy wat die goeie saad saai, is die Seun van die mens,
(Mat 13:38)  en die saailand is die wêreld. Die goeie saad—dit is die kinders van die koninkryk, en die onkruid is die kinders van die Bose,
(Mat 13:39)  en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele.
(Mat 13:40)  Net soos die onkruid dan bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit wees in die voleinding van hierdie wêreld:
(Mat 13:41)  die Seun van die mens sal sy engele uitstuur, en hulle sal uit sy koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat die ongeregtigheid doen,
(Mat 13:42)  en sal hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande.
(Mat 13:43)  Dan sal die REGVERDIGES skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.

========================================================================
(Mat 25:31)  En wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op sy heerlike troon sit;
(Mat 25:32)  en voor Hom sal al die nasies versamel word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei;
(Mat 25:33)  en Hy sal die skape aan sy regterhand en die bokke aan sy linkerhand sit.
(Mat 25:34)  Dan sal die Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af.
(Mat 25:35)  Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My herberg gegee;
(Mat 25:36)  Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom.
(Mat 25:37)  Dan sal die REGVERDIGES Hom antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee?
(Mat 25:38)  En wanneer het ons U ‘n vreemdeling gesien, en herberg gegee; of naak, en geklee?
(Mat 25:39)  En wanneer het ons U siek gesien of in die gevangenis, en na U gekom?
(Mat 25:40)  En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.
(Mat 25:41)  Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.
(Mat 25:42)  Want Ek het honger gehad, en julle het My nie te ete gegee nie; Ek het dors gehad, en julle het My nie te drinke gegee nie.
(Mat 25:43)  Ek was ‘n vreemdeling, en julle het vir My nie herberg gegee nie; naak, en julle het My nie geklee nie; siek en in die gevangenis, en julle het My nie besoek nie.
(Mat 25:44)  Dan sal hulle Hom ook antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien of dors of ‘n vreemdeling of naak of siek of in die gevangenis, en U nie gedien nie?
(Mat 25:45)  Dan sal Hy hulle antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit nie gedoen het aan een van hierdie geringstes nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.
(Mat 25:46)  En hulle sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in die ewige lewe. 

====================================
(Mat 3:7)  Maar toe hy baie van die Fariseërs en Sadduseërs na sy doop sien kom, sê hy vir hulle: Addergeslag, wie het julle aangewys om te vlug vir die TOORN wat aan kom is?
(Mat 3:8)  Dra dan vrugte wat by die bekering pas.
(Mat 3:9)  En moenie dink om by julleself te sê: ons het Abraham as vader nie; want ek sê vir julle dat God mag het om uit hierdie klippe kinders vir Abraham op te wek.
(Mat 3:10)  Maar die byl lê ook al teen die wortel van die bome. Elke boom wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.
(Mat 3:11)  Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.
(Mat 3:12)  Sy skop is in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak en sy koring in die skuur saambring, maar die kaf sal Hy met onuitbluslike vuur verbrand.

========================================================================
-  http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/p/vrae-wat-tieners-vra-eindtyd-onderwerpe.html (VIR KORT OPSOMMINGS OOR "KORING en KAF", "KORING en ONKRUID", en "SKAPE en BOKKE")

-  http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/bewaar-in-die-uur-van-beproewing.html  (VERSOEKING)
========================================================================